S v De Jongh (SS77/2003) [2003] ZAWCHC 87 (26 March 2003)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Conviction and sentencing — Accused found guilty of robbery and rape but acquitted on charges of assault and indecent assault — Evidence from complainant and her uncle deemed credible and reliable — Accused's alibi rejected as unconvincing — Conviction for rape not subject to statutory minimum sentence provisions due to lack of specific charges related to multiple perpetrators — Court emphasizes the necessity of proper warning to the accused regarding potential severe sentencing implications.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 87
|

|

S v De Jongh (SS77/2003) [2003] ZAWCHC 87 (26 March 2003)

1
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE-HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
SS77/2003
DATUM
:
26
MAART 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
SHAUN
DE JONGH
V
O N N I S
BLIGNAULT.
R
:
Die
beskuldigde is in die streekhof te Parow aangekla op vyf aanklagte,
naamlik dat hy op 15 Julie 2000 te Netreg stasie die volgende
misdade
gepleeg het:
1.
Roof met verswarende omstandighede gepleeg deurdat hy Janine Napoleon
en Raymond Napoleon met 'n vuurwapen gedreig het en R200.00
kontant,
juweliersware, handsak, beursie, R60.00 kontant en Adidas
hardloopskoene van hulle gesteel het.
2.
Onwettige besit van 'n vuurwapen;
3.
Die verkragting van Janine Napoleon;
4.
Die aanranding van Janine Napoleon deur haar met die vuis te slaan en
die vuurwapen op haar te rig; en
5.
die onsedelike aanranding van Janine Napoleon.
Die
beskuldigde het onskuldig gepleit op al die aanklagte. Hy
was
deur 'n prokureur verteenwoordig.
In
sy
pleitverduideliking
het hy gese dat hy vanaf Februarie 2000 tot 20 Junie 2000 op 'n ander
aanklag aangehou was, met ander woorde
'n alibi.
Janine
Napoleon het getuig dat sy 24 jaar was en te Bonteheuwel gewoon het.
Op 15 Julie 2000 was sy vroeg die oggend, ongeveer vyfuur,
per trein
vanaf Kaapstad op pad terug huis toe nadat sy die nag gewerk het.
Haar oom was saam met haar. Hulle het by Netreg stasie
afgeklim en
met die brug oor die spoor geloop.
'n
Klompie jong ouens het by hulle verbygehardloop met beskuldigde heel
voor. Beskuldigde het omgedraai en haar voor die bors gegryp.
Hy het
'n vuurwapen op haar gerig en hy het haar handsak en baadjie gegryp.
Van die ander jongens het begin om haar oom te slaan.
Beskuldigde
het begin om haar broek los te maak en haar na die wagkamer te trek.
Hy het haar broek afgetrek en gese dat sy op
die grond moet le. Een
van hulle het haar "overall" op die grond gegooi sodat sy
daarop kon le. Beskuldigde het haar
weer met die vuurwapen gedreig
en toe bo-op haar geklim. Hy het haar verkrag. Van die ander jongens
het op haar gemasturbeer
en aan haar anus gevat. Hulle was almal so
ongeveer 20 jaar oud. Beskuldigde het haar ook met die vuis geslaan.
Altesaam ses
van die jongens het haar verkrag.
Toe
hulle weghardloop het sy haar klere gegryp en ook gehardloop. Haar
oom het met 'n bakkie nader gekom en haar opgelaai. Hulle
is toe na
die polisie en daarna na 'n dokter. Sy het getuig dat haar vagina en
anus seer was. Sy kon vir 'n week nie werk nie
en het pyn gehad vir
ongeveer twee weke.
By
die polisiestasie het speurder Brown vir haar 'n album met foto's
getoon. Sy het beskuldigde aan sy foto herken. Brown het
daarna
die album geneem en 'n foto op 'n ander plek geplaas. Dit is weer
aan haar getoon en sy het die foto weer uitgeken. 'n
Week later was
sy by die polisiestasie in die wagkamer toe Brown met die
beskuldigde daar aangekom het. Sy het horn dadelik herken.
Sy
het verder getuig dat haar agt jaar lange verhouding met die vader
van haar kind as gevolg van hierdie insident opgebreek het.
Raymond
Napoleon is Janine se oom. Hy was saam met haar op die trein en
hulle het saam afgeklim by Netreg stasie. 'n Groep mans
het na hulle
toe aangekom. Beskuldigde het met 'n vuurwapen na horn gekom en sy
handsak en rugsak gevat. Daar was altesaam tien
mans, vier van hulle
het vuurwapens gehad. Hulle het Janine voor horn verkrag. Hulle het
sy selfoon en R300 en kleingeld geneem.
Toe sommige van hulle weg
beweeg het, het hy weggehardloop. Hy het 'n voertuig gestop en
teruggegaan om Janine te kry. Daarna
is hulle polisiestasie toe. Hy
self het gesig- en maagbeserings opgedoen. Hy het later 'n
operasie daarvoor gehad.
Hy
het beskuldigde aan sy foto in 'n fotoalbum wat by die polisiestasie
aan horn getoon is, herken. Hy het ook later vir beskuldigde
by die
polisiestasie uitgeken.
Inspekteur
Deon Brown het ook getuig. Hy het Janine en haar oom se klagtes by
die polisiestasie hanteer. Hy het bevestig dat beide
van hulle die
beskuldigde se foto in die fotoalbum uitgeken het. Hy self het
beskuldigde opgespoor en gevind dat hy perfek inpas
by die
beskrywing wat mnr Napoleon aan horn verskaf het, naamlik 16 jaar
oud, 1,67 meter lank, lig van kleur, skraal, voorste
vier tande uit
en 'n jeugdige hees stem. Hy het horn toe gearresteer. Beide Janine
en haar oom het beskuldigde later uitgeken.
Beskuldigde
het ook getuig. Hy het alle kennis van die voorval ontken, maar hy
kon nie waar hy die betrokke oggend was nie.
Die
Staat het sekere rekords met toestemming van die beskuldigde
ingehandig waaruit dit blyk, onder meer, dat hy op 'n aanklag
van
gewapende roof in hegtenis geneem is maar dat dit reeds op 4 Mei
2000 teruggetrek is.
Die
streeklanddros het in sy uitspraak die getuienis behandel en onder
meer bevind dat beskuldigde horn nie as 'n geloofwaardige
getuie
beTndruk het nie. Die klaagster en haar oom daarenteen was, volgens
horn, indrukwekkende getuies.
Wat
die tweede aanklag betref, het hy bevind dat dit nie bewys is dat
die betrokke vuurwapen kon vuur nie. Hy het beskuldigde
gevolglik
onskuldig bevind op hierdie aanklag. Op die ander vier aanklagte het
hy horn egter skuldig bevind, soos aangekla.
Die
streeklanddros het beskuldigde daarna na hierdie Hof verwys vir
vonnis in terme van die bepalings van artikel 52 van die
Strafregwysigingswet, 105 van 1997 ("die Wet").
In
die onlangse beslissing van S_y_B 2003Q SASV 52 (HHA) is verduidelik
dat die verhoor van 'n beskuldigde wat in die streekhof
begin en dan
ingevolge artikel 52 voormeld na die Hooggeregshof verwys word,
eiesoortig van aard is en behels dat die Hooggeregshof
die
skuldigbevinding moet bekragtig, voordat dit kan voortgaan om die
beskuldigde te vonnis, anders moet die skuldigbevindings
tersyde
gestel word.
In
die huidige geval het ek aanvaar dat ek dieselfde moet doen met
betrekking tot die beskuldigde se skuldigbevindings op die
aanklagte
anders as die verkragting, alhoewel nie een van hulle streng
gesproke onder die bepalings van die Wet val nie, maar
omdat dit
noodsaaklik is ten einde horn by een geleentheid op al die aanklagte
te vonnis.
Nadat
ek die advokate aangehoor het, het ek die skuldigbevindings op
klagte 1 (roof) en 3 (verkragting) bekragtig. Die skuldigbevindings

op aanklag 4 (aanranding en aanklag 5 (onsedelike aanranding) het ek
tersyde gestel. Die aanranding op die klaagster het, na
my oordeel,
deel gevorm van die verkragting wat die voorwerp van aanklag 3 was
en dit het 'n gevaar van duplikasie van klagtes
ingehou. Wat aanklag
5 betref, is daar nie bewys dat die beskuldigde self deelgeneem het
aan die onsedelike aanranding nie.
Wat
beskuldigde se deelname aan aanklagte 1 en 3 betref, is ek tevrede
dat die skuldigbevindings wel ooreenkomstig die reg geskied
het. Die
klaagster en die klaer is beide geloofwaardig bevind en hulle
getuienis aangaande die identifikasie van die beskuldigde
is beslis
gewigtig. Afgesien van die landdros se negatiewe bevindings
betreffende die beskuldigde, het hy self met 'n valse alibi
oor sy
aanhouding sy eie geloofwaardigheid in gedrang gebring. Ek het
derhalwe geen probleem ondervind om die skuldigbevindings
op die
aanklagte van roof en verkragting te bekragtig nie.
Die
vraag het vervolgens ontstaan of dit regverdig sou wees om die
beskuldigde te vonnis ingevolge artikel 51, gelees met artikel
52
van die Wet, in die lig daarvan dat hy nie aangekla is spesifiek van
enige van die misdrywe, soos dit uiteengesit word in
Deel I van
Bylae 2 tot die Wet nie; dat ook nie enige waarskuwing in die
verband aan horn gerig is betreffende die moontlike
toepassing van
hierdie statutere bepalings nie en die streeklanddros ook nie voor
of na die skuldigbevinding van die beskuldigde
enige bevindings
gemaak het dat die misdryf daaronder val nie.
Artikel
51(1) van die Wet bepaal soos volg:
"Waar
'n persoon kragtens artikel 52(1) na hierdie Hof verwys word, nadat
die betrokke persoon skuldig bevind is aan 'n misdryf
in Deel 1 van
Bylae 2 van die Wet bedoel, die persoon tot lewenslange
gevangenisstraf gevonnis moet word."
Dit
is dus essensieel vir hierdie doeleindes dat hy aan 'n misdryf in
Deel I van Bylae 2 bedoel, skuldig bevind is.
Die
relevante bepalings van Deel 1 van Bylae 2 tot die Wet onder die
opskrif "Verkragting" is die volgende:
"(a)
Wanneer gepleeg -
(i)
in omstandighede waar die slagoffer meer as keer
deur hetsy die
beskuldigde
of 'n mededader of 'n medepligtige verkrag is;
(ii)
Deur meer as een persoon waar sodanige persone in die uitvoering of
ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel of sameswering
gehandel
het."
Mnr
van
der Vvfer
het namens die Staat verskyn. Hy het betoog dat die getuienis in die
saak aantoon dat die klaagster meer as een keer verkrag
is, naamlik
deur die beskuldigde en een of meer mededaders, soos bedoel in
paragraaf (a)(i) van die bogenoemde beskrywing. Alternatiewelik,
het
hy betoog is sy deur meer as een persoon verkrag wat in die
uitvoering of ter bevordering van 'n gemeenskaplike doel gehandel

het, soos bedoel in paragraaf (a)(ii).
Die
toepassing van beide die begrippe "mededader" en
"gemeenskaplike doel" is problematies in die huidige

konteks. Mededaderskap dui gewoonlik op die situasie waar twee of
meer persone saam dieselfde misdaad pleeg. (Sien Snyman,
STRAFREG
.
3de Uitgawe, bladsy 277.) Dit is nie duidelik vir my hoe daardie
begrip op die misdryf van verkragting toegepas kan word nie,

aangesien dit fisies min of meer onmoontlik is vir twee persone om
dieselfde misdryf gelyktydig te pleeg.
Die
leerstuk van gemeenskaplike oogmerk of gemeenskaplike doel is ook
nie maklik om toe te pas in die onderhawige konteks nie.
Die blote
feit dat meer as een persoon vanuit dieselfde groep 'n vrou verkrag,
is nie sonder meer bewys van 'n gemeenskaplike
oogmerk, soos die
begrip in ons Strafreg bekend is nie. Elkeen van die daders kon,
onafhanklik van die ander, bloot sy verkragtingsdaad
verrig het. Ek
wil nie hierdeur voorgee dat dit is wat in hierdie geval gebeur het
nie. Wat ek wil beklemtoon is die belangrikheid
dat 'n beskuldigde,
wat bloot staan aan die gevaar dat hierdie bepalings teen horn in
werking gestel kan word, met die geweldige
implikasie betreffende
vonnis dat hy behoorlik daarvan gewaarsku moet word ten einde 'n
billike verhoor te verseker. In
S
v LEGOA
2003(1)
SASV 13 (HHA) het die Hof analoe behandel - dit het daar oor
bepalings gegaan - maar die belangrike beginsels neergele
word
gevind in para [20] en [21] van die uitspraak. Ek gaan dit nie
volledig aanhaal nie, net daarop wys dat die Hof by monde
van
CAMERON, R bevestig het dat dit van wesenlike belang is dat die
beskuldigde 'n regverdige verhoor moet geniet. Dit is wat
die
Grondwet ook vir horn waarborg. Een van sy besondere regte is om
ingelig te word oor die aanklagte teen horn met voldoende
detail om
daarop te antwoord.
Hy
wys verder daarop dat die kwessie een is van substansie en vorm en
dat daar nie 'n algemene reel neergele kan word dat die
besonderhede
in die klagstaat verskaf moet word nie. Dit kan op ander wyses ook
geskied, byvoorbeeld, deur verskaffing van verdere
besonderhede of
deur 'n opsomming van wesenlike feite. Aan die einde van die dag
klaarblyklik moet elke geval op eie meriete
beoordeel word.
Na
my oordeel, geld die beginsel wat hier neergele is ook in die
onderhawige geval. Mnr
Van
der Vvfer
het 'n onderskeid aan die hand gedoen tussen statutere misdrywe en
gemeenregtelike misdryf, soos ons hier mee te doen het. Na
my mening
is daar nie relevansie in daardie onderskeid nie, die effek steeds
van die toepassing van die betrokke statutere bepalings
is dat 'n
minimum vonnis van lewenslange gevangenisstraf oor die beskuldigde
se hoof hang en in hierdie geval is hy nie in die
klagstaat of in
enige ander waarskuwing of in enige ander bevinding gewaarsku dat
dit is wat kon gebeur nie, inderdaad, soos
blyk uit my bespreking
hierbo, ons weet vandag nog nie - die Hof en die advokate weet
vandag nog nie wat presies was die basis
waarop die hierdie saak
hiernatoe verwys is nie en dit is nie goed genoeg, met respek, om na
verskillende alternatiewe te wys
wat almal moontlik aanwending kan
vind nie.
Mnr
Van
der Vvfer
het ook betoog dat die beskuldigde nie benadeel is nie omdat sy
verweer in elk geval 'n alibi was. Ek stem nie saam met hierdie

betoog nie, indien die Staat dit reg van die begin af duidelik
gemaak het op welke bepaling dit steun, dan sou die beskuldigde
se
prokureur moontlik met sy kruisverhoor kon gedoen het dat die
persoon wat as dader uitgeken is, met ander woorde die persoon
wat
die getuies uitgeken het, nie binne die kader van bogenoemde
bepalings geval het nie. Na my oordeel, in die toepassing van
die
beslissing in
S
v LEGOA
.
supra, moet die beskuldigde in hierdie geval dus sonder die
toepassing en inagneming van die bepalings van artikel 51 en 52
van
die Wet gevonnis word.
Die
saak is natuurlik na hierdie Hof gestuur juis op die
veronderstelling dat artikel 51 geld. Beide advokate was dit egter

eens dat ek desnietemin die verdere getuienis relevant tot vonnis
kon aanhoor en kon voortgaan om die beskuldigde te vonnis.
Mnr
Van
der Vvfer
het die beskuldigde se identiteitsdokument ingehandig waaruit dit
blyk dat hy op 18 Februarie 1982 gebore is. Hy was dus 18 jaar
oud
ten tyde van die misdaad. Hy het ook me Charmain Brown, 'n
maatskaplike werker, geroep om te getuig. Sy het aan die hand
van 'n
verslag, gedateer 26 November 2002, aangaande die klaagster en die
effek van die verkragting op haar getuig. Ek verwys
na sekere
gedeeltes daarvan.
Dit
blyk dat die klaagster by haar moeder woon wat 49 jaar oud is en 'n
huisvrou. Haar vader is oorlede toe sy net nege jaar oud
was en die
moeder was dus verantwoordelik vir die onderhoud van die kinders.
Janine is die derde van vier kinders. Sy is gebore
op 7 Februarie
1977. Dit blyk dat sy met 'n persoon, Anwar Jacobs, in 'n
saamleefverhouding betrokke was en hy is die vader van
haar
vierjarige dogter, Farosa. Hierdie verhouding het egter geeindig as
gevolg van die verkragting. Dit blyk dat die vader nie
hierdie
gebeure kon hanteer nie en het haar daarna nie meer vertrou nie. Die
klaagster is tans sewe maande werksaam by HB Cutters
in Soutrivier.
Sy het tot tydens die verkragting by Berco Cleaning Company gewerk
maar kon daarna nie weer wegskof werk nie,
uit vrees dat sy verkrag
sou word.
Me
Brown het toe verwys na verdere simptome van seksuele
getraumatiseerde kinders wat by die klaagster aanwesig is. Sy word

steeds emosioneel as sy oor die gebeure dink of gesels. Haar
slaappatroon het na die aflegging van getuienis genormaliseer, maar

sy kry nog steeds terugflitse van die gebeure. Sy het begin om
alkohol te gebruik om van die emosionele pyn te ontsnap en onlangs

ook, vir dieselfde doel,
Ecstacy
tablette. Die maatskaplike werkster wend pogings aan om hierdie
moontlike verslawing aan hierdie middels te vermy.
Daar
is ander maniere wat haar daaglikse lewe ontwrig is. Sy het haar,
byvoorbeeld, van sekere seksuele handelinge onttrek en
sy kan nie
haar dogter met haar vader of kerel vertrou nie, uit vrees dat sy
verkrag sou word. Sy ondervind ook gedurig pyn,
emosionele pyn
wanneer sy in die media of andersins hoor van verkragtings. Dit blyk
dat sy nog nie terapeutiese hulp bekom het
nie, maar sy is
gemotiveerd vir terapie en die maatskaplike werkster sal haar in die
verband bystaan.
Die
evaluasie van die maatskaplike werkster lees soos volg:
"Ten
spyte dat die klaagster 'n volwasse dame was ten tyde van die
voorval, is 'n groot mate van trauma nog aanwesig. Gelet
aan die
feit dat sy nou uiters gevaarlike dwelms gebruik en blyk dit
duidelik dat sy die insident uit die geheue uit wil blokkeer.
Groot
emosionele skade is berokken en is haar vertrouensverhouding in
veral in manspersone geskaad. In die lig hiervan blyk dit
duidelik
dat die klaagster erg emosionele en sielkundige probleme in die
toekoms kan he indien sy aan enige spanningsvolle situasies

blootgestel word."
Dit
was die enigste getuienis in hierdie hof vir die Staat.
Mnr
Van
Wyk
,
wat namens die beskuldigde opgetree het, het die moeder van die
beskuldigde en daarna die beskuldigde self geroep om te getuig.
Sy
moeder het getuig dat hy st.6 uit die skool is. Sy het vyf kinders
in die huis gehad. Hulle almal het gewoon in 'n hokkie
in iemand
anders se agterplaas in Valhalla Park. Beskuldigde het geld verdien
deur voertuie te help om te parkeer. Hy het van
sy geld aan haar
gegee om in die huis te gebruik. Sy het getuig dat daar baie geweld
en misdade in die omgewing is waar sy woon.
Beskuldigde is in die
algemeen stil van geaardheid en het nooit in die huis moeilikheid
gemaak nie. Beskuldigde self het kortliks
getuig en in die bree
hierdie getuienis oor horn bevestig. Hy het egter te kenne gegee in
kruisondervraging dat hy steeds volhard
met sy verweer dat hy glad
nie betrokke was by die gebeure nie.
Mnr
Van
der Vvfer
het betoog dat die omstandighede waarin die misdryf gepleeg is, dit
'n uiters ernstige misdryf maak. Dit het langtermyn effekte
op die
klaagster en sal steeds he. Hy het ook beklemtoon dat die veiligheid
van passasiers in treine en by stasies 'n geweldige
probleem in ons
gemeenskap geword het. Hy het verder daarop gewys dat die
beskuldigde geen berou toon nie. Hy het selfs die
Hof met sy
ouderdom probeer mislei. In die verband verwys mnr
Van
der Vyfer
dat daar gister toe die saak 'n aanvang geneem is, 'n aanduiding was
dat die beskuldigde sou beweer dat hy onder 18 jaar oud
was toe die
misdryf gepleeg is.
Mnr
Van
Wyk
het aan die ander kant beklemtoon dat die beskuldigde in 'n
benadeelde sosio-ekonomiese omstandighede grootgeword het. Hy is
nog
jonk en kan steeds gerehabiliteer word. Hy het ook daarop gewys dat
beskuldigde sedert sy arrestasie in Augustus 2000 in
hegtenis was.
Ek
het die faktore wat die advokate genoem het, versigtig oorweeg. Die
misdade en die gevolge daarvan was klaarblyklik ernstig
van aard.
Die feite spreek vanself en dit is nie nodig om dit weer te herhaal
nie. Die faktore in die beskuldigde se guns, naamlik
sy jeugdigheid,
die benadeelde omgewing waarin hy grootgeword het en die feit dat hy
al ongeveer twee en 'n half jaar in aanhouding
was, moet egter ook
in aanmerking geneem word. Ek is van voorneme om die twee aanklagte,
naamlik die roof en die verkragting,
saam te neem vir doeleindes van
vonnis. Albei spruit voort uit wesenlik dieselfde gebeure.
Na
my oordeel is 'n gepaste vonnis, wat ek hiermee ople, op die
aanklagte van roof en verkragting, saamgeneem vir doeleindes van

vonnis,
GEVANGENISSTRAF
VIR 'n TYDPERK VAN TWAALF (12) JAAR
.
BLIGNAULT.
R