About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 38
|
|
S v Slinger (391/03) [2003] ZANCHC 38 (25 July 2003)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 391/03
Landdros
Saaknr: 231/03
Datum
gelewer: 25/07/2003
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
ANNELIEN
SLINGER BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
MAJIEDT
R:
In
hierdie aangeleentheid het die landdros opgetree ingevolge die
bepalings vervat in artikel 112(1)(a) van die Strafproseswet,
Wet 51
van 1977 (
âdie
Wet
â).
Die beskuldigde het skuldig gepleit en is skuldig bevind aan
winkeldiefstal.
Ondanks
die feit dat die aanklaer aangedui het dat sy vorige veroordelings
wil bewys en inderdaad so gedoen het, het die landdros
voortgegaan
ingevolge die bepalings van die voormelde artikel. Die landdros
het toe, in navolging van die aanbeveling vervat
in ân voorvonnis
maatskaplike verslag ten aansien van die beskuldigde, ân vonnis
van ses maande gevangenisstraf aan die beskuldigde
opgelê ingevolge
die bepalings vervat in artikel 276(1)(i) van die Wet.
Die
landdros het die aangeleentheid voorgelê op spesiale hersiening en
versoek nou dat ân toepaslike boetestraf of ander straf
opgelê
word, aangesien hy gefouteer het om gevangenisstraf op te lê.
Volgens hom het hy sy fout besef op ân stadium toe hy
reeds
functus
officio
was.
Die
landdros is natuurlik heeltemal korrek dat hy buite die
strafbevoegheid van artikel 112(1)(a) van die Wet opgetree het deur
ân vonnis van gevangenisstraf sonder die keuse van ân boete op
te lê.
Sien
in dié verband:
R
v Hodgert 1956(2) SA
2(N);
S v Aniseb &
another 1991(2) SASV 413 (Nam).
Hierdie
Hof is nie geoorloof om ân ander vonnis op te lê instede van die
een wat deur die landdros opgelê is nie. Die hele
verrigting is
ân nulliteit en moet van voor af gedoen word;
Sien
in dié verband:
S
v Floors Plaatjies en vier ander soortgelyke sake
(ongerapporteerde hersieningsuitspraak van Lacock R waarmee Tlaletsi
WnR saamgestem het, gelewer op 13/6/2003.)
Bygevolg
word die beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel en
die aangeleentheid word na die landdros terugverwys
vir verhoor
de
novo
.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER