About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 39
|
|
Strauss v Interprovince Transport (1564/98) [2003] ZANCHC 39 (15 August 2003)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 1564/98
Datum
verhoor: 2003-08-04
Datum
gelewer: 2003-08-15
In
die appél van
:
IZAK
STRAUSS APPELLANT
versus
INTERPROVINCE
TRANSPORT RESPONDENT
Coram
:
BECKLEY R
et
MAJIEDT
R
et
OLIVIER
WnR.
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Op
Donderdag 24 April 1997 omstreeks 05h10 het daar ân botsing op die
Olifantshoek/Upington hoofpad plaasgevind tussen die respondent
se
voertuig (ân voorhaker met twee sleepwaens) en ân perd.
Hierdie botsing het veroorsaak dat:
a) die
voorhaker en twee sleepwaens omgeslaan het en die twee sleepwaens het
aan die brand geslaan; en
b) ân
aankomende motorvoertuig (ân bakkie) met vermoedelik een van die
voormelde sleepwaens gebots het en onder die brandende
sleepwa of
sleepwaens beland het, met noodlottige gevolge vir die twee
insittendes van die bakkie.
Voortspruitend
uit die voormelde gebeure het die respondent as eiser dagvaarding
uitgereik teen die appellant as verweerder op die
basis dat dit
laasgenoemde se perd was of ten minste onder sy beheer was en dat
vanweë die appellant se nalatige optrede of versuim
die perd op die
openbare pad beland het en sodoende die ongeluk veroorsaak het.
Kgomo
R (soos hy toe was) het na ân lang verhoor ten gunste van die
respondent/eiser bevind. Vonnis is toegestaan in die bedrag
soos
ooreengekom deur die partye (die verhoor is slegs op die meriete
gevoer).
Met
verlof van die Hoogste Hof van Appél kom die appellant in hoër
beroep teen die voormelde beslissing en gepaardgaande kostebevel.
Die
geskilpunte wat die verhoorhof moes beslis was die volgende:
3.1 of
die appellant en/of sy werknemers handelende binne hul diensbestek
vir die appellant, nalatiglik veroorsaak het dat die perd
op die pad
beland en sodoende die botsing veroorsaak het;
3.2 indien
die voormelde vraag bevestigend beantwoord word, tot welke mate
sodanige nalatigheid die botsing veroorsaak het;
3.3 of
die bestuurder van die respondent se voertuig nalatiglik die botsing
veroorsaak het en indien wel,
3.4 tot
welke mate sy nalatigheid die botsing veroorsaak het.
By
die verhoor was, of het, die volgende aspekte gemeensaak geword
tussen die partye:
4.1 dat
die perd aan die appellant behoort het of minstens onder sy beheer
was;
4.2 dat
die botsing soos in par. 1 hierbo uiteengesit plaasgevind het;
4.3 dat
die perd aangehou en gebruik was by die appellant se eggenote se
plaas (waarop die appellant geboer het),
Kareeboomvlakte
,
welke plaas grens aan die Upington/Olifantshoek nasionale pad;
4.4 dat
dit donker was ten tyde van die botsing en dat die perd donkerbruin
van kleur was;
4.5 dat
die vragmotorbestuurder eers na regs geswaai het met die vragmotor
ten einde ân botsing met die perd te vermy, toe tog in
elk geval
die perd getref het met die linkersy van die voorste sleepwa en dat
die gemelde bestuurder daarna na links geswenk het
om ân aankomende
voertuig te vermy, welke maneuver veroorsaak het dat die
voorhaker-sleepwaens kombinasie omgeslaan het met die
aankomende
voertuig daaronder;
4.6 dat
die perd toegang tot die betrokke nasionale pad verkry het vanaf die
voormelde plaas,
Kareeboomvlakte
;
4.7 dat
dit die appellant se werknemers, mnre. Abraham Koper en Willem
Swarts, se plig was om toe te sien dat alle hekke binne die
plaas
self toe was en dat alle hekke wat vanaf die plaas toegang bied tot
die aangrensende nasionale pad toe en gesluit was ten alle
tye.
Die
primêre geskil ten aansien van die aspekte vermeld in par. 3.1 en
3.2 hierbo het daaroor gegaan dat die respondent beweer
het dat die
perd deur ân oop hek, tydens die verhoor na verwys as â
hek
B
â,
toegang verkry het tot die aangrensende nasionale pad, terwyl dit
die appellant se saak was dat die perd deur ân stukkende
grensdraad aangrensend tot die nasionale pad geval het en sodoende
op daardie pad beland het. Hierdie aspek was van wesenlike
belang
vir die beregting van hierdie saak, aangesien die appellant deeglik
bewus was en aldus toegegee het tydens die verhoor,
dat indien dit
op ân oorwig van waarskynlikhede bewys sou word dat â
hek
B
â
oop laat staan was, a.g.v. ân nalate aan die kant van sy
werknemers, die appellant aanspreeklik gehou sou word vir die
botsing
en die gevolge daarvan.
6.1 Die
appellant se appél is by uitstek gemik op die feitebevindinge van
die verhoorhof. Dit staan vas in ons reg dat hierdie
Hof op appél
alleenlik met feitebevindinge van die verhoorhof kan inmeng indien
dit oortuig is dat sodanige bevindinge verkeerd
is.
Sien:
Wessels
v Johannesburg Municipality 1971(1) SA 479 (A)
te
482 G-H.
Swain
v Society of Advocates Natal 1973(4) SA 784 (A)
te
787 A.
6.2 Dit
is eweneens geykte reg dat ân Hof van appél, sonder die voordeel
om selfs die getuies waar te neem, grootliks gebonde is
aan ân
verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindinge. Slegs waar dit kom by
die maak van afleidings uit die gemeensaaklike of bewese
feite, mag
ân Hof van Appél soms in dieselfde of selfs ân beter posisie
wees as die verhoorhof.
Sien:
R
v Dhlumayo & another 1948(2) SA 678 (A)
te 706;
Union
Spinning Mills (Pty) Ltd v Paltex Dye House (Pty) Ltd 2002(4) SA 408
(HHA)
te 416 F-H.
Gedagtig
aan die voormelde beperkinge waaronder ons as Hof van Appél
funksioneer, wend ek my nou na die verhoorhof se uitspraak
en die
kritiek daarop deur die appellant. ân Bondige samevatting van
die getuienis voor die verhoorhof is nodig om so ân
bespreking
sinvol te maak.
8.1 Ter
bewys van sy saak dat die perd deur
âhek
Bâ,
wat
oop laat staan was, toegang tot die Olifantshoek/Upington nasionale
pad verkry het en sodoende ân botsing veroorsaak het, het
die
respondent die getuienis gelei van mnre. Mathlasela (die
vragmotorbestuurder), Auby (ân lid van die respondent BK) en
sersante
Joubert en De Waal (van die Upington en Olifantshoek
SAPD-kantore onderskeidelik).
8.2 Hulle
getuienis kom kortliks op die volgende neer:
a) Mnr.
Mathlasela het omstreeks 05h10 op die gemelde pad, ongeveer 70 km.
vanaf Upington, eensklaps die donkerbruin perd ongeveer
20 meter voor
hom in sy rybaan gewaar --- die perd het met sy agterstewe in mnr.
Mathlasela se rigting gestaan. Op daardie stadium
het ân voertuig
van voor aangekom met sy ligte op domp. Ten einde ân botsing met
die perd te vermy, het mnr. Mathlasela eers
na regs en toe weer na
links geswaai --- die laasvermelde maneuver was om uit die pad van
die aankomende voertuig te kom.
b) Hierna
het die voorhaker en twee sleepwaens omgeslaan en die twee sleepwaens
het aan die brand geslaan.
c) Die
appellant het teenoor mnr. Auby vermeld, met ân neerhalende
verwysing, dat â
hek
B
â
oopgelos moes gewees het.
d) Sersant
Joubert, wat eerste op die toneel was wat die reddings- en
veiligheidsdienste aanbetref, sowel as sersant De Waal, wat
kort na
Joubert op die toneel arriveer het, het getuig dat â
hek
B
â
met hul aankoms daar oop was.
