About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 4
|
|
S v Maketile (CA&R 132/02) [2003] ZANCHC 4 (27 June 2003)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 132/02
DATUM:
27-06-2003
In
die Appèl van:
JACK
MAKETILE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
WILLIAMS R et OLIVIER WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die
appellant is op 5 Maart 2001 in die Landdroshof te Victoria-Wes
skuldig bevind op ân aanklag van diefstal van drie gasbottels
en ân
sweismasjien en gevonnis tot 3(drie) jaar gevangenisstraf. Hy kom
nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en
die vonnis.
In
sy hoofde van betoog en in argument voor ons steun Mnr. Schreuder,
wat namens die appellant optree, op ân kwessie wat glad nie
deur
die appellant by die verhoor (waar hy regsverteenwoordig was) of in
sy Kennisgewing van Appèl geopper is nie â dit is, of
die
appellant toerekeningsvatbaar was ten tye van die pleging van die
misdryf (as gevolg van dronkenskap).
Die
korrekte prosedure wat in hierdie geval gevolg moes word, sou wees om
ân aansoek te bring vir die wysiging van die Kennisgewing
van Appèl
om hierdie verdere grond in te sluit, wat in hierdie geval nie gedoen
is nie.
Die
oogmerk met ân Kennisgewing van Appèl is om die Hof van appèl,
die landdros en die Staat in te lig oor die gronde wat aangevoer
gaan
word en hierdie Hof kan slegs ân gebrekkigheid in die kennisgewing
kondoneer indien dit ân eenvoudige punt is wat sonder
benadeling
van die Staat se belange oorweeg kan word, en waar die Staat geen
beswaar opper nie of waar ân hoogs argumenteerbare
punt laat aan
die lig kom.
(Sien
die verwysing na hierdie punt in Hiemstra Suid-Afrikaanse
Strafprosesreg 6de uitgawe bl. 819)
Omdat
Mnr. Roach, wat namens die Staat optree, nie beswaar aangeteken het
teen hierdie nuwe grond van appèl nie deurdat hy daarmee
in sy
betoogshoofde handel en ook omdat die verhoorlanddros in sy redes vir
uitspraak ook tot ân mate met hierdie aspek handel,
is ons van
mening dat daar nie benadeling vir die Staat is om hierdie grond toe
te laat nie en het ons die betoë in hierdie verband
aangehoor.
Om
eerstens met hierdie grond â die kwessie van
ontoerekeningsvatbaarheid te begin, was dit nooit die verweer van die
appellant
in die verhoorhof dat hy ontoerekeningsvatbaar was ten tye
van die pleging van die ten las gelegde misdryf nie. Die getuie
Melvin
Louis het getuig dat hy kon sien dat die appellant dronk was
en hierdie aspek is eers weer gedurende die verhoor opgeneem deur die
staatsaanklaer met sy kruisondervraging van die appellant, waar die
appellant toegegee het dat dit moontlik is dat hy sekere dinge
wat
gebeur het die betrokke dag nie kon onthou nie as gevolg van sy
dronkenskap.
Die toets om te bepaal of dronkenskap opset
uitsluit, is natuurlik subjektief. Die Hof moet homself afvra of die
appellant in die
lig van al die omstandighede, insluitende die graad
van beneweling, bo redelike twyfel die opset gehad het om die misdryf
te pleeg.
(
R
v Pethla
1956(4) SA 605(A) ).
Mnr.
Schreuder voer aan dat die gedrag van die appellant op hierdie
betrokke dag, sowel as die feit dat hy gedurende kruisondervraging
te
kenne gegee het dat daar moontlik sekere goed is wat hy nie kan
onthou nie, ân aanduiding moes wees vir die verhoorlanddros
dat
daar twyfel behoort te ontstaan oor sy toerekeningsvatbaarheid.
Die
appellant het op die getuienis van Louis twee keer oor ân muur
geklim om die klaer se perseel in te gaan. Hy het, toe hy gewaar
dat
die getuie hom sien, gesê
âOB
sal mos niks sê nieâ
.
Toe hy deur ân ander persoon gevra is of hy weet dat dit die kerk
se grond is wat hy betree, het hy gesê dit is sy kerk.
Appellant
sou ook aan die mense in die omgewing gesê het,
âjulle
wil my nie help nie, julle sal niks kry nie â.
Hierdie
gedrag van die appellant, betoog Mnr. Schreuder, is nie gedrag wat ân
mens sou verwag van ân persoon met dieftige opset
nie en gekoppel
aan die feit dat appellant dronk was, moet daar twyfel bestaan oor sy
toerekeningsvatbaarheid.
Hierdie
argument gaan na my mening nie op nie. Reeds die gedrag van die
appellant en die uitlatings deur hom gemaak, is aanduidend
daarvan
dat hy geweet het en ten volle bewus daarvan was dat hy iets verkeerd
doen en daarmee voortgegaan het. Die feit dat die
appellant dronk
was en die getuienis wat gedurende kruisondervraging ontlok is dat hy
âmoontlikâ
sekere goed nie onthou nie, beteken na my mening nie dat hy
ontoerekeningsvatbaar was tydens die daad nie â of dat daar twyfel
moet wees oor sy toerekeningsvatbaarheid nie. (Sien
S
v Adams
1986(4) 882 A op 902 H-J). Die landdros het na my mening nie in
hierdie opsig fouteer nie.
Verder
is dit so dat die getuie Louis hierin ân enkelgetuie is ten opsigte
van die gebeure, maar sy getuienis word in alle wesenlike
aspekte
gestaaf deur die getuienis van Johanna Booysen â die buurvrou van
die getuie Louis. Volgens Louis het die appellant vanaf
Booysen se
erf gekom â oor die klaer se muur geklim en goedere uitgedra en
gebêre by Booysen se erf. Dieselfde goedere, die sweismasjien
en
gasbottels, is gevind op Booysen se erf en volgens Booysen was die
goed nie daar voordat appellant by haar aangekom het nie.
Na
my mening het die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys en is die
appellant se weergawe dat hy slegs na Booysen se huis toe gegaan
het
om wyn te gaan haal wat hy daar gebêre het, tereg as nie redelik
moontlik waar verwerp.
Wat
die vonnis betref, is daar deur Mnr. Schreuder betoog dat die drie
jaar gevangenisstraf opgelê skokkend onvanpas is.
In
sy redes vir vonnis voer die landdros aan dat hy in aanmerking geneem
het dat die appellant die afgelope tien jaar al aan vyf
oneerlikheidsmisdrywe
skuldig bevind is, en ook dat die waarde van
die gesteelde goedere R1000,00 beloop het.
Op
die oog af wil dit dan voorkom asof drie jaar gevangenisstraf gepas
is. Maar wat die landdros blykbaar uit die oog verloor het,
is dat
die appellant slegs vir een van hierdie vorige veroordelings, ân
roofaanklag waarop hy skuldig bevind is in 1990, direkte
gevangenisstraf opgelê is. So ook dat al die gesteelde goedere
teruggevind is. ân Verdere aspek wat nie geopper is deur die
landdros nie, en wat as strafversagtend in ag geneem moet word, is
die feit van die appellant se dronkenskap tydens die pleeg van
die
diefstal. Die appellant se optrede die betrokke dag en die
uitlatings deur hom gemaak, is duidelik tot ân groot mate te wyte
aan sy dronkenskap.
Wanneer
al hierdie faktore in ag geneem word, is ons van mening dat die
vonnis opgelê wel skokkend onvanpas is en regverdig dit inmenging
van hierdie Hof.
In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak.
Die
appèl teen skuldigbevinding word afgewys.
Die
appèl teen vonnis word gehandhaaf en die vonnis word tersyde gestel
en vervang met ân vonnis van 2(twee) jaar gevangenisstraf.
________________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
C.
J OLIVIER
WAARNEMENDE REGTER
Nms.
Appellant: Adv. J Schreuder
Nms.
Respondent: Mnr Roach
Datum
aangehoor: 23-06-2003