S v Kamangana and Another (SS106/2003) [2003] ZAWCHC 78 (27 May 2003)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Intent — Accused found guilty of murder following home invasion and robbery — Accused's actions demonstrated direct intent to kill — Evidence of strangulation of elderly victim supports finding of intent. The accused faced charges of housebreaking, robbery, and murder after unlawfully entering the home of the deceased, Pieter Jacobus Anthony van Litsenborgh, and subsequently killing him by strangulation during the commission of a robbery. The accused pleaded not guilty, denying involvement in the crimes. The legal issue was whether the State proved beyond reasonable doubt that the accused had the necessary intent to commit murder. The court held that the evidence established that the accused had direct intent to kill the victim, as the method of strangulation indicated a clear intention to neutralize any resistance. Consequently, the accused was found guilty of murder.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 78
|

|

S v Kamangana and Another (SS106/2003) [2003] ZAWCHC 78 (27 May 2003)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDEL1NG)
SAAKNOMMER
:
SS.
106/2003
DATUM
:
27
MEI 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
CHRISTOPHER
KAMANGANA
MALOLO
NAZI
NOLAN
NKOMO
UITSPRAAK
VELDHUIZEN.
R
:
Die
beskuldigdes staan tereg op drie aanklagte. In die Akte van
Beskuldiging word dit hulle ten laste gele dat hulle gedurende die

nag van 10/11 Julie 2001 en te Kerkstraat 57, Strand, eerstens
wederregtelik en opsetlik die woning van Pieter Jacobus Anthony

van Litsenborgh ("die oorledene") oopgebreek en
binnegegaan het met die opset om hom te
beroof;
tweedens wederregtelik en opsetlik vir die oorledene aangerand
het en met geweld 'n televisiestel,
'n
radiokassetspeler, 'n broodrooster, 'n ketel, 'n 6.35mm Star pistool
met reeksnommer C1574070, 'n 6.35mm Ortgies pistool met
reeksnommer
173595, skoene en 'n Ford Sierra motorvoertuig met
registrasienommer CFM35622, die oorledene
se eiendom, uit
die oorledene se besit verwyder het en hom aldus daarvan beroof het;
en derdens wederregtelik en opsetlik die oorledene
gedood het deur
hom te verwurg en/of te versmoor.
Op
hierdie aanklagte het al drie beskuldigdes onskuldig gepleit.
Beskuldigde 1 het ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet,
nr.
51 van 1977, ontken dat hy by die huisbraak, roof of
moord van die oorledene betrokke was. Hy het verder ontken
dat hy die
bedoeling om die oorledene te beseer of te vermoor gehad het en het
ook ontken dat hy die bedoeling gehad het om huisbraak
te pleeg of
die oorledene te beroof. Beskuldigdes 2 en 3 het geen
pleitverduideiiking aangebied nie.
Gedurende
die nag van 10/11 Julie 2001 is daar by die woonhuis van die
oorledene te Kerkstraat 57, Strand, ingebreek. Toegang
is tot die
woning verkry deur die slot van 'n agterdeur, gemerk F op foto's 11
en 12 in Bewysstuk B, uit te breek en sodoende die
deur oop te
forseer.
Die
oorledene was in sy bed in die hoofslaapkamer. Een of
5
meer
van die inbrekers het 'n skoenveter om die oorledene se nek gedraai
en hom daarmee verwurg. Die inbrekers het die oorledene
se
televisiestel, radiokassetspeler, broodrooster, ketel en skoene uit
die huis verwyder en hulle het daarna die toneel in die
oorledene se
Ford Sierra motorvoertuig verlaat.
10
Daar
kan nie met sekerheid gese word dat die twee pistole op daardie tyd
in die huis was nie en gevolglik word geen bevinding ten
opsigte
daarvan gemaak nie.
Volgens
die getuienis van die oorledene se buurvrou, mev
15
Elizabeth
van der Walt, het die gebeure hulle waarskynlik tussen kwart oor elf
en halftwaalf op 10 Julie 2001 afgespeel. Die inbrekers
het
bierblikke en 'n omhulsel, waarin bier normaalweg gepak word, in 'n
verhewe blombedding op die toneel agtergelaat. Die bierblikke
en
omhulsel word aangedui
20
op
foto's
7
tot
1
1
in Bewysstuk B.
Gedurende
die vroee oggendure van 12 Julie 2001 was konstabel Sizani
en sersant Maritz op patrollie in die Strand. Hulle
het besluit om 'n
ligblou Ford Sierra motorvoertuig met
25
registrasienommer
CFM35622 te volg. Hulle navraag by radiobeheer het aan die
lig gebring dat dIt 'n gesteelde motorvoertuig
is. Dit is gemene
saak dat hierdie motorvoertuig die eiendom van die oorledene was.
Hulle het die hulp van
hulle
kollegas ingeroep en die motorvoertuig is in die hoofpad na
Gordonsbaai sonder weerstand tot stiistand gebring.

Beskuldigde 3 was agter in die motorvoertuig terwyl
beskuldigdes 1 en 2 voor in die motorvoertuig
was.
Bogenoemde feite is of gemene saak of ten minste onbetwis.
Om
die bewyslas wat op hom rus te oorkom, het die Staat die volgende
getuienis aangebied: Die getuienis van die vingerafdrukdeskundige,

inspekter Basil Anthony Sandy, toon onomwonde dat beskuldigde 1 se
vingerafdrukke op die regter voordeurraam van die oorledene
se
motorvoertuig gevind is. Hy het ook vingerafdrukke van beskuldigde 1
se regterwysvinger en linkerduim op twee van die bierblikke
waarna
hierbo
verwys is, gevind. Op die regter agterdeur naby die modderskerm asook
die linker agterdeurkosyn van die oorledene se motorvoertuig
het die
getuie palmafdrukke van beskuldigde 3 gevind.
Ook
volgens die vingerafdrukdeskundige, kaptein L P Dirkse,
stem die vingerafdruk van beskuldigde 1 se regter wysvinger
ooreen
met die vingerafdruk wat konstabel Charlton Henry Hess, 'n
vingerafdrukondersoeker in diens van die Suid-Afrikaanse

Polisiediens, vanaf die plastiekomhulsel, waarna ek hierbo verwys
het, gelig het. Dit dien gemeld te word dat hierdie
vingerafdrukke,
na die mening van inspekteur Sandy, nie ouer as 'n dag of twee was
nie.
Die
getuienis van die oorledene se seun, Roy van Litsenborgh, was dat
beskuldigde 1 tydens arrestasie 'n
paar
skoene
wat die eiendom van die oorledene was, gedra het. Hy het verder
getuig dat hoewel die paar seilskoene wat beskuldigde 2 aangehad
het,
lyk soos die skoene wat hy by 'n vorige
geleentheid
vir sy vader gekoop het, hy nie die skoene met sekerheid kan uitken
as sy vader se eiendom nie. Dat hierdie egter die
skoene van die
oorledene was, blyk duidelik uit die getuienis van inspekteur A M
Cilliers, waarna ek vervolgens verwys.
Gedurende
die loop van die dag van 12 Julie 2001 het die ondersoekbeampte,
inspekteur A M Cilliers, 'n onderhoud met beskuldigde
2 gevoer. Op
pad terug na die potisieselle, het beskuldigde 2 aan haar genoem dat
hy nog die oorledene se
20
skoene
aan het. Hy het dit daarna uitgetrek en aan inspekteur Cilliers
oorhandig.
Op
dieselfde dag het sy en haar kollega Rautenbach vir beskuldigde 1
uit die polisieselle gehaal met die doel om
25
verdere
ondersoek te doen. Hy is wee re ens van sy regte ingelig. Op
pad na die polisiestasie te Bishop Lavis het beskuldigde
1 aan
Cilliers genoem dat hy sekere gesteelde eiendom wil uitwys. Volgens
sy aanwysings is hulle toe na
Nkoshlastraat
59, Mfuleni. By hierdie adres het hulle ene Cynthia Tuolana
aangetref. Met haar toestemming is die huis deursoek
en is
daar op die oorledene se televisiestel, radiokassetspeler,
ketel en rooster beslag gele. Dat hierdie uitwysing
van beskuldigde
1 vry en bereidwillig sonder enige onbehoorlike be'invloeding en
terwyl hy by sy voile positiewe was, gedoen is,
is nie tydens
kruisverhoor in twyfel getrek nie.
Nadat
beskuldigde 1 aan Cilliers gemeld het dat hy bereid was om sekere
verdere uitwysings te doen, het sy op 16 Julie 2001 met
kaptein Brink
gereel om beskuldigde 1 tydens die 15 uitwysings te vergesel. Op 17
Julie 2001 het kaptein Brink en 'n kollega van
hom, kaptein Coetzee,
vir beskuldigde 1 uit die polisieselle gehaal met die doel dat hy aan
hulle sekere uitwysings kan doen. Hy
is weereens van sy regte
ingelig.
Beskuldigde
1 het ontken dat sy uitwysings vry en bereidwillig gedoen was en 'n
verhoor-binne-'n-verhoor is daarna gehou. Dat hy
volledig aangaande
sy regte ingelig is, is nie tydens kruisondervraging betwis nie. Dit
is egter gestel dat een van die sekuriteitspersoneel,
wat die
oorledene se huis opgepas het, vir beskuldigde 1, toe hulle tydens
die uitwysing
by
die huis opgedaag het, sou gedreig het
om
die uitwysing te doen. Volgens die getuienis van kaptein Brink sou
so iets nie moontlik gewees het nie, en kaptein Coetzee het
dit
tydens kruisondervraging ontken.
Toe
beskuldigde 1 getuienis afgele het, het hy getuig dat die
sekuriteitsbeampte aan die polisie sou gese het dat as hy
(beskuldigde
1) nie sy samewerking gee nie, moet hulle hom na die
sekuriteitsbeampte bring. Hy sou gese het dat hy al
lankal
vir hom wag en dat hy sal bliksem. Tydens kruisondervraging
het beskuldigde 1 dit egter duidelik gestel dat die
dreigement geen
invloed op hom gehad het nie, aangesien hy in ieder geval begerig was
om die uitwysings te doen. In die omstandighede
kan daar geen
sprake wees daarvan dat beskuldigde 1 onder dreigement van geweld die
uitwysings gedoen het nie. Enige bewering
dat hy nie vry en
bereidwillig en sonder onbehoorlike beinvloeding die uitwysings
gedoen het nie, is tydens die verhoor-binne-'n-verhoor
deur sy
advokaat laat vaar. Bygevolg is bevind dat die uitwysings toelaatbaar
is.
Hoe
presies die uitwysings verloop het, verskyn op bladsy 12 van
Bewysstuk N1. Nadat beskuldigde 1 aan die polisie verduidelik het
hoe
om by die oorledene se huis uit te kom, het hulle om 11:13 vm. Voor
die oorledene se huis stilgehou. Die uitwysings lees
daarna soos
volg:
"11:16
Wys nek uit agter huis waar hulle slot afgebreek het.
11:17
Wys agterdeur uit wat oopgebreek is deur hulle. Hy het
crowbar vasgehou.
11:19
Staan by agterdeur aan binnekant van huis waar hulle
toegang verkry het. Stap deur huis en wys vertrekke
uit waar
hulle geloop het.
11:23
Wys waar hulle televisie en Hi-fi geneem het.
11:24
Wys kamer uit waar karsleutels gesoek was.
11:25
Wys houer uit by voordeur waar hulle
sleutels
gekry het.
11:28
Wys waar hulle die man in die bed gevind het en
waar hy die man gewurg het.
11:29
Wys buite waar motor getaan het en hek wat hulle oopgemaak het
om uit te ry.
11:30
Staak uitwysing."
Volgens
kaptein Brink het beskuldigde 1 aan hom gedemonstreer
dat hy met sy een voet op die bed gestaan het terwyl
hy met sy hande
om 'n kussing gewys het dat hy die oorledene om die nek gewurg het.
Ons
moet nou beslis of hierdie getuienis bo redelike twyfel bewys dat die
drie beskuldigdes aan die ten laste gelegde misdrywe skuldig
is. Na
ons mening toon die getuienis dat beskuldigde 1 intieme kennis het
van die inbraak, die
10
verwydering
van die oorledene se eiendom en die verwurging van die oorledene.
