Kotze v Schoon and Others CA & R 3/02 [2003] ZANCHC 6 (5 September 2003)

55 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Jurisdiction — Cause of action — Jurisdiction of magistrates' court — Appellant sought to recover R100,000 for improvements made to property belonging to insolvent father — Respondents argued that the court lacked jurisdiction as the cause of action did not arise wholly within the district — Court held that the cause of action was based on enrichment claims regarding improvements, and the jurisdiction was properly established as the necessary facts occurred within the district, thus allowing the appeal against the dismissal of the claim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 6
|

|

Kotze v Schoon and Others CA & R 3/02 [2003] ZANCHC 6 (5 September 2003)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
CA & R 3/02
Datum
verhoor: / Date heard:
18/08/03
Datum
gelewer: / Date delivered:
5/9/03
In
die appél van:
KOTZE, TIELMAN Appellant
teen
SCHOON, JOHAN (NO) 1
ste
Respondent
VENTER,
HENDRIK PETRUS ARNOLDUS
2
de
Respondent
DIE
MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
3
de
Respondent
Coram: Majiedt R
et Lacock R
UITSPRAAK
OP APPÉL
LACOCK
R:
Die
appellant (na wie ek voortaan sal verwys as die eiser), is die seun
van mnr DJ Kotze (die insolvent). Die eerste en tweede
respondente
(en na wie ek voortaan sal verwys as die verweerders), is die
mede-eksekuteurs in die insolvente boedel van die insolvent
–
behoorlik as sulks aangestel deur die Meester van die Hooggeregshof,
Kimberley.
Die
eiser het gedurende Julie 2000 in die landdroshof van Vryburg aksie
ingestel teen die verweerders in hul voormelde hoedanigheid
vir die
verhaal van ‘n bedrag van R100 000.00. (Afstand is gedoen van die
restant van die eisbedrag wat die bedrag van R100
000.00 oorskry ten
einde die eis binne die jurisdiksieperk van die landdroshof te
bring).
In
sy besonderhede van vordering het die eiser sy skuldoorsaak as volg
uiteengesit:
Die
eiser was te alle tersaaklike tye hiertoe die bona fide okkupeerder
van die plaas Vergevonden, distrik Vryburg (“die plaas”),
welke
plaas tot die sekwetrasie van die insolvent aan laasgenoemde behoort
het; daarna deel van sy insolvente boedel gevorm het
en op welke
plaas die eiser te alle tersaaklike tye hiertoe ‘n retensiereg
gehou het vir nuttige en/of noodsaaklike verbeterings
daarop deur
hom aangebring en welke verbeterings beskryf word in paragrawe 3 en
4 hieronder.”
Hierna
volg ‘n uiteensetting van die beweerde nuttige en/of noodsaaklike
verbeterings asook die koste van materiaal ten aansien
daarvan
bestee. Die laaste gedeelte van par 4 lees as volg:
“
Die
eiser het die verbeterings gemeld in paragrawe 3 en 4 sine causa
aangebring en is die insolvent alternatiewelik sy insolvente
boedel
ongeregverdiglik daardeur verryk ten koste van die eiser.”
In
par 6 beweer die eiser die volgende:
Die
eiser het sy eis ingevolge die bepalings van die Insolvensiewet
behoorlik getender vir die toelating daarvan as bewese op die
tweede
vergadering van skuldeisers wat deur die eerste en tweede
respondente belê was.
Die
gemelde eis is nie teen die eerste en tweede verweerders erken soos
bedoel in art 78 van die gemelde Wet nie en is die eiser
regtens
genoop om die eis by wyse van ‘n hofbevel te bewys.”
Par
7 lees as volg:
“
Die
gehele skuldoorsaak het in die jurisdiksiegebied van die bogemelde
hof ontstaan.”
Benewens
‘n pleit op die meriete waarin die feitelike beweringe van die
eiser ontken is, het die verweerders spesiaal as volg
gepleit:
Die
tweede verweerder pleit spesiaal dat die agbare hof nie jurisdiksie
het om hierdie aangeleentheid te besleg nie om rede die
tweede
verweerder nie gedomisilieerd is, of in diens is, of ‘n besigheid
bedryf binne die jurisdiksiegebied van die agbare hof
nie.
Die
tweede verweerder ontken ook dat die skuldoorsaak in geheel ontstaan
het binne die agbare hof se jurisdiksiegebied en plaas
hy die eiser
tot die bewys daarvan.”
By
ooreenkoms tussen die partye is die Landdros met die aanvang van die
verhoor versoek om slegs die spesiale pleit te bereg. Geen
getuienis is deur enigeen van die partye aangebied nie, en het die
partye slegs mondelinge en skriftelike vertoë voor die Hof
a
quo
geplaas.
Dit
was gemeensaak tussen die partye dat die landdroshof nie jurisdiksie
gehad het oor die tweede verweerder nie aangesien hy nie
‘n persoon
is wat in die landdrosdistrik van Vryburg woon, besigheid dryf of in
diensbetrekking is nie, en soos bedoel in art 28(1)(a)
van die Wet op
Landdroshowe, nr 32 van 1944 (die Wet).
Wat
beslis moes word, is naamlik of die skuldoorsaak waarop die eiser se
eis gegrond is, geheel en al in die distrik van Vryburg landdroshof
ontstaan het soos bedoel in art 28(1)(d) van die Wet. Hierdie
artikel lees as volg:
Behoudens
enige ander jurisdiksie wat by hierdie Wet of ander Wetsbepalings
aan ‘n hof verleen, het die hof jurisdiksie ten aansien
van
ondervermelde persone en niemand anders nie –
…
…
…
‘
n
Persoon, hetsy hy in die distrik woon, besigheid dryf of in
diensbetrekking is aldan nie, indien die skuldoorsaak geheel en al
in die distrik ontstaan het.”
Die
voorsittende landdros het die spesiale pleit met koste gehandhaaf.
Die
eiser kom nou in hoër beroep teen hierdie beslissing.
Hoewel
geen getuienis in die verhoorhof aangebied is nie, blyk dit
gemeensaak te wees dat die eiser die verwagting gekoester het
dat hy
by die dood van die insolvent die plaas Vergevonden en waarop hy na
bewering die verbeteringe aangebring het, sou erf.
Die sekwestrasie
van die boedel van die insolvent het egter ‘n einde gebring aan
hierdie verwagting. Vandaar die instel van
sy vordering vir die
beweerde nuttige en noodsaaklike verbeteringe deur homself op die
plaas aangebring teen die verweerders.
Dit
is ook gemeensaak tussen die partye dat die insolvent se boedel deur
hierdie Hof in Kimberley gesekwestreer is.
In
die verhoorhof en ook in hierdie Hof het mnr Botha namens die
verweerders aangevoer dat die feit van sekwestrasie deel uitmaak
van
die skuldoorsaak waarop die eiser se aksie gegrond is, en, aangesien
die boedel van die insolvent in Kimberley gesekwestreer
is, het die
geheel van die skuldoorsaak nie ontstaan in die distrik van Vryburg
landdroshof nie. Vervolgens – aldus die argument
– het die
landdroshof van Vryburg nie jurisdiksie in die aksie nie. Hierdie
argument grond mnr Botha daarop dat, indien dit
nie was vir die
sekwestrasie van die boedel van die insolvent nie, sou die aksie nie
ingestel gewees het nie. Die feit van sekwestrasie
is dus – so
lui die argument – ‘n noodsaaklike element van die skuldoorsaak
waarop die eis gegrond is.
Daarteenoor
argumenteer advokaat Swart namens die eiser dat die sekwestrasie van
die boedel van die insolvent nie deel uitmaak van
die
facta
probanda
wat deur die eiser bewys moet word
kragtens art 28(1)(d) van die Wet nie, maar maak dit deel uit van die
facta probantia
. Sy
antwoord op die argument van mnr Botha dat die sekwestrasie van die
boedel van die insolvent die oorsaak was vir die instel
van die aksie
en derhalwe deel uitmaak van die skuldoorsaak, is naamlik dat mnr
Botha verkeerdelik die gebeurtenis wat aanleiding
gegee het tot die
instel van die aksie gelykstel aan die
facta
probanda
waarop die aksie gegrond is.
Na
my mening moet advokaat Swart gelyk gegee word in sy argument en wel
op grond van wat hieronder volg.
Die
eiser se eis is gegrond op ‘n verrykingsaksie vir die verhaal van
vergoeding ten opsigte van beweerde
necessariae
impensae
en
utiles
impensae
deur hom aangebring op die
onroerende eiendom van sy vader, die insolvent. Die landdroshof van
Vryburg sal dus slegs jurisdiksie
hê om die aksie te bereg indien
“die skuldoorsaak geheel en al in die
distrik (van Vryburg) ontstaan het”
. (Art
28(1)(d) van die Wet).
Die
betekenis van die woord,
“skuldoorsaak”
(
“cause of action”
)
soos gebesig in die Wet, is as volg deur die Hoogste Hof van Appél
beslis in
Mckenzie v Farmers’ Co-operative
Meat Industries Ltd
1922 AD 16
te
23:
“
Now
as to the meaning of the words “if the cause of action arose wholly
within the district”, in the Magistrates’ Court Act,
I may refer
to an English case in which the meaning of similar words in an
English statute was construed. In the case of Read v
Brown
(22
Q.B.D. 131)
it was necessary to construe the words: “Cause of
action arising wholly or in part within the city of London or the
liberties thereof.”
Lord ESHER, M.R., said: “What is the real
meaning of the phrase ‘cause of action arising in the city’? It
has been defined
in Cook v Gill
(L.R., 8 C.P. 107)
to be this: ‘every
fact which it would be necessary for the plaintiff to prove, if
traversed, in order to support his right to
the judgment of the
Court. It does not comprise every piece of evidence which is
necessary to prove each fact, but every fact which
is necessary to be
proved. It has been suggested to-day in argument that this
definition is too broad, but I cannot assent to this,
and I think the
definition is right.”
Te
p 21 van hierdie uitspraak stel die Hof dit as volg:
“Now
the question arises whether upon the evidence adduced before the
magistrate it appears that certain facts material to the cause
of
action occurred outside the district of Pietermaritzburg, that is,
any material facts which it would be necessary for the plaintiff
to
prove in order
to support his right to the
judgment
.”
(My
onderstreping).
Verdere
verfyning is as volg aan die voormelde omskrywing gegee deur die
Hoogste Hof van Appél in
Dusheiko v Milburn
1964(4) SA 648(A) te 658A:
“
I
venture to think that most difficulties will in practice be resolved
if, in applying the definition stated in McKenzie v Farmers'
Co-operative Meat Industries Ltd., supra, to any given case, it is
borne in mind that the definition relates only to 'material facts',
and if at the same time due regard be paid to the distinction between
the facta probanda and the facta probantia.”
Uit
die voorgaande volg dit myns insiens dat
“skuldoorsaak”
(
“cause of action”
)
soos bedoel in art 28(1)(d) van die Wet beperk is tot daardie
handelinge en/of versuime, die bewys waarvan noodsaaklik is vir die
eiser om ‘n reg op sy vordering te vestig. Die klem val dus op
daardie handelinge en/of versuime wat direk verband hou met sy
reg as
eiser om te vorder op grond van die aanwesigheid van daardie
handelinge en/of versuime. Die begrip
“reg”
moet in die voormelde sinsverband in die eng sin van
“beregbare
aanspraak”
verstaan word.
So
gesien, word dit onmiddellilk duidelik dat nie alle feite wat ‘n
eiser moet bewys (of beweringe wat in sy besonderhede van vordering
vervat moet word) ten einde met sy vordering te slaag, noodwendig
verband hou met die skuldoorsaak waarop sy vordering gegrond is
en
soos bedoel in art 48(1)(d) van die Wet nie.
Rumpff
AR
verduidelik hierdie verskil as volg in
Dusheiko v Milburn
(supra) te
660 A tot G
waar hy verduidelik waarom die volgende omskrywing van
“cause
of action”
in die Engelse saak,
Cook
v Gill,
L.R. 8 C.P. 107
, nl
“Cause
of action has been held from the earliest time to mean every fact
which is material to be proved to entitle the plaintiff
to succeed -
every fact which the defendant would have a right to traverse.”
,
nie onderskryf kan word in soverre die begrip slaan op die vraag of
die skuldoorsaak binne ‘n hof se jurisdiksiegebied ontstaan
het
nie:
“
Skynbaar
word in hierdie definisie 'n belangrike of wesenlike feit gelykgestel
aan 'n feit wat die verweerder kan ontken. Dat hierdie
definisie
verwarring sou veroorsaak, was m.i. te verwagte. Immers, om vas te
stel watter feite belangrik is of nie, moet ondersoek
word wat die
skuldoorsaak is en om vas te stel wat die skuldoorsaak is, moet,
volgens hierdie definisie, bepaal word watter feite
van belang is.
Maar afgesien van hierdie rondomtalie-eienskap is die vasstelling van
feite wat ontken mag word blykbaar 'n benadering
van die begrip
'skuldoorsaak' soos dit in die pleitstukke gevind en beoordeel moet
word. Dit is misleidend. 'n Mens het hier nie
met die vraag te doen
of 'n dagvaarding 'n volledige skuldoorsaak openbaar nie, maar of 'n
hof jurisdiksie het oor 'n persoon omdat
'n sekere handeling of
versuim deur die persoon in die gebied van die hof plaasgevind het.
In die gemene reg is iemand aan
die geregsdwang van 'n regtelike beampte onderwerp
'uyt
vier oorsaaken, namentlyk uyt hoofde van syn woonstede, handelinge,
misdaad en de saak waarover getwist word',
nota
van Middellant te bl. 13 van Vromans, de Foro Competenti. Die
handeling waarna verwys word, is o.a. 'n handeling wat 'n
kontraksluiting
as gevolg het. 'n Skuldoorsaak wat 'geheel en al' in
'n landdrosdistrik ontstaan uit hoofde van art. 28 (1) (d) van Wet
32 van 1944,
is 'n oorsaak wat bestaan uit 'n handeling of handelinge
of uit 'n versuim wat in die gebied plaasgevind het. In die geval van
'n
delik sal dit die delikshandeling wees. In die geval van 'n
kontrak is dit die sluiting van die kontrak aldaar en die versuim om
die kontrak aldaar uit te voer. Indien 'n eiser 'n verweerder sou
dagvaar in 'n distrik waar die verweerder nie woon nie, op grond
van
'n delik in die distrik gepleeg, sou die delik nogtans in die distrik
plaasgevind het al het 'n agent van die verweerder die
delik daar
gepleeg. Dit is omdat in die geval, juridies gesproke, die verweerder
die delik gepleeg het. As die eiser egter in sy
dagvaarding teen
verweerder meld dat die delik gepleeg is deur X en hy versuim om te
meld dat X die agent van die verweerder was,
sou die dagvaarding geen
skuldoorsaak openbaar nie. Die agentskap is 'n baie belangrike, selfs
essensiële feit wat verweerder kan
ontken, maar die volkomenheid of
nie van die pleitstukke het niks te doen met die vraag of regtens die
hof jurisdiksie het. Dieselfde
geld ten opsigte van 'n kontrak wat
deur 'n agent in 'n sekere distrik aangegaan is. Juridies gesproke
was die prinsipaal die persoon
wat die kontrak gesluit het in daardie
distrik.”
Die
skuldoorsaak waarop die eiser
in casu
steun is die handelinge wat tot gevolg gehad het dat die insolvent
(en vervolgens die insolvente boedel) ten koste van hom verryk
is.
Hierdie handelinge het bestaan uit (a) die aanbring van die nuttige
en noodsaaklike verbeteringe, (b) op die onroerende eiendom
van die
insolvent, (c) deur die eiser, (d) as
bona
fide
okkupeerder (e) waardeur die
eiendom van die insolvent verbeter is (f) ten koste die eiser.
Daardie handelinge het in die
geheel in die distrik van Vryburg
geskied. Die landdroshof van Vryburg het dus die nodige jurisdiksie
om die aksie te bereg.
Die
skuldoorsaak waarop die aksie van die eiser gegrond is, is
ongeregverdigde verryking (soos hierbo aangetoon), en is dit nie
gegrond op die sekwestrasie van die boedel van die insolvent nie.
Die
sekwestrasie van die boedel van die insolvent mag die gebeurtenis
wees – en is klaarblyklik die gebeurtenis – wat daartoe
gelei het
dat die eiser aksie teen die verweerders ingestel het. Mnr Botha is
waarskynlik korrek in sy argument naamlik dat, as
dit nie was vir die
sekwestrasie van die boedel van die insolvent nie, die eiser nooit
aksie gegrond op ongeregverdigde verryking
sou ingestel het nie,
aangesien hy die verwagting gekoester het om die eiendom te erf. Dit
beteken egter nie dat, omdat die sekwestrasie
van die boedel van die
insolvent die rede was waarom die aksie van stapel gestuur is,
daardie gebeure, naamlik die juridiese handeling
waarkragtens die
boedel gesekwestreer is (synde die verlening van die sekwestrasie
bevel deur hierdie Hof te Kimberley) deel uitmaak
van die
skuldoorsaak waarop die aksie gegrond is en soos bedoel in art
48(1)(d) van die Wet nie.
Die
voormelde gevolgtrekking kan toegelig word aan die hand van enkele
voorbeelde:
Die
eiser se voertuig bots met ‘n voertuig bestuur deur mnr Versuim.
Die botsing vind plaas in die distrik van Vryburg. Die
eiser
dagvaar mnr Versuim in die landdroshof van Vryburg omdat die
skuldoorsaak aldaar ontstaan het, vir sy skade in die botsing
opgedoen. Tydens die verhoor kom dit aan die lig dat mnr Versuim,
‘n armlastige, in diens was van mnr Kapitaal en dat hy die
voertuig in die bestek van sy diensverhouding en tot voordeel van
mnr Kapitaal bestuur het. Hierop dagvaar die eiser mnr Kapitaal
vir
sy skade, steeds in die landdroshof van Vryburg en beweer dat die
skuldoorsaak in die geheel in die distrik van Vryburg ontstaan
het.
Kan dit ooit gesê word dat, aangesien mnr Kapitaal se besigheid te
Pretoria geleë is, hy mnr Versuim aldaar in diens
geneem het,
mnr Versuim hoofsaaklik daar werk en daar betaal word, laasgenoemde
feitestel deel uitmaak van die skuldoorsaak waarop
die eiser se
aksie gegrond is? Duidelik kan dit nie so wees nie, hoewel die
eiser noodwendig in sy besonderhede van vordering
sal moet beweer
(en as dit betwis word, bewys) dat mnr Versuim in diens van mnr
Kapitaal gehandel het ten einde mnr Kapitaal
middelik
aanspreeklik te stel. Die gebeurtenis wat aanleiding daartoe gegee
het dat die eiser mnr Kapitaal aanspreek naamlik die
indiensneming
van mnr Versuim het geen verband met die skuldoorsaak (die
deliktuele handeling waardeur die botsing veroorsaak is)
waarop die
aksie gegrond is nie. Die bewering naamlik dat mnr Versuim in die
diensbestek van mnr Kapitaal gehandel het, is egter
‘n
noodsaaklike bewering wat in die besonderhede van eis vervat sal
moet word, by gebreke waaraan daar waarskynlik suksesvol
eksepsie
opgewerp sal kan word teen die besonderhede van vordering op grond
daarvan dat dit bewering mis wat noodsaaklik is vir
die daarstelling
van ‘n skuldoorsaak. Sien
King’s
Transport v Viljoen 1954(1) SA 133(K) te 137 A tot G.