9.1 Die
appellant het die getuienis van sewe getuies gelei. Sersant
Duckworth, van Olifantshoek SAPD wat saam met De Waal daar opgedaag
het, sowel as mnr. Koen, die stasie-offisier van die brandweer te
Upington het beide aangevoer dat
âhek
B
â
toe was met hul aankoms daar. Mnr. Koen het verder aangevoer dat hy
heel eerste op die toneel was voor enige polisiebeamptes.
9.2 Die
appellant se twee werknemers, mnre. Koper en Swarts, se weergawe was
dat daar op die dag voor die ongeluk (d.w.s. Woensdag
23 April 1997)
ân sprinkaanbeheerbeampte en sy assistent op die plaas was om
sprinkane te spuit. Volgens hulle was â
hek
B
â
sowel as â
hek
G
â
egter toegesluit gewees nà dié persone se vertrek. Mnr. Koper het
verder getuig dat:
a) hy
die dag na die ongeluk (die Vrydag) by ân hoekpaal opgemerk het dat
twee drade van ân draadheining aangrensend aan die teerpad
stukkend
was. Daar was ook ân wit plastieksak vasgemaak by daardie punt om
asât ware as ân merker te dien.
b) Hy
op die dag van die ongeluk
âhek
B
â
oopgemaak het vir ân polisieman in ân geel polisiebakkie wat van
die telefoon gebruik wou maak.
9.3 Die
appellant se getuienis het gehandel oor sy gesprek met Auby (hy het
ontken dat hy vir Auby sou gesê het dat
âhek
B
â
oopgelos moes gewees het) sowel as sy waarnemings van die stukkende
drade en wit plastieksak, aan hom uitgewys deur Koper.
9.4 ân
Voormalige sersant, mev. Maritz, het getuig oor telefoonoproepe wat
sy op die dag van die voorval ontvang het by die Olifantshoek
polisiestasie (waar sy toe gestasioneer was) vanaf sersant Duckworth.
9.5 Mnr.
Grobbelaar, ân meganiese ingenieur wat spesialiseer in die
rekonstruksie van ongelukke, het as deskundige namens die appellant
getuig. Hy was die deskundige mening toegedaan dat die
vragmotorbestuurder in die heersende omstandighede, onredelik
opgetree het
deur na regs en toe na links te swaai. Volgens hom
moes Mnr. Mathlasela eerder reguit aan gery het en die perd tromp-op
gestamp
het of na links geswaai het.
10. Die
geleerde verhoorregter het na my mening ân deeglike en weloorwoë
uitspraak gelewer. Hy het weliswaar in sy uitspraak
op sekere
aspekte foute begaan ten aansien van die getuienis. Ek maak melding
van die volgende voorbeelde wat deur Mnr. Prinsloo
namens die
appellant uitgewys is:
10.1 Die
verhoorregter het verkeerdelik bevind dat die boonste twee drade van
die heining gebreek was volgens Koper, terwyl die getuienis
inderwaarheid was dat dit die tweede en derde boonste drade was wat
stukkend was.
10.2 Die
Hof
a
quo
het bevind dat die appellant getuig het dat hy eers vier dae na die
ongeluk verneem het by Koper van die stukkende draad, terwyl
dit
inderwaarheid die derde dag na die ongeluk was.
10.3 Die
Hof
a
quo
het ook bevind dat die sprinkaanbeheerbeampte op die vorige dag deur
â
hek
B
â
beweeg het en dit sodoende oop kon gelaat het. Hierdie bevinding is
verkeerd. Die getuienis was inderdaad dat die betrokke
beampte deur
â
hek
G
â,
langs die grondpad na Grootdrink, beweeg het.
