De Bruin and Others v Lid van die Uitvoerende Raad belas met Onderwys, Noord-Kaapse Provinsiale Regering and Another (1061/2001) [2003] ZANCHC 28 (28 February 2003)

55 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Administrative Law — Appeal — Application for leave to appeal against decision of High Court — Applicants contending that non-compliance with statutory duties and the audi alteram partem rule resulted in prejudice — Court finding that procedural irregularities did not cause actual prejudice to applicants — Leave to appeal denied as prospects of success deemed minimal and appeal considered academic.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 28
|

|

De Bruin and Others v Lid van die Uitvoerende Raad belas met Onderwys, Noord-Kaapse Provinsiale Regering and Another (1061/2001) [2003] ZANCHC 28 (28 February 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 1061/2001
Datum
Verhoor: 2003-02-25
Datum
Gelewer: 2003-02-28
In
die saak van
:
W
DE BRUIN
Eerste
Applikant
H
PIETERS
Tweede
Applikant
AS
SNYDERS
Derde
Applikant
LJ
EKSTEEN
Vierde
Applikant
MC
MACZALI
Vyfde
Applikant
versus
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD BELAS MET
ONDERWYS,
NOORD-KAAPSE PROVINSIALE REGERING
Eerste
Respondent
DIE
DEPARTEMENTSHOOF : DEPARTEMENT VAN
ONDERWYS
VAN DIE NOORD-KAAP PROVINSIE
Tweede
Respondent
Coram
:
MAJIEDT
R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK OP
AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER
MAJIEDT
R:
Die
applikante doen aansoek om verlof om te appelleer na die Hoogste Hof
van Appél teen die geheel van ons uitspraak hierin.
Daar
is vier gronde van appél geformuleer in die applikante se
kennisgewing van aansoek vir verlof om te appelleer. In sy
mondelinge
betoog het mnr Colditz namens die applikante, afstand
gedoen van die eerste appélgrond – vir duidelik verstaanbare
redes omrede
ons in ons uitspraak pertinent van die standpunt
uitgegaan het dat aanvaar word (sonder om die punt te beslis) dat
die bewyslas
op die respondent rus om afwesigheid van benadeling aan
te toon waar ‘n onreëlmatigheid bewys is.
Die
oorblywende drie gronde van appél kan as volg saamgevat word:
3.1 dat
hierdie Hof gefouteer het deur nie te bevind dat die nie-nakoming van
‘n statutêre verantwoordelikheid deur die respondente
opsigself
benadeling daarstel vir die applikante, alternatiewelik dat die
applikante aangetoon het dat sodanige nie-nakoming die
applikante
benadeel het.
3.2 dat
hierdie Hof gefouteer het deur nie te bevind nie dat die nie-nakoming
van die
audi
alteram partem
reël deur die respondente die applikante
per
se
benadeel het en dat sodanige benadeling bewese was op die stukke.
Uit
die voormelde formulering blyk duidelik dat die twee aspekte 3.1 en
3.2 baie nou verweef is. Op die keper beskou kan die uiteindelike
grond waarop die applikante verlof om te appelleer aanvra, as volg
gereduseer word:
is
die nie-verskaffing van ‘n getikte oorkonde van die dissiplinêre
verrigtinge en van die bewysstukke aan die applikante ‘n
onreëlmatigheid wat
per
se
benadeling daarstel aan die applikante, hetsy as nie-nakoming van ‘n
statutêre verantwoordelikheid, hetsy as nie-nakoming van
die
audi
alteram partem
-reël?
Ons
het vir doeleindes van ons uitspraak aanvaar, sonder om dit te
beslis, dat die nie-verskaffing van ‘n getranskribeerde oorkonde
van die dissiplinêre verrigtinge en van die bewysstukke prosedurele
onreëlmatighede daarstel. Ons het die applikante se aansoek
egter
van die hand gewys omrede ons bevind het dat hulle hoegenaamd nie
benadeel is deur hierdie onreëlmatighede nie. Die applikante
se
aanval is in hierdie onderhawige aansoek primêr gerig op hierdie
benadering van ons – die applikante voer aan dat die Hoogste
Hof
van Appél redelikerwys mag bevind dat die benadeling geleë is in
die betrokke nie-nakoming van ‘n statutêre verantwoordelikheid
/
die
audi
alteram partem
-reël.
Meneer
Olivier namens die respondente, het heeltemal tereg uitgewys dat die
applikante se appél gemik is slegs teen hierdie Hof
se
regsbevindinge - ons feitebevindinge bly derhalwe staan vir
doeleindes van die oorweging van hierdie aansoek se meriete.
Hierdie
is ‘n belangrike oorweging – veral ten aansien van ons
feitebevindinge aangaande die vertoë wat deur die applikante gerig

is aan die eerste respondent en laasgenoemde se oorweging daarvan –
sien paragrawe 15, 16, 17 en 19 van ons uitspraak.
Meneer
Colditz het aangevoer dat die benadeling vir die applikante geleë
is daarin dat hulle regte aangetas is deurdat die respondente
‘n
statutêre verantwoordelikheid en/of die
audi
alteram parten
-reël
nie nagekom het nie. Hy het verwys na sekere gewysdes wat ek nou
kortliks bespreek.
7.1 In
Commissioner
of Customs and Excise v Container Logistics 1999(3) SA 771 (HHA)
te
785 I – 786 B asook te 786 D, die passasies waarop
mnr. Colditz steun, het Hefer AR die interaksie tussen hersienings
onder die gemene reg en onder die grondwet bespreek. Hy kom onder
andere tot die gevolgtrekkings dat:
“
Judicial review
under the Constitution and under the common law are different
concepts”
(te
785 I – J); en
“
what
is lawful and procedurally fair within the purview of s.24 is for the
Courts to decide and I have little doubt that, to the extent
that
there is no inconsistency with the Constitution, the common-law
grounds for review were intended to remain intact.”
(te
786 E-F).
Die
verwysing na art 24 hierbo is na die interim grondwet.
In
Pharmaceutical
Manufacturers of SA : in re Ex parte President of the RSA
2000(2) SA 674 (CC)
te
692 C-G het Chaskalson P (soos hy toe was) uitdruklik die
dictum
van Hefer AR aangehaal hierbo (te 785 I-J) verwerp.
Hierdie
voormelde beslissing is nou die leidende gesag in ons reg ten aansien
van die sogenaamde legaliteitsbeginsel. In elk geval
bied die
beslissing waarop mnr. Colditz steun geen gesag vir sy aanname
nie.
7.2 Die
bekende
Traub
-sake
is ook op gesteun – hierdie beslissings handel egter primêr oor
die sogenaamde “regmatige verwagting” (“legitimate
expectation”) beginsel in ons Administratiefreg dat ‘n potensieel
benadeelde die reg het om aangehoor te word alvorens ‘n besluit
tot
aantasting van sy regte geneem word. Hierdie is ‘n aspek wat nie
ter sake was by die beregting van die hoofaansoek nie.
7.3 Twee
belangrike beslissings waarop mnr. Colditz hewig steun is dié van
Du
Preez & another v Truth and Reconciliation Commission 1997(3)
SA 204 (A)
te 231 G en
Nortje
& ‘n ander v Minister van Korrektiewe Dienste en andere 2001(3)
SA 472 (HHA)
te
480 AC.
7.3.1 In
die eersvermelde beslissing verklaar Corbett HR as volg:
“
The audi
principle is but one facet, albeit an important one, of the general
requirement of natural justice that in the circumstances
postulated
the public official or body concerned must act fairly. (Compare the
remarks of Farlam J in Van Huyssteen and Others NNO
v Minister of
Environmental Affairs and Tourism and Others
1996 (1) SA 283
(C) at
304A-305D.) The duty to act fairly, however, is concerned only with
the manner in which decisions are taken: it does not
relate to
whether the decision itself is fair or not (Traub's case supra at
758H-I).”
