S v Maahman (SS72/2003) [2003] ZAWCHC 94 (1 April 2003)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentence legislation — Accused convicted of multiple counts of rape and robbery — Court required to impose life imprisonment unless substantial and compelling circumstances exist — Accused's history of substance abuse and difficult upbringing considered — Court finds no substantial and compelling circumstances justifying deviation from prescribed minimum sentence — Life imprisonment imposed for rapes, and additional sentences for robbery and attempted rape.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 94
|

|

S v Maahman (SS72/2003) [2003] ZAWCHC 94 (1 April 2003)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAK
NO
MMER
: SS.72/2003
DATUM
: 1
APRIL 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
FREDLIN
MAAHMAN
V
O N N I S
VAN
DER WESTHUIZEN, WnR
:
Die
beskuldigde is skuldig bevind op vier klagtes in die streekhof in
Worcester. Die eerste kiagte is een van huisbraak met die
opset om te
verkrag en toe en daar die klaagster, Anine Simmington, verkrag het.
Die tweede kiagte is ook een van verkragting.
Die derde kiagte is dat
hy haar sou beroof het van R260,00. Hierdie drie kiagtes is alma!
gepleeg op 11 September 1 999. Dan is
daar 'n vierde kiagte van
poging tot verkragting wat gepleeg is op 19 Oktober 1999.
Hierdie
skuldigbevindings deur die landdros is ingevolge die bepalings van
artikel 52(1) van Wet 105 van 1997 na hierdie Hof verwys
vir die
bekragtiging van die skuldigbevindings en oplegging van vonnis omdat,
wat die eerste twee klagtes betref, dit van so 'n
aard is dat dit
kwalifiseer vir die oplegging van 'n minimum vonnis. Ingevolge die
bepalings van artikel 51(1) moet hierdie Hof
nou vir u vonnis.
Artikel
51 lees naamlik soos volg:
"(1}
Ondanks enige ander wet, maar behoudens sub- artikels (3) en (6),
moet 'n Hoe Hof -
(a)
indien hy 'n persoon skuldig bevind het aan 'n misdryf in Deel I van
Bylae 2 bedoel; of
(b)
indien die aangeleentheid kragtens artikel 52{1) na hom verwys is
nadat die betrokke persoon skuldig bevind is aan 'n misdryf
in Deel I
van Bylae 2 bedoel
die
persoon tot lewenslangegevangenisstraf vonnis."
Sub-attikel
(3) lees soos volg:
"Indien
'n hof in sub-artikel (1) of (2) bedoel, tevrede is dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging
van 'n
mindere vonnis as die-vonnis by daardie sub-artikels voorgeskryf
regverdig, teken hy sodanige omstandighede in die notule
van die
verrigtinge aan en kan hy daarop sodanige mindere vonnis ople."
Nou,
advokaat
Vismer
,
wat namens die beskuldigde in hierdie verrigtinge opgetree het, het
aangevoer dat die gebruik van drank en dwelms deur die beskuidigde;

sy treurige en hopeiose Iewenswyse, soos hy grootgeword het, en van
Jongs at verval het in 'n iewenswyse van betrokkenheid by misdade,

dat hierdie alies wesenlike en dwingende omstandighede ingevolge die
bepalings van sub-artikel (3) sou uitmaak wat dan die oplegging
van
'n mindere vonnis sou regverdig as die by wet voorgeskrewe
iewenslange gevangenisstraf.
Hierdie
aangeleentheid is uitvoeriglik a! in die Appelhof oorweeg en in die
saak van
S
v MALGAS
2001
(1)
SASV 469 (HHA) is daar sekere faktore deur MARAIS, AR bevind wat
almal van toepassing sal wees ook op hierdie saak. In HiEMSTRA,
SUiD-AFRiKAANSE
STRAFPRQSES
,
6de Uitgawe, word op bladsy 700 'n vertaalde weer.gawe gegee van die
Hof se bevindings in
MALGAS
se saak.
In
die eerste plek is dit duidelik dat die bepalings van artikel 51 het
nie die Hof se diskresie by vonnisoplegging uitgewis nie,
maar dit
het dit seer sekerlik beperk. Tweedens, die Hof moet vonnisoplegging
benader op die basis dat die Wetgewer 'n vonnis bepaal
het wat
normaalweg opgele moet word. Met ander woorde, dit is die straf wat
gewoonweg van toepassing sou wees tensy daar wesenlike
en d wingende
omstandighede sou wees. Derdens, so is daar deur MARAIS, AR beslis,
tensy daar duidelik ware oortuigende redes bestaan
vir 'n ander
vonnis, moet die Hof die voorgeskrewe vonnis ople. Vierdens, die Hof
moet nie ligtelik op flou gronde van die voorgeskrewe
vonnis afwyk
nie en spekulatiewe hipoteses in die beskuldigde se guns, te veel
simpatie en 'n neiging teen tronkstraf vir 'n eerste
oortreders sowel
as persoonlike twyfel by die Hof oor die effektiwiteit van die beleid
onderliggend aan die voorgeskrewe vonnis
en klein verskille in
deelneming by meerdere daders moet uitgesluit word.
Wat
ek in hierdie vierde grondslag lees, is dat dit help nie dat 'n Hof
baie simpatie het met 'n beskuldigde vir sy swak lewensomstandighede,

vir 'n swak jeug omdat dit dan nou aanleiding sou gegee het tot die
pleeg van die misdaad nie en of die voorgeskrewe vonnis {te
wete
lewenslange gevangenisstraf) of sou twyfel dit nou werklik enigsins
effektief sou wees nie. In hierdie verband dink ek aan
nan r
Vis
me r
se betoog dat u wei reeds begin het metopleiding as/n loodgieter in
die verbeteringskool; dat u opleiding en die bietjie baat wat
'n mens
kan sien daar wel vir u was in die verbeteringskool aifes verlore sal
gaan as u lewenslange gevangenisstraf sou opgele
sou word.
Hoe
dit ook al sy, dit bring my by die vyfde punt wat MARAIS, AR in
hierdie saak noem. Die Wetgewer het dit uitdruklik aan die howe

oorgelaat om te besiuit of die omstandighede 'n afwyking regverdig.
Hoewel die klem verskuif het na die objektiewe erns van die
misdaad
en die behoefte van effektiewe
straf,
beteken dit nie dat -alle ander oorwegings buite rekening gelaat moet
word nie. Alle faktore moet in ag geneem word.
In
hierdie verband is die drank en dwelms wat u sou gebruik het; (d.w.s.
die dagga en die Mandrax) iets wat beslis deur hierdie
Hof in
oorweging geneem moet word. Nou, dwarsdeur die ontwikkeling van ons
reg, het die gedagte van alkohol en bedwelming as versagtende

omstandighede met betrekking tot misdade waar opset 'n vereiste is
(wat deur die Staat bewys moet word) het die gedagte altyd na
vore
gekom "of die drank die beskuldigde se geestesvermoens of gemoed
beTnvtoed het op so 'n wyse dat hy, wat sy wandaad betref,
met minder
verwyt bejeen mag word." iSien in die verband
S
v NDLOVQ
(.1) 1 965{4) SA 688 (A) op 691 B waar hierdie aanhaling met
goedkeuring verwys word en dit kom uit
S
v
BABADA
1964(1) SA 26 (A) op 27 G.)
Wat
ook van belang is, is dat die gedrag van die klaagster in aanmerking
geneem behoort te word pm te bepaai of daar sodanige omstandighede

bestaan. (Sien in hierdie verband die uitspraak in
VAUGHAN
McGEE v
DIE
STAAT
- SAAK A.61/02 ongerapporteer op bl 14.) Daar is na my oordeel niks
wat i n d i e o ptrede van d i e kl aagste r, A nine Simmington,
of
enigiets wat sy sou gedoen het, wat beskryf kan word dat dit
aanleiding sou gegee het tot die pleging van die verkragtings nie.
Sy
was geheel en al onskuldig. Sy het jou nooit geprovokeer of uitgelok
om haar op hierdie wyse te behandel nie. Bygevolg moet
daardie gedrag
van die klaagster ook in aanmerking geneem word by die oorweging of
hier nou strafverswarende of strafversagtende
omstandighede is, seos
wat in MALGAS se saak bedoel word.
Nou
die vraag wat natuurlik ook ter sprake kom is of daar ehige
aanduiding is dat jou selfbeheer, jou oordeel, jou
verantwoordelikheidsin
deur die alkohol en dwelms beTnvloed is en tot
die mate wat dit wel bei'nvloed is, moet daardie mate bepaal word.
U
het self getuig dat jy hierdie middels ingeneem het en dat die
koshuis gegaan het met die doel om te gaan steel en jy weet nie
wat
oor jou gekom het en wat jou besiel het om inderdaad die klaagster te
verkrag nie. Ek sal jou situasie onderskei dan van gevalle
waarna
verwys word in die strafreg as die
actio
libera in causa -
waar drank of dwelms ingeneem word om jou eintlik die moed te gee om
'n misdaad te gaan pleeg. Ek glo nie dat dit die geval was
hier nie
en dat jy die drank en die dwelms geneem het met die opset om jou
moed te gee om haar te gaan verkrag nie. Ek aanvaar
dat dit nie die
geval is nie.
Tegelykertyd
moet ek net daaraan dink dat hier is ook 'n kwessie van
onus
ter sprake om werklik te bepaal of dit die geval is of nie. Die
geleerde skrywers in
H1EMSTRA
te wete KRIEGLER & KRUGER voer aan dat daar eintlik nie 'n
onus
op of die Staat of op die verdediging berus by vonnisoplegging om 'n
Hof te oortuig van watter gewig aan sekere feite en omstandighede

