S v Grobler (CA & R 91/03) [2003] ZANCHC 58 (8 September 2003)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of Firearm under Influence of Alcohol — Appellant found guilty of handling a firearm while under the influence of alcohol, contrary to section 29(1)(m) of the Arms and Ammunition Act 75 of 1969, and sentenced to a fine of R4,000. Appellant contended that he acted in self-defense when confronted by a group of individuals. The trial court accepted the testimony of state witnesses over that of the appellant, leading to the conviction. The appeal court upheld the conviction, finding that the trial court correctly assessed the credibility of the witnesses and that the appellant's defense was implausible. The court also noted the seriousness of the offense and the need for a deterrent sentence, affirming the maximum fine and the declaration of the appellant as unfit to possess a firearm.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 58
|

|

S v Grobler (CA & R 91/03) [2003] ZANCHC 58 (8 September 2003)
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA & R 91/03
Datum
verhoor: / Date heard:
1/9/03
Datum
gelewer: / Date delivered:
8/9/03
In
die appél van:
GROBLER, J Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram: Lacock R
et Olivier WnR
UITSPRAAK
OP APPÉL
LACOCK
R:
Die
appellant is in die Landdroshof, Hopetown, skuldig bevind aan ‘n
oortreding van art 29 (1)(m) van die Wet op Wapens en Ammunisie,
nr
75 van 1969 (die Wet), deurdat hy ‘n vuurwapen – synde ‘n 9mm
pistool – hanteer het terwyl hy onder die invloed van
alkoholiese
drank was; en is gevonnis tot betaling van ‘n boete van R4 000.00.
Daarbenewens is geen bevel gemaak kragtens die
voorskrifte van art
12 (1) van die Wet nie, en wat tot gevolg gehad het dat die
appellant geag was onbevoeg te wees om ‘n vuurwapen
te besit. Die
tersaaklike vuurwapen van die appellant is ook kragtens die
voorskrifte van art 39 (3)(a) van die Wet aan die Staat
verbeurd
verklaar.
Die
appellant kom nou in hoër beroep teen sy voormelde skuldigbevinding
en vonnis.
Dit
was gemeensaak tussen die Staat en die verdediging
dat
die appellant die tersaaklike vuurwapen gedurende die vroeë
middernagtelike ure van 6 Oktober 2002 in die omgewing van ‘n
bankoutomaat in ‘n openbare straat in Hopetown in die
teenwoordigheid van die drie staatsgetuies by name Desmond Botha,
June
Paulus en Deon Matoza hanteer het;
dat
hy die regmatige eienaar van daardie wapen, te wete ‘n 9mm
pistool, was; en
dat,
terwyl die appellant die vuurwapen aldus hanteer het, hy onder die
invloed van sterk drank was.
Wat
in geskil is, is of die appellant die wapen wederegtelik hanteer
het.
Die
Staat se weergawe is dat die voormelde drie getuies en nog twee van
hul vriende die nag na die bank is sodat een van hulle
geld by die
outomaat kon trek. Nadat die persoon, ene Thomas Hoogstander, geld
getrek het en terwyl die res in die voertuig
waarmee hulle na die
bank gery het, gewag het, het die appellant met sy voertuig reg
voor hulle voertuig stilgehou. Hy het uitgeklim
en aan Desmond
Botha gevra wie hy is. Nadat Botha vir hom gesê het dit het niks
met hom te doen nie, het die appellant sy vuurwapen
te voorskyn
gehaal en die persone gelas om uit die voertuig te klim. Nadat
hulle uitgeklim het, en nadat die appellant die bier
wat Botha in
sy hand gehad het, uitgegooi het, het Deon Matoza gesê dat hulle
na die polisie moes gaan klaarblyklik omdat hy
nie gediend was met
die appellant se aanmatigende gedrag nie. Hierop het die appellant
sy vuurwapen teruggeplaas in sy rewolwersak.
Botha en die res van
hul groep is toe na die polisie gevolg deur die appellant. Daar
het hulle ‘n klag teen die appellant
gelê.
Die
appellant beweer dat hy ook die nag geld by die bankoutomaat wou
onttrek. Nadat hy uit sy voertuig geklim het en oppad was
om geld
te trek, het hy besef dat hy nie sy bankkaart by hom gehad het nie.
Oppad na sy voertuig het vier mans, synde die klaers,
op hom
afgestap gekom. Ten spyte daarvan dat hy gevra het wat hulle wou
hê, het hulle hom nie geantwoord nie, maar steeds woordeloos
op
hom afgestap gekom. Omdat hy bedreig gevoel het, het hy sy
vuurwapen uitgehaal en gespan. Sonder dat hy die vuurwapen op
hulle gerig het, het die persone omgedraai, in hul voertuig geklim
en weggery. Hy het sy wapen te voorskyn gehaal omdat hy bevrees
was en ten einde ‘n aanval op hom af te weer.
Die
Landdros het die weergawe van die staatsgetuies aanvaar, die van die
appellant verwerp, en hom skuldig bevind daaraan dat hy
‘n
vuurwapen onder die invloed van drank hanteer het.
Mnr
van Heerden, wat namens die appellant verskyn het, het betoog dat
die Landdros fouteer het deur die getuienis van die voormelde
drie
staatsgetuies te aanvaar. Hy voer aan dat, weens ‘n veeltal
weersprekinge in hul getuienis, die Landdros hul weergawe van
die
gebeure moes verwerp het, en die van die appellant as redelik
moontlik waar moes aanvaar het.
Mnr
van Heerden is korrek in sy betoog naamlik dat daar weersprekinge in
die getuienis van die voormelde drie getuies voorkom ten
aansien van
die gebeure wat voor die bank sou plaasgevind het. Na my mening is
hierdie weersprekinge verstaanbaar waar persone
in retrospeksie ‘n
toneel en gebeure beskryf wat onverwags en in ‘n kort tydsbestek
plaasvind soos in hierdie geval. Ek meen
die Landdros was korrek in
sy opmerking naamlik dat hy skepties sou wees indien al die getuies
se weergawes presies sou ooreenkom.
Die
getuie June Paulus het duidelik nie die waarheid gepraat toe sy
ontken het dat van die mans in die voertuig drank gedrink het
nie.
Die feit dat sy oneerlik was hieraangaande het egter nie noodwendig
tot gevolg dat die res van haar getuienis as leuenagtig
verwerp moet
word nie. Dieselfde geld ten aansien van Botha wat nie getuig het
dat die appellant sy drank uitgegooi het soos Matoza
getuig het nie.
In
die wesenlike opsigte staaf die getuies egter mekaar, en dit is dat
die appellant voor hul voertuig stilgehou het, uitgeklim het,
aan
Botha gevra het wie hy is, sy vuurwapen te voorskyn gehaal het, en
hulle gelas het om uit die voertuig te klim. Ook staaf hierdie
getuies mekaar ten aansien van die gebeure in die polisiekantoor kort
na die voorval.
Die
getuies het hulself nie weerspreek nie, en die Landdros het geen
negatiewe indruk gevorm aangaande die wyse waarop hulle hul getuienis
afgelê het nie.
Wanneer
die getuienis in die geheel beoordeel word, moet ook die
waarskynlikhede oorweeg word.
Indien
die weergawe van die appellant ten aansien van die gebeure by die
bank korrek sou wees, vind ek dit totaal onwaarskynlik
dat die
klaers, nadat hulle die appellant sou bedreig deur berekend in ‘n
groep op hom af te stap, na die polisie sou ry nadat
hulle die
aftog geblaas het. Hierdie optrede strook eenvoudig nie met die
van persone wat met klaarblyklike wederregtelike opset
die
appellant genader het nie.
Daarteenoor
is hul gedrag volkome versoenbaar met die van persone wat ongevraag
en goedsmoeds deur ‘n beskonke persoon met ‘n
vuurwapen
gekonfronteer is, en soos deur hulle getuig.
Die
appellant beweer dat hy, nadat die ander persone die toneel verlaat
het, na die polisiestasie is om ‘n klag teen die klaers
te lê.
Daar aangekom, gaan hy nie self die polisiestasie binne nie, maar
word ingeneem deur ‘n polisiebeampte wat hom in
sy voertuig voor
die polisiestasie aantref.
Hoewel
die appellant getuig dat hy nie die nag ‘n geleentheid gegun is om
‘n klag teen die klaers te lê nie omdat die polisie
nie ‘n
verklaring van hom wou neem terwyl hy onder die invloed van drank was
nie, lê hy ook die volgende dag geen klagte nie.
Inteendeel, op die
navraag van die polisiebeampte wat hy voornemens is om te doen, vra
hy verskoning en verklaar dat hy nie weet
wat daar gebeur het nie.
Hierdie
gedrag van die appellant is myns insiens geensins versoenbaar met die
van ‘n persoon wat ‘n klagte by die polisie wou
gaan lê omdat hy
bedreig was nie. Dit kom my eerder voor dat hy agter die klaers na
die polisie is, soos deur hulle getuig, omdat
hy besef het dat daar
‘n klag teen hom gelê sou word en hy homself wou verdedig.
Vervolgens
is ek van mening dat die Landdros tereg die getuienis van die
staatsgetuies aangaande die gebeure aanvaar het, en die
van die
appellant as nie redelik moontlik waar verwerp het.
Die
appél teen skuldigbevinding kan dus nie slaag nie.
Wat
betref die vonnis die appellant opgelê, blyk dit dat die Landdros
aan die beskuldigde die maksimum boetevonnis van R4 000.00
soos
voorgeskryf in art 39(2)(d) van die Wet opgelê het. Daarbenewens
is die appellant effektiewelik onbevoeg verklaar om ‘n
vuurwapen
te besit, en is die wapen aan die Staat verbeurd verklaar.
Mnr
de Nysschen het myns insiens tereg betoog dat hierdie tipe
oortreding uiters ernstig van aard is, en dikwels tot gevolg het
dat onskuldige mense beseer en selfs gedood word as gevolg van die
roekelose hantering van ‘n vuurwapen deur beskonkenes.
Hy is
heeltemal korrek as hy aanvoer dat sake dikwels in hierdie Afdeling
dien waar persone beseer of selfs gedood word as gevolg
van die
roekelose hantering van vuurwapens deur persone onder die invloed
van drank.
Indien
in ag geneem word dat die appellant totaal ongevraagd en sonder
uitlokking of regverdiging sy vuurwapen met ooglopende
grootdoenigheid daardie nag hanteer het, verdien hy ‘n swaar
vonnis. Te meer so indien verder in ag geneem word dat hy onder
die invloed van drank was en boonop in die teenwoordigheid van die
klaers sy wapen gespan het.
Met
inagneming van die voorgaande vind ek die oplegging van die
maksimum voorgeskrewe boetevonnis van R4 000.00 geensins onvanpas
nie. Die boodskap moet uitgaan van die kant van die howe dat
hierdie tipe oortreding met erns bejeën word en dat persone wat
hulle aan hierdie tipe gedrag skuldig maak, swaar gestraf sal word.
Ek
is egter van mening dat die Landdros ‘n mistasting begaan het
deurdat hy versuim het om tersaaklike faktore en omstandighede
te
oorweeg met betrekking tot die vraag naamlik of die appellant
onbevoeg verklaar moes word om ‘n vuurwapen te besit en of die
vuurwapen aan die Staat verbeurd verklaar moes gewees het.
Al
wat die Landdros hieraangaande gesê het, is die volgende:
“Wat
betref u bevoegdheid om ‘n vuurwapen te bly besit of te bekom soos
u Regsverteenwoordiger betoog het, het die Hof daarna
geluister asook
na die wat die aanklaer gesê het. Die Hof is van oordeel dat in die
lig van die saak wat voor die Hof is dat die
Hof u nie nou ‘n ander
bevel sal maak op die stadium nie en voel die Hof dat u nie ‘n
bevoegde persoon is om ‘n vuurwapen te
bly besit of te bekom of te
besit nie.”
Die
Landdros het geen aanduiding gegee watter faktore hy hieraangaande in
aanmerking geneem het nie, en dit blyk ook nie of hy behoorlik
aandag
aan tersaaklike faktore hieraangaande gegee het nie. Dit blyk ook
nie of die Landdros oorweging of dan behoorlike oorweging
aan enige
van die faktore soos uiteengesit in
S v Phuroe
en agt ander soortgelyke sake,
1991(2)
SASV 384 (NK) te 387 a tot d
gegee het nie.
Wat daardie faktore is, is as volg in die voormelde beslissing
verwoord:
“
Die
oorwegings wat sal geld ten opsigte van die besluit of daar 'anders
gelas' moet word kan nie omvattend uitgestip word nie, aangesien
elke
saak op sy eie meriete beoordeel sal moet word, maar dit wil ons
voorkom dat die volgende oorwegings, onder andere, sal geld:
(1) die beskuldigde se ouderdom
en persoonlike agtergrond;
(2) die
aard van sy vorige veroordelings of die afwesigheid daarvan;
(3) die
aard en erns van die misdaad waaraan hy skuldig bevind is, en of 'n
vuurwapen tydens die pleging daarvan gebruik is;
(4) of
hy 'n gelisensieerde vuurwapen besit, want indien hy een het, en nog
geen misdrywe waarby die gebruik daarvan betrokke was
gepleeg het
nie, kan dit 'n aanduiding wees dat hy nie onbevoeg is om 'n
vuurwapen te besit nie;
(5) of
dit in die belang van die gemeenskap is dat hy onbevoeg verklaar word
om 'n wapen te besit weens die feit dat hy 'n potensiële
gevaar vir
die samelewing is.”
