Hoerskool Namakwaland and Another v Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys, Opleiding, Kuns en Kultuur in die Noord-Kaapse Provinsiale Regering and Another (1241/2001) [2003] ZANCHC 24 (21 February 2003)

45 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Administrative Law — Appeal — Application for leave to appeal against a decision of the High Court — Respondents contending that the court erred in its findings regarding the interests of unsuccessful candidates and the proper interpretation of statutory provisions — Court finding no reasonable prospect of another court reaching a different conclusion — Leave to appeal refused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 24
|

|

Hoerskool Namakwaland and Another v Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys, Opleiding, Kuns en Kultuur in die Noord-Kaapse Provinsiale Regering and Another (1241/2001) [2003] ZANCHC 24 (21 February 2003)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer aan
Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(N
oord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: 1241/2001
Datum
Verhoor: 2003-02-13
Datum
Gelewer: 2003-02-21
In
die saak van
:
HOëRSKOOL
NAMAKWALAND
EERSTE APPLIKANT
DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE HOëRSKOOL
NAMAKWALAND
TWEEDE
APPLIKANT
en
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD VIR
EERSTE
RESPONDENT
ONDERWYS, OPLEIDING, KUNS EN KULTUUR
IN DIE NOORD-KAAPSE PROVINSIALE REGERING
DIE
DEPARTEMENTSHOOF: DEPARTEMENT
TWEEDE
RESPONDENT
VAN ONDERWYS, OPLEIDING, KUNS EN
KULTUUR
VAN DIE PROVINSIE NOORD-KAAP
Coram:
MAJIEDT R
UITSPRAAK
:
AANSOEK OM VERLOF OM TE
APPELLEER
MAJIEDT R:
Die respondente doen aansoek om
verlof om te appelleer teen die geheel van my uitspraak.
Gerieflikheidshalwe sal ek in hierdie
uitspraak verwys na die partye
soos hulle in die hoofaansoek gefigureer het.
Die toets op hierdie stadium is of ‘n
ander hof redelikerwys tot ‘n ander bevinding sal kom as dié
bevinding waartoe ek gekom
het tydens my uitspraak.
Die respondente het ‘n hele aantal
gronde vir hul aansoek voorgehou, maar is ek van mening dat die
wesenlikste aspekte waarop
verlof versoek word, die volgende is:
of hierdie hof homself wanvoorgelig
het deur te bevind dat ook die onsuksesvolle kandidate vir die
verskillende poste ‘n direkte
en wesenlike belang by die
beregting van die saak het en derhalwe gevoeg moes gewees het as
partye;
of hierdie hof gefouteer het deur té
veel klem te lê op die feit dat vanweë die verkeerde advertering
van die poste deur die
departement, die eerste applikant se
kurrikulum behoeftes vooropgestel moes word in die vulling van die
poste;
of hierdie hof homself wanvoorgelig
het deur te bevind dat dit nie nodig is om ‘n pertinente
bevinding te maak aangaande die
korrekte interpretasie van die
bepalings vervat in art 7(1) van die Wet op Indiensneming van
Opvoeders (‘
die Wet’
)
met inagneming van die
beslissing in die saak van
High School Carnarvon v
MEC Education, Training, Arts & Culture of the Northern
Cape Provincial Government and another
[1999] 4 All SA 590
(NK)
,
waarna ek verder hierin sal verwys as die “
Carnarvon-saak”
.
Daar is na my mening hoegenaamd geen
meriete in die punt
in limine
ten aansien van subparagraaf
(a) hierbo waarop verlof om te appelleer versoek word. Ek het in
die saak van
Laerskool Gaffie Maree en ‘n ander v LUR vir
Onderwys, Kuns & Kultuur, Noord-Kaap Provinsie en andere
(saaknr. 1240/2001, ongerapporteerd en gelewer op 2 Augustus
2002) hierdie aspek in deeglike oorweging geneem en is ek die mening
toegedaan dat daar geen vooruitsigte is dat ‘n ander hof
redelikerwys tot ‘n ander bevinding sal kom as dié een waartoe ek
gekom het nie.
‘
n Aspek wat voorgehou word in die
aansoek om verlof om te appelleer wat na my mening aansienlik meer
substansie om die lyf het,
is die vraag oor die benadering ten
aansien van die eerste applikant se kurrikulum behoeftes. Aangesien
die Departement van Onderwys
(‘
die Departement
’) die
vakatures verkeerd geadverteer het, het ‘n magdom van applikante
aansoek gedoen vir die vakante poste. Gemeet aan die
oorspronklike
versoek wat die eerste applikant deurgegee het aan die departement
van onderwys, het die oorgrote meerderheid van
hierdie applikante
nie gekwalifiseer vir die poste nie omdat hulle nie die nodige vakke
aangebied het nie. My bevinding in die
uitspraak was dat die tweede
applikant geregtig was om te reageer op die advies wat hulle
gemeensaaklik van die departementele
amptenare ontvang het om,
vanweë hierdie oorsig aan die kant van die Departement ten aansien
van die advertering van die vakatures,
die skool se kurrikulum
behoeftes voor op te stel. Die vraag wat derhalwe ontstaan is die
volgende:
Is daar redelikerwys ‘n moontlikheid dat ‘n ander
hof mag bevind dat ek in my uitspraak te veel klem gelê het daarop
dat die
tweede applikant genoodsaak was om die eerste applikant se
kurrikulum behoeftes voor op te stel en sodoende die kwessie van
transformasie
op die agtergrond te skuif?
Ek het dié aspek
sorgvuldig oorweeg en het tot die slotsom gekom dat daar op die
feite in hierdie saak nie so ‘n redelike moontlikheid
bestaan nie.
Per slot van sake moet onthou word dat die skool se kurrikulum
behoeftes
per se
nie die enigste oorweging in die proses van
sifting, kortlysting, onderhoudvoering en keuring was deur die
tweede applikant en
sy subkomitees nie. Daar was ‘n hele aantal
voorvereistes waaraan voldoen moes word, welke voorvereistes
voorgeskryf word in
die sogenaamde
Personnel Administration
Measures
. Op die stukke meen ek dat dit oorvloediglik bewese is
dat die applikante wel daardie vereistes nagekom het. Ek is
derhalwe van
mening dat daar nie meriete is in hierdie grond van
appél nie.
Alvorens ek handel met aspek (c)
hierbo, is dit nodig om te verwys na ‘n submissie wat mnr Danzfuss
namens die respondente gemaak
het tydens die aansoek om verlof om te
appelleer en wel die benadering by ‘n saak soos hierdie waar dit
gaan om die hersiening
van ‘n besluitnemer (die tweede respondent)
se besluit. Aldus mnr Danzfuss se submissies het hierdie hof
homself wanvoorgelig
deur die aansoek te beoordeel aan die hand van
die wyse waarop tweede applikant sy besluit geneem het en dan te
probeer vasstel
of tweede applikant se besluit gegrond is. Só ‘n
benadering kom, volgens hom, daarop neer dat tweede applikant se
besluit hersien
moet word, terwyl dit inderdaad die respondent se
besluit is wat op hersiening geneem word. Volgens hom was die
korrekte benadering
om te oordeel of die tweede respondent se
besluit om nie die aanbevelings van die tweede applikant te
implementeer onreëlmatig
en derhalwe hiersienbaar is. Hierdie is
na my mening ‘n sirkelargument. Wanneer die bepalings van art 6
van die Wet onder
beskouing geneem word, dan is dit duidelik dat die
tweede respondent statutêr verplig word om ‘n oordeel te vel oor
die prosedure
wat gevolg word deur die tweede applikant. Daardie
betrokke wetsbepaling vereis dat hy ‘n oordeel moet vel of die
beheerliggaam,
soos die tweede applikant hierin, korrek die statutêr
voorgeskrewe prosedures nagekom het. Slegs indien die tweede
respondent
van oordeel is dat die tweede applikant versuim het om
die voorgeskrewe statutêre prosedures na te kom, is die tweede
respondent
geoorloof om te weier om ‘n aanbeveling ten aansien van
vulling van ‘n vakante pos te implementeer. Sodoende word op
hersiening
nagegaan deur ‘n hof of die tweede respondent in die
uitoefening van sy diskresie ingevolge art 6 se bepalings, die
tweede
respondent geregverdig was om die besluit te neem wat hy wel
gedoen het. Die tweede respondent se optrede kan nie op hersiening
in isolasie beoordeel word nie – dit hang tog uiteindelik saam en
is nou verweef met die optrede van die tweede applikant as
beheerliggaam. Ek is derhalwe van mening dat die benadering
toegepas in die uitspraak die korrekte een is op hierdie aspek.
Wat betref die interpretasie van
art 7(1) van die Wet en die
Carnarvon
-saak, het ek tot
die bevinding gekom dat dit nie nodig is om te bevind of Alkema WnR
tot ‘n korrekte bevinding gekom het
in die
Carnarvon
-saak
nie, aangesien dit nodig was op die feite om so ‘n beslissing te
maak nie. Ek het weliswaar my bedenkinge in ‘n
obiter dictum
uitgespreek oor Alkema WnR se uitspraak, maar neem dit die
aspek nie verder nie. Die vraag wat derhalwe ontstaan is of ek
myself wanvoorgelig het deur te bevind dat die feite in hierdie saak
sodanig is dat dit nie nodig is om ‘n oordeel te vel oor
die
korrekte interpretasie van art 7(1) van die Wet nie. Ek was
aanvanklik die ferm
prima facie
-mening toegedaan dat ek
behoort verlof te verleen om te appelleer aan die respondente bloot
op hierdie grond alleen. Hierdie aspek
is van besonder groot belang
vir beheerliggame regdeur hierdie Provinsie en natuurlik ook vir die
Departement self. Ek is meegedeel
vanaf die Balie en is inderdaad
bewus daarvan dat daar ‘n hele aantal van hierdie aansoeke is wat
óf voor die hof hangend is
óf wat nog aanhangig gemaak gaan word
aangaande hierdie aspek. Dit is verder ook so dat daar in ten
minste een ander saak waarvan
ek bewus is, naamlik die beslissing
van
Settlers Agricultural High School and another v Head of
Department, Department of Education, Limpopo Province and Others
(ongerapporteerd, saakno. 16395/02 in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling) Bertelsman R, by implikasie met goedkeuring verwys
het na
Alkema WnR se beslissing in die
Carnarvon
-saak. Ek het
die aangeleentheid sorgvuldig oorweeg en is ek tevrede dat die feite
in hierdie saak dit nie nodig maak om ‘n bevinding
op die
regsaspek soos voormeld te maak nie. Dit sou na my mening ‘n
akademiese oefening wees, aangesien die respondente hoegenaamd
nie
aangedui het op die stukke hierin nie dat daar ander gekwalifiseerde
kandidate was wat transformasie sou bevorder mits hulle
in die poste
waarin Mev Briel en Mej Van Jaarsveld aanbeveel was, aangestel sou
gewees het nie. Die futiliteit daarvan om die
Hoogste Hof van Appél
of ‘n Volbank van hierdie Afdeling te belas met ‘n appél wat
eintlik maar akademies van aard sal wees,
is welbekend. Ek is
derhalwe die mening toegedaan dat, ook op hierdie grond, daar nie
meriete in die aansoek om verlof om te appelleer
is nie.
‘
n Laaste aspek wat ek aan
oorweging moet skenk is die kwessie van die koste van die aansoek
ingevolge die bepalings vervat in
reël 49(11) van 17 Januarie
2003, welke koste oorgestaan het vir latere beregting by die
aanhoor van hierdie aansoek om
verlof om te appelleer.
Die applikante het op daardie datum
‘n dringende aansoek gebring dat my bevel in die hoofaansoek
geïmplementeer word, nieteenstaande
die feit dat die respondente
‘n kennisgewing van ‘n aansoek om verlof om te appelleer
geliasseer het by hierdie hof. Ek
het daardie aansoek van die hand
gewys en aangedui dat redes later sou volg. Die koste, soos ek
aangedui het, het oorgestaan
vir latere beregting.
As algemene vertrekpunt geld die
benadering dat koste gewoonlik die uitslag volg. Sien:
Fripp v
Gibbon & Co.
1913 AD 354
.
‘
n Suksesvolle party sal slegs in
hoogs uitsonderlike omstandighede van sy koste ontneem word.
Daardie omstandighede is na my
mening nie aanwesig in hierdie saak
nie.
In die uitoefening van my diskresie
ten aansien van koste neem ek as ‘n belangrike faktor in ag die
wyse waarop die applikante
gehandel het met hierdie Reël
49(11)-aansoek. Soos ek gemeld het, is die aansoek op ‘n
dringende basis gebring en het die
respondente slegs een hofdag tot
hul beskikking gehad om opponerende eedsverklarings in te dien in
daardie betrokke aansoek.
Daar was sekere briefwisseling tussen
die respondente se plaaslike prokureur en ‘n prokureur
Van Zyl
wat toe die waarnemende voorsitter van die tweede applikant was.
Uit daardie briefwisseling het dit duidelik geword dat die
applikante reeds so vroeg as 17 Desember 2002 bewus was van die
respondente se aansoek om verlof om te appelleer. Op 20 Desember
2002 het die applikante aangedui dat hulle ‘n aansoek gaan rig na
hierdie hof ingevolge Reël 49(11). ‘n Verdere kompliserende
faktor is dat die aansoek ingevolge Reël 49(11) apart afgehandel
moes word van hierdie aansoek om verlof om te appelleer, wat
natuurlik noodwendig ‘n duplisering van koste meegebring het.
Hierdie optrede van die applikante is ‘n verdere rede waarom
ek
meen dat dit onbillik en onredelik sou wees indien die koste van
die Reël 49(11)-aansoek nie die uitslag daarvan sou
volg nie.
Bygevolg is ek van mening dat ek behoort te gelas dat die
applikante die koste van daardie aansoek behoort te betaal.
Ek maak gevolglik die volgende bevel:
Die respondente se aansoek om verlof om te appelleer teen die
geheel van my uitspraak word afgewys met koste.
Die applikante word gelas om gesamentlik en afsonderlik die
koste van die aansoek ingevolge Reël 49(11) wat hulle gebring het

op 17 Januarie 2003 te betaal.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT NAMENS APPLIKANTE : ADVOKAAT JI DU TOIT
ADVOKAAT
NAMENS RESPONDENT : ADVOKAAT FWA DANZFUSS
PROKUREUR
VIR APPLIKANTE : VAN DE WALL & VENNOTE
PROKUREUR
VIR RESPONDENTE : HAARHOFFS ING.
DATUM
VAN VERHOOR : 2003-02-14
DATUM VAN UITSPRAAK : 2003-02-21