S v Thomas (162/2003) [2003] ZANCHC 1 (1 April 2003)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Driving under the influence — Sentencing — Accused found guilty of driving with a blood alcohol concentration of 0.09 grams per 100ml — Initially sentenced to a fine of R2500 or 6 months imprisonment, with an additional 6 months suspended — Sentence reviewed due to lack of evidence of contributing to an accident and consideration of the accused's status as a first offender and pensioner — Sentence reduced to a fine of R1800 or 5 months imprisonment, with a further 5 months suspended for 5 years on condition of no further offences under the same provision.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 1
|

|

S v Thomas (162/2003) [2003] ZANCHC 1 (1 April 2003)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:162/2003
DATUM:01-04-2003
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
ELIAS
GEORGE THOMAS
CORAM:
WILLIAMS
WnR
U
I T S P R A A K
WILLIAMS WnR:
Die
beskuldigde, ‘n 56 jarige man, is skuldig bevind aan ‘n
oortreding van artikel 65(2)a) van die Nasionale Padverkeerswet 93
van 1996 deurdat hy op ‘n openbare pad ‘n voertuig bestuur het
terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed nie minder as 0,05
gram
per 100ml was nie, te wete 0,09 gram per 100ml.
Die beskuldigde het
skuldig gepleit op hierdie aanklag en is na skuldigbevinding gevonnis
tot ‘n boete van R2500,00 of 6(ses) maande
gevangenisstraf plus ‘n
verder 6(ses) maande gevangenisstraf opgeskort vir ‘n periode van
5(vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie skuldig bevind word
aan die oortreding van artikel 65(2)a) van die Nasionale
Padverkeerswet No 93 van 1996 gepleeg gedurende
die periode van
opskorting nie.
Buys R
het na deurlees van die saak rekord ‘n navraag gerig aan die
betrokke landdros in die volgende terme:
“
Aangesien
daar nie getuienis is dat die beskuldigde bygedra het tot die botsing
nie, wil dit my voorkom of die vonnis te swaar kan
wees. Sien
S
v Harris saaknommer 1017/00
wat aan landdroste gesirkuleer is. Die landdros word versoek om haar
redes vir vonnis ter verskaf.”
Hierop het die landdros
geantwoord dat sy wel by vonnisoplegging in aanmerking geneem het dat
die beskuldigde ‘n eerste oortreder
was met ‘n hoë ouderdom, dat
die beskuldigde berou toon vir sy daad en dat daar geen persone in
die ongeluk beseer is nie. Sy
het ook in aanmerking geneem dat
eerste oortreders van hierdie tipe misdryf in Kimberley normaalweg
gevonnis word tot ‘n boete
van tussen R2500,00 en R3000,00 of by
versuim 6(ses) maande gevangenisstraf plus ‘n verdere 6(ses) maande
gevangenisstraf opgeskort
vir ‘n periode van 5(vyf) jaar.
Die
landdros gee wel toe dat daar geen getuienis voor die hof was dat die
beskuldigde enigsins bygedra het tot die ongeluk nie en
dat die
beskuldigde se weergawe dat sy motor stilstaande was toe ‘n ander
motor in hom vasgery het, nooit deur die Staat weerlê
is nie. Die
beskuldigde is ook ‘n pensionaris en versoek die landdros dat die
boete verlaag word.
Dit
is natuurlik belangrik dat daar sover as moontlik eenvormigheid is
wat betref straftoemeting ten opsigte van soortgelyke misdrywe.

Daarom is dit gewens om te kyk na die vonnisse normaalweg opgelê in
die streek vir die spesifieke misdryf. Die doel hieragter
is nie om
die vonnisse normaalweg opgelê slaafs na te volg nie, maar slegs as
riglyne te gebruik. Elke beskulidgde en elke saak
moet op sy eie
meriete beoordeel word.
Ek
is van mening dat die vonnis in hierdie spesifieke geval te swaar is.
Gevolglik word die vonnis tersyde gestel en vervang met
die
volgende:
Die beskuldigde word
gevonnis tot ‘n boete van R1800,00 of 5(vyf) maande
gevangenisstraf plus ‘n verdere 5(vyf) maande gevangenisstraf
in
geheel opgeskort vir ‘n periode van 5(vyf) jaar op voorwaarde dat
die beskuldigde nie skuldig bevind word aan die oortreding
van
artikel 65(2)a) van die Nasionale Padverkeerswet, Wet 93 van 1996,
gepleeg gedurende die periode van opskorting nie.
Die boete is betaalbaar
in paaiemente van R100,00 per maand betaalbaar voor of op die
sewende dag van elke maand totdat dit ten
volle betaal is.
______________________
C.C
WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER