About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 2
|
|
S v Andries (157/2003) [2003] ZANCHC 2 (1 April 2003)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:157/2003
DATUM:01-04-2003
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
MALUYESELO
VAVA ANDRIES
CORAM:
WILLIAMS
WnR
U
I T S P R A A K
WILLIAMS WnR:
In
hierdie saak is die beskuldigde skuldig bevind aan ân oortreding
van artikel 18 van die Wet op Diamante no 56 van 1986 (besit
van
diamante) en gevonnis tot ân boete van R2500,00 of 9(nege) maande
gevangenisstraf plus ân verdere 12(twaalf) maande gevangenisstraf
wat voorwaardelik opgeskort is.
Die
moontlikheid van ân uitstelboete is nie aan die beskuldigde
voorgehou nie en Majiedt R voor wie hierdie hersieningsaak aanvanklik
gedien het het ân navraag aan die landdros gerig oor hierdie aspek.
Die
landdros het hierop geantwoord dat hy nie ân uitstelboete oorweeg
het nie aangesien die beskulidgde werkloos was en nie eens
die
borggeld wat aanvanklik vasgestel is op R3000,00 en toe later
verminder is na R2000,00 kon betaal nie.
Ten
tye van die navraag het die beskuldigde nog nie die boete betaal nie
en is hy steeds in aanhouding. Volgens inligting verkry
deur die
landdros sal die beskuldigde op 4 Desember 2003 ontslaan word.
Artikel
297(5) en (6) van die Strafproseswet 51 van 1977 maak voorsiening vir
die afbetaling van boetes. In
S
v Motlaung 1993(2) SASV 214 NK te 217 e-g
is dit beslis dat waar die landdros besluit om ân boetevonnis op te
lê met die oogmerk om die beskuldigde uit die gevangenis te
hou dit
verpligtend is om aan die beskuldigde te verduidelik dat daar
voorsiening gemaak word in die Strafproseswet vir die afbetaling
van
boetes.
Alhoewel ân
landdros ân diskresie het om ân uitstelboete te verleen of nie,
moet hierdie diskresie regterlik uitgeoefen word.
Dit kan nie gedoen
word sonder ân ondersoek na die beskuldigde se betaalvermoë nie.
(Sein
S
v Zwane 1997(1) SASV 326 WPA
)
Die feit dat die beskuldigde werkloos is en nie sy borg kan betaal
nie, beteken nie noodwendig dat hy nie op ân manier geld sou
kon
bekom om die boete in paaiemente af te betaal nie.
In
die lig daarvan dat daar in hierdie geval geen ondersoek gehou is om
te bepaal of die beskuldigde nie moontlik die boete in paaiemente
kon
afbetaal nie word die volgende bevel gemaak.
Die
saak word terugverwys na die landdros om onverwyld die bepalings van
artikel 297(5) van die Strafproseswet 51 van 1977 aan die
beskuldigde
te verduidelik en ân ondersoek te hou na die betaalvermoë of nie
van die beskuldigde om die boete in paaiemente te
betaal en
daarvolgens te handel.
______________________
C.C
WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER