S v Hendricks (SS.153/2002) [2003] ZAWCHC 85 (14 May 2003)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Evidence — Identification of accused — Testimony of witness regarding involvement of accused in murder and robbery — Witness's credibility and reliability assessed — Conviction based on corroborated evidence. The accused, Virgil Hendricks, Garth Meyer, and Lindsay Jansen, faced charges of murder, robbery, and firearms offenses, all stemming from a violent incident on 20 July 2001, where two individuals were executed in their home. The primary evidence against the accused was the testimony of a witness, Michelle Armstrong, who claimed to have seen the accused during the commission of the crimes. The legal issue was whether the evidence presented, particularly the identification by the witness, was sufficient to establish the guilt of the accused beyond a reasonable doubt. The court held that the witness's testimony, corroborated by other evidence, was credible and reliable, leading to the conviction of the accused on all charges.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 85
|

|

S v Hendricks (SS.153/2002) [2003] ZAWCHC 85 (14 May 2003)

IN
DIE HQOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
SS.153/2002
DATUM
:
14
MEI 2003
In
die saak tussen:
DIE
ST A AT
en
VIRGIL
HENDRICKS
GARTH
MEYER
LINDSAY
JANSEN
UITSPRAAK
GRIESEL.
R
:
Die
drie beskuldigdes, mnre Virgil Hendricks, Garth Meyer en Lindsay
Jansen, staan tereg op een aanklag van roof met verswarende

omstandighede; twee aanklagte van moord sowel as twee aanklagte
ingevolge die Wet op Wapens en Ammunisie, 75 van 1969.
Die
beskuldigdes het onskuldig gepleit op al die aanklagte. Geen
pleitverduidelikings ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet
is
deur hulle verskaf nie, maar al drie het sekere erkennings gemaak wat
uiteengesit is in Bewysstukke A, B en C onderskeidelik.
Al die
misdade is op Vrydagaand, 20 Julie 2001, in Montana naby Bishop Lavis
gepleeg by die huis van die eerste oorledene, ene
Abie Pankie
Khabela. Hy is die betrokke aand in sy huis doodgeskiet saam met ene
Lucas Msipha, wat ook in daardie stadium by dieselfde
adres gewoon
het. Aangesien die eerste oorledene, Pankie Khabela, die mees
prominente rol in die gebeure gespeel het, sal ek hierin
na horn
verwys bloot as "die oorledene".
Uit
die ballistiese en patologiese getuienis blyk dit dat beide
oorledenes eksekusiestyl gedood is deur 'n enkele skoot in die kop

wat, in beide gevalle, op kort afstand deur 'n kussing afgevuur is.
Die betrokke kussings met die koeelgate daarin is voor die
Hot as
Bewysstukke 1 en 2.
Die
vraag waaroor die Hof vandag moet beslis, is of die beskuldigdes die
aanvallers was, soos wat die Staat beweer. Die Staatsaak
teen die
beskuldigdes berus grotendeels op die getuienis van ene Michelle
Armstrong. Sy is 'n 30-jarige ongetroude vrou wat reeds
13 jaar saam
met haar mansvriend, ene Steven Vermeulen, woon. Sy was 'n gereelde
meeloper van die Americans-bende in Heideveld.
Sy ken at drie
beskuldigdes reeds vir 'n aanta! jare voor die huidige saak.
Volgens
haar is of was al drie van hulle lede van die Americans-bende. Sy het
hulle van tyd tot tyd teegekom by die huis van ene
Gummie wat
skynbaar 'n leiersfiguur in die Americans-bende in die Heideveld area
is of was.
Op
1 7 Julie 2001 het sy in 'n koerant gelees dat daar weer by die huis
van die oorledene ingebreek is. Sy het nie op daardie stadium
vir die
oorledene geken nie, maar sy het wel die volgende dag by Gummie se
huis sekere inligting gekry aangaande wie, na bewering,
by die
inbraak of roof betrokke sou gewees het. Volgens die inligting, sou
dit die drie beskuldigdes en nog 'n persoon, genaamd
Nazzer, gewees
het.
Sy
het later aan 'n vriend van haar, ene Shaun Odendaal, laat blyk dat
sy sou weet wie ingebreek het. Aangesien die oorledene 'n
goeie
vriend van Shaun was, het Shaun voorgestel dat sy hierdie inligting
aan die oorledene oordra. Hy, wat Shaun is, het haar
dan ook na die
oorledene se huis geneem waar sy aan die oorledene voorgestel is en
sy het horn vertel wie, volgens haar inligting,
vir die roof
verantwoordelik was.
Die
oorledene het haar daarop versoek om vir horn te gaan wys waar die
betrokkenes bly waarop sy die huise van beskuldigdes 1 en
2 aan die
oorledene uitgewys het. Die oorledene was baie in sy skik met hierdie
inligting en het uit sy eie aangebied om vir haar
R4 000,00 kontant
sowel as 50 Mandrax tablette te gee as beloning. Dit was op
Donderdag, 19 Julie 2001. Sy is aangese om die volgende
dag terug te
kom vir haar beloning. Voordat sy egter huis toe kon gaan, het
beskuldigde 3 daar opgedaag in sy motor, 'n rooi Toyota.
Sy wou nie
he dat beskuldigde 3 haar daar moes sien nie en het gevolglik op
voorstel van die oorledene in sy slaapkamer gaan wegkruip.
Vandaar
het sy gehoor dat beskuldigde 3 vir die oorledene vra vir werk.
Sy
het dit verstaan as 'n verwysing na dwelmmiddels. Die oorledene het
geantwoord dat daar nie op daardie stadium werk was nie,
en dat
beskuldigde 3 die volgende dag moes terugkom. Nadat beskuldigde 3
vertrek het, het die oorledene vir die getuie huis toe
geneem.
Op
Vrydagoggend, 20 Julie 2001, het die getuie tussen elf- en twaalfuur
weer na die oorledene se huis gegaan, maar sy is deur
horn meegedeel
dat die Mandrax tablette nog nie gekom het nie. Hy het gese dat sy
die middag weer moes terugkom. Na 3:00 namiddag
het sy weer
teruggegaan maar dieselfde proses is herhaal. Sy het saam met die
twee oorledenes in die sitkamer gesit toe beskuldigde
3 weer daar
aangekom het. Sy het weer na die oorledene se slaapkamer gegaan en
daar weggekruip. Die oorledene het vir beskuldigde
3 gese om ook die
aand terug te kom.
Die
aand tussen ongeveer 7:00 en 7:30 namiddag het die getuie weereens
na die oorledene se huis gegaan. Sy het weer saam met die
twee
oorledenes in die sitkamer gesit en beskuldigde 3 het weer daar
opgedaag met sy motor. Sy het weer na die slaapkamer gegaan.
Sy
getuig dat daar 'n stort in die badkamer is wat in die gang gelee is
en sy kon hoor dat die stort loop. Op 'n vraag van haar
het die
oorledene vir haar gese dit is 'n vriend van horn wat besig was om
te stort. Vanuit die slaapkamer kon sy hoor dat die
oorledene vir
beskuldigde 3 se dat hy nou die werk gaan haal, waarop die oorledene
na die kombuis geloop het. Toe hy terugkom
in die sitkamer, het die
oorledene gevra wat gaan nou
^
dene
aan.
Sy het gesien 'n hand, lig van kleur, word gelig na die o
met
'n vuurwapen in die hand. Sy het gehoor dat die P
^
ons
gaan vadala die goed". Sy het beskuldigde 2 se stem
detaal
dat die mense
het
die woorde verstaan as 'n voorstel m
,
het beskuldigde 2 vir die doodgemaak moes word. Toe hy dit se,
oorledene
oor die kop geslaan met die vuurwapen.
.
een
van
die lang Op daardie stadium het die getuie bang geword en i
nie
betrokke
a«n
wegkruip-
u,e
mgeboude
klerekaste in die slaapkamer gaan »
was,
is net regs van
kaste
is sigbaar op foto D. 12 en die een waarin sy die ingang na die
badkamer. Sy het getuig °
dl
91
dat
sy kon sien wat m
en
die dubbeldeure op 'n skrefie oopgehou het so die kamer aangaan.
d-,e
slaapkamer
Daarop
het beskuldigde 1 saam met ene Nazzer
dra
het, die een by sv
binnegekom
terwyl hulle vir die oorledene gesleep
daarop
Naz
arms
en die ander by sy voete. Beskuldigde 1
net
gevra
om vir horn 'n kussing aan te gee, w»»
had
en terwyl die
Beskuldigde
1 het 'n vuurwapen in sy hand 9
van
sy famine
e
oorledene
vir sy lewe gesmeek het en gevra het v»/at
v
se
kop g
^drUK
kinders.
het beskuldigde 1 die kussing teen die oor'e e en een skoot geskiet.
Daarna
het die getuie gesien dat beskuldigde 2 vir d
,e
Lucas,
die kamer binnesleep onder sy arms. Dit he?* 9
e,v
bewusteloos
was. Beskuldigde 2 het ook gevra vir
Nazzer
aangegee was, waarop beskuldigde 2 vir Lucas ook een skoot deur die
kop geskiet het.
Daarna
het sy gehoor dat beskuldigde 3 vanuit die rigting van die voorkamer
vra of die "job" klaar is. Die ander het
"ja"
geantwoord waarop beskuldigde 3 die kamer binnegekom het en by die
laaikas aan die regterkant, wat op foto D.7
sigbaar is, die laai
oopgemaak het en daarin rondgekrap het. Daarna het sy gehoor dat
hulle uit die kamer uit hardloop. Sy was
steeds in die kas waar sy
by haarself Psalm 23 opgese het.
Toe
sy nie meer voetstappe hoor nie, het sy uit die kas geklim en
aangesien die kasdeure nie behoorlik wou toemaak nie, het sy
die
oefenapparaat wat op die foto's sigbaar is, teen die kasdeure
gestoot. Sy het dit gedoen omdat sy nie wou he dat die beskuldigdes,

indien hulle sou terugkeer, moes sien dat daar moontlik iemand in
die kas was nie.
Toe
sy in die voorkamer kom, het sy gesien dat beskuldigde 3 in sy motor
klim en ry. Sy het ook gesien dat beskuldigdes 1, 2 sowel
as Nazzer
in 'n wit Toyota klim en ook wegry. Daarna het sy in haar eie motor
geklim, wat 'n entjie daarvandaan in die straat
geparkeer was en het
ook weggery.
Sy
getuig dat sy baie geskok was deur wat sy gesien het en dat sy
aanvanklik vir niemand vertel het wat sy gesien het nie. Ongeveer
'n
week later, het sy egter wel vir haar vriend, Shaun, vertel wat sy
gesien het en wie betrokke was. Sy getuig dat sy bang was
om na die
polisie te gaan met die inligting, aangesien sy hulle nie vertrou
het nie. Volgens haar gebeur dit dikwels dat die
polisiebeamptes
deur bendelede en ander misdadigers betaal word om uit te vind wie
die getuies in 'n sekere saak is.
Die
oorledene is 'n week na die voorval in Johannesburg begrawe en
gedurende die daaropvolgende week het haar vriend, Shaun, haar

meegedeel dat die familie van die oorledene haar wou sien. Sy het na
die oorledene se huis gegaan waar sy die oorledene se seun,
Lucky
ontmoet het. Hy het op sy beurt vir haar na die oorledene se meisie,
Mavis Julies, geneem. Die getuie het aan die familielede
vertel wat
sy die betrokke Vrydagaand by die oorledene se huis gesien het en
wie by die aanvalle betrokke was. Mavis het haar
daarop gevra om die
aand terug te kom na die oorledene se huis.
By
daardie geleentheid het sy 'n persoon met die naam van Quinton
Marinus ontmoet. Lucky het gese dat hy 'n huisvriend is en dat
sy
vrylik vir horn kon vertel wat sy weet. Nadat sy haar verhaal aan
Quinton vertel het, het hy haar aangeraai om dit aan die
polisie te
vertel. Hy het daar en dan per selfoon kontak gemaak met 'n
polisiebeampte wat volgens horn betroubaar was.
Sodoende
het hulle 'n afspraak gemaak om vir inspekteur Van der Walt in
Goodwood te ontmoet, waar sy vir horn in sy voertuig in
bree vertel
het wat gebeur het. Later het sy 'n ander polisiebeampte, ene
inspekteur Schyffers ontmoet wat op 1 Augustus
2001 'n verklaring
van haar geneem het. Die verklaring is tydens die verhoor ingehandig
as Bewysstuk L.
Vir
meer as twee maande het niks verder gebeur nie totdat sy op 23
Oktober 2001 'n verdere verklaring gemaak het aan die huidige

ondersoekbeampte, kaptein Dryden, wat intussen die ondersoek
oorgeneem het. Sy het ook aan kaptein Dryden die huise van
beskuldigdes
1 en 2 uitgewys waarop die beskuldigdes kort daarna
gearresteer is. 'n Paar dae later is beskuldigde 3 ook gearresteer
nadat
kaptein Dryden aanvanklik 'n lasbrief vir die arrestasie van
'n ander persoon genaamd Lindsay Barnes bekom het. Michelle
Armstrong
het horn egter daarop gewys dat dit die verkeerde Lindsay
was. Nadat sy verdere navrae gedoen het, is beskuldigde 3
gearresteer.
Nie
lank na beskuldigde 3 se arrestasie nie, is Michelle deur
beskuldigde 3 se broer genader en gevra om vir nommer 3 in die
Goodwood Gevangenis te gaan besoek. Nadat druk op haar uitgeoefen is
deur beide beskuldigde, telefonies sowel as haar mansvriend,
Steven,
het die getuie ingestem om te gaan sodat sy kon uitvind wat die
beskuldigde se plan met haar was.
Tydens
daardie besoek het die beskuldigde vir haar gevra of sy horn regtig
gesien het die betrokke aand by die oorledene se huis.
Nadat sy
aanvanklik ontken het dat sy 'n getuie was, het sy kwaad geword en
bevestig dat sy wel vir horn gesien het. Daarop
het die
beskuldigde, volgens haar, begin sweet en het sy trui uitgetrek. Hy
het haar gevra om 'n verklaring te gaan maak by sy
prokureur waarin
sy moes se dat kaptein Dryden vir haar R10 OOO betaal het om 'n
verklaring te maak wat die beskuldigde impliseer.
Indien sy dit sou
doen, sou die beskuldigde 'n taxi vir haar vriend Steven koop. Sy
was egter nie bereid om aan hierdie versoek
gehoor te gee nie en het
die gesprek aan kaptein Dryden gerapporteer wat 'n verdere
verklaring van haar geneem het.
Die
getuie het vertel hoe die voorval haar geaffekteer het en ook van
die dreigemente wat sy vanaf die beskuldigdes ontvang het.
Sy getutg
dat sy baie senuweeagtig geword het, haar hare het begin uitval en
sy was meermale by 'n dokter gewees wat haar inspuitings
en pille
gegee het. Sy het ook op 'n stadium Johannesburg toe gegaan om weg
te kom en is by twee geleenthede in 'n getuiebeskermingsprogram

opgeneem. Sy was tydens die verhoor steeds sigbaar gespanne en het
geweier om in die rigting van die beskuldigdes te kyk terwyl
sy haar
getuienis gegee het. Sy het ook tydens haar getuienis 'n
koeelvastebaadjie onder haar klere gedra.
Behalwe
vir Michelle Armstrong, het die staat ook die getuienis van ene
Bobby Isaacs aangebied wat die aand van die moord in die
huis van
die oorledene was. Dit blyk dat hy die persoon is wat op 'n stadium
in die badkamer was. Hy getuig egter dat hy nie
gestort het nie,
maar besig was om 'n bad te tap. Hy het later gehoor dat daar 'n
ander persoon in die huis was wat vir die oorledene
gese het"
Jy is mos slim". Hy het toe deur 'n skrefie gesien dat daar 'n
worsteling plaasvind en dat iemand die oorledene
agter die nek beet
het. Dit was 'n persoon met 'n baie ligte gelaatskleur.
Hy
het daarop oor die gang na sy slaapkamer gegaan waar hy in die
donker op sy bed gesit het. Hy het later skote gehoor vanuit
die
rigting van die oorledene se slaapkamer wat soos 'n vuurwapen
geklink het, maar dit was nie baie hard nie. Later het hy iemand
in
Afrikaans hoor vra "Is jy klaar?" waarop iemand anders
geantwoord het "Ja". Hy het later voetstappe in
die gang
gehoor en gehoor dat die veiligheidshek by die voordeur toegeslaan
word. Daarna het hy uit die slaapkamer gekom en na
die oorledene se
slaapkamer gegaan waar hy beide oorledenes aangetref het. In daardie
stadium het albei nog gelewe, alhoewel
hulle nie in staat was om met
horn te praat nie.
Hy
het gevind dat die oorledenes se selfone weg was en het na die bure
gegaan en hulle versoek om die polisie te laat weet. Hy
het daarna
ook na die huis van Mavis Julies gegaan om die nuus aan hulle oor te
dra. Daarna is hy terug na die oorledene se huis
waar daar in
daardie stadium reeds 'n groep mense begin saamdrom het. Hy het
later dieselfde aand 'n verklaring aan kaptein Dryden
gemaak waarin
hy, onder andere, verklaar het dat hy nie tydens die gebeure die
badkamer verlaat het nie.
Wat
die verdedigingsaak aanbetref, het die drie beskuldigdes almal
getuig en ontken dat hulle enige kennis van die betrokke misdade