10.4 ân
Verdere fout is die bevinding dat die appellant by ondersoek van die
gebreekte drade tot die slotsom gekom het dat sy
Nguni
-bul
waarskynlik die drade gebreek het. Die getuienis was inderwaarheid
dat appellant die mening toegedaan was dat die perd met
sy agterlyf
geskuur het teen die hoekpaal as gevolg waarvan die drade toe gebreek
het.
11. Hierdie
foute deur die Verhoorregter en ander foute wat namens die appellant
voorgehou is aan ons, het na my mening hoegenaamd
geen effek op die
slotsom waartoe die geleerde Verhoorregter gekom het nie. Dié
verkeerde feitebevindings het na my mening geen
wesenlike impak op
die uiteindelike
ratio
decidendi
van die Verhoorhof nie.
Die
uiteindelike vraag is:
het
die Hof a quo tot die korrekte bevinding gekom op die bewese en
gemeensaaklike feite?
12. Ek
is die mening toegedaan dat daar hoegenaamd geen basis gelê is om
met die
Hof
a quo
se geloofwaardigheidsbevindinge ten aansien van die getuies in te
meng nie. Die oorkonde staaf onteenseglik sodanige bevindinge.
Ek
volstaan ter illustrasie met die volgende voorbeeld: Koen, die
brandweerstasie-offisier beweer dat hy heel eerste (alreeds
om 07h20)
by die toneel opgedaag het. In kruisondervraging het dit
oorvloediglik geblyk dat hierdie aankomstyd heeltemal verkeerd
was en
moes hy dan ook noodgedwonge toegee dat hy effens later op die toneel
aangekom het. Die appellant se eie getuienis by monde
van sersant
Duckworth, het lynreg ingedruis met Koen sân dat hy eerste, voor
die Upington en Olifantshoek polisie, op die toneel
was. Verder het
sersant De Waal namens die respondent se getuienis dat hy pogings
aangewend het om die brandweer en ambulansdienste
te kontak vanaf die
ongelukstoneel
onbetwis
bly staan
.
Om
in sulke omstandighede enigsins te poog om op Koen se getuienis dat
die â
hek
B
â
toe was, te probeer steun, is ân futiele oefening.
Koper
en Swarts het verskriklik kleigetrap in hulle getuienis; die
appellant was duidelik leuenagtig en Duckworth en Maritz het
ân
tevergeefse poging aangewend om steun te verleen aan ân, na my
mening, agterna saamgeflanste verweer.
13. Ek
huldig die mening dat dit oorvloediglik bewese staan op ân oorwig
van waarskynlikhede op die oorkonde voor ons dat die perd
toegang tot
die hoofpad verkry het deur die oop â
hek
B
â.
Ek moet hier uitwys dat dit hoegenaamd nie nodig is om ân
bevinding te maak aangaande wie die persoon of persone was wat
die
betrokke hek oopgelaat het nie. Die feit van die saak is dat dit
Mnre. Koper en Swarts se verantwoordelikheid was om te sorg
dat die
hek ten alle tye toe was. Daar is na my mening geen gronde waarop
met die verhoorhof se bevindinge daaraangaande ingemeng
kan word nie.
Ek kom tot hierdie bevinding aan die hand van die volgende:
13.1 Die
geleerde verhoorregter het, tereg na my mening, oorwegend gunstige
geloofwaardigheidsbevindinge gemaak ten aansien van die
respondent se
getuienis wat oor die oop hek getuig het (Auby, Joubert en De Waal)
en het aan die anderkant ongunstige geloofwaardigheidsbevindinge
gemaak ten aansien van die appellant se getuienis in dié verband
(appellant, Koper, Swarts, Koen en Duckworth). Belangrike dele
van
sersante Joubert en veral De Waal se getuienis is onbetwis gelaat
tydens hulle kruisondervraging (selfs toe De Waal teruggeroep
is vir
verdere kruisondervraging). In De Waal se geval val dit veral
vreemd op dat sy weergawe dat hy deur
âhek
Bâ
(wat oop was) gegaan het en toe ân gesprek gevoer het met Koper wat
aan hom gesê het dat die sprinkaanbeheerbeampte die hek oop
gelos
het, glad nie betwis is nie.
