Minister van Veiligheid & Sekuriteit v Delport N.O and Another (212/2002) [2003] ZANCHC 41 (15 September 2003)

62 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Forfeiture of property — Application for return of seized vehicle — Police seized vehicle with altered engine and chassis numbers — Second respondent claimed bona fide possession — First respondent granted return of vehicle — High Court reviewed and set aside first respondent's order — Holding that second respondent's possession was unlawful due to the vehicle's altered identification numbers, thus justifying forfeiture to the state.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 41
|

|

Minister van Veiligheid & Sekuriteit v Delport N.O and Another (212/2002) [2003] ZANCHC 41 (15 September 2003)

Verslagwaardig:
Ja /
Nee
Sirkuleer
aan Regters:
Ja
/
Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja /
Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 212/2002
Datum
Verhoor: 2003/09/13
Datum
Gelewer: 2003-09-15
In
die saak van
:
MINISTER
VAN VEILIGHEID & SEKURITEIT APPLIKANT
versus
WILLIAM
MARK DELPORT N.O. EERSTE RESPONDENT
YVONNE
SELEMOGO TWEEDE RESPONDENT
Coram:
KGOMO
RP
et
MAJIEDT
R
---
UITSPRAAK ---
MAJIEDT
R:
Die
applikant nader hierdie Hof vir die hersiening en tersydestelling
van ‘n bevel van die 1ste respondent (‘n streekhoflanddros)
waarvolgens ‘n motorvoertuig waarop die polisie beslag gelê het,
terug besorg moet word aan die persoon van wie hulle dit ontvang
het
(die
bona
fide
-besitter),
te wete die 2de respondent. Die applikant vra verder dat hierdie
voormelde bevel vervang moet word met ‘n bevel dat
die betrokke
motorvoertuig aan die Staat verbeurd verklaar word.
Die
2de respondent het aanvanklik die aansoek bestry en het antwoordende
stukke geliasseer, maar sy het nou haar opponering van
die aansoek
teruggetrek. Die 1ste respondent bestry nie die aansoek nie en
berus hom by hierdie Hof se beslissing. Hy het egter
redes
geliasseer ter ondersteuning van sy bovermelde bevel, daarom is dit
na my mening nodig om ‘n volledige uitspraak hierin
te lewer.
3.1 Die
polisie het op 30 Maart 2000 beslag gelê op ‘n wit VW Golf Chico
motorvoertuig wat toe in die besit van die 2de respondent
was.
3.2 Uitgebreide
ondersoeke deur die polisie het aan die lig gebring dat dié betrokke
motorvoertuig se enjin- en onderstelnommers
vervals is. Die
bepaalde nommers aangebring op die motorvoertuig behoort aan twee
ander VW-motors. Die 2de respondent se registrasiedokumente
ten
aansien van die voormelde nommers van die enjin en onderstel van die
motorvoertuig stem ooreen met die vervalste nommers op die
voertuig
aangebring.
3.3 Die
persoon van wie die 2de respondent hierdie motorvoertuig aangekoop
het, ene mnr. Cindi, ‘n handelaar in gebruikte motors,
is van
diefstal van die motorvoertuig aangekla in die Streekhof, by welke
verhoor die 1ste respondent voorgesit het. Die 1ste respondent
het
‘n aansoek om ontslag van mnr. Cindi ingevolge die bepalings vervat
in art 174 van die Strafproseswet toegestaan na afloop
van die
Staatsaak. Hy het toe ook die bevel wat die onderwerp vorm van
hierdie hersiening, gemaak.
Die
feite hierinvantevore vermeld is nie betwis op die stukke nie. Die
2de respondent het haar aanvanklike opponering van die aansoek
daarop
geskoei dat sy nie bewus was daarvan dat die enjin- en
onderstelnommers vervals was nie, dat sy ‘n
bona
fide
-besitter
van die motorvoertuig was en dat sy die koopprys al gedeeltelik
vereffen het.
4. Die
landdros se redes vir sy bevel kom grootliks daarop neer dat:
4.1 daar
nooit tydens die strafverhoor deur die Staat getuienis aangebied is
dat die betrokke motorvoertuig van ‘n bepaalde persoon
gesteel was
nie;
4.2 ‘n
herboude motorvoertuig op die Staat se getuienis wel geregistreer kan
word;
4.3 die
beslissings in
Mdunge
v Minister of Police & another 1988(2) SA 809 (N)
en in
Minister
van Wet en Orde v Datnis Motors (Midlands) 1989(1) SA 926 (A)
sy bevel ondersteun.
5. Die
tersaaklike wetsbepalings hierin is artikels 33 en 34 van die
Strafproseswet. Artikel 33 lees as volg:
(1) Indien
strafregtelike verrigtinge in verband met 'n in artikel 30 (c)
bedoelde voorwerp ingestel word en so 'n voorwerp by die
verhoor vir
die doeleindes van bewyslewering of vir die doeleindes van 'n
hofbevel nodig is, moet die polisiebeampte belas met die
ondersoek,
behoudens die bepalings van subartikel (2) van hierdie artikel,
daardie voorwerp oorhandig aan die klerk van die hof waar
bedoelde
strafregtelike verrigtinge ingestel word.
(2) Indien
dit weens die aard, omvang of waarde van die betrokke voorwerp
ondoenlik of onwenslik is dat die voorwerp ooreenkomstig
subartikel
(1) aan die klerk van die hof oorhandig word, kan die klerk van die
hof die polisiebeampte belas met die ondersoek aansê
om die voorwerp
in polisiebewaring of die ander bewaring wat ooreenkomstig artikel 30
(c) bepaal is, te hou.
(3)(a) Die
klerk van die hof moet 'n voorwerp wat ingevolge subartikel (1)
ontvang is in veilige bewaring plaas, waarby inbegrepe
is die
inbetaling van geld by 'n amptelike bankrekening indien sodanige geld
nie by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering
nodig is nie.
(b) Waar
die betrokke verhoor voortgesit moet word in 'n ander hof as die hof
waarvan bedoelde klerk die klerk van die hof is, moet
bedoelde klerk
van die hof-
(i) 'n
voorwerp wat ingevolge subartikel (1) ontvang is, behalwe geld wat
kragtens paragraaf (a) van hierdie subartikel by 'n bankrekening
inbetaal is, aan die klerk van die hof of, na gelang van die geval,
die griffier van die hof waarin die verhoor voortgesit moet word,
oorplaas, en so 'n klerk of griffier van die hof plaas so 'n voorwerp
in veilige bewaring;
(ii) in die geval
van 'n voorwerp wat in polisiebewaring of in ander bewaring
ooreenkomstig die bepalings van subartikel (2) gehou
word of in die
geval van geld wat ingevolge paragraaf (a) van hierdie subartikel by
'n bankrekening inbetaal is, die klerk of griffier
van sodanige ander
hof van die feit van sodanige bewaring of sodanige inbetaling, na
gelang van die geval, in kennis stel.
Artikel
34 se bepalings lui:
(1) Die
regter of regterlike amptenaar wat by strafregtelike verrigtinge
voorsit, moet by beëindiging van daardie verrigtinge, maar
behoudens
die bepalings van hierdie Wet of 'n ander wet waarkragtens enigiets
verbeur kan of moet word, 'n bevel gee dat 'n in artikel
33 bedoelde
voorwerp-
(a) aan die
persoon teruggegee word van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n
persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit; of
(b) indien
so 'n persoon nie op die voorwerp geregtig is of die voorwerp nie
wettiglik mag besit nie, aan 'n ander persoon wat daarop
geregtig is,
teruggegee word, indien daardie persoon die voorwerp wettiglik mag
besit; of
(c) indien
geen persoon op die voorwerp geregtig is of indien geen persoon die
voorwerp wettiglik mag besit nie of, indien die persoon
wat daarop
geregtig is, nie opgespoor kan word nie of onbekend is, aan die Staat
verbeur word.
(2) Die
hof kan, vir die doeleindes van 'n bevel ingevolge subartikel (1),
die bykomende getuienis, hetsy by beëdigde verklaring
of mondeling,
aanhoor wat hy goedvind.
(3) Indien
die betrokke regter of regterlike amptenaar nie by beëindiging van
die betrokke verrigtinge 'n bevel ingevolge subartikel
(1) gee nie,
kan so 'n regter of regterlike amptenaar of, indien hy nie beskikbaar
is nie, 'n ander regter of regterlike amptenaar
van die betrokke hof,
te eniger tyd na beëindiging van die verrigtinge so 'n bevel gee, en
te dien einde die bykomende getuienis,
hetsy by beëdigde verklaring
of mondeling, aanhoor wat hy goedvind.
(4) 'n
Bevel ingevolge subartikel (1) of (3) gegee, kan opgeskort word
hangende 'n appèl of hersiening.
(5) Waar
die hof 'n bevel ingevolge paragraaf (a) of (b) van subartikel (1)
gee, is die bepalings van artikel 31 (2) mutatis mutandis
van
toepassing met betrekking tot iemand ten gunste van wie so 'n bevel
gegee word.
(6) Indien
die omstandighede dit vereis of indien die betrokke strafregtelike
verrigtinge om enige rede nie afgehandel kan word nie,
kan die
betrokke regter of regterlike amptenaar 'n in paragraaf (a), (b) of
(c) van subartikel (1) bedoelde bevel in enige stadium
van die
verrigtinge gee.
