About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 45
|
|
Hugo v Wessels (432/85) [1987] ZASCA 45; [1987] 2 All SA 290 (A) (18 May 1987)
Saaknommer 432/85
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PHILLIPINA JOHANNA CORNELIA HUGO
Appellante
en
WILLEM PETRUS WESSELS
Respondent
CORAM:
HOEXTER, BOTHA, GROSSKOPF, SMALBERGER, ARR et KUMLEBEN, Wnd
AR
VERHOOR: 10 Maart 1987
GELEWER: 18 Mei 1987
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER,
AR,
In die Oranje-Vrystaatse Provinsiale
Afdeling het die respondent (hierna "die eiser" genoem) "n aksie teen die
appellante (hierna
"die verweerderes" genoem) ingestel. waarby die eiser die
volgende regshulp aanvra:-
"1. 'n Bevel wat Verweerderes gelas en aansê om alle stappe te neem wat
nodig mag wees om erf 660, geleë in die dorp Ermelo
in naam van GERT
MICHAEL
WESSELS GERT JAKOBUS WESSELS
en WILLEM PETRUS WESSELS alleen
te laat registreer.
2.
'n Bevel wat, by versuim
deur Verweer= deres om gevolg te gee aan smeekbede 1
supra
, die Griffier
van hierdie Agbare Hof magtig en las om al die dokumente te onderteken wat nodig
mag wees om sodanige registrasie te
bewerkstellig.
3.
Gedingskoste.
4.. Verdere en/of
alternatiewe regshulp".
Teen die eiser se vordering het die verweerderes o a 'n spesiale. verweer
opgewerp waarin sy beweer dat die Hof
a quo
nie oor die vereiste
jurisdiksie om die aangeleentheid te
bereg
3.
bereg, beskik nie. By ooreenkoms is die saak slegs ter beregting van
die spesiale verweer ter rolle geplaas. Die verhoorhof (DE WET,
R) het die
spesiale verweer afgewys en gelas dat die koste daardeur genoodsaak, sal
oorstaan om na afhandeling van die geding besleg
te word. Die verhoorhof se
uitspraak m b t die spesiale verweer is in die hofverslae opgeteken. Kyk :
Wessels v Hugo
1985(4) SALR 262 (0). Met verlof van hierdie Hof kom die
verweerderes in hoër beroep teen die afwysing van haar spesiale
verweer.
Die eiser boer in die Vrystaat. Die partye was voorheen met mekaar getroud en
hulle is die ouers van drie minderjarige seuns ("die
kinders") wat in paragraaf
1 van die eiser se vordering, hierbo aangehaal, by name genoem word. As gevolg
van 'n aksie om egskeiding
wat die verweer= deres teen die eiser ingestel het,
is die huwelik gedurende 1979 deur die Vrystaatse Provinsiale Afdeling ontbind
'n Skikkingsooreenkoms wat die partye op 23 Maart 1979 aangegaan het, is deur
die hof wat die egskeidingsgeding aangehoor het,
'n bevel
4.
'n bevel van die hof gemaak. Daarvolgens is die beheer en
toesig van die kinders aan die verweerderes toegesê. Na die egskeiding
het
die verweerderes hertrou. Met die kinders woon die verweerderes tans met haar
huidige man in Pretoria.
Klousule 2B(a) van bovermelde skikkingsooreenkoms bevat die volgende
bepalings-
"Verweerder sal voor of op 1 Julie 'n bedrag van R25 000 in kontant, vry van
wisselkoers te
Bloemfontein aan eiseres se prokureurs
betaal om eiseres in staat te stel om 'n huis aan te koop vir die bewoning
deur haar en die partye se drie seuns, welke huis eiseres
moet aankoop of klaar
laat bou binne 180 dae na ontvangs van sodanige fondse. Die partye kom spesifiek
ooreen dat die huis wat aangekoop
of gebou moet word in die naam van die drie
seuns geregistreer sal word, onderworpe aan eiseres se lewenslange reg van
vruggebruik
daaroor. Die partye kom verder ooreen dat indien die eiseres van die
een dorp na 'n ander wil verhuis, sy geregtig sal wees om die
betrokke woonhuis
op die een plek te verkoop en met die totale opbrengs daarvan op die ander plek
weer 'n woonhuis te koop in die
naam van die drie seuns, onderworpe aan haar
lewenslange reg van vruggebruik."
In.....
5.
In sy uiteensetting van eis beweer die eiser dat hy klousule 2B(a) behoorlik
nagekom het deurdat hy 'n kontantbedrag van R25 000 aan
die verweerderes
beskikbaar gestel het; en dat die verweerderes met aanwending daarvan gedurende
1979 erf 660 in die dorp Ermelo,
Transvaal ("die erf") aangekoop het. Vervolgens
beweer die eiser dat in die naam van die kinders slegs 'n
,48 aandeel in
die eiendomsreg van die erf geregistreer is (onderhewig aan '
n
reg van
vruggebruik ten gunste van die verweerderes), terwyl 'n,52 aandeel in die
eiendomsreg van die erf in die naam van die verweerderes
self geregistreer is.
In haar spesiale verweer erken die verweerderes dat sy die bedrag van R25 000 as
deel van die koopprys van
die erf aangewend het en dat die kinders en die
verweerderes respektiewelik die geregistreerde eienaars van die erf is in die
verhouding
van 48/100 en 52/100 respektiewelik soos deur die eiser beweer. (Die
totale bedrag van die koopprys, volgens die
verweerderes,
6.
verweerderes, was R52 000; die balans bo die bedrag van R25
000 wat sy van die eiser ontvang het, aldus die verweerderes, het sy self
tot
die aankoop van die erf bygedra. ) Luidens haar spesiale verweerskrif voer die
verweerderes aan'dat die jurisdiksie om die aangeleentheid
te bereg by die
verhoorhof ontbreek deurdat:-
"A- Die Registrasie van die Titelakte
van Erf 660, geleë in die dorp ERMELO, TRANSVAAL, wat die Eiser vorder
om te wysig, buite die regsgebied van hierdie Agbare Hof
geskied het. Gevolglik
het die skuldoorsaak waarop die Eiser se eis baseer word, nie binne die
regsgebied van hierdie Agbare Hof
ontstaan nie.
B. Die Verweerderes nie binne die regsgebied
van hierdie Agbare Hof
gedomisilieer is
nie.
C. Die eiendom, ten opsigte waarvan die Eiser
'm
wysiging in die
registrasie van die titel
verlang, nie binne die regsgebied van
hierdie
Agbare Hof geleë is nie.
D. Die minderjarige kinders, wie se belange
deur hierdie aksie geraak
word, nie binne
die regsgebied van hierdie Agbare Hof
gedomisíLieer
is nie."
Dit
7.
Dit was gemene saak dat indien die eiser sy aksie in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling ("die TPA") ingestel het daardie Hof
ratione
rei sitae
regsbevoeg sou gewees het om die aksie aan te hoor. Die vernaamste
twispunt waaroor dit by die beredenering van die appel gegaan
het, is die vraag
of - soos namens die verweerderes aangevoer - die jurisdiksie van die TPA 'n
uitsluitende jurisdiksie daarstel,
dan wel of die eiser se advokaat gelyk het
met sy betoog dat die eis van die eiser ewe ontvanklik is in die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale
Afdeling ("die OPA").
Ingevolge art 19 van die Wet op die Hooggeregs= hof, 59 van 1959, besit elke
provinsiale of plaaslike afdeling van die Hooggeregshof
in siviele
aangeleenthede regsbevoegdheid oor alle persone wat binne sy regsgebied woon of
is en met betrekking tot alle gedinge
wat daar ontstaan. Voorts is dit 'n geykte
stelling dat:
".....a...
8.
" a Court can only be said to have
jurisdiction in a matter if it has the power not only of taking cognisance of
the suit, but also of giving effect to its judgment."
(per
DE VILLIERS,
RP
in
Steytler N.O. v Fitzgerald
1911 AA 295 te 346).
Dit bring mee dat die vraag of 'n hof in 'n bepaalde geding regsbevoeg is om
die saak te bereg 'n tweeledige ondersoek omsluit. In
die eerste deel van die
ondersoek moet daar bepaal word of die hof bevoeg is om hoegenaamd van die
bepaalde saak kennis te neem?
die antwoord daarop sal afhang van die bestaan van
een of meer van die erkende jurisdiksiegronde (
rationes
jurisdictionis)
■ Die tweede deel van die ondersoek het betrekking op
die onderworpenheid al dan nie van die verweerder aan die hof se regsmag;
die
antwoord daarop moet gesoek word aan die hand van die sogenaamde leerstuk van
doeltreffenheid of effektiwiteit: die hof se bevoegdheid
om, indien hy die
regshulp wat die eiser aanvra sou toestaan, uitvoering aan sy bevel te kan
gee.
In
9.
In die onderhawige geval is die eiser se aksie gegrond op
sekere ondernemings teenoor hom deur die verweerderes, welke ondernemings
vervat
is in 'n
skikkings= akte wat by
'n
hofbevel deur die OPA uitgereik
is, ingelyf is. Die gemene reg erken as geldige jurisdiksiegrond die
omstandigheid dat 'n kontrak
wat die onderwerp van die geskil tussen die
gedingvoerders uitmaak binne die regsgebied van die hof aangegaan is of aldaar
uitgevoer
moet word. Minder eenvoudig is die vraag of die OPA bevoeg is om aan
die bevel wat die eiser aanvra uitvoering te gee.
In sy verhandeling
The South African Law of Jurisdiction
(1937) voer
Pollak aan (op bl 106) dat geen Suid-Afrikaanse hof oor die jurisdiksie beskik
nie om 'n aksie (hetsy
in rem
hetsy
in personam
) om oordrag van
onroerende eiendom wat buite daardie hof se regsgebied gelee is, aan te hoor. In
'n voetnoot (nr 2) op dieselfde
bladsy ......
10. bladsy wei die belese skrywer soos volg uit:-
"In
Rood's Tr'ustees v Scott and De Villiers
,
1910 T.S. 47
at pp.
60-61, INNES, C.J., said that a suit for specific performance of a contract of
sale of land in Swaziland could be entertained
only by a Swaziland tribunal.
This dictum is, it is submitted, sound in principle and applicable not only to
the case of an action
for specific performance of a contract of sale of foreign
land but also to any action
in personam
in which the transfer of
immovable property situate outside the area to which the court belongs is
claimed. It ought not to matter
whether the property is situate in the Union or
in a foreign country. If the property, is situate in the Union, and a court
which
is not the
forum rei sitae
grants an order transferring the
property to the plaintiff, it is true that such order, if not appealed against,
can be made effective
under section 112 of the South African Act ....but since
section 112 was not intended to increase the jurisdiction of the divisions
of
the Supreme Court ....there can be no justification for a court exceeding its
jurisdiction merely because its order can be raade
effective throughout the
Union."
Bostaande denkwyse het by die Hof in
Vorster v Keyser & Keyser
1943 WLD 150
ingang gevind. Dit was 'n aansoek gebaseer op '
n
koopkontrak
asmede 'n sessie van die koper se
regte
11.
regte aan die applikant. Die applikant het teen die respondente 'n
bevel aangevra wat hul sou gelas om oordrag te lewer ten opsigte
van '
n
stuk grond in die Kaapprovinsie geleë. Al die partye by die aansoek
betrokke was binne die regsgebied van die Hof woonagtig.
In limine
is
namens die respondente 'n beswaar teen die regsbevoegdheid van die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling ("die WPA") opgewerp. Die
beswaar is deur die
Hof (SCHREINER, R) gehandhaaf. Rakende die Hof se regsmag om aan die applikant
se vordering uitvoering te gee,
het die belese regter (op 152) opgemerk:-
"It is true that this Court can exercise personal jurisdiction over the
persons of the respondents, but if they nevertheless refuse
to do what the Court
orders , there is no means, of which I am aware, by which
the Court could give effect to its
the judgment, assuming it directed transfer of
the property. One of the elementary principles dealing with jurisdiction is
that Courts are loth to make orders which cannot with
certainty be given effect
to. This
Court
12.
Court has no jurisdiction to order the Registrar of Deeds in
the Cape Province, or the Sheriff of the Cape Province to do the acts
which
might be necessary to effect transfer in the event of the respondents disobeying
its order."
Daarenteen is in
Ward v Burgess & Another
1976(3) SA 104 (Tk)
beslis dat waar dit gaan oor aksies rakende titel of om oordrag van onroerende
eiendom wat binne Suid-Afrika geleë
is, die
forum rei sitae
nie
noodwendig uitsluitende regsbevoegdheid besit nie. Hier betrokke was 'n stuk
grond binne die regsgebied van die Oos-Kaapse Afdeling
van die Hooggeregshof.
Ingevolge 'n koopkontrak in Transkei aangegaan, het die eiser die grond aan die
verweerders verkoop. Die verweerders
was binne die regsgebied van Transkei
gedomisilieer. In die Hoë
Hof van Transkei het die verkoper die kopers
aangespreek.
is Die regshulp wat deur die eiser aangevra is word in die
uitspraak van die Hof (op 104E-F) soos volg opgesom:-
" (a) an
13
"(a) an order compelling the defendants to sign transfer documents as
purchasers of immovable property;
(b)
an order compelling the
defendants to furnish guarantees for the purchase price of such immovable
property;
(c)
payment of the purchase price
against transfer of the property in question in their names;
and
(d) costs of suit." Teen die ontvanklikheid van
gemelde vordering in die Hof
vah Transkei het die verweerders '
n
beswaar geopper. Die Hof (MUNNIK,
HR) het die beswaar met koste afgewys.
In die loop van sy uitspraak en met verwysing na die betoog van Pollak
(
loc.cit.
bl 102 - 105) dat by aksies om oordrag van onroerende eiendom
alleen die
forum rei sitae
oor regsbevoegdheid beskik, sê MUNNIK,.
HR (op 105E-G) die volgende:-
"In support of these propositions he relies on
Voet
, 5.1.77, and on
Rosa's Heirs v Inhambane Sugar Estates Ltd.
,
1905 T.H. 11.
The learned
author makes the point in passages at the pages quoted that it does not
matter
whether
14.
whether the action is an action
in rem
or an action
in personam
, nor does it matter what the nature of the relief claimed is.
To this extent I am in agreement with him.
I have come to the conclusion that, while the learned author's statement is
correct in so far as he seeks to apply it to the jurisdiction
of the Courts of
States, it is not correct in so far as he seeks to apply it to the Provincial
and Local Divisions and, by implication,
to this Court."
Op die redenering in die
Vorster v Keyser
-saak
(supra)
en die
Ward v Burgess
-saak (
supra
) kom ek aanstons terug. Met die oog op
die voorgaande is dit in hierdie stadium dienstig om te kyk na die algemene
grondreëls
by bepaling van. jurisdiksie soos in die uitspraak van hierdie
Hof in
Estate Aqents Board v Lek
1979(3) SA 1048 (A) uitgestippel. In die
Lek
-saak is die trefwydte van art 112 van die Zuid-Afrika Wet, 1909 asook
die bepalings van arts 3 en 7 van Wet 27 van 1912 (de Wet op
de Rechtspleging,
1912), soos in verskeie beslissings van ons Howe vertolk, op 1061 F-H deur
TROLLIP, AR saamgevat:-
" (a) that
15.
" (a) that the purpose of those provisions was purely
procedural, i e to enable the ordinary process of a Division to be served and
have legal effect outside its area of jurisdiction on a South African
incola
;
(b) that, in respect of the proceedings in
which the process was issued,
the
incola
had to be subject to the jurisdiction
of that Division, i e some
ratio jurisdic
=
tionis
of the common
law, giving that Division jurisdiction in respect of the subject-matter of the
proceedings, had also to be present
(see s 3(1)); and.
(c) those provisions did not
per se
confer any
jurisdiction on the
Division which it
would not previously have possessed in
regard to those
proceedings (see s 7)."
Met betrekking tot die bepalings van die Wet op die Hoog= geregshof, 59 van
1959, en meer in besonder die uitwerking van art 26(1)
daarvan, het TROLLIP, AR
op 1062E/1063A die volgende opmerkings gemaak:-
" I think that the inference is
irresistible that the Legislature did not, by enacting ss 25, 26 and 28(1),
intend to endow a Division with jurisdiction in any proceedings
merely because
its process
commencing ....
