About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 31
|
|
S v Mokalake and Another (CA&R 74/02) [2003] ZANCHC 31 (17 April 2003)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA&R
74/02
Datum
verhoor: 2003-04-14
Datum
gelewer: 2003-04-17
In
die appél van
:
JERRY
MOKALAKE EERSTE APPELLANT
FRANK
LEBURU TWEEDE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellante het saam met twee ander persone in die Streekhof tereg
gestaan op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede
soos omskryf in artikel 1 van die Strafproseswet, no. 51 van 1977
(â
die
Wet
â).
Hulle twee medebeskuldigdes is op beide aanklagte onskuldig bevind.
Die appellante is skuldig bevind op die eerste aanklag,
maar
onskuldig op aanklag 2. Die eerste appellant is toe gevonnis tot
vyftien jaar gevangenisstraf en die tweede appellant tot
negentien
jaar gevangenisstraf. Hulle kom nou in hoër beroep teen beide hul
skuldigbevindings en vonnisse en het hulle ook ân
aansoek gerig om
verdere getuienis ooreenkomstig die bepalings van artikel 316 van
die Wet aan te bied tydens die aanhoor van hierdie
appél. Meneer
Langenhoven, wat namens beide appellante voor ons verskyn het, het
heeltemal tereg toegegee dat daar nie voldoen
is aan die bepalings
van die voormelde Wetsbepaling nie en gaan hy gevolglik nie voort
met die aansoek vir die lei van verdere
getuienis nie.
Wat
aanklag 1 aanbetref, waarop die appellante skuldig bevind is aan die
ten laste gelegde misdryf, het dit gegaan oor ân rooftog
wat
plaasgevind het op 27 Maart 2000 by die Galeshewe bottelstoor net na
ses uur die oggend. Volgens van die getuies wat namens
die Staat
getuig het, het ân totaal van vyf booswigte daardie oggend hulle
verras terwyl hulle besig was om voorraad op ân
trok te laai by
die voormelde bottelstoor, hulle is aangehou met vuurwapens en ân
bedrag van meer as R53 000 is buitgemaak
deur die rowers.
Die
appellante se regsverteenwoordigers het tydens die verhoor die
identiteit van die rowers in geskil geplaas en het beide appellante
alibiâs as verwere voorgehou. Die eerste appellant is deur ân
staatsgetuie, Kenny Lonhane, uitgeken as een van die rowers
wat ân
drasak in sy hand tydens die rooftog gehad het. Die tweede
appellant is uitgeken as een van die rowers deur die klaer,
Mnr.
Mathipa Matsia wat destyds die bestuurder van die Galeshewe
bottelstoor was, sowel as deur die staatsgetuie Matome Matemo.
Soos
wat die geval is met Mnr. Lonhane was Mnr. Matemo ook ân werknemer
by die Galeshewe bottelstoor wat die bepaalde oggend
oorval is deur
die rowers.
Die
belangrikste staatsgetuie is Dan Morgan wat op versoek van die
staatsaanklaer deur die streekslanddros gewaarsku is ooreenkomstig
die bepalings van artikel 204 van die Wet alvorens hy getuienis
afgelê het. Volgens hierdie getuie was hy op die dag voor die
voorval aanwesig toe die rooftog by Galeshewe bottelstoor beplan is,
aan huis van die destydse beskuldigde 4 wat aan die einde
van die
saak onskuldig bevind is. Hierdie getuie het getuig dat beide
appellante ook teenwoordig was waar die beplanning van die
rooftog
plaasgevind het. Volgens Morgan het hy egter verslaap op die dag
van die roof en het hy die twee appellante sowel as die
twee
voormalige medebeskuldigdes en ene Lenton Letwidi (ân voormalige
medebeskuldigde wat voor die aanvang van die verhoor afgesterf
het)
in die straat ontmoet nadat die rooftog reeds uitgevoer was. Morgan
het verder getuig dat hy teenwoordig was toe die buit
verdeel was by
ene Alfie se huis, maar het hy niks daarvan ontvang nie aangesien hy
nie deelgeneem het aan die rooftog nie. Hy
het verder ook getuig
dat hy, op uitnodiging van die rowers, hulle vergesel het na
Johannesburg na die roof.
Die
staat het ook die getuienis van verdere getuies Jafta, Nduma, Neser
en Mafa gelei, maar is die getuienis nie tersaaklik by die
beregting
van die geskilpunt ten aansien van identifikasie wat daar tussen die
staat en die verdediging bestaan het nie. Jafta
is as ân getuie
deur die staat gediskrediteer, terwyl die ander drie getuies se
getuienis op ander aspekte slaan.
Beide
appellante het in hulle verdediging getuig en alibiâs voorgehou.
Die
landdros het in ân deeglik beredeneerde en weloorwoë uitspraak
bevind dat die staat die skuld van die betrokke twee appellante
bo
redelike twyfel bewys het en het hulle alibiâs verwerp, terwyl hy
ten aansien van die twee voormalige mede-beskuldigdes wat
onskuldig
bevind is, die voordeel van die redelike twyfel wat daar by hom
bestaan het aangaande hulle skuld, aan hulle toegedeel
het. Die
landdros het in sy uitspraak deeglik voor oë gehou dat Morgan as ân
medepligtige se getuienis met versigtigheid benader
moet word.
Hierdie versigtigheid wat hy aan die dag gelê het word dan ook
weerspieël in sy evaluering van Morgan se getuienis,
aangesien hy
sekere punte van kritiek teen sy getuienis aangestip het. Die
landdros het Morgan se getuienis benader op die basis
dat hy sy
getuienis sou aanvaar waar dit die appellante inkrimineer slegs waar
dit gestaaf word deur ander aanvaarbare getuienis.
Die landdros het
dieselfde versigtige benadering aan die dag gelê ten aansien van
die identifikasie getuies, Matsia, Matome en
Lonhane. Die landdros
was tevrede dat hierdie getuies nie net eerlik was nie maar dat
hulle uitkenning betroubaar was.
Meneer
Langenhoven het namens die appellante aangevoer dat die landdros
gefouteer het deur te bevind dat die identifikasie getuienis
genoegsame stawing was vir Morgan se getuienis. Soos ek sy argument
verstaan, lê hy klem daarop dat die landdros onvoldoende
gewig
verleen het aan die aspekte van kritiek teen Morgan se getuienis wat
die landdros wel aangestip het. Verder voer Mnr. Langenhoven
aan
dat die identifikasie getuies se geleentheid vir waarneming en
vooraf kennis van die appellante in die onderskeie gevalle,
onvoldoende was om ân betroubare uitkenning daar te stel.
By
deurlees van die oorkonde kan ân mens nie anders as om saam te
stem met die landdros dat Dan Morgan nie in alle wesenlike opsigte
ân bevredigende getuie was nie. Dit wil my voorkom asof Morgan sy
eie rol in die beplanning en uitvoering van die rooftog aansienlik
afgewater het. As medepligtige is hy natuurlik verder in die unieke
posisie dat hy die verloop van die gebeure so kan inkleur
soos wat
dit hom die beste pas, aangesien hy volledig kennis dra van die ware
feite van die gebeure. Dit is juis waarom ân mens,
soos wat die
landdros heeltemal korrek gedoen het in hierdie aangeleentheid, ân
medepligtige se getuienis met aansienlike versigtigheid
moet
benader.
Sien
in dié verband:
S
v Snyman 1962(2) SA 582 (A)
te 585 C;
S
v Francis 1991(1) SASV 198 (A)
te 205 e-g.
Ek
is die mening toegedaan dat daar geen wesenlike kritiek uitgespreek
kan word teen die landdros se benadering ten aansien van die
getuienis van die medepligtige Dan Morgan nie. Die landdros se
benadering getuig, soos ek alreeds uitgewys het, van ân sorgvuldige
en weldeurdagte oorweging van die minder bevredigende gedeeltes van
Morgan se getuienis. Ek stem met die landdros saam dat Morgan
se
getuienis egter nie so swak is dat dit hoegenaamd nie aanvaar kan
word nie.
Die
vraag wat vervolgens ontstaan is: Stel die identifikasie getuienis
voldoende stawing daar vir Morgan se getuienis? Dit is
vir my
duidelik dat daar vir die uitkenningsgetuies voldoende geleentheid
was om ân betroubare identifikasie te kan maak. Hierdie
voorval
het naamlik helder oordag plaasgevind en het dit nagenoeg ân
halfuur geduur. Albei die getuies wat die tweede appellant
uitgeken
het (die klaer en Matemo), het getuig dat hulle hom die vorige dag
ook by die bottelstoor gesien het waar hy bier gedrink
het. Veder
is die eerste appellant goed bekend aan die staatsgetuie Lonhane wat
hom uiteindelik uitgeken het. Daar is weliswaar
nie
uitkenningsparades gehou in hierdie saak nie (wat uiteraard die
staat se taak aansienlik sou vergemaklik het), maar meen ek
dat dit
nie fataal is nie. Ek is die mening toegedaan dat die landdros
heeltemal korrek die uitkenningsgetuies se getuienis na
versigtige
oorweging aanvaar het as geloofwaardig en betroubaar in die
omstandighede. Ek is verder ook die mening toegedaan dat
die
landdros heeltemal korrek was in sy verwerping van die twee
appellante se leuenagtige verwere van alibiâs.
Wat
vonnis aanbetref is die enigste tersaaklike aspek hierin die feit
dat Mnr. Langenhoven aanvanklik in sy betoogshoofde aangevoer
het
dat die appellante verkeerdelik aan roof met verswarende
omstandighede skuldig bevind is en slegs aan roof skuldig bevind
moes gewees het. Hierdie submissie spruit daaruit dat die oorkonde
weergee dat daar bloot aanklagte van roof gestel is aan die
appellante op die stadium toe hulle gevra is om te pleit. Meneer
Langenhoven het egter tydens mondelinge betoog tereg toegegee
dat
hierdie submissie nie substansie het nie, aangesien:
die
appellante regsverteenwoordig was en die klagstaat korrek die
aanklagte weergee as roof met verswarende omstandighede; en
die
oorkonde nie voorgee om ân verbatim weergawe van die verrigtinge
toe die aanklagte gestel was aan die appellante, te wees
nie. Dit
wil my voorkom dat dit slegs die oorskryfster wat die klankbande
getranskribeer het, se opsomming van die verbatim
verrigtinge
weergee.
Ingevolge
die bepalings vervat in artikel 51(2)(a)(i) van die
Strafregwysigingswet, wet 105 van 1997 (âdie
Strafregwysigingswetâ),
is die minimum vonnis wat die appellante
opgelê moes word by die afwesigheid van wesenlike en dwingende
omstandighede, een
van 15 jaar gevangenisstraf. Die landdros se
bevinding dat daar nie wesenlike en dwingende omstandighede in
hierdie saak aanwesig
is nie, word hoegenaamd nie aangeval op
appél voor ons nie. Die landdros het die eerste appellant
gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf
en die tweede appellant tot
19 jaar gevangenisstraf. Die maksimum vonnis wat die landdros kon
oplê in die lig van die voorbehoudsbepaling
vervat in artikel
51(2) van die Strafregwysigingswet is een van 20 jaar
gevangenisstraf. Die landdros het hier ân onderskeid
getref
tussen die twee appellante omdat die tweede appellant ân
tersaaklike vorige veroordeling gehad het, naamlik een van
roof
waarvoor hy vier jaar gevangenisstraf opgelê was. Meneer
Langenhoven het toegegee dat die vonnisse nie onvanpas is nie,
gegewe die omstandighede van die misdryf hierin en maak hy ook nie
aanspraak op enige mistasting wat die landdros sou begaan
het
tydens vonnisoplegging nie.
Gevolglik
is daar geen meriete in die appél teen skuldigbevinding en vonnis
nie.
Die
appél word afgewys en die skuldigbevinding en vonnis van beide
appellante word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS APPELLANT : ADVOKAAT
G.T. LANGENHOVEN
NAMENS
RESPONDENT : ADVOKAAT C.G. JANSEN
DATUM
VAN VERHOOR : 2003-04-14
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2003-04-??