Vervolgens
staan dit ons vry om daardie diskresie wat die verhoorhof moes
uitgeoefen het kragtens artikels 12(1) en 39(3)(a) van die
Wet van
nuuts af te oorweeg en uit te oefen.
Die
appellant was 29 jaar oud ten tye van die pleeg van die misdryf.
Hy het matriek op skool voltooi, en ‘n na-skoolse internasionale
diploma in bemarking verwerf. Ten tye van die voorval het hy by ‘n
koöperasie gewerk waar hy ‘n netto inkomste van R8 000.00
per
maand verdien het.
Dit
blyk verder dat die Landdros aanvaar het dat die appellant uit die
aard van sy werk baie op pad tussen plase beweeg, en dat hy
ook op ‘n
plaas sou gaan woon het.
Die
voormelde omstandighede is myns insiens aanduidend daarvan dat die
appellant ‘n vuurwapen benodig vir sy eie veiligheid.
Voorts
blyk dit dat die appellant geen vorige veroordelings onder die Wet
of andersins gehad het nie. Dit is aanduidend daarvan
dat hy
minstens tot en met die onderhawige oortreding nie ‘n vuurwapen
op ‘n roekelose of nalatige of onverantwoordelike
wyse hanteer
het nie.
Die
appellant het oor die nodige lisensie beskik om die wapen te besit.
Dit is aanduidend daarvan dat hy nie onbevoeg bevind
was om ‘n
vuurwapen te besit nie.
Wanneer
die omstandighede waaronder die misdryf gepleeg is in oënskou
geneem word, blyk dit dat – soos deur die Landdros bevind â€“
die wapen nie op ‘n ander gerig was nie; die wapen nie afgevuur
was nie; die appellant hom op ‘n stadium bedink het en die
wapen
weggesit het; en niemand beseer is as gevolg van die wyse waarop
die appellant die wapen hanteer het nie.
Trouens,
soos hierbo aangemerk, wil dit voorkom dat die appellant op die
ingewing van die oomblik, en waarskynlik weens die invloed
van drank,
met grootdoenerige bravade sy gewig probeer rondgooi het met die
klaers. Hier is geen sprake van ‘n voorafbeplande
optrede aan die
kant van die appellant nie.
Laastens
is daar niks wat daarop dui dat die appellant in die toekoms ‘n
gevaar vir die gemeenskap sal inhou indien hy toegelaat
sou word om
sy vuurwapen te behou nie. Hierdie geïsoleerde voorval is myns
insiens nie aanduidend van ‘n toekomstige potensiële
gemeenskapsgevaar nie. Daar is niks wat daarop dui dat die
appellant sy voormelde onbesonne optrede sal herhaal nie. Ek is
van mening dat die stywe boete soos opgelê, voldoende straf is vir
die oortreding aldus gepleeg.
Met
inagneming van die voorgaande meen ek nie dat die appellant onbevoeg
verklaar moes gewees het om ‘n vuurwapen te besit nie,
en ook nie
dat sy vuurwapen aan die Staat verbeurd verklaar moes gewees het
nie.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
DIE
APPÉL TEEN DIE SKULDIGBEVINDING WORD VAN DIE HAND GEWYS.
DIE
APPÉL TEEN DIE VONNIS DIE APPELLANT OPGELÊ, SLAAG, EN DIE VONNIS
SOOS OPGELÊ DEUR DIE VERHOORHOF WORD TER SYDE GESTEL EN
VERVANG MET
DIE VOLGENDE:
‘
N
BOETE VAN R4 000.00 OF 12 (TWAALF) MAANDE GEVANGENISSTRAF.
INGEVOLGE
DIE VOORSKRIFTE VAN ART 12(1) VAN WET 75 VAN 1969 WORD VERKLAAR
DAT DIE BESKULDIGDE NIE ONBEVOEG IS OM ‘N
VUURWAPEN TE BESIT
NIE.
DIE
VERGUNNING DEUR DIE LANDDROS VERLEEN VIR DIE BETALING VAN DIE
BOETE IN PAAIEMENTE BLY STEEDS VAN KRAG.
_________________________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam, en dit word so gelas.
_________________________
CJ
Olivier
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
die appellant:
Adv CF van Heerden
Namens
die respondent:
Adv JM de Nysschen