7.3.2 In
die Nortjé-saak (
supra
)
lees die passasie waarop mnr. Colditz steun as volg:
“Die
toetssteen wat aangewend word by beantwoording van die vraag of die
audi-reël in 'n bepaalde geval nagekom is, hang ten
nouste saam met
die grondbeginsel van die reël. Hierdie grondbeginsel word soos volg
beskryf deur Corbett HR in Du Preez and Another
v Truth and
Reconciliation Commission
[1997] ZASCA 2
;
1997 (3) SA 204
(A) op 231G – H.
(d
an
haal die geleerde Regter die bovermelde
dictum
van Corbett HR aan); te 480 A-C, per Brand Wn. AR.
7.4 Die
voormelde aangehaalde
dictae
bevestig met respek, slegs die welbekende beginsels wat van
toepassing is by die
audi
-reël.
Van groot belang en uiters insiggewend is die volgende
dictum
van Brand Wn. AR in die Nortje-saak (
supra
,
te 480D):
“
[18] Gevolglik
is die vraag in elke geval waar die audi-reël toepassing vind of die
persoon wat nadelig geraak is deur die betrokke
besluit 'n regverdige
en billike geleentheid gehad het om sy saak te stel. Nadere
omskrywing van die vereistes is nòg doenlik nòg
wenslik, juis omdat
dit
die
buigsame toepassing van die audi-reël aan bande sal lê.”
7.5 Soos
opgemerk sal word uit die voormelde bied die gewysdes eweneens nie
gesag vir mnr. Colditz se aannames nie. Ek meen dat mnr.
Olivier
gelyk gegee moet word dat mnr. Colditz poog om ‘n gekunstelde
onderskeid te tref tussen benadeling in die proses wat lei
tot die
gewraakte besluit en benadeling by die besluit self.
7.6 Tereg
kan ‘n mens die vraag afvra in die woorde van Brand Wn. AR in
paragraaf 7.4 hierbo aangehaal –
het
die applikante ‘n billike en regverdige geleentheid gehad om hulle
saak te stel alvorens die eerste respondent besluit het om
hulle
appél af te wys?
Ons
het volledig hiermee gehandel in ons uitspraak – veral die kwessie
van die bewysstukke. Ek ag dit nodig om weereens te verwys
na die
applikante se saak ten aansien van benadeling, soos uiteengesit in
hul funderende stukke (aangehaal in paragraaf 13 van ons
uitspraak).
Wanneer paragrawe 50.1, 50.2, 50.3 en 50.4 van die funderende
eedsverklaring van naderby beskou word, val dit onmiddellik
op dat
geen melding hoegenaamd daarin gemaak word nie van die feit dat die
applikante se prokureur (wat hulle ook verteenwoordig
het by die
dissiplinêre verhoor) se handgeskrewe notas ook beskikbaar was as ‘n
addisionele hulpbron vir die opstel van hul vertoë
aan die eerste
respondent. Ons het alreeds daarop gewys dat die applikante se
skriftelike vertoë lywig van omvang en volledig beredeneerd
van
inhoud was. In
Doody
v Secretary of State for the Home Department and other appeals
[1993]
3 All ER 92
(HL)
te 106 d-h verklaar Lord Mustill ondermeer as volg (met
goedkeuring aangehaal in die Du Preez en Nortje-sake,
supra
):
“
(5) Fairness
will very often require that a person who may be adversely affected
by the decision will have an opportunity to make
representations on
his own behalf either before the decision is taken with a view to
producing a favourable result, or after it is
taken, with a view to
procuring its modification, or both.
(6) Since
the person affected usually cannot make worthwhile representations
without knowing what factors may weigh against his interests
fairness
will very often require that he is informed of the gist of the case
which he has to answer.'
7.7 Selfs
op ons direkte uitnodiging tydens die aanhoor van die
hersieningsaansoek kon mnr. Du Toit namens die applikante nie aan
ons
uitwys watter addisionele aspekte hulle in hul vertoë sou kon
aanspreek met die bystand van ‘n getranskribeerde oorkonde nie.
‘n
Mens kan moeilik begryp wat die eerste respondent meer sou moes
oorweeg as dit wat in die vertoë vervat is.
7.8 ‘n
Belangrike aspek wat nie uit die oog verloor moet word nie en waarna
ons ook in ons uitspraak verwys het, is die feit dat
die applikante
dit goed geag het om nie aansoek te doen vir ‘n
mandamus
dat die transkripsie en bewysstukke aan hulle beskikbaar gestel moet
word alvorens hulle vertoë rig nie. Hulle het verkies om nie
van
hierdie remedie gebruik te maak nie – tog bekla hulle hul nou
daaroor dat hulle reg van sinvolle deelname aangetas is.
Meneer
Colditz het verder aangevoer dat al die beslissings waarna ons
verwys het in paragraaf 9 van die uitspraak te make het
met
gevalle waar dit gegaan het oor die besluit van die funksionaris
self (d.w.s. substantiewe ongeregtigheid) en nie oor die prosedure
nie (d.w.s. prosedurele onreëlmatigheid). ‘n Behoorlike nalees
van hierdie gewysdes sal aantoon dat dit inderdaad nie die geval
is
nie – in al hierdie sake het dit gegaan oor beweerde
onreëlmatighede in die prosedure wat aanleiding gegee het tot die
betrokke
besluit.
Daar
is by my geen twyfel nie dat die vraag of die applikante benadeel is
sentraal figureer in hierdie hersiening. Ek het ook geen
twyfel nie
dat ons benadering in dié verband in ons uitspraak suiwer is. Daar
is bittermin vooruitsigte dat die Hoogste Hof van
Appél tot ‘n
ander bevinding sal kom in dié verband. Om verlof te verleen sal
daarop neerkom dat die Hoogste Hof van Appél
‘n akademiese
oefening uitvoer.
Daar
is ‘n verdere rede waarom ek meen dat hierdie aansoek afgewys
behoort te word:
10.1 Ons
het bevind dat die uitslag in elk geval dieselfde sou wees, al was ‘n
transkripsie van die dissiplinêre verhoor en van
die bewysstukke
beskikbaar gestel aan die applikante (paragraaf 25 van die
uitspraak). Hierdie bevinding word glad nie aangeval
in die
kennisgewing van aansoek om verlof om te appelleer nie.
10.2 Wanneer
die volgende feite wat eintlik maar gemeensaak op die stukke is,
oorweeg word, dan kan beswaarlik betoog word dat die
eerste
respondent tot ‘n ander besluit kon gekom het, al was die
transkripsie en bewysstukke beskikbaar aan die applikante:
die
applikante wat almal opvoeders is, het deelgeneem aan ‘n
onwettige sitstaking by hul skool;
die
applikante het versuim om gebruik te maak van die griewe-prosedure
en het deur hul sitstaking die belange van die leerders
gruwelik
vernalaat;
nêrens
uit die vertoë blyk enige grondige redes (welke redes indien hulle
bestaan het, geopper kon word sonder dat ‘n transkripsie
of die
bewysstukke ter insae was) vir die applikante se onwettige staking
nie.
Inaggenome
die voorafgaande is ek die mening toegedaan dat daar nie ‘n
redelike moontlikheid bestaan dat die Hoogste Hof van Appél
tot ‘n
ander bevinding hierin sal kom nie. Gevolglik word die aansoek vir
verlof om te appelleer afgewys met koste.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
HJ
LACOCK
REGTER
ADVOKAAT
NAMENS APPLIKANTE : MNR P. COLDITZ
ADVOKAAT
NAMENS RESPONDENTE : ADV WH OLIVIER SC
PROKUREUR
NAMENS APPLIKANTE : VAN DE WALL & VENNOTE
PROKUREUR
NAMENS RESPONDENTE : HAARHOFFS
DATUM
VAN VERHOOR : 21 NOVEMBER 2002
DATUM
VAN UITSPRAAK : 29 NOVEMBER 2002