S v Henricks and Others (SS153/2002) [2003] ZAWCHC 88 (15 May 2003)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Life imprisonment for murder — Accused found guilty of two counts of murder and two counts of illegal possession of firearms and ammunition — Court required to impose life sentence unless substantial and compelling circumstances justify a lesser sentence — No such circumstances found, as the murders were premeditated and committed in a brutal manner — Personal circumstances of the accused insufficient to outweigh the seriousness of the crimes — Sentences imposed: life imprisonment for murder and three years for illegal possession of firearms.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 88
|

|

S v Henricks and Others (SS153/2002) [2003] ZAWCHC 88 (15 May 2003)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
SS153/2002
DATUM
:
15
MEI 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
VIRGIL
HENDRICKS
2.
GARTH
MEYER
3.
LINDSAY
JANSEN
V
0 N N I S
GRIESEL.
R
:
Die
beskuldigdes is almal deur hierdie Hof beskuldig bevind aan twee
aanklagte van moord en twee van onwettige besit van vuurwapens
en
ammunisie. Dit is nou die plig van die Hof om die beskuldigdes vir
hierdie misdade te straf.
Wat
die aanklagte van moord aanbetref, aanklagte 2 en 3, net ons reeds
daarop gewys dat die bepalings van artikel 51 gelees met
Deel I van
Bylae 2 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, van toepassing
is. Dit bring mee dat die Hof die voorgeskrewe vonnis
van lewenslange
gevangenisstraf moet opl§, tensy die Hof tevrede is dat
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die
oplegging van 'n
mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig.
Die
appelhof het in die saak van
S
v MALGAS
2001 (1) SASV 469 (HHA) riglyne neergele aangaande die benadering wat
'n vonnisoplegger moet volg by die oorweging van die vraag
aangaande
wesenlike en dwingende omstandighede. Die Hof het, onder andere,
daarop gewys dat daar nie ligtelik en weens "flimsy
reasons"
van die neergelegde standaarde afgewyk behoort te word nie.
Al
die faktore wat tradisioneel in ag geneem is by vonnisoplegging is
steeds relevant. Dit behels die opweging van versagtende sowel
as
verswarende omstandighede. Indien oplegging van die voorgeskrewe
vonnis egter tot 'n onregverdige resultaat sou lei, is die
Hof
geregtig om daarvan af te wyk.
Geeneen
van die advokate vir die verdediging het met groot oortuiging
geargumenteer dat daar in die huidige saak wel sodanige wesenlike
en
dwingende omstandighede aanwesig is nie en ek kon ook nie enige
sodanige vind nie. Ek stem in ieder geval met advokaat
De
Lanqe
.
namens die Staat, saam dat enige moontlike versagtende omstandighede
heeltemai oorskadu word deur die verswarende omstandighede.
Wat
die persoonlike omstandighede van die beskuldigdes aanbetref,
beskuldigde 1 is 26 jaar oud. Hy het twee vorige veroordelings
weens
aanranding met die opset om ernstig te beseer gepleeg gedurende 1993
en 1994 onderskeidelik, waarvoor hy gevonnis is eerstens
tot ses houe
met 'n ligte rottang en daarna vir twaalf maande korrektiewe toesig.
Hy is reeds sedert 'n jeugdige ouderdom aan die
bendesubkultuur
blootgestel.
Beskuldigde
2 is 23 jaar oud en het matriek op skool geslaag. Ook hy is van jongs
af met bendes deurmekaar. Hy kom uit 'n gebroke
huis as gevolg van
die feit dat sy ouers geskei is toe hy slegs 1 3 jaar oud was. Tans
is hy die vader van een buite-egtelike kind
van een jaar en vier
maande oud. Hy het een vorige veroordeling weens onsedelike
aanranding waarvoor hy in 1999 gevonnis is tot
twaalf maande
korrektiewe toesig en 100 uur gemeenskapsdiens.
Beskuldigde
3 is tans 30 jaar oud. Hy het 'n vaste verhouding met sy vriendin en
het twee kinders. Hy het heelwat meer vorige veroordelings
as sy
mede-beskuldigdes waaronder 'n hele paar weens dwelmverwante
oortredings. Daarby is hy ook gedurende 1994 sowel as 1999 weens
die
onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie skuldig bevind,
dieselfde oortreding waaraan hy in hierdie saak op aanklagte
4 en 5
skuldig bevind is. By die laaste geleentheid is hy tot agtien maande
gevangenisstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort
is. Ek aanvaar
dat daardie vonnis nou teen horn in werking gestel kan word as gevolg
van sy skuldigbevinding in hierdie saak.
As
deel van die getuienis ter strafverswaring het die Staat vir kaptein
Dryden
geroep om te getuig aangaande ander sake wat tans nog teen die
beskuldigdes hangende is of ondersoek word. Daar is beswaar
gemaak
vanaf verdedigingskant teen sodanige getuienis, aangesien die
beskuldigdes nog nie op enige van daardie aanklagte skuldig
bevind is
nie. Ek het ten einde tyd te bespaar, die getuienis voorlopig
toegelaat en het aangedui dat die bewyswaarde later oorweeg
sou word.
Advokaat
De
Lanqe
het in hierdie verband, onder andere, gesteun op die
appelhofuitspraak in
R
v ZONELI
1959(3) SA te 330. Volgens my oordeel is daardie saak egter
onderskeibaar van die huidige, aangesien die Hof in daardie saak
latere
skuldigbevindings in aanmerking geneem het by oorweging van 'n
gepaste vonnis. In die huidige saak word bloot gesteun op hangende

sake teen die beskuldigdes. Die beskuldigdes word tans vermoed
onskuldig te wees op daardie aanklagte totdat hulle skuld bo redelike

twyfel bewys is. In die omstandighede word geen gewig geheg aan
daardie getuienis nie.
Die
misdade waaraan die beskuldigdes in die huidige saak skuldig bevind
is, is uit die aard van die saak uiters ernstig. Die beskuldigdes
het
die betrokke aand die huis van die oorledene binnegegaan met die doel
om horn te vermoor en het op koelbloedige wyse en eksekusiestyl
die
twee oorledenes doodgeskiet met onwettige vuurwapens. Die feit dat
die oorledene, Pankie Khabela, in sy eie huis doodgeskiet
is is
beslis verswarend, aangesien dit neerkom op 'n flagrante skending van
sy reg op lewe, fisiese integriteit sowel as privaatheid.
'n
Verdere faktor wat die Hof nie uit die oog moet verloor by die
oplegging van vonnis nie, is die belange van die gemeenskap. In

hierdie verband is dit vera! die effek op die onmiddellike lede van
die betrokke familie wat aandag verdien. Daar was getuienis
voor die
Hof dat die oorledene, Pankie, 'n uitgebreide familie gehad het wat
hy onderhou het. Sy seun het hier getuig oor die effek
van die dood
op die familie wat hy beskryf het as "shattering". Die feit
dat die oorledene moontlik 'n gedeelte van sy
inkomste uit
dwelmhandel verdien het, kan geensins as versagting ten gunste van
die beskuldigdes dien nie.
Verder
vereis die gemeenskap dat ernstige misdaad vasgevat en behoorlik
gestraf sal word. Net so belangrik is die oorweging dat
geen
organisasie of individu in 'n demokratiese samelewing toegelaat kan
word om die reg in eie hande te neem of om ander te intimideer
nie.
Dit is wat hier gebeur het deurdat die beskuldigdes as bendelede
hulself die reg aangematig het om die oorledene tereg te
stel weens
redes waaroor daar slegs gespekuleer kan word. Hierdie Hof het 'n
plig om 'n ondubbelsinnige boodskap uit te stuur dat
sodanige optrede
nie geduld kan word nie.
Die
huidige misdade vestig weereens die aandag op die geweldige sosiale
ontwrigting en ander probleme wat deur die bendesubkultuur
op die
Kaapse Vlakte meegebring word. Dit is algemene kennis dat daar
feitlik permanent 'n staat van anargie heers waaraan die
inwoners
magteloos of onwillig is om iets te doen en waarin selfs onskuldige
jong kinders dikwels in die kruisvuur van bendes beland
en
doodgeskiet word.
Dit
was gevolglik vir hierdie Hof ontstellend om in hierdie saak te sien
en te hoor op welke belangelose en onbeholpe wyse die polisie
met
hierdie probleem handel. Nog erger was die getuienis wat deur sommige
van die staatsgetuies bevestig is van die wydverspreide
korrupsie in
die polisiediens wat lei tot 'n gebrek aan vertroue by lede van die
gemeenskap. Ons weet uit daaglikse ondervinding
- en ook uit die
getuienis in hierdie saak - dat dit heel dikwels vir die polisie
onmoontlik is om die skuldiges aan te keer, aangesien
potensiele
getuies te bang is vanwee intimidasie om na vore te kom om die
skuldiges aan die man te bring.
In
die huidige saak het 'n ooggetuie van die onderhawige misdade feitlik
in die polisie se skoot beland in die persoon van Michelle
Armstrong,
maar tog het die polisie vir bykans drie maande niks gedoen om die
skuldiges aan te keer nie totdat kaptein Dryden die
ondersoek
gedurende laat Oktober 2001 oorgeneem het. Tot sy krediet, het hy
dadelik van die saak werk gemaak en het hy die beskuldigdes

aangekeer.
Hierdie
Hof kan slegs maar die hoop uitspreek dat die polisie in die toekoms
daadwerklike stappe sal neem om hierdie toedrag van
sake reg te stel
en die Hof rig 'n versoek tot die staatsadvokaat om hierdie
opmerkings van die Hof onder die aandag van die Distrikskommissaris

van Polisie te bring. Gelukkig vir die vervolging in die huidige
saak, was Michelle Armstrong in daardie stadium, toe kaptein Dryden

oorgeneem het, steeds beskikbaar en bereid om te getuig, wat vir die
gemeenskap 'n voorbeeld is hoedat 'n enkele individu met die
nodige
wil en ruggraat.
wel
'n verskil kan maak aan die misdaadprobleem.
Om
dus saam te vat, op die getuienis as geheel bestaan daar, volgens my
oordeel, geen wesenlike en dwingende omstandighede wat
die oplegging
van 'n mindere vonnis as lewenslange gevangenisstraf vir die moorde
regverdig nie.
Ten
opsigte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, kan die
twee aanklagte myns insiens saamgeneem word vir doeleindes
van
vonnis. Hiervoor sou 'n vonnis van drie jaar gevangenisstraf, myns
insiens, gepas wees.
Vir
die redes, soos uiteengesit, word al die beskuldigdes gevonnis soos
volg:
Op
elk van aanklagte 2 en 3
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
:
Op
aanklagte 4 en 5, saamgeneem vir doeleindes van vonnis
DRIE
(3) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Daar
word gelas ingevolge artikel 34(1) en 35{1) van die Strafproseswet
dat die volgende bewysstukke aan die volgende persone
teruggegee
en/of aan die Staat verbeurd verklaar word:
Bewysstuk
1, die wit kussing, aan die Staat.
Bewysstuk
2, die groen kussing aan die Staat.
Bewysstuk
3, die patroondoppie Ballistiekeenheid,
Forensiesewetenskap
laboratorium.
Bewysstuk
4, die patroonpunt ook aan die Ballistiekeenheid.
Bewysstuk
5, aan kaptein D Blomerus van die Ballistiekeenheid.
GRIESEL.
R
OORSKRYFSTER
SE SERTIHKAAT
Ek,
die ondertekende, sertifiseer hiermee dat die voorgaande, tot die
beste van my vermoe en sover dit hoorbaar is, 'n ware en
juiste
afskrif is van die oorspronklike getuienis wat deur middel van 'n
meganiese opvangtoestel opgeneem is in die saak van:
DIE
STAAT v VIRGIL HENDRICKS EN TWEE ANDER
DATUM
AFGEHANDEL
:
2.1.2004
LIASSEERNOMMER:
SS153.VON
OORSKRYFSTER
:
G
W MEINTJES
NAGESIEN
DEUR
:
GEKORRIGEER
DEUR:
SNEL
LER
TRANSK
RIPSIES
(EDMS) BEPERK. KAAPSTAD