13.2 ân
Sorgvuldige nalees van die oorkonde, veral ten aansien van sersant
Joubert se getuienis oor die spoor van die (beseerde)
perd wat hy
gevolg het op die toneel, het ân besonder gunstige indruk op my
gelaat. Terselfdertyd wek dit by my ernstige vraagtekens
(soos wat
die geval was by die verhoorhof) aangaande die beweerde stukkende
drade waardeur die perd vermoedelik sou geval het en
meer nog: die
wit plastieksak.
Dit
is van belang om in gedagte te hou dat sersant Joubert se weergawe
oor die perd se spoor tot ân groot mate (weliswaar na ân
tamaai
gekleitrappery) deur mnre. Koper en Swarts gestaaf word.
Ek
deel die geleerde verhoorregter se suspisie aangaande die gebreekte
drade en wit plastieksak. Dit is net eenvoudig ondenkbaar
dat nòg
Joubert nòg Swarts en Koper hierdie stukkende drade kon miskyk op
die dag van die voorval. Verder is dit baie duidelik
op die
oorkonde dat veral Mnr. Swarts ten alle koste hom so ver moontlik op
die dag van die ongeluk probeer verwyder het van die
betrokke
hoekpaal waar die stukkende drade na bewering was. Die wit
plastieksak-scenario is net eenvoudig vergesog. Niemand kan
verklaar wie, wanneer en hoekom iemand op so ân naamlose wyse die
merker sou aangebring het nie. Ek kan beswaarlik enige fout
vind
met die verhoorhof se mening dat hierdie besondere aspek agterna
opgetower is om ân verweer vir die appellant te probeer
bewerkstellig.
13.3 In
samehang met die voorafgaande is daar die appellant en Koper se
dawerende stilswye aangaande hierdie stukkende drade en wit
plastieksak in hul verklarings aan die polisie ongeveer drie maande
na die voorval. Die betoog dat dié twee hulle in die verklarings
beperk het tot die aspekte waaroor die polisie hulle uitgevra het,
gaan net eenvoudig nie op nie. Veral die appellant was, op sy
eie
weergawe, op ân baie vroeë stadium kort na die ongeluk wel deeglik
bewus daarvan dat hy strafregtelike vervolging sowel as
sivielregtige
verrigtinge vir skadevergoeding vanaf die vragmotoreienaar, die
eienaar van die vrag op die vragmotor en die afhanklikes
van die
oorledenes in die uitgebrande bakkie in die gesig gestaar het as dit
sou blyk dat sy perd deur ân oopstaande hek toegang
tot die teerpad
verkry het.
Hierdie
stilswye versterk die vermoede van ân agterna gefabriseerde
verweer. Bowendien en in elk geval het Koper verder gegaan
en
bewustelik ân vals, verontskuldigende verklaring voorgehou aan die
polisie aangaande die perd se aanwesigheid in die pad;
hy verklaar
naamlik as volg:
â
Ek
kan nie sê hoe die perd in die pad gekom het nie. Die kamp waarin
die perde loop se hekke was gesluit en die hekke grens nie
aan die
pad nie, maar aan die waterkamp.â
13.4 Daar
is hoegenaamd geen verduideliking van hoe anders sersant De Waal sou
geweet het dat:
a) ene
Koper vir die appellant gewerk het en op die toneel was daardie dag;
en
b) die
sprinkaanbeheerbeamptes wel die vorige dag op Kareeboomvlakte
sprinkane gespuit het nie.
13.5 ân
Verdere opvallende aspek is die ongeërgde houding wat die appellant
ingeneem het tydens die gebeure. Hy het die Donderdagoggend
vroeg
reeds telefonies verneem van die ongeluk âmet ân perdâ by
Koper. Hy stel hoegenaamd nie daarin belang om vas te stel
of dit sy
perd is nie --- hierdie gebrek aan belangstelling word voortgesit
later die middag toe die appellant met Auby ân gesprek
voer.
