About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 3
|
|
S v Peters (189/2003) [2003] ZANCHC 3 (1 April 2003)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:189/2003
DATUM:01-04-2003
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
VUZUMUZI
MENDELSON PETERS
CORAM:
WILLIAMS
WnR
U
I T S P R A A K
WILLIAMS WnR:
In
hierdie saak is die beskuldigde skuldig bevind aan ân oortreding
van artikel 72(4) van Wet 51 van 1977 deurdat hy op 26 Augustus
2002
nie in die hof verskyn het nie. Hy is daarna gevonnis tot ân boete
van R300,00 of 3(drie) maande gevangenisstraf.
Dit
het daarna aan die lig gekom dat die beskuldigde op 26 Augustus 2002
nie in die hof verskyn het nie, aangesien hy op dié datum
in die
plaaslike gevangenis aangehou was. ân Skrywe vanaf die Departement
Korrektiewe Dienste bevestig hierdie toedrag van sake.
Gevolglik
word ek versoek deur die waarnemende hooflanddros te Kimberley om die
skuldigbevinding en vonnis op spesiale hersiening
tersyde te stel.
In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak:
Die
skuldigbevinding en vonnis van die beskuldigde ter oortreding van
artikel 72(4) van Wet 51 van 1977 word hiermee tersyde gestel.
______________________
C.C
WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER