Thabane v S (CA&R 123/02) [2003] ZANCHC 25 (24 February 2003)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Attempted Rape — Appellant convicted of attempted rape of a 14-year-old girl — Appellant's defense denied any intent to rape, claiming the incident was a misunderstanding — Court found the victim's testimony credible, corroborated by medical evidence of assault — Legal issue of whether the appellant's actions constituted an attempt to commit rape — Court held that the assault with intent to achieve sexual intercourse against the victim's will amounted to an attempt to rape, affirming the conviction and sentence of six years imprisonment as appropriate in light of the seriousness of the offense and the need to protect vulnerable children.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 25
|

|

Thabane v S (CA&R 123/02) [2003] ZANCHC 25 (24 February 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
SAFLII
Note:
Certain personal/private details of
parties or witnesses have been redacted from this document in
compliance with the law
and
SAFLII
Policy
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA&R
123/02
Datum verhoor: 24
Feb 2003
Datum
gelewer: 24 Feb 2003
In
die appél van
:
ISAAC
THABANE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant is skuldig bevind op ‘n aanklag van poging tot
verkragting en is ‘n vonnis van 6 jaar gevangenisstraf opgelê
in
die plaaslike streekhof. Hy kom nou in hoër beroep teen beide sy
skuldigbevinding en vonnis.
Die
Staat het die appellant dit ten laste gelê dat hy gepoog het om
M.M. (“
die klaagster
”),
‘n 14-jarige standerd 7-leerling, te verkrag. Om dié aanklag te
bewys het die Staat die getuienis gelei van die klaagster
sowel as
haar ouma. Die klaagster het getuig dat sy op die dag van die
voorval omstreeks 16h30 die middag op pad was huistoe
saam met haar
vriendinne. Naby ‘n sportstadion het haar vriendinne terug
gedraai huistoe, want die klaagster het gesê dat
sy met die
appellant, wat haar oom is, en dié se vrou verder sou loop na haar
huis toe.
Sy het die appellant en sy vrou
teëgekom langs die pad in die omgewing van die sportstadion. Die
appellant se vrou was egter
nie bereid om saam te stap nie, want sy
het te kenne gegee dat sy moeg is. Die appellant het later agter
die klaagster aangekom
en vir haar geskree dat hy haar wel huis toe
sal neem. Hulle 2 het toe saam geloop en op ‘n stadium het die
appellant haar
hand vasgehou en gesê dat hy lief is vir haar en dat
sy hom moet “
owe
”,
d.w.s. dat hy graag met haar geslagsgemeenskap sou wou hê.
Sy
het geweier en hy het kwaad geword en haar die veld ingetrek. Daar
het hy haar verwurg en haar geslaan met ‘n gebalde vuis
op haar
oog. Hy het haar vasgegryp en sy het hom op sy regtertepel gebyt en
weggehardloop. Op ‘n stadium het hy haar ook gepootjie
dat sy val,
maar sy het toe opgestaan. Sy het vir haar ouma by die huis vertel
wat gebeur het en die saak is toe by die polisie
aanhangig gemaak.
Sy is ook na die distriksgeneesheer geneem vir ‘n mediese
ondersoek. Uit kruisondervraging het dit geblyk
dat die appellant
se verweer is dat hy glad nie gepoog het om die klaagster te verkrag
nie en dat hy haar glad nie aangerand
het nie. Volgens sy verweer
het hy en sy wederhelf saam met die klaagster halfpad na klaagster
se huis toe geloop.
Die
klaagster se ouma, E.M., het bevestig dat die klaagster om ongeveer
18h00 die namiddag van die voorval by die huis opgedaag
het en gelyk
het asof sy geskrik het. Die klaagster het aan haar meegedeel wat
die appellant aan haar gedoen het. Volgens mev.
M. was die
klaagster se een oog opgeswel. Die klaagster het haar meegedeel dat
die appellant haar aangerand het, die veld ingetrek
het en gesê het
dat sy hom moet “
owe
”. Sy het aangevoer dat die
appellant met haar gemeenskap wou hê. Daar is toe ‘n saak by die
polisie aanhangig gemaak.
In kruisondervraging het mev. M. bevestig
dat die klaagster se oog die volgende dag blou geraak het onder.
By
ooreenkoms tussen die Staat en die verdediging is twee mediese
verslae, in die algemeen bekend as J88’s, ingehandig en die
inhoud
daarvan is erken. Die eerste verslag is ten aansien van die
klaagster se beserings – daarvolgens het die dokter sagte

weefselbeserings rondom haar nek bespeur. Die tweede verslag handel
oor die appellant – daarvolgens was daar sigbare bytmerke
op sy
regterbors.
Die
appellant self het getuig en het bevestig dat hy verwant is aan die
klaagster. Volgens hom het hy en sy vrou en ene Rina,
‘n
kleinniggie van hom, op die bepaalde dag huistoe gestap en die
klaagster en haar vriendinne langs die pad ontmoet. Die
klaagster
het hulle versoek om halfpad huistoe saam met haar te stap en hulle
het toe ingestem. Hy en sy vrou het toe saam met
die klaagster
gestap – hulle het op ‘n stadium teruggedraai en die klaagster
het alleen verder gestap. Hy het ontken dat
hy hoegenaamd die
klaagster aangerand het of gepoog het om haar te verkrag. Hy het
verduidelik verder dat hy vroeër die dag
van die voorval ‘n
onderonsie opgedoen het met 2 mans en dat een van hulle hom op sy
bors geslaan het – vandaar die beserings
wat later deur die doter
aangemerk is. Hy het ook aangedui dat die betrokke dokter wat hom
ondersoek het, deur ‘n vroue polisiebeampte
meegedeel is dat die
wonde op die appellant se bors bytmerke is, daarom het die dokter op
die J88-vorm wat ingehandig is as bewysstuk,
aangeteken dat dit
bytmerke is.
Die
appellant se wederhelf, Jane Mokgakwe, het ook getuig en het
grootliks die appellant se weergawe soos voormeld bevestig.
Die
landdros het in sy uitspraak voor oë gehou dat die klaagster as
enkelgetuie oor die voorval se getuienis met versigtigheid
benader
moet word en het hy ook sodanige versigtigheid aan die dag gelê.
Hy het bevind dat die klaagster selfversekerd was
toe sy getuig het
en dat daar geen onwaarskynlikhede in haar weergawe voorkom nie.
Volgens die landdros se uitspraak was daar
geen motief by haar om
die appellant vals te inkrimineer nie, veral as in ag geneem word
dat hulle aan mekaar verwant is. Die
landdros het ook die klaagster
se ouma, mev M., as ‘n geloofwaardige getuie aangemerk. Die
landdros was die mening toegedaan
dat die appellant en sy vrou
saamgespan het om ‘n vals weergawe voor die hof te plaas – hy
het dan ook hierdie weergawe verwerp
as vals bo redelike twyfel.
Op
appél het mnr. Langenhoven, wat namens die appellant verskyn, slegs
een aspek van die skuldigbevinding aangeveg, te wete dat
die
landdros gefouteer het deur die handelinge wat die appellant daardie
dag gepleeg het aan te merk as poging tot verkragting.
Na submissie
van mnr. Langenhoven het die gewraakte handelinge bloot neergekom op
gewone aanranding wat ‘n bevoegde uitspraak
op die ten laste
gelegde misdryf sou wees. Hierdie submissie gaan grootliks daaroor
dat die appellant se optrede nie as die
begin van ‘n
uitvoeringshandeling van die misdryf
poging tot verkragting
daarstel nie.
In
R v B 1958(1) SA 199 (A)
is die appellant in daardie
aangeleentheid aangekla van verkragting en in die alternatief van
oortreding van die destydse Ontugwet.
Die appellant was daar
onskuldig bevind op die hoofaanklag en skuldig aan die alternatiewe
aanklag. Die verhoorregter het ‘n
regsvraag voorbehou, naamlik of
die getuienis in daardie saak wel poging om die misdryf soos vervat
in die Statuut te pleeg daarstel.
Op appél laat Schreiner AR hom
as volg uit te 204 B-D:
“
But of more
importance for present purposes is the difficulty in conceiving of
cases of assault with intent to rape which would
not be attempts to
rape. If such cases can exist they would, I think, have to be cases
in which the assault is committed in order
to incapacitate the woman
with a view to raping her, not there and then, but at some later
time. Apart from such wholly exceptional
and rather far-fetched
cases I apprehend that if a man assaults a woman in order to have
intercourse with her against her will
he attempts to rape her. In my
view, which I believe accords with the general practice, the stage of
attempt is reached as soon
as the assault takes place and before any
direct effort is made to effect penetration. Of course, if what the
man did was, though
an assault, equivocal, it may not be possible to
affirm beyond reasonable doubt that his purpose was to effect
penetration. In
such a case the proper verdict may be one of
indecent or common assault. But once the acts prove that the purpose
was to achieve
forcible intercourse they constitute in my view an
attempt to rape.”
Toegepas
op die feite op die onderhawige saak, is ek tevrede dat, alhoewel
die appellant nie die klaagstertjie enigsins betas
of gepoog het om
haar klere uit te trek of sy eie klere uit te trek nie, soos wat
mnr. Langenhoven betoog het, dit opsigself
nie afbreuk daaraan doen
dat hy wel skuldig is aan poging tot verkragting nie. Soos
Schreiner AR
supra
aantoon, is die blote aanranding met die
oog om uiteindelik geslagsgemeenskap te voer met die klaagster,
heeltemal voldoende
om bewys bo redelike twyfel van poging tot
verkragting daar te stel.
In
R v Schoombee
1945 AD 541
te 545-6, het Watermeyer HR die
kwessie van poging om ‘n misdryf te pleeg as volg onder die loep
geneem:
“
Attempts seem
to fall naturally into two classes: (a) Those in which the wrongdoer,
intending to commit a crime, has done everything
which he set out to
do but has failed in his purpose either through lack of skill, or of
foresight, or through the existence of
some unexpected obstacle, or
otherwise, (b) those in which the wrongdoer has not completed all
that he set out to do, because the
completion of his unlawful acts
has been prevented by the intervention of some outside agency. “
Verder
aan te 547 verklaar die geleerde Hoofregter as volg:
“
It seems,
therefore, that in the case of interrupted crimes an attempt to
commit such crime is proved when the Court is satisfied
from all the
circumstances of the case that the wrongdoer, at the time when he was
interrupted, intended to complete the crime
and that he had at least
carried his purpose through to the stage at which he was "commencing
the consummation".”
Na
my mening val die feite kompleks in hierdie saak vierkantig binne
kagegorie (b) van Watermeyer HR se
dictum
hierbo aangehaal.
Die appellant het sommige, maar nie al die voorbereidende stappe
geneem om die misdryf te pleeg, maar kon
hy nie verdere
voorbereidende stappe neem nie omdat die klaagster hom op sy
regtertepel gebyt het en sy toe laat spaander het.
Ek is derhalwe
heeltemal tevrede dat die skuldigbevinding regtens in orde is.
Wat
vonnis aanbetref het mnr Langenhoven, namens die appellant,
aangevoer dat die vonnis skokkend onvanpas is en dat die landdros

nie eens ander vonnisopsies oorweeg het nie. Hy het aangevoer dat
hierdie slegs op ‘n baie tegniese basis as
poging tot
verkragting
aangemerk kan word en dat die vonnis wat opgelê is
nie daarmee tred hou nie.
Dit
is so soos mnr Langenhoven voorgehou het dat die appellant geen
verwante vorige veroordelings het nie en dat die klaagster
nie
ernstige beserings opgedoen het nie. Sy is verder ook glad nie
onsedelik aangerand nie. Wat egter deeglik voor oë gehou
moet word
en wat die geleerde landdros tereg hierin gemeld het tydens
vonnisoplegging, is dat die howe ‘n plig teenoor die
breë
gemeenskap het om weerlose kinders soos die klaagster in die
onderhawige geval te beskerm teen voornemende verkragters
soos die
appellant. Daarom is dit nie vreemd nie dat die wetgewer dit
goedgedink het om kragtens die bepalings vervat in Wet
105 van 1997,
die Strafregwysigingswet, ‘n minimum vonnis van lewenslange
gevangenisstraf voor te skryf waar daar nie wesenlike
en dwingende
omstandighede bestaan nie, vir die verkragting van ‘n dogter onder
16 jaar oud soos die klaagster in die onderhawige
geval is. As
daardie bepaalde faktor in ag geneem word, dan meen ek dat daar
eweneens swaar vonnisse opgelê moet word op misdadigers
soos die
appellant wat poog om dogters onder die ouderdom van 16 jaar soos
die klaagster te verkrag. Daar is geen mistasting
voorgehou aan die
kant van die landdros nie en is daar ook geen aan te merk op die
oorkonde nie. Ek vind nie die vonnis skokkend
onvanpas nie en meen
dat ‘n vonnis van ses jaar gevangenisstraf vir ‘n persoon soos
die appellant, inaggenome sy persoonlike
omstandighede, die erns van
die misdryf en die belange van die gemeenskap, ‘n billike en
redelike vonnis is. Ons as hof van
appél het uiters beperkte
bevoegdhede om in te kan meng met ‘n vonnis. Die gronde van
inmenging bestaan hoegenaamd nie in
hierdie saak nie en is ek
derhalwe tevrede dat die vonins in orde is.
By
gevolg word die appél van die hand gewys en die skuldigbevinding en
vonnis van die appellant word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ
LACOCK
REGTER
NAMENS APPELLANT : ADV GT
LANGENHOVEN
NAMENS
RESPONDENT : ADV PSC CALITZ
DATUM
VAN VERHOOR : 24 FEBRUARIE 2003
DATUM
VAN UITSPRAAK : 24 FEBRUARIE 2003