S v Makwakwa (CA & R 22/03) [2003] ZANCHC 33 (14 May 2003)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction — Appellant convicted of rape and sentenced to 12 years' imprisonment — Appellant pleaded not guilty and admitted presence at the scene — Sole witness for the State, the complainant, presented inconsistent testimony and discrepancies with her police statement — Medical report did not support the complainant's claims of injury — Appellant denied the allegations and provided an alternative account — Court found significant doubt regarding the complainant's credibility and the reliability of her evidence — Appeal upheld, conviction and sentence set aside due to reasonable doubt regarding appellant's guilt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 33
|

|

S v Makwakwa (CA & R 22/03) [2003] ZANCHC 33 (14 May 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 22/03
Datum
verhoor: 2003-05-12
Datum
gelewer: 2003-05-14
In
die appél van
:
LUCKY
MAKWAKWA APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant is in die Streekhof skuldig bevind op ‘n aanklag van
verkragting en is gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf. Hy
kom nou
in hoër beroep slegs teen die skuldigbevinding.
Die
appellant, wat regsverteenwoordig was tydens die verhoor, het
onskuldig gepleit op die ten laste gelegde misdryf en het in sy
pleitverduideliking bloot erken dat hy wel op die datum vermeld in
die klagstaat aanwesig was op die plek waar die verkragting
na
bewering plaasgevind het (Campbells Bottelstoor in Beaconsfield).
Namens
die Staat het slegs een getuie getuig, naamlik die klaagster.
Volgens haar getuienis het sy die appellant geken deurdat
hy ‘n
gereelde kliënt was by die Campbells Bottelstoor waar sy ten tyde
van die voorval werksaam was. Die appellant het gewerk
by ‘n naby
geleë myn en het van tyd tot tyd by dié bottelstoor aangedoen as
‘n klant. Op die aand van die voorval was die
klaagster volgens
haar weergawe al aan die slaap by die bottelstoor, waar sy ook
gewoon het, tesame met haar man (wat alreeds oorlede
was ten tyde
van die verhoor), en ‘n ander persoon, ene Michael, wat familie is
van die appellant. Die appellant het daar aangekom
en die
veiligheidsdeur van die bottelstoor met klippe bestook tot dié mate
dat die slot daarvan gebreek het. Nadat die appellant
toegang tot
die bottelstoor verkry het, het hy haar weggesleep, verby haar man
en Michael en haar toe verkrag in dieselfde vertrek.
Hy het haar
ook ‘n hou in die gesig en op haar sy toegedien met die vuis.
Tydens
kruisondervraging het etlike onbevredigende aspekte in die klaagster
se getuienis na vore gekom tewete:
Daar
is wesenlike verskille tussen haar
viva
voce
getuienis en haar getuieverklaring aan die polisie -- ‘n aspek
waarna ek later weer sal verwys;
Die
mediese verslag, die sogenaamde J88, bevat geen aanduiding van
beserings in haar gesig nie en het die dokter dit geboekstaaf
dat
sy hom meegedeel het dat sy op beide sye geslaan was;
Volgens
die klaagster het sy dit nie gerade geag om te skree vir hulp
tydens die aanval nie, omdat Michael ‘n familielid van
die
appellant was en haar man op daardie stadium sieklik was en nie op
sy eie ver kon loop nie.
Die
appellant het self getuig en ontken dat hy die klaagster aangerand
en verkrag het. Volgens hom het hy by die bottelstoor aangekom
en
drankies geniet met die klaagster, die twee voormelde persone sowel
as ene Brand. Op ‘n stadium het die klaagster hom gesoen,
maar
daar het niks verder gebeur nie. Volgens die appellant het hy nie
belang gestel om intiem met die klaagster te verkeer nie,
aangesien
hy besope was.
Namens
die appellant is ook ‘n getuie, Inspekteur Viljoen, geroep om
getuienis te lewer aangaande die getuieverklaring van die
klaagster.
Volgens Inspekteur Viljoen het sy die inligting, soos weergegee
deur die klaagster, in opsommingsvorm geboekstaaf in
die
getuieverklaring. Sy gee toe dat die klaagster nie Afrikaans as
Eerste Taal magtig was nie, maar het sy gevind dat die klaagster
haar redelik goed van haar taak kon kwyt in Afrikaans tydens die
afneem van die verklaring. Sy het die verklaring teruggelees
aan
die klaagster, wat daarmee tevrede was.
Die
klaagster is ‘n enkelgetuie en as sulks is die welbekende
versigtigheidsreël op haar van toepassing. Die landdros het in
sy
uitspraak hierdie aspek deeglik voor oë gehou en ook verwys na die
etlike onbevredigende aspekte in die klaagster se getuienis
waarvan
ek ook alreeds melding gemaak het hierin. Die landdros het egter na
my mening slegs lippediens bewys aan die versigtigheidsreël.
Die
wesenlikste probleem in die klaagster se getuienis is die volgende
passasie in haar getuieverklaring:
“
Ek het my bene
toe oopgemaak. Ek het hom gesê hy mag my nie verkrag nie. Hy het
gesê ek moet met sy penis speel tot hy styf is
en hom indruk. Ek
het toe gespeel tot hy styf is. Ek het sy penis toe ingedruk.”
Die
klaagster het in haar getuienis in die Hof ontken dat daar hoegenaamd
so iets plaasgevind het tussen haar en die appellant en
dat sy
hoegenaamd so ‘n mededeling gemaak het aan die getuie, Inspekteur
Viljoen. Laasgenoemde het op haar beurt volgehou dat
dit die
inligting is wat afkomstig is van die klaagster wat sy aldus
geboekstaaf het in die getuieverklaring. Hierdie is uiteraard
‘n
ernstige en wesenlike afwyking in die klaagster se weergawe. Dit
verskaf ook tot ‘n mate stawing vir die appellant se weergawe
soos
gestel deur sy prokureur, naamlik dat hy nie in staat was om
gemeenskap te hou nie aangesien hy nie ‘n ereksie kon kry nie
vanweë sy beskonkenheid. Die appellant het weliswaar afgewyk in sy
viva
voce
getuienis
deurdat hy hierdie weergawe nie herhaal het nie, maar meen ek dat dit
steeds nie afbreuk doen aan die wesenlikheid van die
probleem wat met
die klaagster se getuienis opduik nie.
Hierdie
is die soveelste saak wat ek op appél teëkom waar die Staat dit
goed gevind het om nie die mediese dokter se getuienis
te lei in die
hof nie. Hier was, soos in sovele gevalle vantevore, die mediese
verslag (die J88) bloot opgehandig met toestemming
van die
Verdediging. Hierdie is ‘n onaanvaarbare toedrag van sake waar,
soos wat hier die geval is, die mediese verslag
prima
facie
nie ‘n klaagster se weergawe steun nie. Mnr. Roach wat namens die
Staat voor ons opgetree het, het heeltemal tereg toegegee
dat op
nabetragting dit wesenlik noodsaaklik was om die dokter se getuienis
in die hof te lei. Hierdie nalate aan die kant van
die Staat bring
die regspleging in diskrediet, aangesien dit ‘n onreg daarstel
teenoor klaagsters in verkragtingsake. Geregshowe
kan bevindings
maak slegs op die getuienis voor hulle en waar daar verskille
voorkom tussen getuieverklarings en/of mediese verslae
aan die een
kant en
viva
voce
getuienis
aan die ander kant wat wesenlik van aard mag wees, moet
dienooreenkomstig daarmee gehandel word by die oorweging van ‘n
beskuldigde se skuld of onskuld.
Alles
inaggenome is ek van mening dat, ten spyte van die appellant se
verskeie probleme betreffende sy getuienis in die hof en dit
wat
namens hom gestel is deur sy prokureur, daar ‘n aansienlike mate
van twyfel is aangaande sy skuld in hierdie aangeleentheid.
Ek is
van mening dat hy die voordeel van sodanige twyfel moet kry en kan
die skuldigbevinding dus nie bly staan nie.
Bygevolg
word die appél gehandhaaf en die appellant se skuldigbevinding en
vonnis word tersyde gestel.
_____________
S.A.
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
NAMENS APPELLANT : Adv. Ferdi
van Heerden
NAMENS
RESPONDENT : Mnr. Lance Roach
DATUM
VAN VERHOOR : 2003-05-12
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2003-05-14