Op
die Saterdag het hy verneem van die gat in die draadheining, maar was
hy veel eerder geïnteresseerd in die beveiliging van die
vrag op die
sleepwaens. ân Mens sou verwag dat dit by die appellant hoogste
prioriteit sou wees om homself onmiddellik van die
bestaan van
hierdie gat te vergewis, gegewe die ontsaglike probleme wat hom
potensieel in die gesig gestaar het a.g.v. die botsing.
Hierdie
onbetrokkenheid aan die kant van die appellant is soortgelyk as die
geval in
Maritime
& General Insurance Co. v Sky Unit Engineering 1989(1) SA 867
(T)
te 891 C-E:
â
Fraccaro
testified that, while the firemen were there, he saw the enormous
damage done; he saw the flames, the smoke, the thick
sediment of
oil between the lathes, the wooden cabinet burning, the electrical
cabinets being opened by the firemen, the fire therein
put out and
the general destruction. After the fire was put out and the smoke
had abated he said to his acquaintance, Nicola, âIf
you donât
mind I am going to finish my job and I am (then) going homeâ. He
says that at no stage did he go to inspect the damage
once the fire
had been put out. He was not curious to a look at it or to ascertain
what the probable cause was. His only interest,
evidently, was to
finish his work and hurry home. This, in the circumstances, is
improbable; natural curiosity would have led
him to have gone to
look at the damage and, at least, to have spoken to Nicola about it
which he says he did not do.â
13.6 Gesonde
verstand en logika bepaal dat die waarskynlikhede oorweldigend oorhel
ten gunste van die feit dat die perd deur ân
oop hek toegang tot
die teerpad gekry het. Ek vind dit moeilik om te begryp hoe die
perd deur 2 van die boonste drade van ân
8-draad heining sou kon
val.
14.1 Ek
handel kortliks met mnr. Grobbelaar se getuienis en daarmee saam die
kwessie van enige bydraende nalatigheid aan die kant
van die
vragmotorbestuurder. Mnr. Grobbelaar het geredelik toegegee dat
aldrie die opsies (die maneuvers soos deur mnr. Mathlasela
uitgevoer/reguit aanry en die perd stamp/na links swaai) bepaalde
risikoâs ingehou het.
14.2 Daar
moet in besonder teen gewaak word om ân
ex
post facto
leunstoel-benadering te volg, wanneer die optrede beoordeel word van
ân bestuurder wat ân 56 ton vrag vervoer op ân groot,
lomp
voorhaker-sleepwaens kombinasie wat eensklaps in die donkerte
gekonfronteer word deur ân donkerbruin perd voor hom op ân
swart
teerpad met ân voertuig wat van voor aankom.
14.3 In
ons reg word bo-menslike reaksievermoëns en reaksiehandelinge nie
vereis van ân bestuurder in sulke omstandighede nie.
Ten beste
vir die appellant kan die vragmotorbestuurder hoogstens verwyt word
van ân oordeelsfout (en selfs daaraangaande het
ek ernstige
bedenkinge).
14.4 Met
die
caveat
dat elke saak op sy eie meriete beoordeel moet word, is dit nuttig om
die feite in hierdie saak te vergelyk met dié in die volgende
gewysdes:
a) In
Rodriques
v SA Mutual and General Insurance Co. 1981(2) SA 274(A)
was ân motorbestuurder skielik gekonfronteer met ân persoon (die
appellant in daardie saak) in donker klere wat gebuk of gekniel
het
in ân swak verligte pad aan die bestuurder se kant van die pad.
Kort voordat die bestuurder die persoon voor hom opgemerk
het was hy
(die bestuurder) momenteel verblind deur die hoofligte van ân
aankomende voertuig wat toe sy ligte gedomp het. Kort
nadat dié
aankomende voertuig by hom verby is het die bestuurder die persoon in
die pad voor hom gewaar. Volgens die deskundige
getuienis sou die
motorbestuurder die persoon voor hom op ân afstand van 20 meter vir
die eerste keer kon gewaar. Inaggenome
die uiters beperkte
reaksietyd en die kort afstand bevind die Appélhof dat hierdie
scenario ân skielike noodsituasie (
sudden
emergency
)
daargestel het en dat die motorbestuurder se nalate (as dit wel een
was) om meer na links te swenk hoogstens ân oordeelsfout en
nie
nalatigheid nie daarstel.
Op
280H - 281A stel Van Heerden Wn.AR. dit as volg:
âAs
appears from what has already been stated, the van would have been
some seven metres from the appellant before Schmidt could
have been
expected to react. He therefore had less than a second in which to
take evading action. He was confronted by a sudden
emergency as a
result of the unexpected presence of a kneeling person in the street.
He judged that by swerving as he did he would
be allowing a
sufficient berth to avoid colliding with the appellant. He also had
to consider his own safety, as well as that of
the passengers in the
back of the van, which could have been endangered by a violent
swerve. In my view the circumstances were such
that his failure - if
indeed it was one - to swerve more to his left did not amount to
negligence but at the most to an error of
judgment.â
b) In
Ntsala
& others v Mutual & Federal Insurance Co. Ltd 1996(2)
SA 184 (T)
het die verweerder se bestuurder na links geswaai om ân botsing met
ân voertuig wat van voor af in die verkeerde baan (d.w.s.
aan die
verweerder se bestuurder se kant) aangekom het, te vermy. Sy
voertuig het egter gegly en teen dié van die eerste eiser
wat agter
die aankomende voertuig gery het, gebots. Die verweerder het gesteun
op die verweer dat sy bestuurder met ân skielike
noodistuasie
gekonfronteer was en redelik opgetree het in die omstandighede. Els
R het hierdie verweer gehandhaaf; die geleerde
Regter verklaar as
volg te 192 C-E.
âThe
doctrine of sudden emergency, (on which the defendant relies) was
summarised as follows in
Thornton
and Another v Fismer
1928
AD 398
at 412:
â
a man who, by
anotherâs want of care, finds himself in a position of imminent
danger, cannot be held guilty of negligence merely
because in that
emergency he does not act in the best way to avoid the dangerâ.
A
party to an action can only rely on the doctrine of sudden emergency
if and when the sudden emergency in which he finds himself
is not of
his own doing.
If
his actions or neglect are the reason or cause of the sudden
emergency, he can for that reason also be found to be negligent.â
14.5 Ek
is dit heeltemal eens met die geleerde Verhoorregter dat daar geen
nalatigheid hoegenaamd toegeskryf kan word aan mnr. Mathlasela
in
hierdie saak nie.
15. Dit
was grotendeels aanvaar deur die appellant dat hy aanspreeklik gehou
sal word as op ân oorwig van waarskynlikhede dit bewese
staan dat
die perd deur
âhek
B
â
sy toegang tot die teerpad bekom het. Hierdie houding strook
heeltemal met die posisie in ons reg.
Vergelyk
in die algemeen onder meer:
Coreejes
v Carnavon Munisipaliteit en ân ander 1964(2) SA 454 (K)
te 457 A-D.
Jamneck
v Wagener 1993(2) SA 54 (K)
te 60D - 61B.
Swarts
v Delport
[2002] 2 All SA 309
(HHA)
.
15. Na
my mening is daar geen meriete in die appellant se betoë nie en
behoort die appél met koste afgewys te word.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam. Die appél word met koste afgewys.
___________
AP
BECKLEY
REGTER
Ek
stem saam:
___________
CJ
OLIVIER
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS APPELLANT : ADV JJS
PRINSLOO i.o.v. DUNCAN & ROTHMAN
NAMENS RESPONDENT : ADV E
WESSELS i.o.v. VAN DE WALL & VENNOTE
DATUM
VAN VERHOOR : 4 AUGUSTUS 2003
DATUM VAN UITSPRAAK : 15
AUGUSTUS 2003