16.
commencing the proceedings or its judgment
or order therein could be
served and executed,
as hitherto, on a South African
incola
outside
its area of jurisdiction. For that
would have meant that each and every
Division
was to have original jurisdiction over all
causes, wherever
arising, provided only that
the defendant or respondent was a South
African
incola
; that would have been quite contrary
to the
fundamental concept of the territorial
jurisdiction of the Divisions.
entrenched in
the SC Act of 1959. It would also have been
quite contrary
to the well-established pre-
existing legal position expounded above ..
Sections 25 and 26 of the SC Act were subse=
quently amended by Act 85 of
1963. They were thereby combined in a single provision in
s 26(1), saying
simply that the civil process
of any Division shall run throughout
the
Republic and may be served or executed within
the jurisdiction of any
Division. This was
merely to further simplify the procedure and
did not
augment the jurisdiction of a Division
in any way. See
Ex Parte
Boshoff
1972(1)
SA 521 (E) at 522-3 and
Hare v Banimar
Shipping
Co SA 1978(4) SA 578 (C)
No view is expressed on the correctness or otherwise of the actual decisions
in the
Boshoff
and
Hare
cases, for they dealt with other,
different problems of jurisdiction, but I agree with the view expressed in both
cases that s 26(1)
does not by itself confer any new jurisdiction on a
Division."
(Terloops
17.
(Terloops kan hier tussengevoeg word dat die opvatting dat
art 26(1) van Wet 59 van 1959 dien bloot ter vergemakliking van die uitreiking
van prosesstukke en die tenuitvoerlegging van vonnisse, en dat die wetgewer
daarby nie enige verbre= ding van die bestaande jurisdiksie
van provinsiale en
plaaslike afdelings beoog het nie, een is waarvoor veral prof Ellison Kahn hom
deurentyd beywer het - kyk bv sy
aantekeninge hieroor in die volgende uitgawes
van die
Annual Survey of South African Law
:
1969
, bl 420 - 2;
1972
, bl 415 - 6;
1976
, bl 526;
1979
, bl 504). Ook
tersaaklik vir doeleindes van die onderhawige appèl is die volgende
opmerkings van TROLLIP, AR (op 1063D - 1064A)
van die Lek-saak:-
" It follows that, merely because under the SC Act of 1959 the notice of
motion issued out of the Court
a quo
in the present proceedings was
effectively served on the Board in Johannesburg and any judgment or
order
18.
order given by it can be effectively executed (if it is executable)
against it, it does not mean that the Court
a quo
had jurisdiction to
hear and determine these proceedings. Some
ratio jurisdictionis
according
to coramon law had also to be present before it could be held that the 'cause'
was one 'arising' within the area of jurisdiction
of the Court
a quo
in
terms of s 19(1) of the SC Act of 1959. The
Court
a quo
correctly
also adopted that approach
(1978(3) SA at 167F - H).
I therefore turn to
consider whether the Court
a quo
had jurisdiction in these procee= dings
according to the general principles of our law. That depends on (a) the nature
of the proceedings,
(b) the nature of the relief claimed therein, or (c) in some
cases, both (a) and (b). These different approaches are dealt with in
Gulf
Oil Corporation v Rembrandt Fabrikante en Handelaars (Edms) Bpk
1963(2) SA
10 (T). Approach (a) was adopted by INNES, J in
Steytler's
case 1911 AD
at 315 - 6. The inquiry was, he said, whether by its nature the action was
personal, real or mixed. DE VILLIERS, JP
adopted approach (b) at 346 - 7; and
(c) was applied in the
Gulf Oil
case.
Approach
19.
Approach (b) is based on the principle of effectiveness - the
power of the Court, not only to grant the relief claimed, but also to
effectively enforce it directlý within its area of jurisdiction, i e
without any resort to the procedural provisions in the
SC Act of 1959 canvassed
above. That approach is usually adopted where the problem arises as to which of
the Divisions of our Supreme
Court has jurisdiction in a cause arising within
the Republic (see the
Gulf Oil
case
supra
at 20
in fin
where the authorities are collected, including
Sonia (Pty) Ltd v Wheeler
1958 (1) SA 555
(A) at 563C - F). But, of course, it does not necessarily follow
that, because a Division has jurisdiction by reason of the application
of that
principle of effectiveness, such jurisdiction is exclusive (cf the
Gulf Oil
case at 21 G - H and
Sonia'
s case at 560 H). To decide whether
another Division also has jurisdiction to hear the matter, approach (a) - the
nature of the proceedings
- can also be adopted and the procedural provisions of
the SC Act of 1959 be regarded."
Teen bostaande agtergrond moet nou na die feite van die onderhawige geval
gekyk word. Die Hof
a quo
het bevind dat indien hy die smeekbede soos
aangevra, toestaan, hy daaraan effek sal kan verleen en dat dit tot uitvoering
gebring
kan word (op 268C). Om die korrektheid van hierdie
gevolgtrekking
20.
gevolgtrekking te toets is dit allereers nodig om die aard en
omvang van die eiser se vordering te bepaal.
Die eiser se vordering is gemik op die registrasie van die erf op naam van
die kinders in die akteskantoor te Pretoria. Art 16 van
die Registrasie van
Aktes Wet, 47 van 1937 ("die Akteswet") , bepaal dat
'n
grondeienaar sy
grond slegs deur die registrasie van '
n
transportakte kan oordra. Die
transportakte, waarvoor sekere vormvereistes gestel word, moet in duplikaat
opgestel word deur 'n
praktiserende transportbesorger van die provinsie
waarin die betrokke stuk grond geleë is, en daarna moet dit tesame met die
bestaande titelbewys van die grond by die betrokke akteskantoor ingedien word.
Nadat die transportakte in die akteskantoor ondersoek
is, word dit in duplikaat
in die aanwesigheid van die registrateur van aktes uitgevoer deur die
oordraggewer of (wat in die praktyk
meer algemeen is) deur 'n transportbesorger
wat deur 'n skriftelike prokurasie gemagtig is om namens die oordraggewer te
handel.
Die
registrateur
21.
registrateur attesteer dan die uitvoering van die oordrag
deur sy handtekening op albei transportaktes aan te bring. Kragtens art
13(1)
van die Akteswet vind registrasie plaas sodra die registrateur sy handtekening
op die transportakte aanbring; en van daardie
oomblik af gaan die eiendom van
die grond op die nuwe eienaar oor.
Wat aksies om oordrag van eiendomsreg betref, moet egter genoem word dat in
die ouer beslissings van ons howe gevalle voorkom van
'n hofbevel wat regstreeks
aan die registrateur van aktes, en nie aan die onwillige oordrag= gewer nie,
gerig is. As voorbeeld kan
hier verwys word na
De Villiers and De Villiers v
Meyer's Executrix
1907 TS 519
waar die Hof (op 521) die volgende regshulp
verleen het:-
"BRISTOWE, J., granted an order authorising and empowering the Registrar of
Deeds to pass transfer of the property to the applicants
without the production
of a power of attorney from the executrix. The order was given subject to a
notification to the Registrar
by the Registrar of Deeds that he did not desire
to oppose. Leave
granted
22
granted to the applicants to renew the application in case the
Registrar of Deeds did not make such notification."
(Kyk verder:
Thomas Trollip v Floris Tromp and Emil W. Van Zweel
(1880) 1 NLR 166.)
Wat egter beklemtoning verdien, is dat die Hof
in casu
nie met so 'n
geval te make het nie. Indien die OPA die eiser se vordering sou toestaan, sal
dit nie tot gevolg hê dat enige
bevel hoegenaamd teen die registrateur van
aktes in Pretoria uitgereik word nie. Die bevel wat die eiser aanvra - en dit is
'n bevel
wat vir baie dekades. al by dergelike aksies gebruiklik is - slaan
bloot op die verrigting van sekere handelinge deur of namens die
verweerderes.
Dit kom eenvoudig daarop neer dat die verweerderes gelas word om sekere
dokumente te onderteken en voor te lê;
en, vir die geval van haar versuim
om dit self te doen, word die griffier van die OPA gelas en gemagtig om
dusdanige handelinge namens
die verweerderes te
verrig.
Vir........
23
Vir sy bevinding dat by die verlening van die verlangde regshulp uitvoering
daaraan verleen sal kan word, het die Hof
a quo
(op 268A - C) gesteun
spwel op die bepalings van art 97(2) van die Akteswet as die bepalings van art
26(1) van Wet 59 van 1959. Dit
is gerieflik om eersténs vas te stel in
hoeverre art 26(1) van wét 59 van 1959 hier ter sprake kom. Die
verweerderes
is in die
Transvaal gedomisilieer en sy woón in Pretoria. Bygevolg was dit nodig
dat die gekombineerde dagvaarding waardeur
die eiser sy geding ingestel het
in Pretoria aan die verweerderes beteken word. Kragtens die bepalings van art
26(1) geld die siviele
prosesstukke van 'n provinsiale of plaaslike afdeling
dwarsdeur die Republiek en kan dit in die regsgebied van enige ander afdeling
bestel of ten uitvoer gelê word. Aangesien art 26(1) op sigself geen
jurisdiksie skep nie kon die eiser by bestelling van die
dagvaarding hom regtens
op art 26(1) beroep slegs indien
t o v
24.
t o v die aksie in die OPA ingestel hy op 'n erken
ratio
jurisdictionis
aanspraak kon maak. Omdat die ooreenkoms waarop die eiser sy
aksie gefundeer het binne die regsgebied van die OPA aangegaan is, en
by 'n
hofbevel van die OPA ingelyf is, het daar inderdaad 'n geldige
jurisdiksiegrond vir sy aksie bestaan. Vir sover dit die instelling
van sy aksie
aangaan, was die beroep wat die eiser op art 26(1) gedoen het ten einde die
dagvaarding aan die verweerderes te beteken
dus regtens 'n geldige beroep. Wat
betref uitvoering van die verlangde regshulp is dit vir die eiser heeltemal
onnodig, so kom dit
my voor, om enigsins op die bepalings van art 26(1) te
steun. Slaag die eiser se vordering dan ontstaan daar een van twee moontlike
situasies: òf die verweerderes self ag dit gerade om sonder meer die
bevel van die Hof te gehoorsaam en sy verrig self die
handeling hierbo aangedui
óf sy veronagsaam die bevel in welke geval die griffier van die OPA
namens die verweerderes die
nodige handelinge verrig. In nóg die een
nóg die ander situasie sal volvoering van eiendomsoorgang
in
25
in die akteskantoor te Pretoria van tenuitvoerlegging van die hofbevel binne
die regsgebied van die TPA afhang. Eiendomsreg in die
erf sal aan dië
kinders oorgaan vanweë die transportakte wat deur die registrateur van
aktes in Pretoria geteken word.
Ek kom vervolgens by art 97(2) van die Akteswet.
In die loop van sy betoog het die verweerderes se advokaat bevraagteken of in al
die omstandighede van die onderhawige geval die OPA 'n Hof met regsbevoegdheid
oor die verweerderes is soos by art 97(2) bedoel.
Vir doeleindes van hierdie
uitspraak is dit nie nodig om hieroor uitsluitsel te gee nie. In die
veronderstelling dat die Hof
a quo
ingevolge art 97 (2) wel
regsbevoegdheid oor die verweerderes besit, dan wat betref uitvoering van die
verlangde regshulp is dit
na my oordeel desgelyks onnodig om op die bepalings
van art 97(2) van Wet 47 van 1937 te steun; en wel pm dieselfde redes wat so
pas
i v m art 26(1) van Wet 59 van 1959
aangestip
26.
aangestip is. Eiendomsoorgang sal bewerkstellig word nie
soseer omdat die registrateur van aktes in Pretoria die bevel deur die OPA
uitgereik, gehoorsaam nie, maar wel uit hoofde daarvan dat teen die tyd wat die
transportakte deur die registrateur van aktes te
Pretoria geteken word òf
die verweerderes òf die griffier van die OPA reeds aan die bevel van die
OPA gevolg gegee
het.
Dit is nou nodig om meer uitvoerig na die beslissings in die
Vorster v
Keyser
-saak en in die
Ward v Burgess
-saak te kyk. In eersgenoemde het
die Hof met verwysing na die moontlikheid van nie-nakoming aan die kant van die
respondente die
aandag daarop gevestig (op 152) dat die WPA nie oor
regsbevoegdheid beskik nie om die registrateur van aktes van die Kaapprovinsie
of die balju van die Kaapprovinsie aan te sê om die nodige stappe te doen
ten einde oordrag van eiendomsreg te bewerkstellig.
Blykens die hofverslag (op
150) was die regshulp in daardie
saak
27.
saak aangevra "an order directing the respondents to give transfer of
certain fixed property, situate in the Cape Province." Hieruit
is 'n moontlike
afleiding dat (anders as in die onderhawige geval) die applikant in die
Vorster v Keyser
-saak nie dië gebruiklike alternatiewe smeekbede
ingesluit het nie dat by die transportgewer se versuim die griffier opgedra
en
gemagtig word om namens die transportgewer die nodige handelinge te verrig. Uit
hoofde van die redes vroeër in hierdie uitspraak
uiteengesit, sou, sodanige
alternatiewe smeekbede die noodsaaklikheid van enige Hofbevel aan die
registrateur van aktes of die balju
van die Kaapprovinsie ondervang. Dit
daargelaat, moet van nader beskou word die Hof se siening dat ten opsigte van
die respondente
self die Hof nie by magte was om nakoming van die verlangde
bevel af te dwing nie. Die Hof se redenasie skyn te wees dat aangesien
hy geen
jurisdiksie oor die registrateur van aktes of die balju van die Kaap= provinsie
besit nie hy onbevoeg is om aan 'n bevel
wat
oordrag
28.
oofdrag gelas, uitvoering te gee; en dit in weerwil van die
feit dat vanweë die respondente se
domicilium
die WPA "can exercise
personal jurisdiction over the persons of the resppndents." In hierdie verband
verklaar die belese regter {op
152) dat die howe ongeneë is om bevele uit
te vaardig -
".
.
.which cannot
with certainty
be given effect to." (My
kursivering.)
Met hierdie formulering word na my beskeie oordeel die graad van sekerheid
van uitvoering wat die leerstuk van doeltreffendheid beoog
aanmerklik te hoog
gestel. Die beginsel van effektiwiteit
"...does not mean that a court has no jurisdiction unless it can
in
fact
make its judgment effective against the
particular
defendant. It
means merely that the judgment of the court should normally be effective against
a person in the position of the defendant."
(Pollak,
loc. cit
. bl 208 voetnoot 2). Kyk verder:
Thermo . . . .
29.
Thermo Radiant Oven Sales (Pty) Ltd v Nelspruit Bakeries
(Pty) Ltd
1969(2) SA 295 (A) 300 H; 309 F - H);
Barclays National Bank
Ltd v Thompson
1985(3) SA 778 (A) 796 D - J.
Aan die hand van die feite in die Vorster
v
Keyser
-saak is die vraag dan of 'n bevel
van die WPA teen persone in die posisie van die respondente in daardie saak
gewoonweg tot uitvoering
gebring sal kan word. Na my oordeel behoort hierdie
vraag bevestigend beantwoord te word. 'n Belangrike faktor wat onmiddellik na
vore tree, is die feit dat 'n vonnisskuldenaar wat nie vrywillig aan 'n hofbevel
ad factum praestandum
uitvoering gee nie minagting pleeg en hom aan
gevangenisstraf blootstel. Kyk: Van Zyl,
The Theory of the Judicial Practice
of South Africa
-3de uitg (1921) bl 416 vir voorbeelde hiervan by die geval
van 'n weerspannige oordraggewer. Weliswaar verseker gevange= setting
weens
minagting nie noodwendig dat 'n vonnisskuldenaar aan 'n bepaalde hofbevel tot
verrigting van 'n handeling
uitvoering
30.
uitvoering sal gee nie. Maar by beoordeling van die
effektiwiteit van '
n
bevel
ad factum praestandum
kan
gevangesetting weens minagting nouliks anders as 'n ingry= pende en doelmatige
dwangmiddel aangemerk word.
Met betrekking tot die beswaar teen die Hof se jurisdiksie in die
Vorster
v Keyser
-saak opgewerp, sê regter SCHREINER in die inleidende gedeelte
(op bl 151) van sy uitspraak:-
"He (die advokaat namens die respondente) contends that this Court cannot
order a person to transfer land situate outside the area
of jurisdiction of the
Witwatersrand Local Division. The question appears to form part of the
jus
controversum
in our law. Such authority as exists is discussed in the
South African Law of Jurisdiction
by Mr Pollak at pp. 102 to 108.
Consideration of the authorities cited by him so far as I have been able in the
time at my disposal
to consider them, satisfies me that the fact that this Court
is part of the Supreme Court of South Africa, does not give it an extended
jurisdiction in respect of other parts of the Union and, furthermore that such
extension is not produced by the provisions of the
Administration of Justice Act
(Act 27 of 1912).
The....
31.
The jurisdiction of a Local or Provincial Division of the
Supreme Court is apparently not different in respect of land situate elsewhere
in the Union from that of any Court asked to adjudicate in respect of foreign
land, It may seem strange and it certainly is highly
inconvenient that if A. ,
residing in Johannesburg, wants to sue B. , also résiding in
Johannesburg, on a contract entered
into in Johannesburg, he should have to
bring action in Cape Town or Grahamstown simply because the contract relates to
land situate
in the Cape Province, but such appears to me to be the better
view."
Ek kan met eerbied nie saamstem met die stelling dat ten opsigte van grond
buite sy regsgebied maar binne die grense van Suid-Afrika
die jurisdiksie van 'n
plaaslike of provinsiale afdeling van die Hooggeregshof gelyk gestel word aan sy
jurisdiksie ten opsigte van
grond in 'n vreemde land geleë nie. Ter
onderskraging van die stelling dat by aksies om oordrag van eiendomsreg van
onroerende
eiendom die
forum rei sitae
uitsluitende jurisdiksie besit,
word deur skrywers veelal bygehaal die beslissings in
Rosa's Heirs v
Inhambane Sugar Estates Ltd
(
supra
) en
Rood's
Trustees v Scott and De Villiers
(
Supra
). Kyk bv
P E J BROOKS
,
LAWSA ....
32.
P E J BROOKS,
LAWSA
.vol 11 bl 343 par 412; Herbstein and Van
Winsen,
The Civil Practice of the Superior Courts in South Africa
3de
uitg bl 43. Bovermelde twee beslissings (wat gaan oor die jurisdiksie van 'n
Suid-Afrikaanse Hof m b t grond in die buitelánd)
asook die sake van
Hugo v Bekker
1909 Buch. AC 366
;
Norden v Solomon
(1847) 2 Menz.
375
; en
Eilon v Eilon
1965 (1) SA 703
(A). 726H - 727B waarop soms in
hierdie verband gesteun word, word in die
Ward v Burgess
-saak (106H -
107A) in oënskou geneem. Dit is onnodig om hul weer eens hier te ontleed.
Nie een van hierdie gewysdes werp juis
lig op die regs= bevoegdheid van 'n
provinsiale of plaaslike afdeling ten opsigte van grond buite die afdeling maar
binne die grense
van die Republiek nie. Met uitsondering van die
Vorster v
Keyser
-saak is in die betoog voor ons nie verwys na enige beslissing van ons
Howe wat as regstreekse gesag dien vir die gevolgtrekking dat
by 'n
aksie
om lewering van transport van grond binne die Republiek geleë die
forum
33.
forum rei sitae
uitsluitende jurisdiksie besit nie.
Dit is 'n standpunt waarvoor dit moeilik sou wees om uit prinsipe enige
aanneemlike grondslag
te vind en wat m i moeilik te rym sou wees met die riglyne
deur hierdie Hof in die Lek-saak (
supra
) aangedui. Daarenteen tref die
volgende benadering van die probeem in die
Ward v Burgess-
saak my as
verantwoord. Op 106C - D verklaar MUNNIK, HR:-
"It would seem ....that the
ratio
for holding that the jurisdiction of
a Court of a defendant's domicile or residence which would normally have
jurisdiction on the
basis of the maxim
actor sequitur forum rei
(see
Sciacero & Co v Central S A R,
1910 T S 119
at p 121) is excluded in
cases involving claims relating to title to and transfer of property, is that
the latter Court would be
unable to enforce its order if granted.
It follows, therefore, that if the Court which has jurisdiction by virtue of
the defendant's domicile or residence is able to enforce
its order if granted,
then the reason for denying such Court jurisdiction, albeit concurrent
jurisdiction, with the
forum rei sitae
falls away."
In/....
34.
In die voorslotparagraaf van die uitspraak (op 107 B - C) word daar
tot die volgende slotsom geraak:-
"I have come to the conclusion that, in
the South African context as between rival Provincial or Local Divisions (in
which I include this Court as it at present exists),
the fact that immovable
property is situate within the jurisdiction of such Provincial or Local Division
does not give such Provincial
or Local Division exclusive jurisdiction in
actions in which a title to or transfer of such. property is claimed."
Met hierdie slotsom gaan ek akkoord. Om enige moontlike misverstand te
voorkom sou ek egter die volgende wou byvoeg. Soos reeds vroeër
genoem, was
in die
Ward v Burgess-
saak nie alleen die koopakte waarop die eiser
gesteun het binne die regsgebied van die Hof aangegaan nie maar daarby was die
verweerders
aldaar woonagtig en gedomisilieer. Deson= danks het MUNNIK, HR die
antwoord op die vraag of die Hof by magte sou wees om aan die
verlangde regshulp
uitvoering te gee by die bepalings van art 26(1) van Wet 59 van 1959 gaan soek.