Hierdie kennis kon hy slegs opgedoen het indien hy
ten nouste by die
inbraak betrokke was. Hierdie gevolgtrekk'mg word gestaaf deur die
feit dat sy vingerafdrukke op die bierblikke
en die bierblikomhulsel
gevind is,
Ons
meen egter nie dat die getuienis die afleiding, as synde die enigste
redelike afleiding, regverdig dat beskuldigde 1 by die
huis ingebreek
het met die opset om te roof nie. Hy kan net sowel by die huis
ingebreek het met die opset om te steel.
20
Sodanige
opset is eweseer te versoen met die getuienis en die bewese feite.
Dit
is egter duidelik dat die oorledene geneutraliseer moes word sodat hy
die oorledene se goed kon verwyder. Deur die
oorledene
te dood, is enige weerstand wat hy kon bied teen die verwydering van
sy eiendom vermy. Dit stel die misdaad van roof
daar.
Die
volgende vraag wat beantwoord moet word is of die Staat bewys het dat
beskuldigde 1 die nodige opset gehad het om 'n skuldigbevinding
aan
moord te regverdig. Hier moet in gedagte gehou word dat die oorledene
'n feitlik weerlose man van 83 jaar was. Die geweld was
gemik na sy
nek wat 'n groot lewensrisiko inhou. Die drukking aan sy nek moes vir
'n 10 aansieniike tyd volgehou gewees het. Die
beskuldigde moes
letterlik kon voel hoe die lewe die oorledene verlaat. Na ons mening,
toon al hierdie feite en omstandighede onteenseglik
dat beskuldigde 1
die direkte opset gehad het om die oorledene te dood. Hy is gevolglik
SKU
LDIG.
aan moord.
Die
getuienis teen beskuldigdes 2 en 3 is dat hulle in die oorledene se
motorvoertuig is. Inderdaad het hulle reeds so vroeg as
9:00 nm. Op
11 Julie 2001 in die oorledene se kar gery. Die enigste ander
getuienis is die van inspekteur 20 Cilliers dat beskuldigde
2 die
oorledene se skoene gedra het en volgens sy eie mededeling sou hy
geweet het dat dit die oorledene se eiendom is.
Na
ons mening kan dit egter nie bo redelike twyfel bevind word dat
hulle by die inbraak, roof en dood van die oorledene betrokke
was
nie. Dit is ewe moontlik dat hulle eers betrokke geraak het nadat
daar by die oorledene se huis ingebreek is en nadat die eiendom
reeds
verwyder is.
Beskuldigdes
2 en 3 se teenwoordigheid in die motor maak hulle ook nie
medepligtiges tot die diefstai van die motorvoertuig nie.
Hulle het
geen onttrekkingshandeh'ng ten opsigte van die motor verrig nie.
(Sien in die verband
R
v BRAND
1960(3) SA 637 (AD)). Beskuldigde 2 het egter, met
kennis
van die feit dat die skoene wat hy tydens arrestasie aangehad het,
van die oorledene gesteel is, dit vir homself toegeeien.
Beskuldigdes
2 en 3 moet gevolglik onskuldig bevind word aan die ten laste gelegde
misdade, maar beskuldigde 2 moet skuldig bevind
word aan diefstai.
Die
bevindinq van die Hof is dus soos volg:
Beskuldigde
1
:
Aanklag 1 -
SKULDIG
aan huisbraak met die opset om te steel
Aanklag
2 -
SKULDIG
aan roof met verswarende omstandighede.
Aanklag
3 - SKULDIG aan moord.
Beskuldigde
2
:
Aanklag 1-
ONSKULDIG
Aanklag
2-
SKULDIG aan diefstai.
Aanklag
3-
ONSKULDIG
Beskuldigde
3
:
ONSKULDIG
aan alle aanklagte.
VELDHUIZEN,
R