Nthela v S (CA & R 121/02) [2003] ZANCHC 27 (27 February 2003)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of theft for stealing a handbag from a police inspector — Evidence included eyewitness identification and appellant's flight from the scene — Appellant's defense based on alleged misidentification due to wearing a cap at arrest — High Court upheld the conviction, finding sufficient evidence for identification and rejecting the misidentification claim — Sentence altered to two years' imprisonment, one year suspended on conditions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 27
|

|

Nthela v S (CA & R 121/02) [2003] ZANCHC 27 (27 February 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:CA
& R 121/02
Datum verhoor:
2003-02-24
Datum gelewer:
2003-02-27
In
die appél van
:
TATELO
NTHELA APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK OP APPéL
LACOCK
R:
Die
appellant is in die landdroshof, Kimberley, skuldig bevind aan
diefstal en is op 22 Maart 2002 gevonnis tot twee jaar
gevangenisstraf.
Hy kom nou in hoër beroep teen sy
skuldigbevinding en vonnis.
Die
getuienis namens die Staat aangevoer en soos blyk uit die oorkonde,
kan as volg saamgevat word:
Op
4 Desember 2001 om ongeveer 15h25 het die appellant die handsak van
mev. Nadia Kika, ‘n inspekteur in diens van die Suid-Afrikaanse
Polisie, geneem waar dit in die voorste kantoor van die
SAP Unie-kantore gelê het terwyl mev. Kika in die agterste
kantoor
besig was. Omdat die deur van die voorste kantoor oopgestaan
het en mev. Kika bedag daarop was dat iemand ongemagtig die kantoor
kon binnegaan, het sy op ‘n stadium na die voorste kantoor beweeg.
Deur die venster kon sy ‘n persoon sien wat wegstap vanaf
die
kantoor terwyl hy ‘n voorwerp wat in ‘n lap toegedraai was, dra.
Aangesien die persoon vir haar verdag voorgekom het, het
sy stadig
agter hom aangestap, en gemerk dat die band van haar handsak onder
die lap in die hande van die appellant uitsteek. Sy
het op die
appellant geskree, waarop hy omgedraai het, die handsak neergegooi
het, gelag het en toe weggehardloop het. Mevrou Kika
het onmiddellik
hierna die kamerabeheerkantoor van die Suid-Afrikaanse Polisie
geskakel en aan hulle die voorval rapporteer en ook
‘n beskrywing
gegee van die appellant en sy kleredrag. Kort hierna is die
appellant op die straatkameras opgemerk en is hy gearresteer.
Na sy
arrestasie is hy na mev. Kika gebring en het sy hom onmiddellik
herken as dieselfde persoon wat haar handsak gehad en neergegooi
het.
Die
appellant het ook getuig en ontken dat hy die klaagster se handsak
gesteel het. Die hoogwatermerk van sy verdediging was naamlik
dat
mev. Kika getuig het dat hy nie ‘n pet gedra het nie, terwyl hy,
toe hy gearresteer was, ‘n pet op sy kop gehad het. Hy
het
vervolgens beweer dat sy hom verkeerdelik uitgeken het as die
persoon wat haar handsak sou geneem het.
Die
landdros het, myns insiens tereg, die getuienis van die appellant as
nie redelik moontlik waar en vals verwerp, en die appellant
skuldig
bevind op die weergawe van die staatsgetuies. Die argument namens
die appellant aangevoer, naamlik dat die uitkenning
van die
appellant deur die klaagster verdag was omdat die appellant met sy
arrestasie ‘n pet op sy kop gehad het, terwyl die
klaagster getuig
het dat hy nie ‘n pet opgehad het toe sy hom gesien het nie, het
die landdros korrek en logies benader deur
te sê dat die appellant
duidelik die pet op sy kop gesit het in die tydsverloop nadat hy
vanaf die klaagster weggehardloop het
en hy gearresteer is.
Voor
ons het advokaat Langenhoven wat namens die appellant verskyn het,
as’t ware die appél op die skuldigbevinding abandoneer,
hoewel
nie uitdruklik nie. Ek is van mening dat die landdros tereg die
appellant skuldig bevind het. Duidelik het die klaagster
voldoende
geleentheid gehad om die appellant behoorlik waar te neem terwyl sy
agter hom aangestap het en toe hy na haar omgedraai
en die handsak
op die grond neergegooi het. Toe hy kort daarna na sy arrestasie na
haar gebring is, het sy hom onmiddellik herken
as dieselfde persoon
wat haar handsak ‘n rukkie vantevore gehad en op die grond
neergegooi het. Die enigste redelike afleiding
wat uit die
voorgaande gedrag van die appellant gemaak kan word, is naamlik dat
hy die persoon is wat die handsak uit die kantoor
van die klaagster
geneem het.
Wat
die vonnis aanbetref, is ek van mening dat dit sodanig verskil van
die vonnis wat ek sou opgelê het indien ek as hof van eerste
instansie die saak sou aangehoor het, dat daarmee ingemeng behoort
te word. Die appellant was 25 jaar oud ten tye van die
skuldigbevinding.
Hoewel vorige veroordelings teen hom bewys is,
was hy slegs in 1993 skuldig bevind aan verbandhoudende misdrywe van
diefstal en
bedrog wat vir vonnisdoeleindes saamgeneem is en
waarvoor hy gevonnis is tot sewe houe met ‘n ligte rottang.
Hoewel slegs te
wyte aan die klaagster se wakker optrede, is dit
nietemin so dat sy nie enige skade gely het nie, en het die
appellant geen voordeel
getrek uit sy wandaad nie. Dit kom my ook
voor dat die landdros weinig gewig geheg het aan die persoonlike
omstandighede van die
appellant. Al wat hy hieraangaande opgemerk
het, is die volgende:
“
Die
beskuldigde is 25 jaar oud. Hy het een afhanklike. Hy werk blykbaar
vir homself. Wat presies hy doen, weet die hof nie.”
Daarna
handel die landdros met die vorige veroordelings van die appellant.
Dit blyk verder uit die oorkonde dat die appellant vir
‘n periode
van ongeveer drie maande verhoorafwagtend in hegtenis aangehou was
voordat hy gevonnis is. Hierdie feit is nie deur
die landdros in
oorweging geneem nie.
Na
my mening sou ‘n gepaste vonnis wees een van twee jaar
gevangenisstraf waarvan een jaar gevangenisstraf voorwaardelik
opgeskort
is.
Bygevolg
sou ek die volgende bevel hierin verleen:
8.1
Die
appél teen die skuldigbevinding word van die hand gewys.
8.2
Die
appél teen die vonnis slaag, en word die vonnis die appellant opgelê
tersydegestel en vervang met die volgende : “Twee (2)
jaar
gevangenisstraf waarvan een (1) jaar gevangenisstraf opgeskort word
vir ‘n periode van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde
nie gedurende die tydperk van opskorting skuldig bevind word aan
diefstal of enige ander misdryf waarvan oneerlikheid
‘n element is
en waarvoor hy gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van
‘n boete nie.”
8.2.1
Die
vonnis word terugdateer na 22 Maart 2002
.
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
Ek
stem saam en dit word so gelas.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV GT LANGENHOVEN
NAMENS
RESPONDENT : ADV PSC CALITZ
DATUM
VAN VERHOOR : 2003-02-24
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2003-02-27