About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 42
|
|
Tonyane and Another v S (CA & R 16/03) [2003] ZANCHC 42 (22 September 2003)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 16/03
Datum
verhoor: 2003-09-22
Datum
gelewer: 2003-09-22
In
die appél van
:
EDWARD
TONYANE EERSTE APPELLANT
ANDREW
WELLS TWEEDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
KONSEP ex tempore
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
twee appellante was onderskeidelik beskuldigde 4 (eerste appellant)
en beskuldigde 3 (tweede appellant) tydens die verhoor in
die
streekhof waar hulle tereggestaan het op twee aanklagte, te wete een
van moord en een van roof. Die eerste appellant is aan
beide
aanklagte skuldig bevind en gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf op
die aanklag van moord en 4 jaar gevangenisstraf op die
roofaanklag.
Die tweede appellant is slegs skuldig bevind aan moord en is
gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf. Beide van hulle
kom in hoër
beroep teen hierdie skuldigbevindings en vonnisse.
Die
eerste appellant het in persoon voor ons verskyn, aangesien sy
aansoek vir regshulp blykbaar afgekeur is. Die tweede appellant
word verteenwoordig in hierdie appél deur advokaat Nel. Die
tweede appellant se appél teen skuldigbevinding is van beperkte
omvang: namens die tweede appellant het mnr. Nel toegegee dat die
streeklanddros se feitebevindinge sowel as
geloofwaardigheidsbevindinge
heeltemal in orde is. Daar word bloot
aangevoer dat die landdros gefouteer het deur die tweede appellant
skuldig te bevind aan
moord en is die submissie dat die getuienis
eerder ân skuldigbevinding aan strafbare manslag regverdig.
Die
appellante se skuldigbevindings spruit uit ân voorval wat
plaasgevind het op 25 Junie 2000 by Douglas. Die twee appellante
is saam met twee ander beskuldigdes daarvan aangekla dat hulle
wederregtelik en opsetlik vir John Williamson gedood het ten aansien
van aanklag 1 en ten opsigte van aanklag 2 is dit hulle ten laste
gelê dat hulle op dieselfde datum en plek vir Donovan Esterhuizen
wederregtelik en opsetlik aangerand het en toe met geweld sekere
goedere te wete kontant ter waarde van R350 en klerasie ter waarde
van R1000 uit sy besit geneem het. Een van die appellante se
medebeskuldigdes (die destydse beskuldigde 1) is skuldig bevind op
beide aanklagte en is gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf vir moord
en 4 jaar vir roof. Die ander medebeskuldigde (beskuldigde 2)
is vrygespreek en ontslaan op beide aanklagte.
Dit
is nie nodig om in groot besonderhede die getuienis wat tydens die
verhoor gelewer is, op te som nie. Ek volstaan met die
volgende:
4.1 Donovan
Esterhuizen (na wie ek verder hierin sal verwys as
die
klaer
)
was bevriend met John Williamson (na wie ek verder hierin sal verwys
as
die
oorledene
).
Hulle het op die datum soos voormeld hulself op Douglas bevind.
Ek moet nou alreeds vermeld dat die klaer nie vanaf Douglas
afkomstig
is nie en dat hy gevolglik nie baie mense daar geken het nie. Op die
betrokke datum het die klaer by die oorledene gekuier
in Douglas.
Hulle het hulself die aand by ân taverne genaamd
Aquarius
bevind. Volgens die klaer is hy op ân stadium uit na buite om
water gaan afslaan waar hy toe deur twee mans genader is. Hy het
dié
twee mans se gesigte gesien. Hulle het pette op hul kop gehad. Dié
twee mans het nader gestap, hom geskop en getrap en het
hom begin
uittrek. Hulle het al sy klere uitgetrek en het ook R350 kontant en
ân pakkie sigarette uit sy sak gehaal. ân Meisie
het daar
aangekom op die toneel, ene
Beverley
,
en sy het terug na die taverne gegaan en teruggekeer met die
oorledene en ân ander meisie, ene
Connie
,
saam met haar. Die oorledene het vir die klaer ân baadjie geleen
aangesien hy heeltemal nakend was en hulle het daar weggestap.
Die
mans wat vroeër die klaer aangeval het het toe teruggekeer en het
die klaer en die oorledene begin jaag. Die klaer en die
oorledene
het op ân stadium van mekaar geskei soos hulle weggehardloop het en
die klaer het in ân sloot geval, waar hy later
deur die oorledene
se broer en die ander meisies gevind is. Hy dra nie kennis van wat
verder met die oorledene gebeur het nie.
Die klaer het die eerste
appellant uitgeken as een van die aanvallers op hom daardie betrokke
aand.
4.2 Wat
die gebeure rondom die oorledene aanbetref, blyk dit duidelik uit die
getuienis van ene
Sumei
Nero
sowel as die getuienis van die eertydse beskuldigde 2, dat daar ân
onderonsie plaasgevind het tussen al vier die beskuldigdes en
die
oorledene. Dit het daaroor gegaan dat die oorledene die vier
beskuldigdes aangespreek het oor die feit dat hulle sy vriend,
die
klaer, beroof het vroeër. Daar het ân gestryery ontstaan en in
die verloop daarvan het die tweede appellant op ân stadium
die
oorledene vasgegryp, maar laasgenoemde het hom losgeruk en
weggehardloop. Hy is agtervolg deur al die beskuldigdes (met die
destydse beskuldigde 2 heelagter). By ân toneel ongeveer 40
tot 50 meter verder van waar die eerste onderonsie met die oorledene
plaasgevind het, is die oorledene gepootjie, het hy op die grond
beland en is hy daar verskeie kere getrap en geskop deur al die
beskuldigdes, uitsluitend die destydse beskuldigde 2. Die
getuienis is duidelik dat beide appellante voor die Hof ook
deelgeneem
het aan sodanige aanval. Die oorledene het op ân
stadium sy bewussyn verloor en terwyl hy bewusteloos daar gelê het,
het die
eerste appellant sy klere uitgetrek en die oorledene is
nakend daar agtergelaat.
4.3 Die
destydse deeltydse distriksgeneesheer, dr. Bruwer, het ân
lykskouing op die oorledene se liggaam uitgevoer. Kragtens haar
verslag is die vernaamste lykskouingsbevindinge die volgende (ek haal
dit volledig aan want dit is van groot belang in hierdie
aangeleentheid):
â
Uitgebreide
skaaf-, skraap- en kneuswonde oor grootste gedeelte van liggaam, maar
vera
l
oor gesig, skedel, asook ledemate. Geen inwendige beserings kon in
borskasholte, buikholte of skedelholte identifiseer word nie.
Wel
kneuswonde in verskeie areas onder die kopvel.â
Daar
is bevind dat die oorsake van dood die volgende was:
â
Waarskynlik
konkussie vanweë hoofbeserings met gevolglike verkluiming (sterfte
vanweë blootstelling).
â
Tydens
kruisondervraging het dr. Bruwer die belangrike toegewing gemaak dat
konkussie opsigself nie die dood van die oorledene sou
veroorsaak nie
en dat die enigste gevolgtrekking is dat die eintlike oorsaak van
dood verkluiming is.
Die
toegewing wat mnr. Nel namens die tweede appellant gemaak het ten
aansien van die landdros se geloofwaardigheids- en feitebevindinge
se korrektheid, is na my mening heeltemal tereg gemaak. Die
landdros het ân weldeurdagte en weloorwoë uitspraak gelewer
waarmee
ek nie fout kan vind nie. Hierdie Hof se beperkte
bevoegdhede op appél is welbekend en verg geen herhaling hierin
nie. Op die
getuienis wat aangebied is voor die verhoorhof is dit
duidelik dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die eerste
appellant
sowel as ân ander medebeskuldigde wel die klaer beroof
het. Die klaer se identifikasie van die eerste appellant en die
ander
medebeskuldigde is weliswaar dié van ân enkelgetuie en is
dit gemaak in omstandighede waar die beligting nie goed was nie.
Die landdros het egter, met inagneming van die toepaslike
versigtigheidsreëls, die getuienis na behore oorweeg en is ek dit
eens
met sy bevinding dat die identiteit van die eerste appellant
sowel as die medebeskuldigde behoorlik bewys is deur die Staat.
Die
Staat se getuienis ten aansien van die aanval op die oorledene is
nog sterker as dié ten aansien van die roof op die klaer.
Beide
Sumei
Nero
en
Beskuldigde
2
,
wat die landdros as goeie getuies ervaar het, het bevestig dat al
die beskuldigdes met die uitsluiting van beskuldigde 2,
deelgeneem het aan die aanval op die oorledene deur hom te skop en
te trap. Hulle getuienis kom verder ook ooreen dat dit die
eerste
appellant is wat die oorledene se klere uitgetrek het. Verder is
dit van belang dat die lykskouingsverslag van dr. Bruwer
ook hierdie
twee getuies se getuienis staaf deurdat dr. Bruwer geen beenbreuke,
frakture en dies meer kon vind nie. Sy het verder
bevind dat die
skaaf- en kneusmerke nie ernstige beserings was nie en dat dit
redelik oppervlakkige beserings was. Hierdie bevinding
is natuurlik
versoenbaar met skoppe en trappe soos wat die beskuldigdes na
bewering die oorledene toegedien het. Daar is by my
derhalwe geen
twyfel nie dat die landdros korrek was deur te bevind dat die Staat
bo redelike twyfel bewys het dat die twee appellante
sowel as die
een mede beskuldigde (beskuldigde 1) wel die oorledene aangerand
het.
Meneer
Nel het toegegee dat die landdros korrek was in sy bevinding dat
daar ân gemeenskaplike opset tussen die twee appellante
en hulle
medebeskuldigde (beskuldigde 1) was om die oorledene aan te rand.
Hy voer egter aan dat die landdros gefouteer het deur
te bevind dat
daar ân gemeenskaplike opset was om die oorledene te dood. Ek is
die mening toegedaan dat daar aansienlike meriete
in hierdie betoog
van mnr. Nel is. Nêrens op die oorkonde is daar getuienis van ân
direkte aard of getuienis waaruit ân afleiding
gemaak kan word dat
die twee appellante saam met hulle medebeskuldigde ân
gemeenskaplike opset gevorm het op enige stadium om
die oorledene te
dood nie.
Tydens
kruisondervraging deur die Staatsaanklaer is die onderwerp van die
oorledene se verkluiming met die tweede appellant aangeroer
as volg:
(STAATSAANKLAER): âEn
wat gaan met u gebeur as u daar in die veld lê sonder komberse,
klere daar in die koue in die veld in? Wat
sal met u gebeur as u dit
doen?â
(TWEEDE
APPELLANT): âGaan verkluimâ
(STAATSAANKLAER)
:
âU
gaan verkluim. So as ân man bewusteloos gelaat word daar in die
veld, sy klere uitgetrek, hy lê bewusteloos daar in die
veld dan
behoort die mense te weet dat daardie man sal nie môre-oggend
opstaan nie, hy sal verkluim?â
(TWEEDE
APPELLANT): âJa, die mense behoort te weet omdat dit mos koud is.â
Uit
die voorafgaande passasie is dit van groot belang om daarop te let
dat die aanklaer in sy tweede vraag die woorde â
behoort
te weet
â
gebruik, en dat die tweede appellant dienooreenkomstig antwoord dat:
â
die
mense behoort te weet
â.
Die vraag wat nou ontstaan is of hierdie getuienis sowel as die res
van die getuienis in die geheel gesien, veral dié van
dr. Bruwer,
die landdros se bevinding dat die Staat wel moord bewys het hierin,
regverdig. Die landdros handel met hierdie
aspek amper as ân soort
van ân nagedagte in sy uitspraak as volg:
â
Bygevolg
is my formele bevinding dan: Beskuldigdes 1, 3 en 4 word skuldig
bevind aan moord. Ek moet miskien net sê hoe kom ek by moord uit,
omdat dit miskien net ook ân kwessie is wat aandag behoort
te
geniet. Die aanklaer het dit in elk geval ook met beskuldigde 3
opgeklaar en dit is maar basies dieselfde argument wat die Hof
sal
volg. Is dat hier was ân man wreedaardig aangerand, soveel so dat
hy bewusteloos geraak het. Sy klere word van hom afgeneem.
Dit blyk
dat hy harsingskudding opgedoen het. Niemand gee om wat verder met
hom gebeur nie. Dit is, die Hof is dus van mening
dat daar opset,
die opsetvorm wat hier betrokke was is dan
dolus
eventualis
,
moontlikheidsbewussyn, dat die beskuldigdes voorsien het dat hierdie
persoon kan dood en dat hulle nogtans roekeloos gehandel het
tot dit
wat hulle voorsien het.â
Die
voorafgaande verwysing na die getuienis van beskuldigde 3
(tweede appellant) in die landdros se uitspraak, is dié passasie
wat ek vroeër aangehaal het in die tweede appellant se
kruisondervraging. Dáárdie getuienis strek natuurlik nie sover
as
wat die landdros dit wil hê nie, aangesien dit bloot aandui dat
die tweede appellant toegegee het dat om ân bewustelose man kaal
in die veld te los gedurende die koue wintermaande behoort ân mens
te voorsien het dat hy kan verkluim.
Die
fout wat die landdros na my mening maak soos wat Mnr. Nel tereg
aanvoer, is dat hy die aspek van â
behoort
te voorsien
â
verhef na een van â
werklik
voorsien het
â.
Hierdie is ân aspek waarteen ons howe al by herhaalde geleenthede
gewaarsku het. Die jongste sodanige gewysde is dié
van
S
v Naidoo and Others 2003(1) SASV 347 (HHA)
.
In
S
v Bradshaw 1977(1) PHH 60 (A)
het Wessels AR gewaarsku dat:
â
The
Court should guard against proceeding too readily from âought to
have foreseenâ
to â
must
have foreseen
â
and hence to â
by
necessary inference in fact foresawâ
the
possible consequences of the conduct inquired into. The several
thought processes attributed to an accused must be established
beyond
any reasonable doubt, having due regard to the particular
circumstances which attended the conduct being enquired intoâ.
In
S
v Mamba en ân ander 1990(1) SASV 227 (A)
was die twee appellante skuldig bevind in ân Provinsiale Afdeling
onder andere aan moord wat voortgespruit het uit die dood van
ân
vrou wat deur die appellante aan ân boom vasgemaak is en daar
gelos is. Alhoewel die oorledene se liggaam eers ân week
na sy
vermis geraak het gevind is, het dit geblyk dat die plek waar die
appellante haar gelos het nie heeltemal afgesny was van
die
buitewêreld nie en nie baie ver van ân gevangenis en ân paar
woonhuise was nie. Die verhoorhof het die appellante skuldig
bevind
aan moord op grond van
dolus
eventualis
.
Op appél is die skuldigbevinding aan moord vervang met een van
strafbare manslag, aangesien die Hof op appél bevind het dat
daar
ân redelike twyfel moes bestaan het of die appellante werklik
subjektief dit in hulle bewussyn gehad het dat die oorledene
kon
sterf toe hulle haar vasgebind en daar agtergelaat het. Op 237 c
verklaar Botha AR as volg:
â â
n
Bevinding van
dolus
eventualis
is slegs geregverdig as die appellant bewustelik gedink het aan die
moontlikheid dat die oorledene nie gevind sou word voordat sy
sou
sterf nie, op daardie tyd toe hulle haar vasgebind het en daar gelaat
hetâ.
Sien
ook in die algemeen:
S
v Lungile and Another 1999(2) SASV 597 (HHA)
te 602-603;
S
v Campos 2002(1) SASV 233 (HHA)
te
242-3.
Na
my mening bestaan daar geen feitebasis waarop die afleiding
geregverdig is dat die taanvallers bewustelik die moontlikheid
voorsien het dat die oorledene kon sterf op die stadium na hulle hom
aangerand het, hy kaal uitgetrek was en daar agtergelaat was.
Verder moet ook inaggeneem word die dokter se getuienis dat die feit
dat die oorledene ondervoed was, tesame met sy relatiewe
hoë
bloedalkohol inhoudsvlak (0.2 mg/100 ml) bydraende faktore was
tot sy dood as gevolg van blootstelling aan die koue.
Só gesien is
dit my mening dat die landdros gefoutteer het deur ân
skuldigbevinding van moord uit te bring en behoort die tweede
appellant skuldig bevind te gewees het bloot aan strafbare manslag.
Die
eerste appellant het nie hierdie aspek te berde gebring in sy betoog
nie, maar meen ek dat, omdat hy onverteenwoordig is, hy
in elk geval
die voordeel behoort te kry van ân mindere skuldigbevinding van
strafbare manslag ten einde reg en geregtigheid
te laat geskied.
Wat
die vonnisse aanbetref het die landdros ten aansien van die
moordaanklag die twee appellante oor dieselfde kam geskeer en hulle
twaalf jaar gevangenisstraf opgelê. Die landdros het heeltemal
tereg in sy uitspraak op vonnis klem gelê op die
afkeurenswaardigheid
van die appellante se daad en die feit dat die
gemeenskap vereis dat hierdie tipe van oortreding na behore gestraf
word. Ek is
die mening toegedaan dat, instede van twaalf jaar
gevangenisstraf, ân vonnis van nege jaar gevangenisstraf gepas sal
wees in
die omstandighede van hierdie saak.
â
n
Verdere aspek wat aandag verg, is die posisie van die beskuldigde
wat beskuldigde 1 was tydens die verhoor, ene
Llewellyn
Boom
.
Dié beskuldigde het nie geappelleer nie, maar meen ek dat ons,
uit hoofde van ons inherente hersieningsbevoegdheid behoort
in te
meng met sy skuldigbevinding aan moord, op die basis waarmee ons
ingemeng het met die skuldigbevinding van die twee appellante,
sowel
as die vonnis daarop.
Gevolglik
reik ek die volgende bevel uit:
16.1 Die
appellante se appél teen skuldigbevinding op aanklag 1 (moord)
slaag. Die skuldigbevinding word tersyde gestel en
vervang met een
van strafbare manslag.
16.2 Beide
appellante se vonnisse word tersyde gestel en vervang met een van
nege (9) jaar gevangenisstraf.
16.3 Die
eerste appellant se appél teen sy skuldigbevinding aan roof en die
vonnis daarop word van die hand gewys.
16.4 Die
beskuldigde
Llewellyn
Boom
se skuldigbevinding aan moord op aanklag 1 word tersyde gestel
en vervang met een van strafbare manslag.
16.5 Die
beskuldigde
Llewellyn
Boom
se vonnis op die klag van moord word tersyde gestel en vervang met
een van nege (9) jaar gevangenisstraf.
16.6 Die
Direkteur van Openbare Vervolgings se kantoor word versoek om die
inhoud van hierdie bevel ten aansien van
Llewellyn
Boom
onder
die aandag van die Departement van Korrektiewe Dienste waar Mnr. Boom
tans aangehou word, se aandag te bring.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS APPELLANT 1 : IN PERSOON
NAMENS
APPELLANT 2 : ADV I NEL
NAMENS RESPONDENT : ADV E VAN
DYK
DATUM VAN VERHOOR : 22
SEPTEMBER 2003
DATUM
VAN UITSPRAAK : 22 SEPTEMBER 2003