Veronderstel
die vader van die eiser was nie gesekwestreer nie, maar hy het ‘n
testament in Pretoria (waar hy sou woon vir doeleindes
van die
voorbeeld) verly waarkragtens hy die eiser onterf, of hy het die
eiendom te Pretoria aan ‘n derde (ook van Pretoria)
verkoop. Die
eiser stel nou aksie teen sy vader of die derde in en grond eweneens
sy skuldoorsaak op ongeregverdigde verryking.
Dit kan tog nie gesê
word dat die gebeurtenis wat aanleiding gegee het tot die instel van
die aksie naamlik die verly van die
testament waarkragtens die eiser
onterf is, of die sluit van die koopkontrak deel uitmaak van die
skuldoorsaak waarop die aksie
gegrond is soos bedoel in art 28(1)(d)
van die Wet nie.
Die
bewering in die eiser se besonderhede van vordering naamlik dat die
boedel van die insolvent gesekwestreer is, en dat die verweerders
as
eksekuteurs aangestel is, is noodsaaklike beweringe waarsonder die
verweerders waarskynlik eksepsie teen die dagvaarding kon opwerp
kragtens Landdroshofreël 17 op grond daarvan dat die dagvaarding nie
‘n skuldoorsaak openbaar nie. Daar moet egter duidelik onderskei
word tussen die ontstaan van ‘n skuldoorsaak waarkragtens
jurisdiksie gevestig word, en ‘n skuldoorsaak, of liewer die gebrek
daaraan, wat ‘n dagvaarding eksepieerbaar maak. Sien
Dusheiko
v Milburn
(supra) te
660
A tot G
(hierbo aangehaal).
Dat
mnr Botha ook nie die verskil tussen die voormelde twee regsfigure
begryp nie, blyk daaruit dat hy aanvoer dat die volgende aanhaling
uit die saak
Santam Ltd v Ethwar 1999(2) SA
244 (HHA)
naamlik:
“
Cape
Town Municipality and Another v Allianz Insurance Co Ltd
1990 (1) SA
311
(C) at 321, among others, confirms that a debt becomes due in
terms of the Act when the creditor acquires a complete cause of
action
for its recovery; further, that a cause of action is the
entire set of facts which a plaintiff must prove to succeed.”
(Te
252 I tot J
),
steun
vir sy argument bied. Dat die geleerde Appél Regter hierin geensins
die begrip
“cause of action”
ter vestiging van jurisdiksie kragtens art 28(1)(d) van die Wet in
gedagte het nie, maar wel
“cause of action”
in die breë konteks naamlik die somtotaal van alle feitelike
beweringe wat ‘n eiser in sy vordering moet beweer en bewys, blyk
uit die
dictum
wat
onmiddellik volg op die voorgaande aanhaling naamlik:
“
In
order to determine the respondent's complete cause of action or
entire set of facts which the respondent had to prove for a
successful
claim under clause (c), one first has to interpret the
agreement. The object of the clause, as the Court below noted, was to
bring
about a situation where the respondent's attorney would submit
a proposal concerning the taxable amount of her costs (probably in
the form of a draft bill of costs, I would think) and that only in
the event of an agreement not being concluded between them would
the
respondent have her bill taxed.
Whether
the respondent could have enforced compliance with clause (c) in the
absence of an agreement or taxation depends on whether,
on the one
hand, agreement or taxation simply formed the formal method of
liquidating and quantifying the amount of the indebtedness
or
whether, on the other, it was an agreed condition for payment or that
payment was contingent thereon. Put differently, was agreement
or
taxation a simple procedural step to or was it of the essence of
liability? It seems to me that the answer, perforce, has to be
that
the parties could not have intended that the respondent could recover
her costs without a prior agreement or taxation. Any summons
claiming
payment of costs not agreed upon or not taxed would have been met by
a successful exception. “
(Te
252 J tot 253 D
).
Mnr
Botha vind verder steun vir sy argument naamlik dat die gebeurtenis
wat aanleiding gegee het tot die instel van die aksie gegrond
op
verryking en waarkragtens die eiser sy besit van die eiendom ontneem
is, deel uitmaak van die
facta probanda
wat deur ‘n eiser beweer en bewys moet word (en dus ook in die
distrik van Vryburg moes ontstaan het ten einde jurisdiksie te
vestig) in die saak
De Kock NO v Van
Schalkwyk 1966(1) SA 696 (O)
en die gewysdes
daarin aangehaal. Op
p. 702 B
van die uitspraak bevind
Eksteen WnR
(soos hy toe was) as volg:
“
Ek
kom gevolglik tot die slotsom dat dit wel 'n vereiste is van
respondent se aksie dat hy in sy huidige besit gesteur moes gewees
het hetsy by uitsetting of ten minste by aanmaning om te ontruim, en
dat by onstentenis van so 'n bewering sy deklarasie geen grond
van
aksie openbaar nie.
Die
eksepsie slaag met koste.”
Ek
meen die antwoord op hierdie argument is tweeledig:
Eerstens
het die Hof nie te doen gehad met die vertolking van die begrip
“skuldoorsaak”
soos gebesig in art 28(1)(d) van die Wet nie. Eksepsie is geneem
teen die besonderhede van vordering op grond daarvan dat
dit nie
‘n bewering bevat het dat die
bona fide
okkupeerder in sy besit van die eiendom versteur is nie.
(Uitspraak te
699 A tot B
).
In
sy minderheidsuitspraak in
Nortje & ‘n
Ander v Pool NO 1966(3) SA 96(A)
het
Rumpff AR
uitdruklik bevind dat die bevinding in die
De
Kock
-saak (supra) verkeerd is, en ook die
sake waarop die regter in
De Kock
gesteun het. Te
125A
van die uitspraak formuleer die geleerde Appél Regter die
tersaaklike been van die eksepsie soos geneem as volg:
“
Ten
slotte is namens verweerder aangevoer dat die eis van eisers
ongegrond is omdat ex facie die deklarasie dit nie blyk dat hulle
in
die uitoefening van hul bedrywighede versteur is nie.”
Na
‘n verwysing na die sake
Meyer’s Trustee v
Malan
1911 T.P.D. 595
te 569
, en
Mattheus
v Stratford and Another
1946 T.P.D. 498
te 505
,
kom hy dan tot die volgende gevolgtrekking:
“
Een van die jongste beslissings
wat hierdie opvatting huldig, is die in de Kock, N.O v van Schalkwyk,
1966 (1) SA 696
(O), waar Waarnemende Regter EKSTEEN te bl. 700,
onder andere, sê:
'Iemand
word tog immers slegs verryk wanneer hy daardie verbeterings vir
homself toeëien.'
As
dit die ratio is wat die benadering ten grondslag lê, is die
benadering t.o.v. possessores met respek onlogies, omdat die
vermeerdering
in die waarde van die boedel van die eienaar intree
wanneer die aksessie plaasvind. As die reg eenmaal 'n aksie toeken
aan 'n possessor,
los van die retensiereg, is dit strydig met die
beginsel wat agter so 'n aksie skuil om van die possessor te verwag
dat, as hy sy
fout uitvind, hy moet wag totdat hy deur die eienaar
aangespreek word. De Vos, op. cit., sê omtrent die hierbo
aangehaalde passasie
uit die Meyer saak die volgende, te bl. 132:
'In
die eerste plek is dit verkeerd om te sê 'it is against the trend of
the authorities'. Dit skyn my dat die afleiding wat uit
Groenewegen,
ad Inst., 2.1.30, en Voet, 5.3.23, te maak is, juis die
teenoorgestelde is.'
Selfs
al sou de Vos dit hier te hoog stel, kan dit in elk geval wel gesê
word, dat die skrywers se opvatting geensins bots met die
logiese
benadering nie, nl. dat 'n versteuring deur verweerder nie 'n
voorvereiste vir die aksie van eisers is nie.”
(
125
E tot H
); en
“
Na my mening is dit, wat die
reg betref, onnodig vir die eisers om te wag tot 'n formele
versteuring deur die eksekuteur, en wat die
feite betref, is dit
onrealisties om van hulle te verwag om voort te gaan met ontginning
terwyl hulle nou weet dat die kontrak ongeldig
is, en, danksy die
weiering van die eksekuteur tot legalisasie van die kontrak, hulle
enige moment kan verwag om in hul bedrywigheid
gestop te word.
Na
my mening bevat die deklarasie dus 'n grond van aksie.”
(te
126 C tot D
)
Hierdie
standpunt is ook ondersteun deur
Ogilvie
Thompson AR
(sien uitspraak te
108
G tot H
).
Hoewel
die voorgaande opmerkings in die minderheidsuitsprake voorkom, is
hierdie punt nie in die meerderheidsuitspraak van
Botha
AR
oorweeg nie (sien uitspraak te
140
B
), en is daar ook nie verskil van die
benadering van
Rumpff
en
Ogilvie Thompson ARR
nie.
Sien
ook De Vos,
“Verrykingsaanspreekliheid in
die Suid Afrikaanse Reg”
(3
de
Uitgawe) te 226 tot 227.
Die
voorgaande benadering kom my, met eerbied, logies en regtens
verantwoord voor. Toegepas op die onderhawige saak, kan tog nie
gesê
word dat die verryking van die boedel van die insolvent eers ontstaan
het by die datum van sekwestrasie van sy boedel nie.
Sy boedel is
immers verryk soos en wanneer die nuttige en/of noodsaaklike
verbeterings aangebring en die waarde van die eiendom
daardeur
vermeerder is. Die eiser sou in hierdie geval nie sy vordering teen
die verweerders kon afdwing alvorens die verweerders
nie deur die
Meester as eksekuteurs in die boedel van die insolvent aangestel is
nie. Die datum waarop ‘n skuldoorsaak ontstaan
is nie noodwendig
dieselfde as die datum waarop die skuld daarkragtens afdwingbaar of
opeisbaar word nie.
“
List
v Jungers
1979 (3) SA 106
(A) te 121 C tot D”.
Ek
vind dit nie nodig om te handel met die argument van mnr Botha
naamlik dat, indien die sekwestrasie van die boedel van die insolvent
nie ‘n
factum probandum
tot die skuldoorsaak is nie, die eis of
‘n gedeelte van die eis van die eiser dan verjaar het nie. Hierdie
aspek is nie voor ons
vir beslissing nie.
Laastens
is dit nodig om kortliks te handel met die versoek namens die
appellant vir die verlening van ‘n bestraffende kostebevel
teen
mnr Botha vir die addisionele koste teweegebring deur die liaseer
van aanvullende hoofde van argument. Hoewel ek meen dat
die
liasering van sy aanvullende argumentshoofde deur mnr Botha op ‘n
opportunistiese en onreëlmatige wyse geskied het, meen
ek nie dat
sy optrede as kwelsugtig of so afkeurenswaardig beskou kan word dat
dit ‘n bestraffende kostebevel regverdig nie.
Vervolgens
sou ek die volgende bevel hierin verleen:
DIE
APPÉL SLAAG MET KOSTE.
DIE
BEVEL VERLEEN IN DIE LANDDROSHOF WORD DEURGEHAAL EN VERVANG MET DIE
VOLGENDE:
“
THE
SPECIAL PLEA IS DISMISSED WITH COSTS”.
DIE
SAAK WORD TERUG VERWYS NA DIE LANDDROSHOF VIR DIE VOORTSETTING
DAARVAN OP DIE MERIETE VAN DIE EISER SE VORDERING.
_________________________
HJ
Lacock
REGTER
Ek
stem saam, en dit word so gelas.
_________________________
SA
Majiedt
REGTER
Namens
die appellant:
Adv AJ Swart (iov
Engelsman, Benade & Van der Walt)
Namens
die respondente:
Mnr Botha (Duncan &
Rothman Prokureurs)