dra. Hulle beweer dat geeneen van hulle die betrokke aand op die
moordtoneel teenwoordig was nie en dat hulle niks met die dood
van
die oorledenes te doen gehad het nie.
Beskuldigde
1 het getuig dat hy dink dat hy op 20 Julie 2001 by sy huis was,
maar volgens kaptein Dryden het beskuldigde 1, na
sy arrestasie en
tydens 'n onderhoud met horn, gese dat hy wel by die huis was ten
tyde van die voorval.
Beskuldigde
2 het getuig dat hy nie kan se waar hy die betrokke aand was nie,
maar dat hy waarskynlik saam met 'n meisievriend
uit was.
Beskuldigde
3 het na sy arrestasie op 11 November 2001 teenoor kaptein Dryden
ontken dat hy by die voorval betrokke was. Volgens
beskuldigde 3 het
hy op Maandag, 16 Julie 2001, laas vir die oorledene gesien. Tydens
sy getuienis meld hy dat hy dink dat hy
die betrokke aand van 20
Julie by sy huis was.
By
die oorweging van hierdie botsende weergawes, hou die Hof in gedagte
dat die bewyslas deurgaans op die staat rus om die beskuldigdes
se
skuld bo redelike twyfel te bewys. Daar is geen bewyslas op die
beskuldigdes om die Hof van hulle onskuld te oortuig nie.
Ingevolge
die Strafproseswet kan 'n beskuldigde op die enkele getuienis van 'n
getuie aan enige misdryf skuldig bevind word.
In die saak van
S
v SAULS
1981(3}
SA 172 (A) word die volgende gese aangaande die wyse waarop 'n
enkelgetuie se getuienis beoordeel moet word:
"There
is no rule of thumb test or formula to apply when it
comes
to a consideration of the credibility of a single witness. The
trial judge will weigh his evidence, will consider its
merits and
demerits and, having done so, will decide whether it is trustworthy
and whether, despite the fact that there are shortcomings
or defects
or contradictions in the testimony, he is satisfied that the truth
has been told. The cautionary rule referred to
by DE VILLIERS, JP in
1932 may be a guide to a right decision, but it does not mean that
the appeal must succeed if any criticism,
however slender of the
witness' evidence, were well-founded. It has been said more than
once that the exercise of caution must
not be allowed to displace
the exercise of common sense."
'n
Beskuldigde se weergawe hoef slegs redelik moontlik waar te wees, 'n
Hof is geregtig om na die waarskynlikhede te kyk ten einde
te bepaal
of 'n beskuldigde se weergawe moontlik waar is. Die feit dat 'n
beskuldigde se getuienis, in isolasie beskou, nie
vatbaar vir
kritiek is nie beteken nie dat daar geen sprake van 'n positiewe
verwerping van sy getuienis kan wees nie. Die
gehalte en oorwig
van getuienis tot die teendeel mag so oortuigend wees dat 'n Hof
genoop voel dat die moontlikheid dat die beskuldigde
se weergawe
waar mag wees uit te skakeL Alles sal van die trefkrag van die
staat se getuienis aan die eenkant en die van die
beskuldigde aan
die ander kant afhang. Teen daardie agtergrond gaan ons nou
daartoe oor om die getuienis oor die betwiste aspekte
te oorweeg.
Soos
reeds genoem, berus die staat se saak teen die beskuldigdes
grotendeels op die getuienis van Michelle Armstrong. Sy is vir
alle
praktiese doeleindes 'n enkelgetuie. Sy is deur die verdediging aan
'n lang en deurtastende kruisondervraging onderwerp
wat oor bykans
drie hofdae gestrek het. Soos te verwagte, het die verdediging beide
tydens kruisondervraging en betoog sterk
klem gele op sekere
beweerde gebreke in haar getuienis. So byvoorbeeld is daar talle
voorbeelde van gapings in haar getuienis
waar sy sekere insidente
nie kon onthou nie. Ook is daar klem gele op sekere botsings tussen
haar getuienis in hierdie hof en
haar vorige verklarings aan die
polisie waarvan daar nie minder nie as ses was.
Advokaat
De
Lanoe
,
wat namens die staat verskyn het en wat die vervolging op 'n bekwame
en verantwoordelike wyse behartig het, het tereg toegegee
dat
Michelle geensins 'n perfekte getuie was nie. Ons is terdee bewus
van die versigtigheid waarmee haar getuienis benader moet
word, 'n
Verdere rede waarom haar getuienis, volgens ons oordeel, versigtig
benader behoort te word, is omdat sy op haar eie
getuienis beweeg op
die rand van die skaduwereld van bendes en dwelms waar die wette van
die normale gemeenskap nie altyd geld
nie.
Verder
hou ons rekening met die onbevredigende aspekte wat deur die
verdediging aan ons voorgehou is met betrekking tot haar getuienis

