Hartswater Hotels Bk v Drankraad van die Noord-Kaap and Others (362/2002) [2003] ZANCHC 30 (28 March 2003)

55 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Licensing — Special liquor license — Application for special license (on-consumption) for Hartswater municipal hall — Applicant's existing restaurant liquor license — Respondents' objection based on perceived lack of public need — First respondent's refusal to grant license on grounds of sufficient existing licenses and potential nuisance — Review of decision under section 131 of the Liquor Act — Court's assessment of public need and administrative discretion — Decision upheld as reasonable and not arbitrary.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 30
|

|

Hartswater Hotels Bk v Drankraad van die Noord-Kaap and Others (362/2002) [2003] ZANCHC 30 (28 March 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 362/2002
Datum
Verhoor: 2003-03-19
Datum
Gelewer: 2003-03-28
In
die saak van
:
HARTSWATER
HOTELS BK APPLIKANT
(voorheen HARTSWATER HOTELS
(PTY) LTD. h/a HARTSWATER STADSAAL)
versus
DIE
DRANKRAAD VAN DIE NOORD-KAAP
EERSTE
RESPONDENT
DIE
VOORSITTER VAN DIE DRANKRAAD
VAN DIE NOORD-KAAP
TWEEDE
RESPONDENT
MOCHACHOS
HARTSWATER (PTY) LTD
DERDE
RESPONDENT
GERT
TERBLANCHE
VIERDE
RESPONDENT
ATTIE
KOK
VYFDE
RESPONDENT
REINETTE
KOK
SESDE
RESPONDENT
Coram:
MAJIEDT
R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
applikant vra die volgende regshulp aan in hierdie bestrede
hersieningsaansoek:
1.1. Dat
die besluit van die respondent om die applikant se aansoek om ‘n
spesiale lisensie (binneverbruik) ten opsigte van Erf
98,
Hertzogstraat 22, Hartswater, te weier, hersien en ter syde gestel
word.
1..2 Dat
die Hof respondent nr. 1 gelas om die applikant se aansoek om die
spesiale lisensie (binneverbruik) ten opsigte van die perseel
uit te
reik, alternatiewelik dat die Hof die gemelde aansoek na respondent
nr. 1 terugverwys vir oorweging en goedkeuring.
1.3 Dat
die koste van hierdie aansoek deur respondent nr. 1 betaal word en
indien respondente nrs. 2, 3, 4, 5 en 6 hierdie aansoek
bestry, al
die respondente gelas word om die koste van die aansoek te betaal,
gesamentlik en/of afsonderlik.
Die
applikant is die houer van ‘n dranklisensie, meer bepaald ‘n
restaurant dranklisensie ten aansien van die
Baron’s
Galley & Lodge
in Hartswater. Die onderhawige aangeleentheid handel oor ‘n
aansoek vir ‘n spesiale lisensie (binneverbruik) wat die applikant
ingedien het vir gebruik in die stadsaal van Hartswater wat die
applikant huur vanaf die Munisipaliteit. Dit blyk uit die stukke
dat die applikant die stadsaal huur alreeds vanaf 1994. Die
stadsaal word primêr aangewend deur die applikant vir die hou van
onthale, danse, konferensies en vergaderings. By dié geleenthede
word feitlik sonder uitsondering gespysenier en is daar volgens
die
applikant ‘n behoefte by klante geïdentifiseer om alkoholiese
drank te geniet tydens hierdie geleenthede.
Die
applikant voer aan dat daar ‘n bepaalde behoefte bestaan vir die
voorsiening van drank in die stadsaal by die hou van hierdie
geleenthede soos voormeld, welke behoefte hy huidiglik moet bevredig
deur die verkryging van tydelike lisensies op ‘n
ad
hoc
-basis
wanneer daar funksies in die stadsaal gehou word.
Die
applikant het gevolglik op 2 Maart 2001, kragtens die bepalings
vervat in artikel 19 van die Drankwet, Wet 27 van 1989
(hierna
“
die
Drankwet
”)
aansoek gedoen by die eerste respondent vir ‘n spesiale lisensie
(binneverbruik) ten aansien van Erf 98, Hertzogstraat 22,
Hartswater
(die stadsaal). Die derde, vyfde en sesde respondente het beswaar
aangeteken teen die applikant se voormelde aansoek,
terwyl die
vierde respondent, wat langsaan die stadsaal woon, dit ondersteun
het.
Die
aangewese polisiebeampte het ‘n geskrewe verslag ingedien kragtens
die bepalings vervat in artikel 140(a) van die Drankwet.

Daarvolgens is die SA Polisiediens van geen feite bewus waarom
die applikant se aansoek vir die bepaalde dranklisensie nie
toegestaan kan word nie.
Die
eerste respondent het die applikant se aansoek, sowel as die besware
waarna ek alreeds verwys het, aangehoor op 17 Augustus
2001 en het
daarna sy beslissing voorbehou. Op 3 Oktober 2001 is die applikant
per skrywe deur die eerste respondent ingelig dat
sy aansoek afgewys
is omrede die eerste respondent van oordeel was dat daar geen
behoefte vir ‘n verdere drankafsetpunt in Hartswater
bestaan nie.
Dit is die voormelde besluit van die eerste respondent wat die
applikant op hersiening neem.
Artikel
131 van die Drankwet magtig hierdie Hof om ‘n besluit van die
bevoegde gesag, soos wat die eerste respondent hierin is,
te hersien
“
...............
slegs indien die hof oortuig is-
(a) dat die
bevoegde gesag sy of haar bevoegdhede oorskry het of geweier het om
'n bevoegdheid uit te oefen wat hy of sy verplig was
om uit te oefen
of 'n bevoegdheid op 'n willekeurige of mala fide- of uiters
onbillike wyse uitgeoefen het; of
(b) waar
daardie besluit deur die Raad geneem is, dat 'n lid van die Raad wat
ingevolge artikel 10 gediskwalifiseer was om in die
Raad sitting te
hê, by die oorweging van die aangeleentheid ten opsigte waarvan die
besluit geneem is, aldus sitting gehad het.”
Dit
is gemeensaak dat hierdie hersieningsaansoek gebring is op grond van
die bepalings vervat in artikel 131(a)
supra
van die Drankwet.
Die
applikant steun baie swaar in sy stukke daarop dat die eerste
respondent waningelig was met betrekking tot die aard van die
applikant se besigheid, en daarmee gepaardgaande, die doel waarvoor
die spesiale lisensie (binneverbruik) aansoek gedoen was.
Die
applikant doen ook verder aan die hand dat die besware wat daar is
teen die aansoek, óf gegrond is op ‘n vrees vir kompetisie,
óf
heeltemal ongefundeerd is. Die applikant voer ook aan dat die
eerste respondent se weiering om sy aansoek toe te staan, die
applikant se grondwetlike reg om aan die vrye handelsverkeer deel te
neem, heeltemal inkort.
Die
tweede respondent het, ten behoewe van die eerste respondent, in die
opponerende eedsverklaring volledige redes verskaf waarom
die
applikant se aansoek afgewys was. Hierdie redes kan as volg
saamgevat word:
Die
eerste respondent was van oordeel, na oorweging van al die
beskikbare feite en omstandighede, dat daar geen openbare behoefte
bestaan in Hartswater vir die uitreiking van ‘n permanente
lisensie soos wat die applikant voor aansoek gedoen het nie.

Hierdie oordeel is gevel aan die hand van die volgende faktore:
die
aantal en soorte dranklisensies wat alreeds bestaan in Hartswater
opgeweeg teen die grootte van die bevolking van die dorp;
dat
die behoefte vir ‘n dranklisensie om drank tydens funksies by
die stadsaal te kan voorsien, heeltemal adekwaat ontmoet
kan word
deur die uitreiking van tydelike lisensies op ‘n
ad
hoc
-basis.
Die
eerste respondent het ook die besware wat daar geopper was in
oorweging geneem en tot die bevinding gekom dat nabygeleë inwoners
aan die stadsaal benadeel sal word deur die uitreiking van die
lisensie spesifiek ten aansien van ‘n toename in geraas en

rommelstrooiery in daardie gebied.
Die
eerste respondent was ook die mening toegedaan dat aangesien
ekonomiese aktiwiteite in die Hartswater gebied aan die afneem
was,
daar ‘n gepaardgaande afname in ‘n behoefte vir ‘n verdere
drankafsetpunt teweeggebring word.
Die
eerste respondent het deeglike oorweging geskenk aan die beginsels
van ‘n vrye markstelsel teenoor die statutêre plig
wat daar op
die eerste respondent rus om drankafsetpunte te beheer in die
openbare belang ten einde toe te sien dat drank ordelik
versprei
word.
Laastens
het die eerste respondent deeglik in aanmerking geneem die
applikant se reg om vrylik deel te neem aan die handelsverkeer.
Die
tweede respondent verklaar dan dat die eerste respondent, met
inagneming van al hierdie voormelde faktore, tot die belsissing
gekom het dat die openbare belang beter gedien sal word indien die
aansoek vir die spesiale lisensie (binneverbruik) afgewys
sou word.
Dit
is duidelik, na aanhoor van die betoë van die onderskeie
regsverteenwoordigers hierin, dat die kernvraag in hierdie aansoek
handel oor die beweerde behoefte wat daar in Hartswater bestaan vir
die voorsiening van alkoholiese drank tydens funksies by die
stadsaal en daarmee saam die wenslikheid om ‘n spesiale lisensie
(binneverbruik) op ‘n permanente basis uit te reik aan die
applikant.
11.1 In
sy funderende stukke maak die applikant ook melding daarvan dat hy
gedurende 1997 suksesvol aansoek gedoen het by die eerste
respondent
vir die uitbreiding van sy bestaande perseel se lisensie by die
Baron’s
Galley & Lodge
na die stadsaal. Hierdie vergunning is egter gedurende 2001
teruggetrek deur die eerste respondent, wat ook toe die applikant
meegedeel
het dat die uitbreidingsaansoek foutiewelik toegestaan was.
11.2 Dit
is gemeensaak tussen die partye dat die voormelde feite inderdaad
korrek is, dit wil sê dat die applikant onder ‘n uitgebreide
lisensie drank verkoop het by die stadsaal vanaf 1997 tot 2001 en dat
daardie vergunning wat aan hom uitgereik is ingevolge die bepalings
vervat in artikel 42 van die Drankwet,
ultra
vires
deur die eerste respondent gedoen is, aangesien die eerste respondent
klaarblyklik onder die verkeerde indruk verkeer het dat die
stadsaal
deel was van die applikant se bestaande perseel by die
Baron’s
Galley & Lodge
.
So terloops moet ek dit vermeld dat dit kwalik verstaanbaar is hoe
die eerste respondent so ‘n gruwelike fout kon begaan, aangesien
dit baie duidelik blyk uit die applikant se destydse aansoek
ingevolge artikel 42 van die Drankwet wat by sy funderende
stukke
aangeheg is, dat die uitbreiding aangevra is ten aansien van
twee verskillende persele met verskillende erfnommers. Hoe dit ookal
sy, ek meen dat Mnr. De Jager, wat namens die applikant hierin voor
ons verskyn, korrek is in sy submissie dat dit as ‘n feit in
aanmerking geneem moet word by hierdie hersieningsaansoek, dat die
applikant vanaf 1997 tot 2001 drank voorsien het by funksies,
onthale
en dies meer by die Hartswater Stadsaal ingevolge hierdie
verkeerdelik uitgereikte uitgebreide lisensie. Dit is ‘n faktor
wat deeglik in aanmerking geneem sal moet word wanneer in besonder
beoordeel word of daar inderdaad ‘n behoefte bestaan wat deur
so ‘n
spesiale lisensie (binneverbruik) bevredig moet word, soos wat die
applikant beweer.
Dit
is opvallend dat die applikant in sy funderende stukke nêrens enige
besonderhede verskaf van hoeveel funksies daar gehou was
vanaf die
tydperk Januarie 2001 tot Augustus 2001, by welke funksies daar ‘n
behoefte was van klante om alkoholiese drank te
gebruik nie. Die
stukke wemel van vae beweringe dat daar so ‘n aanvraag bestaan,
dat die Stadsaal enig in sy soort is wat betref
die hou van onthale
en dies meer, en dat die applikant verplig is om by elke geleentheid
toe te sien dat aansoek gedoen word vir
‘n tydelike dranklisensie
om in sy klante se behoeftes te voorsien.
Dit
is verder die applikant se saak dat dit ongerieflik en duur is om by
elke geleentheid aansoek te moet doen vir ‘n tydelike dranklisensie
by die plaaslike landdros en dat daar bowendien altyd onsekerheid
bestaan of so ‘n tydelike dranklisensie toegestaan sal word al
dan
nie. Die applikant voer derhalwe aan dat, gegewe die behoefte wat
daar bestaan by die publiek van Hartswater, die eerste respondent
se
besluit om die aansoek af te wys óf willekeurig óf
mala
fide
óf uiters onbillik of onredelik was.
14.1 Ek
het alreeds vroeër hierin uitgewys dat die applikant sterk steun
daarop dat die respondent waningelig was ten aansien van
die aard van
die applikant se besigheid. Die applikant maak dié aanname op grond
daarvan dat die eerste respondent na bewering
bloot gekyk het na die
aantal bestaande dranklisensies te Hartswater en toe goedsmoeds die
aansoek afgewys het.
14.2 Die
eerste en tweede respondente betwis dit in hul opponerende stukke.
Hulle ontken ook ten sterkste dat daar inderdaad so ‘n
behoefte
bestaan soos wat die applikant dit wil hê. Dié betrokke
respondente heg ook ‘n eedsverklaring aan van ene Inspekteur
De
Klerk van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verbonde aan die
Narkotikaburo hier te Kimberley. Daarvolgens blyk dit uit navrae
wat
hy gemaak het op 16 Augustus 2002 by die landdroshof te Hartswater,
dat slegs sewe tydelike dranklisensies aan die applikant
uitgereik is
ten aansien van die stadsaal vanaf Februarie 2001 tot en met Oktober
2001. Dit blyk verder uit dié eedsverklaring
dat daar ten aansien
van die tydperk Januarie 2001 tot en met Augustus 2001 (toe die
applikant se aansoek aangehoor was deur die
eerste respondent) slegs
vyf sodanige tydelike dranklisensies uitgereik is. Die eerste
respondent maak dit duidelik in sy opponerende
eedsverklaring dat dié
betrokke gegewens nie tot sy beskikking was toe hy die applikant se
aansoek aangehoor het op 17 Augustus
2001 nie en dat hy dit bloot
voorhou as ‘n antwoord op die applikant se aanname dat daar ‘n
ernstige behoefte bestaan by die
publiek van Hartswater vir so ‘n
spesiale lisensie (binneverbruik) by die stadsaal.
14.3 Die
applikant het gepoog, nadat hy ‘n repliserende eedsverklaring
geliasseer het, om ‘n verdere eedsverklaring van die voormelde
Inspekteur De Klerk aan ons voor te hou. Hierdie verklaring is egter
deurgehaal, aangesien Mnr. De Jager namens die applikant toegegee
het
dat dit ‘n onreëlmatige stap daarstel in die verrigtinge. Hoe dit
ookal sy, meen ek dat Advokaat Bester wat namens die eerste
en tweede
respondent voor ons verskyn het, heeltemal korrek is in haar
submissie dat die gegewens verskaf in De Klerk se eedsverklaring
die
tweede respondent se aanname in sy opponerende eedsverklaring
onderskraag dat daar inderdaad nie so ‘n behoefte bestaan by
die
publiek van Hartswater soos wat die applikant aanvoer nie.
Die
eerste respondent is ‘n administratiewe orgaan wat sy ontstaan en
bevoegdhede ontleen suiwer vanuit ‘n statuut (die Drankwet).

Artikel 22 van die Drankwet sit uiteen hoedat ‘n orgaan, soos die
eerste respondent hierin, ‘n aansoek om ‘n lisensie moet
oorweeg. Die bepaalde artikel lui as volg:
“
(1) 'n
Aansoek om 'n lisensie (uitgesonderd 'n tydelike dranklisensie en
geleentheidslisensie) word deur die Raad oorweeg, en hy kan-
(a) die
aansoek weier; of
(b) die
aansoek toestaan.
(2) Die
Raad staan nie 'n aansoek kragtens subartikel (1) (b) van hierdie
artikel of artikel 15 (1) (a) (iii) toe nie-
(a) om 'n
wynboerlisensie, tensy die perseel ten opsigte waarvan die aansoek
gedoen word, geleë is op 'n ander plek as die plek
waar die betrokke
drank vervaardig word;
(b) om 'n
spesiale lisensie, tensy daar buitengewone omstandighede bestaan wat
die verlening van die lisensie regverdig;
(c) om 'n
produsentelisensie, tensy die perseel ten opsigte waarvan die aansoek
gedoen word, geleë is op of by die grond, sentrale
kelder, fabriek
of brouery waar die betrokke drank vervaardig word;
(d) om
enige lisensie-
(i) tensy-
(aa) ......
(bb) die perseel
geskik is of by voltooiing geskik sal wees vir die doeleindes
waarvoor dit kragtens die lisensie gebruik sal word;
(cc) indien die
perseel in die nabyheid van 'n plek van aanbidding of skool of in 'n
woongebied geleë is, die besigheid voortgesit
sal word op so 'n wyse
dat die verrigtinge in daardie plek van aanbidding of skool nie
gesteur of die inwoners van daardie woongebied
nie benadeel sal word
nie;
(dd) die
betrokke aansoeker van goeie gedrag is en andersins geskik is om die
houer van die lisensie te wees;
(ee) die
verlening van die lisensie in die openbare belang is;
(ii) indien
die moontlikheid bestaan dat die toestaan van die aansoek 'n
skadelike monopolistiese toestand in die drankhandel of
'n vertakking
daarvan kan laat ontstaan of vererger.”
Van
bepaalde belang in hierdie aangeleentheid is artikel 22(2)(d)(i)(ee)
supra
,
aangesien dit gemeensaak tussen die partye is dat dit eintlik maar
die enigste basis is waarop die eerste respondent besluit het
om nie
die applikant se aansoek toe te staan nie. In
Asko
Beleggings v Voorsitter van die Drankraad N.O. 1997(2) SA 57 (Nk)
te 66 H – 67 F, het Steenkamp R (soos hy destyds
was) die begrip “openbare belang” breedvoerig bespreek. Hy
kom
tot die slotsom te 67 E-F dat openbare belang in die bepaalde
wetsartikel uitgelê moet word om te beteken in daardie saak
dat die
toestaan van die lisensie in die belang van die gemeenskap van
Hartswater moet wees (in daardie saak het dit toevallig ook
gegaan
oor die besluit van die Drankraad om ‘n aansoek vir ‘n lisensie
vir Hartswater af te wys). Ek is dit eens met dié benadering
van
die geleerde regter soos voormeld aangehaal. In
Maharaj
v Chairman Liquor, Board 1997(1) SA 273 (N)
te
281 G-J het Nicholson R ook die betrokke konsep van openbare
belang onder die loep geneem. Hy stel dit as volg:
“
It
is of course essential to determine what the phrase 'in the public
interest' means. Paraphrasing the dicta in a number of cases
it may
be said to be encapsulated in the following propositions:
(a) It does not
mean that the public whose interest is to be served is necessarily to
be widely representative of the general public.
(b) It
means that the public would be better served if the applicant were
granted the licence than that the existing state of affairs
was to
continue.
(c) It
is not the national interest that is intended but that of the
inhabitants in the areas for which the licence is sought or visitors
to that area.”
Wat
die onderhawige aangeleentheid aanbetref meen ek dat dit ‘n
belangrike faset is van die begrip “openbare belang” soos
uiteengesit
in artikel 22 van die Drankwet,
supra
,
dat die eerste respondent verplig is om ter beskerming van die
publiek van Hartswater te weier om ‘n aansoek vir ‘n spesiale
lisensie (binneverbruik) toe te staan waar daar nie ‘n behoefte aan
so ‘n bepaalde lisensie bestaan nie. Na my mening het die
applikant versuim om voor die eerste respondent voldoende feite en/of
omstandighede aan te voer waarom die behoefte om by bepaalde
geleenthede drank te verskaf aan klante tydens funksies, onthale,
vergaderings en dies meer nie voldoende aangespreek kan word deur
die
uitreiking van tydelike lisensies op ‘n
ad
hoc
-basis
nie. Dit is tog, per slot van sake, die applikant wat ‘n behoefte
vir ‘n spesiale lisensie (binneverbruik) moes aantoon
voor die
eerste respondent. Die eedsverklaring van inspekteur De Klerk wat by
die respondent se opponerende stukke aangeheg is,
en waarna ek
alreeds verwys het, ondersteun ten volle, na my mening, die eerste
respondent se bevinding dat die applikant sy besigheid
by die
stadsaal voldoende kan bedryf en drank kan voorsien aan klante op ‘n
ad
hoc
-basis
deur gebruikmaking van tydelike lisensies. Indien daar ‘n groter
behoefte bestaan het sou ‘n mens tog verwag het dat daar
baie meer
aansoeke vir tydelike lisensies as net die vyf waarvan ek alreeds
melding gemaak het, moes wees.
By
‘n aansoek soos die onderhawige is dit nie hierdie Hof se taak om
te beslis of hy self die lisensie sou toegestaan het al dan
nie.
Hierdie Hof se taak is suiwer om te bepaal of daar gronde vir
hersiening is van die eerste respondent se besluit, of sodanige
gronde nou spruit uit hoofde van die gemene reg of uit artikel 131
van die Drankwet of ingevolge die bepalings vervat in die
Promotion
of Administrative Justice Act
,
3 van 2000, die bepalings waarvan wel van toepassing is in ‘n saak
soos die onderhawige (sien hieraangaande
Bulk
Deals Six CC and Another v Chairperson, Western Cape Liquor Board and
Others 2002(2) SA 99 (K)
te 106 B).
Inaggenome
al die omstandighede en uit hoofde van die voorafgaande is ek die
mening toegedaan dat daar geen basis is waarop hierdie
Hof regtens op
hersiening kan inmeng met die besluit van die eerste respondent nie.
Wat
koste aanbetref het Mnr. De Jager halfhartig aangevoer dat, indien
die aansoek van die hand gewys word, ons behoort te gelas dat
elke
party sy eie koste moet betaal, aangesien die klankbande wat gebruik
was by die aanhoor van die applikant se aansoek op 17 Augustus
2001,
onhoorbaar is en nie getranskribeer kon word nie. Volgens Mnr. De
Jager het dit die applikant gekniehalter in hierdie
hersieningsaansoek.
Hierdie betoog beïndruk my glad nie en kan ek
my beswaarlik voorstel hoe die applikant benadeel was in die
voorbereiding van sy
hersieningsaansoek met hierdie terkortkoming in
die verrigtinge. Mnr. De Jager het toegegee, en dis te verwagte dat
dit die geval
moet wees, dat daar by die aanhoor van die applikant se
aansoek voor die eerste respondent uitsluitlik gebruik gemaak was van
die
geskrewe stukke wat ook voor ons geplaas is, welke geskrewe
stukke bloot nader toegelig is in betoog deur die applikant se
verteenwoordiger
voor die eerste respondent. Gevolglik meen ek dat
koste die uitslag moet volg, soos wat normaalweg die geval is.
By
gevolg word die applikant se aansoek met koste van die hand gewys.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS APPLIKANT : MNR. C.J. DE
JAGER
NAMENS
RESPONDENTE : ADV. A. BESTER
PROKUREUR
NAMENS EISER : ENGELSMAN, BENADE & VAN DER WALT ING.
PROKUREUR
NAMENS VERWEERDER : MNRE. MANKOE EN MAGABANE
DATUM
VAN VERHOOR : 2003-03-19
DATUM
VAN UITSPRAAK :