S v Scholtz (CA & R 131/02) [2003] ZANCHC 36 (9 June 2003)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted on multiple counts of robbery, housebreaking, and assault — Appellant's defense centered on alleged fabrication of evidence and mistaken identity — Court found that the trial magistrate properly evaluated witness credibility and the identification evidence was reliable — Sentence of 15 years imprisonment imposed, consistent with statutory minimum for robbery — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 36
|

|

S v Scholtz (CA & R 131/02) [2003] ZANCHC 36 (9 June 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA & R 131/02
Datum verhoor:
2003-06-09
Datum
gelewer: 2003-06-09
In
die appél van
:
THOMAS
SCHOLTZ APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
TLALETSI
WnR.
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant het op 6 aanklagte tereggestaan, te wete:
Aanklagte
1 – 4 : Roof met verswarende omstandighede;
Aanklag
5 : Huisbraak met die opset om te steel en diefstal;
Aanklag
6 : Aanranding.
Na
‘n verhoor waartydens hy regsverteenwoordiging geniet het, is die
appellant skuldig bevind op aanklagte 2, 3 en 4 soos ten
laste gelê,
op aanklag 5 aan huisbraak met die opset om ‘n misdryf onbekend
aan die Staat te pleeg en op aanklag 6 aan
aanranding gewoon.
Aanklag 1 is by die aanvang van die verhoor teruggetrek teen die
beskuldigde.
Op
die voormelde skuldigbevindings is die appellant gevonnis tot 5 jaar
gevangenisstraf op elk van die aanklagte 2, 3 en 4 sowel
as op
aanklag 5, en op aanklag 6 is hy berispe en ontslaan. Die
landdros het gelas dat die vonnis op aanklag 5 saam uitgedien
moet
word met dié op aanklag 2, met die gevolg dat die appellant
effektiewe gevangenisstraf van 15 jaar opgelê is. Die appellant
kom nou in hoër beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis.
Op
die roofaanklagtes (aanklagte 2, 3 en 4) het in elke geval slegs die
klaer tot die bepaalde misdryf getuienis gelewer oor die
pleging van
die misdryf. Op aanklag 2 het die klaer, Michael Conradie,
getuig dat hy op die dag van die voorval met sy fiets
gery het na ‘n
mobiele winkel in die Roodepan-gebied. Die appellant wat aan hom
bekend is net van sien, het hom langs die pad
gestop, en nadat die
appellant sy hand in sy broeksak gesteek het, het hy gedreig om hom
te steek met ‘n mes. Die appellant
het op die bepaalde tydstip
swart tekkies met wit
Nike
-strepe
aangehad. Die appellant het toe die fiets van die klaer weggeneem –
dit was die klaer se oom se werksfiets. ‘n Bedrag
geld, te wete
R20.00 wat die klaer by hom gehad het, is ook deur die appellant
geneem. Nóg die geld, nóg die fiets is teruggevind.
Alhoewel die
appellant nooit ‘n mes tevoorskyn gebring het nie, het hy aan die
klaer aangedui dat hy wel in besit is van ‘n
mes en dat hy hom
daarmee gaan steek, aldus die klaer.
Op
aanklag 3 was die klaer ene Paulus Damons. Volgens die klaer het hy
die beskuldigde geken van sien omdat hy skuins agter die
klaer se
suster in Hamerkopstraat in Roodepan gewoon het. Die betrokke aand
van die voorval het die klaer se ma hom na Lerato
Park toe gestuur
en hy was onderweg terug huistoe met sy broer se fiets toe die
appellant en een van sy vriende hom naby ‘n myn
se draad
voorgekeer het. Nadat die appellant die fiets by hom geleen het en
hy geweier het, het die appellant se vriend die klaer
met ‘n
Okapi-mes gedreig, die klaer van die fiets afgehaal en die appellant
het toe die fiets weggeneem van die klaer af. Die
fiets is nooit
teruggevind nie.
Op
aanklag 4 was die klaer ene Richard Jooste. Hy het getuig dat op
die dag van die beweerde roof hy op pad was huistoe vanaf die
skool
met sy fiets toe hy die appellant teëgekom het. Die appellant het
hom nader geroep en gevra om die klaer se fiets te leen
sodat hy
dagga daarmee kan gaan koop. Die klaer het geweier en die appellant
het toe ‘n Okapi-mes tevoorskyn gebring en twee
keer daarmee
gesteek na die klaer, alhoewel hy nie raakgesteek het nie. Die klaer
het sy fiets laat val en weggehardloop waarna
die appellant die
fiets geneem en daarmee weggery het. Die fiets is nooit gevind nie.
Volgens die klaer het hy glad nie die appellant
voor die voorval
geken nie. Hy is egter doodseker van die appellant se identiteit
omdat hy ‘n aansienlike tydjie met hom deurgebring
het daardie
betrokke dag.
Op
aanklag 5 het ene Theodore Burgess getuig dat hy en sy
skoonseun en ‘n paar ander vriende besig was om vleis te braai
op
die betrokke aand van die voorval toe hulle ‘n geraas van planke
wat breek gehoor het van die huis agter hom. Dié huis het
op
daardie stadium leeg gestaan, aangesien die bank as verbandhouer dit
teruggeneem het van die vorige eienaar, ene mnr. Denzil
Drude.
Hulle het gaan ondersoek instel en die appellant halflyf binne-in ‘n
stukkende deur aangetref by die leë huis. Hulle
het die polisie
ontbied en die appellant is daar arresteer. Op die toneel het dit
geblyk dat die appellant ou steekwonde op sy
rug het wat blykbaar
met salf behandel was. Meneer Burgess het ontken dat enige van
hulle die appellant hoegenaamd aangerand het
by die voorval.
Reservis konstabel Spedonie van die SAPD te Roodepan het bevestig
dat hulle ‘n klagte ontvang het waarna hy
die toneel besoek het en
vir mnr Burgess aangetref het tesame met die appellant. Die
appellant het wel gekla van sy rug teenoor
‘n kollega van konst.
Spedonie. Die wonde op die appellant se rug was ou wonde en daar
was duidelik salf sigbaar daarop. Die
appellant het nooit op die
toneel melding daarvan gemaak dat hy aangerand sou gewees het deur
Burgess en sy vriende nie of dat
Burgess ‘n vuurwapen op hom sou
gerig het. Mnr Tarquin Calvert is die skoonseun van mnr Burgess en
hy het mnr. Burgess se weergawe
in breë trekke bevestig in sy
getuienis.
Op
aanklag 6 het slegs die klaer getuig, te wete Sarel Buys. Hy het
getuig dat hy die dag van die voorval by ‘n snoepwinkel te
Hamerkopstraat in Roodepan was. Die appellant wat hy goed geken het
van skooldae af, was ook daar teenwoordig en het hy by die
klaer ‘n
kasset gevra wat die klaer nie aan hom wou oorhandig nie. Die klaer
het toe weggestap van die snoepwinkel af en die
appellant het hom
agtervolg en hom in die gesig geslaan, geskop en sy bene onder hom
uitgeskop. Die appellant het die klaer 3
keer met die vuis in die
gesig geslaan. Hy het hom ook op ‘n stadium verwurg. Die klaer
kon nie ‘n rede voorhou hoekom die
appellant hom sou aangerand het
nie.
Die
Staat het ook die getuienis van ene Marié Loots aangebied. Sy is
die tante van die klaer op aanklag 2, Michael Conradie.
Sy het
bevestig dat sy die oggend van die voorval vir Michael na ‘n
mobiele winkel gestuur het met ‘n R20-noot om kleingeld
vir haar
te gaan kry. Die klaer, Michaer, is daar weg met ‘n fiets en het
toe daarsonder teruggekeer en gerapporteer dat die
fiets sowel as
die geld by hom afgeneem is. Nóg die geld nóg die fiets is ooit
teruggevind.
Dit
het die getuienis vir die Staat afgesluit en die appellant het ook
getuig. Die appellant was ‘n uiters swak getuie en sy weergawe
het
grootliks daarop neergekom dat, behalwe vir die gebeure in
aanklag 6, die res van die Staat se saak berus op versinsels
wat gebaseer is op ‘n vendetta wat ene Jalen en Terrence Feris
teen hom voer. Ek mag melding maak hier van die feit dat die
voormelde Terrence Feris die klaer was op aanklag 1 wat deur
die Staat teruggetrek was by die aanvang van die verhoor.
Die
landdros het by oorweging van die getuienis voor hom deeglik in ag
geneem dat die klaers op aanklagte 2 tot 4 enkelgetuies is.
Hy het
dan ook met die nodige versigtigheid hulle getuienis geëvalueer en
sodanige versigtigheid blyk duidelik uit die oorkonde.
Verder het
die landdros, in die geval waar die betrokke klaers nie voorheen die
appellant geken het nie (meer bepaald in die geval
van die klaer op
aanklag 4, Richard Jooste), die betroubaarheid van die betrokke
identifikasie versigtig oorweeg. Die landdros
se benadering ten
aansien van hierdie uitkenningsgetuienis getuig van ‘n versigtige
oorweging van die bepaalde getuienis. Daar
is na my mening niks
fout te vind met die landdros se benadering nie en moet deeglik
ingedagte gehou word die beperkinge wat ‘n
Hof van Appél het
wanneer dit kom by die beoordeling van die geloofwaardigheid van
getuienis op die oorkonde.
Sien
in dié verband:
S
v Radebe 1991(2) SASV 166 (T)
te 185 b-d.
Op
aanklag 5 was die landdros tevrede dat mnr Burgess se getuienis,
soos bevestig deur die getuienis van mnre. Calvert en Spedonie,
inderdaad geloofwaardig en betroubaar was. Die getuies het na die
landdros se mening ‘n goeie indruk gemaak en het nie probeer
om
die saak teen die appellant aan te dik nie.
Wat
die appellant se getuienis aanbetref het die landdros heeltemal
tereg bevind dat hy ‘n patetiese getuie was en dat die appellant
leuenagtig was ten aansien van sy beweringe oor die beweerde veldtog
teen hom wat gevoer was
via
die gefabriseerde weergawes van die staatsgetuies. Die landdros het
veral gewys op die feit dat die appellant, ten spyte van sy
beweringe dat daar ‘n vuurwapen op hom gerig was deur mnr. Burgess
ten aansien van aanklag 5, en dat hy op die toneel aangerand
was, niks daarvan vermeld het aan die polisie nie.
Inaggenome
die voorafgaande, is ek tevrede dat daar absoluut geen meriete steek
in die appellant se appél teen skuldigbevinding
nie. Die landdros
het deeglik dit voor oë gehou dat daar weersprekings was in die
staatsgetuies se weergawes, maar was dit, na
sy mening, nie wesenlik
van aard nie. Ek is dit eens met die landdros dat die weersprekinge
wat wel voorkom op die oorkonde, glad
nie wesenlik van aard is nie.
Die landdros het ook, heeltemal tereg na my mening, in ag geneem dat
daar ‘n soortgelyke
modus
operandi
gebruik was deur die appellant ten aansien van aanklagtes 2, 3 en 4.
Hierdie soortgelyke feite het die landdros in ag geneem as
stawing
van die idenfikasie van die appellant deur die onderskeie klaers in
daardie aanklagte. Ek meen dat die landdros heeltemal
korrek te
werk gegaan het met hierdie benadering. Daar moet in ag geneem word
dat die appellant ‘n soortgelyke
modus
operandi
in dié drie voorvalle gebruik het, te wete:
hy
het elke keer van ‘n mes gebruik gemaak of die klaers daarmee
gedreig;
al
drie die klaers was jong seuns wat van fietse beroof was;
nadat
die appellant die klaers gedreig het, het hy die fietse by hulle
weggeneem en daarmee weggery;
al
die voorvalle het in die omgewing van Roodepan plaasgevind;
uit
die getuienis blyk dit duidelik dat die appellant in die
Roodepan-omgewing woon, meer spesifiek in Hamerkopstraat;
Die
appellant het meestal dieselfde kleredrag aangehad tydens hierdie
voorvalle.
Dit
is regtens toelaatbaar om soortgelyke feite in aanmerking te neem ter
stawing van ‘n klaer se getuienis en meer bepaald ter
stawing van
uitkenningsgetuienis.
Sien
in dié verband:
S
v Moti 1998(2) SASV 245 (HHA)
te
258 d.
Voordat
ek my na die meriete van die appél teen vonnis wend, moet ek byvoeg
dat die appellant se prokureur, heeltemal tereg, toegegee
het by die
verhoor dat die appellant op sy eie weergawe hom skuldig gemaak het
aan gewone aanranding op aanklag 6, aangesien
die appellant
erken het dat hy die klaer daar ten minste een keer geklap het deur
sy gesig. Alles inaggenome dus is ek tevrede
dat die appellant
korrek skuldig bevind is deur die landdros.
Wat
vonnis aanbetref is ‘n Hof van Appél se beperkte bevoegdhede van
inmenging nou reeds welbekend. Hier is verder ‘n minimum
vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf voorgeskryf op aanklagte 2, 3 en 4 deur
die wetgewer in Wet 105 van 1997 as daar geen wesenlike
en dwingende
omstandighede bestaan nie.
Die
uitspraak in
S
v Malgas 2001(1) SASV 469 (A)
lê gesaghebbend die benadering neer wat toegepas moet word by die
oorweging van die vraag of daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan in ‘n bepaalde geval. Wanneer in ag geneem word die feit
dat geen een van die klaers in die 3 aanklagte hier ter sake
(nr. 2,
3 en 4) hoegenaamd beseer is nie en dat die waarde van die eiendom
wat geroof is redelik klein is, meen ek dat die landdros
korrek was
in sy bevinding dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede in
hierdie saak bestaan om af te wyk van die minimum
voorgeskrewe
vonnis. Die landdros het met die evaluering van die tersaaklike
faktore by vonnisoplegging deeglik rekening daarmee
gehou dat hy ‘n
balans moet nastreef tussen die persoonlike omstandighede van die
appellant, die belange van die gemeenskap en
die erns van die
onderskeie misdrywe. Wanneer die opgelegde vonnisse in dié lig
beskou word meen ek nie dat daar enige gronde
vir ingryping is op
die basis dat die vonnisse skokkend onvanpas is nie. Inteendeel, ek
is die mening toegedaan dat die appellant
eintlik betreklik lig
daarvan afgekom het. Ek is tevrede dat die opgelegde vonnisse
billik en redelik is in die omstandighede
en is daar na my mening
geen basis om daarmee in te meng nie.
By
gevolg word die appellant se appél teen skuldigbevinding en vonnis
van die hand gewys.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
____________
LP
TLALETSI
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS APPELLANT :
NAMENS
RESPONDENT : ADV C NEKOSIE
DATUM
VAN VERHOOR : 2003-06-09
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2003-06-09