insluitend die afwykings tussen haar getuienis en haar vorige
verklarings.
Gedagtig
aan al hierdie faktore het ek en my geleerde assessore haar
getuienis noukeurig oorweeg. Ons het genoegsame ge
bes^
oU
'
S
^
om
haar waar te neem terwyl sy getuig het. Op die P
^
'n
gunstige indruk op ons in die getuiebank gemaak en *■ 9

i
S
in sy totaliteit enige wesenlike opsig geskud nie. Wanneer haar
getuie
asCjj
ea
fwykin9
s
'
oorweeg
word, is dit die konsekwentheid daarin, eer wat ons bei'ndruk.
die
alge™
606
By
oorweging van haar getuienis teen die agtergron
va
^
waarskynlikhede
hou ons in gedagte dat Michelle redelik goe
en
2. Foutiewe
was
met die beskuldigdes, veral met beskuldigdes e
moontlik
neid
wa
identifikasio
is dus buite die kwessie en die enigs e
d
de
oorbly
is dat sy opsetlik en valslik die beskuldigdes by di
^
probeer
betrek. Sy het egter geen vyandigheid teenoor dte e
^
openbaar
nie en ons het nie die indruk gekry dat sy prob
qv
het dan ook tydens saak teen enigeen van hulle aan te dik nie.
S
Y
wit
aeregverdig vwas. kruisondervraging toegewings gemaak wanneer on a
Alhoewel
daar geen bewyslas op die beskuldigdes rus om
t

p
net die beskuldigdes voer waarom getuies hul valslik sou inkrimineer
nie.
r
die invlo
ed
in
hierdie hof gesuggereer dat sy dit doen aangesien sy °
van
hom en/of die
van
Quinton Marinus is en geld of ander gunste
oorledene
se farnilie en/of die polisie ontvang het of v©
rvva
0
in
die
Wat
Marinus aanbetref, is hy die sogenaamde ^
r
^ ^
*
n
die Americans kompeterende 28 bende en is daarop uit om die area v
ai

d
.
D't kan ny oor te neem vir doeleindes van sy eie dwelmbesig
rie
*
makliker
regkry indien die beskuldigdes uit die area verwyder word.
Volgens
ons oordeel kan hierdie hipotese, sonder huiwering, as ongegrond
verwerp word. Dit voorveronderstel dat die weergawe,
soos deur
Michelle Armstrong aan die Hof oorgedra, 'n algehele versinsel is.
Dit staan egter soos 'n paal bo water dat die getuie
die betrokke
weergawe reeds vertel het minstens aan die oorledene se vriendin,
Mavis Julies, nog voordat sy vir Quinton Marinus
ontmoet het. Die
onbetwiste getuienis in hierdie verband is dat Michelle eers
ongeveer 'n week na die gebeure vir haar vriend
Shaun vertel het wat
sy die betrokke aand gesien het.
Shaun
het haar, op versoek van die familie, met hulle in verbinding
gebrtng. Dit was eers nadat sy vir Mavis Julies vertel het,
dat
Mavis reelings getref het om haar aan Quinton Marinus voor te stel.
Dit was, met ander woorde, nie 'n geval waar Michelle
Armstrong
sekere inligting aan die familie van die oorledenes wou gaan verkoop
nie. Dit is ook nie geval waar Quinton Marinus
'n opgemaakte storie
aan haar voorgese het om aan die polisie op te dis nie.
Verder
is hierdie hipotese aangaande Quinton Marinus uiters onwaarskynlik.
Volgens die getuienis voor hierdie Hof, is geeneen
van die
beskuldigdes leiersfigure in die Americans-bende nie. Indien dit
Marinus se doelwit was om die Americans in die area
uit te skakel
sou 'n mens verwag dat hy eerder sou poog om van die leiersfigure,
soos Gummie, ontslae te raak.
Ons
vind dit in al die omstandighede hoogs onwaarskynlik dat Michelle
Armstrong die beskuldigdes, wat haar vriende was, valslik
by sulke
ernstige misdade sal betrek ten gunste van iemand wat sy skaars
geken het, soos Quinton Marinus. Te meer so, gesien
in die lig van
die uiters ernstige gevolge wat haar getuienis vir haar eie
veiligheid sou inhou.
By
die evaluering van Michelle Armstrong se getuienis, hou ons verder
in gedagte dat sy in etlike wesenlike opsigte gestaaf word
deur
ander staatsgetuies. Katie Chihoro, ook bekend as antie Katie, wat
'n uitstekende indruk op die Hof gemaak het as getuie,
bevestig
byvoorbeeld dat Michelle Armstrong wel die Vrydagoggend van die
moorde tussen elf- en twaalfuur by die oorledene se
huis was en
staaf selfs vir Michelle oor die spesifieke plek waar sy op die bank
sou gesit het. Sy bevestig dat die oorledene
teenoor haar bevestig
het dat Michelle die persoon is wat inligting ten opsigte van die
roof aan horn verstrek het. Sy het ook
gehoor dat die oorledene vir
Michelle aangese het om later die Vrydag terug te keer. Michelle het
met ander woorde 'n afspraak
met die oorledene gehad om horn die
betrokke Vrydagaand te kom sien.
Bobby
Isaacs bevestig dat hy wel die betrokke aand in die badkamer was.
Alhoewel hy sS dat hy nie gestort het nie, bevestig hy
dat daar wel
water geloop het van die bad wat hy ingetap het. Sy getuienis in
hierdie hof, naamlik, dat hy in 'n sekere stadium
die badkamer
verlaat het en in sy slaapkamer oorkant die gang gaan sit het, bots
met sy polisieverklaring wat, volgens ons oordeel,
meer waarskynlik
is.
Isaacs
bevestig ook dat al die ligte in die gang aan was en dat hy 'n
persoon met 'n baie ligte gelaatskleur daar gesien het wat
besig was
om die oorledene te dreig en aan te rand. Dit staaf Michelle se
beskrywing en kom ooreen met die voorkoms van beskuldigde
2.
Verder
staaf hy ook Michelle se getuienis dat 'n kleurlingman na die
skietery in Afrikaans gevra het of die "job" klaar
is.
Selfs Michelle se getuienis oor 'n relatiewe onbenulligheid, soos
die feit dat die TV se volume in 'n sekere stadium harder
gedraai
is, word deur Bobby Isaacs gestaaf.
Mavis
Julies, wat eweneens 'n gunstige indruk op die Hof gemaak het as
getuie, staaf vir Michelle Armstrong oor die wyse waarop
hulle met
mekaar in verbinding gekom het. Sy was die een wat gereet het
Quinton Marinus in die saak betrokke geraak het.
Mavis
bevestig voorts dat Michelle Armstrong niks van haar verwag het nie
en geen beloning by die familie ontvang het of beloof
is nie. Mavis
meld ook dat Michelle, voor die tronkbesoek, aan haar gese het dat
beskuldigde 3 haar gevra het om horn in die
tronk te besoek; dat
Michelle bang was maar dat haar vriend Steven gese het sy moet gaan.
Verder bevestig Mavis ook dat Quinton
Marinus in 'n sekere stadium
R300.00 aan Michelle gegee het op 'n stadium toe sy uit Bonteheuwel
weg is.
Verder
hou ons in gedagte dat Michelle Armstrong se weergawe vol van detail
is wat sy net te wete kon kom indien sy inderdaad
self op die toneel
was. Sy het getuig dat die oorledenes in die hoofslaapkamer geskiet
is en onderskeidelik op die plekke soos
gesien kan word op die foto,
Bewysstuk D.7. Daar was groot bloedkolle in die omgewing waar die
oorledene se koppe gele het. 'n
Patroondoppie was ook in die
omgewing van die oorledene se kop aan die agterkant gevind. So ook
is 'n koeelpunt in die bloedkol,
waar Lucas se kop gele het, gevind.
Sy
het getuig dat Pankie aan die regter agterkant van sy kop meer aan
die bokant geskiet was. Hierdie beskrywing word gestaaf
deur die
patologtesegetuienis. Volgens Michelle, was Lucas Msipha aan die
linker agterkop geskiet. Ook hierdie beskrywing stem
ooreen met die
patologiese getuienis. Volgens Michelle het die oorledenes se
aanvallers kussings teenaan hulle koppe gehou toe
die skote afgevuur
was. Daar was inderdaad kussings op die toneel gevind met merke wat
op kontakskote dui. Hierdie feite is reeds
in haar eerste verklaring
op 1 Augustus 2001 vermeld.
Wat
afwy kings tussen haar getuienis en haar
polisieverklaringsaanbetref, hou ons in gedagte wat gese is in
S
v BRUINDERS EN 'N ANDER
1 998(2) SASV 432 (SE) te 437e-438a in verband met die doel en rol
getuieverklarings -
"Nie-wesenlike
afwykings in 'n getuieverklaring sal nie noodwendig afbreuk doen aan
die gehalte van 'n staatsgetuie se getuienis
as 'n geheel nie. Die
doel van 'n polisieverklaring is om besonderhede van 'n misdaad te
bekom sodat daar besluit kan word of
die beskuldigde vervolg moet
word. Die getuieverklaring is nie om die getuie se getuienis in die
hof vooruit te loop nie. Dit
is vergesog om van 'n getuie te verwag
om in sy getuieverklaring reeds presies dieselfde weergawe te
verskaf as wat hy in die
ope hof gaan getuig. Getuieverklarings bly
nuttige ammunisie vir kruisondervraging, maar dan moet dit in
konteks oorweeg word
en sal die aard en die omvang van die afwykings
in geheel in ag geneem moet word alvorens dit gese kan word dat 'n
getuie se
getuienis as gevolg van sulke afwykings verwerp moet
word."
Dit
bring my by die bespreking van die beskuldigdes se getuienis.
Beskuldigde 1 het bevestig dat hy en Michelle Armstrong vriende
was
en dat daar nog nooit probleme tussen hulle was nie. Volgens die
beskuldigde impliseer sy horn omdat Quinton Marinus haar
gebruik om
hulle uit die Heideveld area te verdryf. Ek het alreeds gese waarom
hierdie hipotese nie aanvaar kan word nie.
Verder
het beskuldigde 1 getuig dat volgens ene Mark Lewis het Michelle
Armstrong vir laasgenoemde gese dat sy RI0 000,00 by Quinton
Marinus
gekry het om teen die beskuldigdes te getuig. Hierdie inligting was
egter nooit tydens kruisondervraging aan Michelle
Armstrong gestel
nie. Trouens, die beskuldigde het getuig dat hy in hierdie hof vir
die eerste keer uitgevind het dat Michelle
Armstrong die staat se
vernaamste getuie teen hulle is. Hy moes later toegee dat dit nie
waar kan wees nie en dat hy lankal reeds
van haar identiteit as
getuie bewus was.
Beskuldigde
1 het ook 'n briefie aan sy ma gegee met sy eerste verskyning te
Bishop Lavis hof na sy arrestasie. Alhoewel inspekteur
Cassiem nie
meer die volledige besonderhede van die inhoud van die briefie kon
onthou nie, bevestig hy dat die datums 20 Julie
en 21 Julie 2001 op
die briefie voorgekom het. Inspekteur Cassiem getuig dat hy dit die
volgende dag, toe dit nog vars in sy
geheue was, aan kaptein Dryden
oorgedra het. Kaptein Dryden het wel 'n aantekening van die
mededeling gemaak in sy sakboekie
met die strekking dat beskuldigde
1 se ma vir die speurders moes se dat hy op 20 en 21 Julie 2001 by
die huis was.
Tydens
kruisondervraging is dit aan kaptein Dryden gestel dat beskuldigde 1
in die briefie bloot by sy ma verneem het waar hy
op die betrokke
datums was. Indien dit egter so was, is dit eienaardig dat hierdie
aspek nooit deur die beskuldigde met sy ma
opgevolg is nie. Hierdie
feite lei tot die afleiding dat daar meriete is in die staat se
betoog dat beskuldigde 1 waarskynlik
probeer het om met behulp van
sy moeder homself 'n alibi te fabriseer.
Beskuldigde
2 het ook bevestig dat hy nog nooit enige probleme of uitval met
Michelle Armstrong gehad het nie. Soos beskuldigde
1, voer hy ook
aan dat Quinton Marinus haar beinvloed het om valse getuienis te
lewer. Aangesien hy, wat beskuldigde 2 is, 'n
onderleier van die
Americans in-Heideveld is, wil Quinton Marinus horn wegwerk om die
area vir sy eie dwelmbedryf op te eis.
Ek het reeds redes verstrek
waarom hierdie verduideliking nie opgaan nie.
Beskuldigde
2 het ook getuig dat dieselfde Mark Lewis aan hom gese het dat
Michelle Armstrong geld aan Quinton Marinus skuld en
hy voer aan dat
dit die rede is waarom sy met haar valse getuienis teen hulle
volhard. Soos in die geval van beskuldigde 1, is
hierdie wesenlike
bewering ook nooit aan Michelle Armstrong gestel nie. Inteendeel,
daar was namens besku digde 2
aan
naa
r
geste! an: hy nie weel waarom sy hom as eer van die aanvallers
identifiseer nie.
Wat
sy gedrag in die getuiebank aanbetref, was beskuldigde 2 by tye
ontwykend. So byvoorbeeld was hy onwillig om toe te gee dat
Michelle
Armstrong wel in staat sou wees om op die betrokke aand sy stem uit
te ken as die een wat sou gese het "Kom ons
gaan vadala die
goed".
Volgens
beskuldigde 3 het Michelle Armstrong op eie inisiatief vir hom in
die tronk te Goodwood kom besoek en laat blyk dat sy
betaling gekry
het om hom valslik te impliseer. Sy het nie gese van watter persoon
sy die betaling gekry het nie. Volgens beskuldigde
3 wou die getuie
geld by hom gehad het om nie teen hom te getuig nie. In die eerste
plek is dit uiters eienaardig dat beskuldigde
3 nie vasgestel het
wie haar betaal het om hom valslik te impliseer nie.
Volgens
kaptein Dryden sowel as Michelle Armstrong het beskuldigde 3 reeds
na die eerste borgaansoek gedurende Desember 2001 geweet
wie die
getuie was en sou 'n mens verwag het dat hy angstig sou wees om te
hoor wat sy vir horn te se gehad het. Dit bots met
sy getuienis in
hierdie hof dat hy eers tydens daardie tronkbesoek uitgevind het dat
Michelle die staatsgetuie is wat hulle impliseer.
Michelle se
weergawe dat sy onder druk na die tronk toe is om beskuldigde 3 te
ontmoet, is meer waarskynlik in die lig van al
die omstandighede. 'n
Verdere faktor wat dit bevestig, is die feit dat sy vir beide
kaptein Dryden en vir Mavis Julies in kennis
gestel het voor die
tronkbesoek, wat sinneloos sou wees indien sy wel na die tronk is
met die doel om vir beskuldigde 3 af te
pers.
Dit
is verder ook onwaarskynlik dat sy vir beskuldigde 3 uitgesonder het
om horn te gaan besoek en geensins gepoog het om met
beskuldigdes 1
en 2, met wie sy beter bevriend was, kontak te maak na hulle
arrestasie nie. Volgens Michelle Armstrong het slegs
beskuldigde 3
gepoog om haar te beinvloed en ook te intimideer. Dit is insiggewend
dat kaptein Dryden ook na bewering dreigemente
van slegs beskuldigde
3 se kant af ontvang het, en nie vanaf enige van die ander
beskuldigdes nie. Daar bestaan, volgens ons
oordeel, geen rede om
kaptein Dryden se getuienis in hierdie opsig te bevraagteken nie.
'n
Verdere aspek wat 'n vraagteken plaas agter beskuldigde 3 se
getuienis, is die feit dat dit nooit aan Michelle Armstrong

gesuggereer was dat hy nie 'n lid van die Americans-bende was nie.
In sy getuienis is hierdie bewering egter heftiglik deur horn

ontken.
'n
Laaste aspek met betrekking tot die saak teen beskuldigde 3, is die
feit dat hy wel op sy eie weergawe 'n verbintenis met die
oorledene,
Pankie Khabela, gehad het in die sin dat die oorledene wel 'n
gereelde verskaffer van dwelmmiddels aan beskuldigde
3 was. Indien
Michelle Armstrong wel 'n valse storie teen iemand wou opmaak, is
dit hoogs toevallig dat sy iemand sou uitkies
wat wel 'n verbintenis
met die oorledene gehad het, soos beskuldigde 3.
By
oorweging van al die feite, is ons tevrede dat Michelle Armstrong se
getuienis in wese aanvaarbaar is en dat die kritiek van

verdedigingskant nie hieraan afbreuk doen nie. Ons bevind dus as 'n
feit dat sy wel die betrokke aand op die toneel was en wel
gesien
het wat sy vir die Hof vertel het. Ons aanvaar ook die getuienis van
die ander getuies namens die staat, waar dit met
di6 van die
beskuldigdes bots. Die beskuldigdes se ontkenning dat hulle betrokke
was, word verwerp as vals. Die Hof bevind dus
eenparig dat die drie
beskuldigdes saam met ene Nazzer die betrokke Vrydagaand by die
oorledene se huis was en opgetree het soos
wat Michelle Armstrong
getuig het.
Dit
bring ons by die vraag welke aanklagte deur die staat bewys is. Ek
handel vervolgens eers met aanklagte 2 en 3, die aanklagte
van
moord. Op die getuienis wat deur ons aanvaar is, is dit duidelik dat
die aanval op die oorledenes opsetlik en met voorbedagte
rade
gepleeg is. Die aanvallers het gesamentlik na die toneel gegaan
gewapen met minstens twee vuurwapens. Dat daar vooraf 'n
afspraak
tussen hulle was om die oorledenes te vermoor, blyk onder andere uit
die volgende: Eerstens, die aanwesigheid van die
vuurwapens;
tweedens, die feit dat beskuldigde 2 in 'n stadium aan die ander
gese het "Kom ons gaan vadala die goed",
wat op Michelle
se onbetwiste getuienis beteken dat die mense doodgemaak moes word;
derdens, die feit dat beskuldigde 3 na die
skote geskree het "Is
die job of die move klaar?" Dit lei tot die gevolgtrekking dat
die "job" was om die
mense dood te maak.
Teen
hierdie agtergrond kan daar dus geen twyfel bestaan nie dat al drie
die beskuldigdes aan die moorde aan beide oorledenes
skuldig is. Ons
bevind voorts dat die bepalings van artikel 51 (1){a) gelees met
Deel I van Bylae 2 van die Strafregwysigingswet,
105 van 1997, soos
gewysig op die moorde van toepassing is. Dit is so, weens twee
redes, eerstens, omdat die moorde beplan of
met voorbedagte rade
gepleeg is en, tweedens, omdat die moorde deur 'n groep persone in
die uitvoering of ter bevordering van
'n gemeenskaplike doel of
sameswering gepleeg is.
Wat
aanklagte 4 en 5 aanbetref, dit is die onwettige besit van wapens en
ammunisie, is daar direkte getuienis dat beskuldigdes
1 en 2
vuurwapens en ammunisie fisies besit het, aangesien hulle die
oorledenes geskiet het. Ons is tevrede op die getuienis
as geheel
dat beskuldigdes 1 en 2 die vuurwapens namens die groep besit het.
Dit is gemene saak dat geeneen van die beskuldigdes
oor 'n
vuurwapenlisensie beskik nie. In
S
v KANBULE
2001{1) SASV 501 (HHA) het die Hof beslis dat daar by wyse van
noodwendige afleiding bevind kan word dat al die aanvallers hulle

met die besit van vuurwapens vereenselwig het, selfs al het hulle
dit nie elkeen afsonderlik fisies besit nie. Op 507 tot 509
se die
Hof die volgende:
"Ek
kan in beginsel nie sien waarom in gepaste situasies en indien die
leerstuk van gemeenskaplike oogmerk toegepas word,
die
gemeenskaplike
animus
om
die vuurwapens gesamentlik te besit, nie afgelei kan word nie.
Indien dit die bedoeling van die lede van die groep is om die

vuurwapens ter uitvoering van 'n roof of moord te gebruik tot hulle
almal se voordeel vereenselwig hulle hul immers met die besit
van
die vuurwapens."
Ons
is tevrede dat dieselfde beginsel ook hier van toepassing is.
Wat
die aanklag van roof met verswarende omstandighede betref, toon die
getuienis dat sekere selfone wat aan die oorledenes behoort
het
gewoonlik in die sitkamer was. Na die moorde was dit weg. Ons weet
egter nie wat daarvan geword het nie. Daar is geen getuienis
oor wie
dit verwyder het of wanneer dit verwyder is nie. Ons kan ook nie van
die omstandigheidsgetuienis aflei as enigste redelike
afleiding daar
'n gemeenskaplike opset was tussen die beskuldigdes om die selfone
te roof nie.
In
die omstandighede is ons nie bo alle redelike twyfel tevrede dat die
beskuldigdes wel skuldig is aan aanklag 1 nie. Hulle is
gevolglik op
hierdie aanklag op die voordeel van die twyfel geregtig.
Om
dus op te som, vir die redes wat ek so pas uiteengesit het, word al
drie die beskuldigdes op aanklag 1
ONSKULDIG
BEVIND AAN ROOF EN OONTSLAAN. Op aanklagte 2 en 3 word hulle al drie
SKULDIG BEVIND SOPS AANGEKLA AAN MOORD. Op aanklagte
4 en 5 word
hulle al drie SKULDIG BEVIND SOPS AANGEKLA aan oortreding van die
tersaaklike bepalings van die Wet op Wapens en
Ammunisie.
GRIESEL,
R
OORSKRYFSTER
SE SERTIFIKAAT
Ek,
die ondergetekende, sertifiseer hiermee dat die voorgaande, tot die
beste van my vermoe en sover dit hoorbaar is, 'n ware
en juiste
afskrif is van die oorspronklike getuienis wat deur middel van 'n
meganiese opvangtoestel opgeneem is in die saak van:
DIE
STAAT v VIRGIL HENDRICKS EN TWEE ANDER
DATUM
AFGEHANDEL
:
1 5.1.2004
LIASSEERNOMMER
:
SS153. UIT
OORSKRYFSTER
:
G
W MEINTJES
NAGESIEN
DEUR
:
GEKORRIGEER
DEUR:
SNELLER
TRANSKRIPSIES [EDMS1 BEPERK, KAAPSTAD