About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 8
|
|
S v Arendse (554/2003) [2003] ZANCHC 8 (17 October 2003)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:554/2003
DATUM:17-10-2003
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
THOMAS
ARENDSE
CORAM:
LACOCK
R et WILLIAMS R
U
I T S P R A A K
WILLIAMS R:
Die
beskuldigde het in die Landdroshof vir die distrik Gordonia, gehou te
Upington skuldig gepleit aan ân aanklag van diefstal van
9
koolkoppe ter waarde van R50,00.
Die
landdros het die bepalings van Artikel 112(1)a) van die
Strafproseswet, 51 van 1977 toegepas en daarna die beskuldigde
gevonnis
tot drie (3) maande gevangenisstraf, opgeskort vir drie (3)
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan
die
misdryf diefstal gepleeg gedurende die periode van opskorting
nie.
Hierdie
saak dien nou op spesiale hersiening voor ons vanaf die senior
landdros te Upington. Sy gee tereg toe dat die opgeskorte
vonnis nie
regtens geoorloof is ingevolge Artikel 112(1)a) van die
Strafproseswet nie en versoek sy dat dit tersyde gestel moet word.
Hierdie toegewing is heeltemal korrek gemaak in die omstandighede.
In
die omstandighede word die skuldigbevinding bekragtig, maar die
vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
â
n
Boete van R300,00 of drie (3) maande gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort word vir drie (3) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word aan diefstal gepleeg gedurende die periode
van opskorting nie.
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
H.J
LACOCK
REGTER