About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 26
|
|
Pienaar v S (CA&R 122/02) [2003] ZANCHC 26 (24 February 2003)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA&R
122/02
Datum verhoor: 24
Feb 2003
Datum
gelewer: 24 Feb 2003
In
die appél van
:
PETRUS
PIENAAR APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en vonnis.
Hy is na ân verhoor in die landdroshof skuldig bevind op
ân
aanklag van diefstal van 2 stoele ter waarde van R500.00 en die
verrigtinge is daarna gestaak en die aangeleentheid verwys
na die
streekhof vir vonnis ingevolge die bepalings vervat in art 116(1)(b)
van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977.
Die
appellant is toe daarna in die streekhof gevonnis tot 4 jaar
gevangenisstraf.
Die
appellant, wat regsverteenwoordig was tydens sy verhoor, het
onskuldig gepleit en sy swygreg uitgeoefen ten aansien van ân
pleitverduideliking. Die Staat het die getuienis gelei van
inspekteur Duncan Vertue van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)
te Kimberley. Hy het getuig dat op die datum van die voorval hy ân
telefoniese klagte ontvang het van diefstal komende van ân
mnr
Schoeman van die
Horseshoe
Motel
(â
die
motel
â).
Die klagte was tot die effek dat mnr Schoeman ân persoon gesien
het wat een van die stoele gedra het wat behoort aan die
motel.
Meneer Vertue se getuienis verder is dat hy mnr Schoeman ontmoet het
by ân padstal te Memorialweg, dit is die pad wat
uitgaan na
Kaapstad. Daar het mnr Schoeman ân persoon (wat later blyk die
appellant te wees) uitgewys en inspekteur Vertue,
vergesel van die
appellant, is na die padstalletjie waar hulle onder ân seil twee
stoele gevind het. Dié stoele het mnr Schoeman
uitgeken as die
eiendom van die motel. In kruisondervraging het dit geblyk dat die
appellant se verweer is dat dié stoele
res
derelictae
was aangesien hy dit geabandoneer gevind het by die begraafplaas
langsaan Memorialweg waar hy (die appellant) werksaam was. Volgens
die appellant se weergawe soos gestel in kruisondervraging, sou dié
stoele in ân stukkende toestand gewees het en was dit sy
voorneme
om die eienaar van die padstalletjie waar die stoele later gevind
was te versoek om dit vir hom te herstel. Inspekteur
Vertue was die
mening toegedaan dat dié stoele in ân goeie toestand was.
Meneer
Wilhelm Lourens Schoeman, die eienaar van die motel, het daarna
getuig dat hy op die dag van die voorval op pad was uit die
middestad na die motel op Memorialweg toe hy ân persoon aan die
regterkant van die pad sien stap het met ân stoel wat mnr.
Schoeman uitgeken het as die eiendom van die motel. Hy het
stilgehou en die persoon dopgehou en opgemerk hoe hy die stoel onder
ân seil by ân padstalletjie versteek. Meneer Schoeman het die
SAPD in kennis gestel en het verder bevestig dat hy en insp.
Vertue
in die teenwoordigheid van die beskuldigde 2 van die motel se stoele
onder die seil aangetref het. Meneer Schoeman was
absoluut seker
daarvan dat die stoele die eiendom is van die motel en dat dit nog
in ân baie goeie toestand was en nie in ân
haglike toestand soos
wat die appellant dit wou hê onder kruisondervraging nie.
Die
appellant self het ook getuig en sy weergawe was dat hy by die
begraafplaas langsaan Memorialweg gewerk het as ân arbeider
op
daardie stadium. Hy het, terwyl hy besig was om te skoffel daar, 2
stoele onder ân boom opgemerk. Die stoele was half stukkend
en hy
het dit geneem na ân man wat hy ken by die padstal daar naby en
aan hierdie man gevra om dit vir hom te herstel. Op instruksies
van
hierdie man het hy albei stoele onder die seil by die padstal
gebêre. Hy bevestig dat hy later gearresteer is en dat in die
teenwoordigheid van insp. Vertue en mnr. Schoeman die stoele ontdek
is daar onder die seil.
Die
landdros het die staatsgetuies as geloofwaardig aangemerk en hulle
weergawes aanvaar en dié van die appellant aan die ander
kant
verwerp as vals bo redelike twyfel. Me Bester, wat namens die
appellant voor ons verskyn het, het halfhartig aangevoer dat
die
appellant se weergawe dat hierdie geabandoneerde stoele was wat hy
ontdek het in die begraafplaas, redelik moontlik waar kan
wees
aangesien ân groot aantal mense volgens mnr. Schoeman geredelik
toegang tot die konferensiesaal waar die stoele geberg word,
toegang
het. Sy het nie die geloofwaardigheidsbevindinge van die landdros
hoegenaamd aangeval nie. In elk geval is die beperkte
bevoegdhede
van ân Hof van Appél om in te meng met
geloofwaardigheidsbevindinge van die
Hof
a quo
,
nou alreeds welbekend.
Wanneer
die getuienis op die oorkonde voor ons nou beoordeel word met
aanvaarding van die landdros se geloofwaardigheidsbevindinge,
dan
meen ek dat dit oorvloediglik bewese is dat die appellant homself
skuldig gemaak het aan diefstal. Selfs op sy eie weergawe,
naamlik
dat hy die stoele aan homself toegeëien het, terwyl hy deeglik
bewus daarvan was dat dit die eiendom van iemand anders
was, is hy
skuldig aan diefstal. Ek meen egter dat die geleerde landdros tereg
die appellant se weergawe verwerp het as vals bo
redelike twyfel.
Dit is deurspek met onwaarskynlikhede en was die appellant op ân
nalees van die oorkonde duidelik nie ân
bevredigende getuie nie.
Die getuienis van die Staat aan die ander kant is baie meer
waarskynlik, pas dit behoorlik in die prentjie
in, inaggenome die
geloofwaardigheidsbevindinge van die landdros, moet aanvaar word dat
die staatsgetuies die waarheid aan die
hof vertel het. So gesien,
dus is ek die mening toegedaan dat daar absoluut geen meriete op
appél teen skuldigbevinding is nie
en is die appellant na my mening
behoorlik skuldig bevind aan diefstal.
Wat
vonnis aanbetref, het me Bester groot klem gelê daarop dat die
waarde van die 2 stoele slegs ongeveer R500.00 is. Met verwysing
na
sekere gewysdes het sy aan die hand gedoen dat die streeklanddros
wat die vonnis van 4 jaar gevangenisstraf opgelê het, die
bepaalde
aspek van die waarde van die stoele buite die oog verloor het en
heeltemal te veel klem gelê het op die appellant se
vorige
veroordelings.
Wat
die appellant se persoonlike omstandighede aanbetref blyk dit uit
die oorkonde dat hy getroud was met 2 kinders van 15 en 18
jaar oud.
Soos alreeds aangedui hierin was hy ten tyde van die voorval
werksaam as ân algemene arbeider by die begraafplaas
langs
Memorialweg. Hy het maar standerd 2 op skool behaal. Wat egter van
kardinale belang is in hierdie saak, is die appellant
se
indrukwekkende
lys
van vorige veroordelings. Hy het naamlik nie minder nie as 11
vorige veroordelings waarby ân element van oneerlikheid betrokke
is. Dit val dan ook nie vreemd op nie dat die appellant by meer as
een geleentheid vantevore al by vonnisoplegging gewaarsku is
dat hy
as ân gewoontemisdadiger verklaar mag word.
Die
streeklanddros het by vonnisoplegging wel deeglik die aspek van die
lae waarde van die stoele in ag geneem. Inteendeel, hy
het in sy
uitspraak te kenne gegee dat as dit nie was vir die veelvuldige
vorige veroordelings vir oneerlikheidsmisdrywe van die
appellant
nie, hy heel moontlik ân vonnis anders as direkte gevangenisstraf
sou oorweeg het. Ek meen dat die streeklanddros
heeltemal tereg die
appellant se kommerwekkende misdaadrekord as strafverswarende
omstandigheid aangemerk het.
â
n
Hof van appél kan met ân vonnis inmeng slegs as daar ân
mistasting begaan is deur die vonnisoplegger, of as die vonnis
skokkend
onvanpas is. Verder moet ân hof van appél ten aansien
van vonnis in aanmerking neem dat hy slegs geregtig sal wees om in
te
meng met die vonnis as hy tevrede is dat die verhoorhof nie sy
vonnisdiskresie redelik uitgeoefen het nie.
Sien
in dié verband:
S
v Matlala 2003(1) SASV 80 (HHA)
te 83 b-f.
Daar
is nie sprake van enige mistastings in die oplegging van die vonnis
in hierdie saak nie. Wat eerder hier gesuggereer word
is dat die
vonnis skokkend onvanpas is. Ek is die mening toegedaan dat dit nie
die geval is hier nie â die appellant se indrukwekkende
lys van
vorige oneerlikheidsmisdrywe verg slegs een vonnis en dit is een van
direkte gevangenisstraf. Ek meen nie dat die verhoorlanddros
onredelik was in die uitoefening van sy diskresie wat vonnis
aanbetref nie en is die vonnis van 4 jaar gevangenisstraf na my
mening
ân ewewigtige gebalanseerde vonnis inaggenome die appellant
se misdaadrekord.
By
gevolg word die appél van die hand gewys. Die appellant se
skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV A BESTER
NAMENS
RESPONDENT : ADV PSC CALITZ
DATUM VAN VERHOOR : 24
FEBRUARIE 2003
DATUM
VAN UITSPRAAK : 24 FEBRUARIE 2003