gegee moet word by vonnisoplegging nie, maar dit doen egter nie
afbreuk aan die feit dat die Hof sogenaamde "common good sense"

moet gebruik nie.
As
ek sogenaamde "common good sense" moet toepas op die saak,
dan kan ek tot geen ander gevolgtrekking kom dat die feit
dat jy
drank ingehad het {en moontlik deur dwelms ook beweeg is) tot 'n
swakker oordeel gelei het, maar dat dit eintlik nie die
primere
verduideltking is vir jou teenwoordigheid in die koshuis was daardie
nag nie. Ek dink jou motief was, soos wat jy getuig
het hier voor my,
was om te gaan steel en die vraag is nou net of die drank en dweims
wel 'n rol gespeel het in die pleging van
die verkragting. Op die ou
end het ek tot die gevolgtrekking gekom dat dit moontlik 'n rol kon
gespeel het, maar dat dit nie van
so 'n aardis dat ek verplig is om
dit in aanmerking te neem by die bepaling of daar "wesenlike en
dwingende omstandighede"
was soos bedoel in die wet nie.
In
die loop van die verhoor voor die ianddros het jy eintlik 'n baie
swak relaas van jouseif gegee en dit was vir my duidelik gewees
by
die lees van die rekord dat jy eintlik nie respek vir of hierdie
klaagster,
Anine
Simmington, of die klaagster op die vierde kiagte gehad het nie. Die
wyse waarop jy opgetree het was een van 'n uitdagende
vorm van
selfhelp om jou luste te bevredig en in die geval van die vierde
kiagte waar jy op die klaagster nog jou neus uitgeblaas
en gespoeg
het, is vir my 'n omstandigheid wat daarop dui dat jy vir niemand
respek het nie. Jou rekord van vorige veroordelings
dui ook daarop
dat jy werklik waar nie respek vir die gemeenskap het nie.
Onder
al hierdie omstandighede dink ek nie dat die gebruik van die drank en
die dweims eintlik wesenlik 'n rol gespeel het nie.
Jy is maar net 'n
man wat eenvoudig, wat die gemeenskap betref, in vyandskap met hulle
leef. As ek verder die impak van jou optrede
in Anine Simmington se
geval in aanmerking neem, kan ek ongelukkig nie met jou advokaat
saamstem dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede is nie. Jou
optrede het vir haar bittere en ernstige gevolge gehad. Sy is
klaarblyklik geestelik ernstig gekrenk
deur jou optrede.
Wat
klagtes 1 en 2 betref, is dit gepas dat hulie saam behandel word,
soos advokaat
Erasmus
betoog het, en die vonnis wat ek aan jou ople op hierdie twee klagtes
saam, is dan een van
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
.
Op die derde klagte, naamlik die roof van die R260,00 is dit na my
oordee! verpligtend dat ek vir jou ook 'n lang termyn van
gevangenisstraf ople en in hierdie geval is die vonnis
VYF
(5)
JAAR
GEVANGENISSTRAF
.
Op klagte 4, poging tot verkragting, dit was in my oordeel 'n
ernstige poging gewees en om die gemeenskap te kan beskerm teen
sulke
soort van aanvalle, al het jy nie werklik waar haar ernstig beseer
nie, is 'n tydperk van
TWAALF
(12) JAAR
GEVANGENISSTRAF
gepas. Dit word egter gelas dat die straf op klagtes 3 en 4
sameiopend sal wees met die straf op klagtes 1 en 2.
VAN
DER WESTHUIZEN, WnR