Op 106D - E verklaar die Hof -
"In
35.
"In my view the order of a Provincial or Local Division may
by virtue of the provisions of sec 26 of Act 59 of 1959 be enforced throughout
the Republic and by virtue of sec 2E of Act 50 of .1963 (enacted by sec 12 of
Act 70 of 1974) the same applies to orders of this
Court."
Die korrektheid van die beslissing in die
Ward v Burgess
-saak
is
deur pro.f Ellison Kahn,
loc cit
(
1976)
op bl 526 bevraagteken. Hy
skryf o a:-
"I may be forgiven if I repeat what I said before .....: s 26(1) has not to
do with extension of jurisdiction but is confined to the
facilitation of process
and execution. This attitude is supported by
Ex Parte Boshoff
1972(1) SA
521 (E) at 522. The correctness of the decision of Munnik J, with respect, is to
be doubted. Would that the court of the
domicile or residence of the defendant
did have jurisdiction. Remedial legislation seems called for."
Aan die hand van die feite van die onderhawige appèl het ek reeds
bevind dat indien die eiser se vordering sou slaag daar sonder
enige beroep op
die bepalings van art 26(1)
van
36.
van Wet 59 van 1959 aan die bevel van die OPA uitvoering
gegee kan word. Met die oog op die regshulp in die
Ward v Burgess
-saak
aangevra (nl 'n bevel wat die verweerders as kopers verplig (1) om
oordrag-dokumente te onderteken; (2) om waarborge te lewer;
en (3) om teen
lewering van transport deur die verkoper die koopprys te betaal) en met
inagneming van die feit van die verweerders
se verblyf en
domicilium
in
Transkei, was die omstandighede in daardie saak na my oordeel sodanig dat die
bevel van die verhoorhof binne sy eie regsgebied
regstreeks afdwingbaar was.
Hoewel ek met die slotsom in die voorslotparagraaf (op 107B - C) van die
uitspraak in die
Ward v Burgess
-saak saamstem, was die Hof se beroep op
art 26(1) van Wet 59 van 1959 met behoorlike inagneming van die feite m i
oorbodig. Rakende
die aanwendingsveld van art 26(1) kan duidelikheidshalwe die
volgende ook genoem word. Word veronderstel dat in die
Ward v
Burgess
-saak die verweerders slegs
incolae
van die RSA was en dat
hulle nie in Transkei gedomisilieer was nie,
sou
37
sou art 26(l) gewis by die instelling van die aksie en
moontlik ook by afdwinging van die regshulp ter sprake gekom het. Eerstens,
en
net soos in die onderhawige geval, sou die eiser hom dan op art 26(1) moes
verlaat het ten einde beteke= ning van die dagvaarding
aan die teenpartye buite
die regsge= bied van die verhoorhof maar binne die RSA te bewerkstellig. Soos in
die onderhawige geval sou
dit yeroorloof wees, nie omdat art 26(1) die
jurisdiksie van die verhoorhof enigsins uitbrei nie, maar bloot op grond daarvan
dat
daar inderdaad
ratione contractus
'n geldige jurisdiksiegrond vir die
eiser se aksie bestaan het. Ten tweede kon art 26(1) ook ter sprake gekom het
vir geval van die
verweerders se weiering om aan die Transkeise Hof se bevel
uitvoering te gee indien die eiser vervolgens by daardie Hof weens minagting
'n
bevel om die gevangesetting van die verweerders sou aangevra het. Sowel by die
betekening van die stukke in die mosie-aansoek
om gevangesetting as by
uitvoering van 'n bevel tot gevangesetting sou die eiser hom op art 26(1)
moes
38.
moes beroep het; en ewe-eens sou dit 'n geldige beroep gewees het omdat daar
'n geldige jurisdiksiegrond vir die eiser se aksie bestaan
het.
Uit hoofde van die voorgaande is die slotsom dat in die onderhawige appel die
TPA. as
forum rei sitae
nie
oor uitsluitende regsbevoegdheid beskik
nie, en dat vanweë die OPA se saamlopende regsbevoegdheid die eiser se
vordering
gevoeglik deur die OPA aangehoor en besleg kan word. Vgl
Smit NO
v Ferreira
N 0 1979(4) SA 590 (K) 598A -599A. Ek het reeds aangedui dat by
sy aanwending van die leerstuk van doeltreffendheid die verhoorhof
se byhaling
van die bepalings van art 97 van die Akteswet en art 26(1) van
Wet 59 van 1959 onsuiwer was. Vir die redes vroeër in
hierdie
uitspraak genoem, stem ek egter saam met die bevin=
ding van die Hof
a
quo
dat die bevel deur die eiser aangevra direk binne die regsgebied van die
OPA afdwingbaar is.
Om laasgenoemde rede, so meen ek, moet die appèl
misluk
39.
misluk. Benewens sy bevinding dat die OPA by magte is om aan die
verlangde regshulp uitvoering te gee, het die Hof benede by sy verwerping
van
die verweerderes se beswaar teen die ontvanklikheid in die OPA van die eiser se
vordering op verskeie ander regsgronde gesteun.
Vir doeleindes van hierdie
uitspraak is dit onnodig om daarop in te gaan en i v m die korrektheid al dan
nie daarvan word geen mening
uitgespreek nie..
Die appèl word met koste afgewys.
G G HOEXTER, AR
BOTHA, AR )
GROSSKOPF, AR )
Stem saam
SMALBERGER, AR ) KUMLEBEN, Wn AR )