6. Die
Mdunge-saak,
supra
,
bied hoegenaamd nie steun vir die landdros se bevinding nie. In
daardie saak het die applikant suksesvol aansoek gedoen vir
teruggawe
van die voertuig waarop beslag gelê is. Thirion R se
ratio
decidendi
verskyn te 813 C-D:
“
The
situation then is that Datnis Motors, the true owner of the Econobus,
has failed to lay claim to it. It has failed to do so with
full
knowledge of the known facts and despite the fact that more than a
year has passed since it was informed that the vehicle had
been
recovered.”
en
te 813 H-I:
“
Therefore,
although, when the Econobus was seized from the applicant, he may not
have had lawful possession of it, he may now lawfully
possess it and
therefore he is entitled to have it restored to him as the person
from whom it was seized - all the requirements of
s 31(1)(a) having
been complied with.”
Die
Mdunge-saak is gevolglik duidelik onderskeidbaar van die onderhawige
geval wat beide die reg en die feite aanbetref.
6. In
die Datnis Motors-saak,
supra
,
het dit gegaan oor die toepassing van die bepalings vervat in
art 31(1) van die Strafproseswet en die beskikking oor
motorvoertuie
waarop die polisie beslag gelê het en waar geen
strafregtelike verrigtinge ingestel is nie.
In
casu
is die bepalings van art. 34 van toepassing, maar die betrokke
artikel se bepalings stem grootliks ooreen met dié van art. 31(1).
Van Heerden AR lê in dié beslissing die volgende beginsel neer te
933 I-J:
“
In
besonder is betoog dat indien 'n persoon 'n voorwerp soos 'n voertuig
te goeie trou bekom, die polisie daarna ingevolge art 20
van die Wet
daarop beslag lê en dit dan tot sy wete kom dat dit steeds 'n
gesteelde voorwerp is, hy nie in wettige besit daarvan
kan wees
indien dit aan hom terugbesorg word nie.
Na my mening is
hierdie betoog gegrond”
Op
933 F-H verklaar die geleerde appélregter as volg:
“
Dit
volg dus dat ooreenkomstig art 31(1) die voorwerp teruggegee moet
word aan die persoon van wie dit in beslag geneem is tensy sy
besit
daarvan wederregtelik sal wees.
Gevalle
waarin daardie persoon volgens 'n wetsbepaling nie die betrokke
voorwerp mag besit nie, of dit nie mag doen sonder 'n vergunning,
soos 'n permit, waaroor hy nie beskik nie, lewer geen probleme op
nie. In sodanige gevalle sou sy besit van die voorwerp klaarblyklik
wederregtelik wees indien dit aan hom teruggegee word. “
7. Artikel
68(6) van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996 bepaal as volg::
(6) Niemand
mag-
(a) die enjin- of
onderstelnommer van 'n motorvoertuig vervals, vervang, verander,
ontsier, skend, iets daarby voeg of iets daarvan
verwyder of op enige
ander wyse daarmee peuter met die doel om te bedrieg nie; of
(b) sonder
'n wettige rede in besit wees nie van 'n motorvoertuig waarvan die
enjin- of onderstelnommer vervals, vervang, verander,
ontsier of
geskend is, of waarby enige iets gevoeg is, of waarvan enigiets
verwyder is of waarmee op enige ander wyse gepeuter is.
Ek
is dit met Mnr. Botha, wat namens die applikant verskyn, eens dat
art. 68(6) ‘n wetsbepaling daarstel soos bedoel deur Van
Heerden AR in die aangehaalde passasie te 933 F-H, met die
gevolg dat die 2de respondent se besit van die motorvoertuig ‘n
onwettigheid daar sou stel.
Die
Datnis Motors-saak bied dus eweneens geen steun vir die landdros se
bevel nie.
8.1 Artikel
68(6)(b) van Wet 93 van 1996 bied verder ‘n deurslaggewende
bykomende rede waarom die landdros se bevel regtens onontvanklik
is.
Dit staan onbetwis dat die betrokke motorvoertuig se enjin- en
onderstelnommers vervals en/of vervang en/of verander is.
Die 2de
respondent kan gevolglik nie sonder “’n wettige rede” in besit
wees van die motorvoertuig nie. Ek kon nie op regspraak
afkom waar
hierdie artikel en meer bepaald die begrip “wettige rede”
bespreek en/of beslis is nie. Die redes aangevoer deur
die 2de
respondent waarom die voertuig aan haar teruggegee moet word, en soos
weergegee in par. 3.3 hierbo, kan na my mening
nie aangemerk
word as ‘’n wettige rede” nie. Nog minder kan die 1ste
respondent se bevel hierin aangemerk word as “’n
wettige rede”,
soos wat die 2de respondent aanvanklik aangevoer het in haar
antwoordende eedsverklaring. Sodanige “wettige
rede” slaan
eerder op ‘n wettige rede waarom die betrokke voertuig se enjin- en
onderstelnommers “vervals, vervang, verwyder,
ontsier of geskend
is, of waarby enigiets gevoeg is, of waarvan enigiets verwyder is of
waarmee op enige ander wyse gepeuter is”.
Aan die einde van die
dag is die vraag wat beantwoord moet word of die 2de respondent se
besit van die betrokke motorvoertuig wederregtelik
of strafregtelik
onregmatig sal wees en of sodanige besit ‘n element van ‘n
misdryf daar sal stel.
Sien
Minister
van Wet en Orde v Erasmus en ‘n ander 1992(3) SA 819 (A)
te 825 A-D.
Na
my mening is die antwoord op die voormelde vraag, gegewe die
bepalings van art. 68(6)(b) ‘n klinkklare “ja”.
8.2 Die
ondersoekbeampte, Inspekteur Labuschagne, het getuienis gelewer dat
in omstandighede waar ‘n voertuig wat as gesteel aangemeld
is,
teruggevind word en daar is met die onderstel- en enjinnommers
gepeuter, word ‘n SAPVIN-nommer uitgereik aan sodanige voertuig.

Só ‘n geval soos voorgehou deur Inspekteur Labuschagne, kan myns
insiens byvoorbeeld “’n wettige rede” soos bedoel in
art 68(6)(b), daarstel.
8.3 Die
Engelse teks van die betrokke wetsbepaling verwys na “without
lawful cause”. Hierdie frase is na my mening analoog aan
“without
lawul authority” en aan “without lawful excuse”. In
R
v Lacey 1951(2) SA 48 (N)
te 53 B is beslis dat “without lawful authority” beteken
“unlawful”. In ‘n aantal beslissings van die destydse
Suid-Rhodesiese
howe is insgelyks beslis dat die woorde “without
lawful excuse” in die bepalings van die
Law
and Order (Maintenance) Act
van
1960 (Suid-Rhodesië) beteken “unlawful”.
Sien:
R
v Madanhe 1963(3) SA 482 (S.R.)
te
484 H – 485 H;
R
v Muchina 1963(4) SA 201 (S.R.)
te
203 A-B;
R
v Jessie 1965(1) SA 325 (S.R., A.D.)
te 327 A-C.
Hierdie
voormelde uitleg soos aangewend in die aangehaalde sake ondersteun na
my mening my siening dat “sonder ‘n wettige rede”
beteken “nie
onwettig nie” in artikel 68(6)(b).
9. Dit
val ‘n mens dadelik op dat die 1ste respondent in sy redes
hoegenaamd nie melding maak van die voormelde bepalings van
art. 68(6)
nie. Die afleiding is onafwendbaar dat hy glad nie
daarop ag geslaan het nie, vandaar sy misplaaste beroep op die
Mdunge- en Datnis
Motors-sake,
supra
.
Ek is verder die mening toegedaan dat Mnr. Botha korrek is in sy
submissie dat dit nie nodig is by die toepassing van art. 68(6)(b)
se
bepalings dat ‘n applikant wat ‘n bevel aanvra kragtens die
bepalings van art. 34(1)(c) van die Strafproseswet, hoef te bewys
dat
die betrokke motorvoertuig gesteel was of steeds is huidiglik nie.
Die
blote teruggawe van die motorvoertuig aan die 2de respondent en die
besitneming daarvan deur haar sou die 2de respondent aan ‘n
misdryf
skuldig maak ingevolge art. 68(6)(b) saamgelees met art. 89(1)
en 89(6) van Wet 93 van 1996.
10. Gevolglik
is die 1ste respondent se bevel hersienbaar en behoort dit tersyde
gestel te word.
11. Ek
sou die volgende bevel uitreik:
A. Die
1ste respondent se bevel verleen op 4 Maart 2002 in saak RCO
113/2000 en wat lees: “
In
terme van artikel 34 van Wet 51 van 1977 dat die motorvoertuig waarop
die polisie beslag gelê het, terugbesorg word aan die persoon
waar
hulle dit ontvang het (bona fide besitter)”
word hersien en tersyde gestel en word vervang met die volgende
bevel: “
Die
motorvoertuig, wit VW Golf Chico met registrasienommer BFL 294
NC word aan die Staat verbeurd verklaar”.
B. Elke
party betaal sy eie regskoste.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word aldus gelas.
__________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT