S v April (20/03) [2003] ZANCHC 22 (5 February 2003)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Sentence — Accused convicted of theft of a T-shirt valued at R49.99 and sentenced to a fine of R1000 or 9 months' imprisonment, with part of the sentence suspended — Court on review finds original sentence shockingly inappropriate, emphasizing the accused's personal circumstances as a first offender and the disproportionate nature of the additional suspended sentence — Original sentence set aside and replaced with a fine of R1000 or 9 months' imprisonment, with R500 or 5 months' imprisonment suspended for 5 years on condition of no further theft convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 22
|

|

S v April (20/03) [2003] ZANCHC 22 (5 February 2003)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hersieningsnr: 20/03
Saaknr: 808/02
Datum
gelewer: 2003-02-05
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
VIVIAN
APRIL BESKULDIGDE
Coram
:
KGOMO RP
et
MAJIEDT
R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigde is skuldig bevind aan diefstal van ‘n mans T-hemp ter
waarde van R49,99. Sy is gevonnis tot ‘n boete van R1000,00
of 9
maande gevangenisstraf waarvan R500,00 of 5 maande gevangenisstraf
opgeskort is plus ‘n verdere 9 maande gevangenisstraf
wat
opgeskort is vir 5 jaar op bepaalde voorwaardes.
Die
skuldigbevinding is regtens in orde, maar Goso WnR het die
opgelegde vonnis bevraagteken en die landdros het redes verskaf
vir
die vonnis wat sy opgelê het.
Die
vernaamste rede waarom die landdros hierdie bepaalde vonnis opgelê
het, is die feit dat oneerlikheidsmisdade in haar dorp skrikwekkende
afmetings aanneem. Verder meld sy dat al hoe meer werknemers van
hul werkgewers steel en het sy hierdie feit dat die beskuldigde
in
‘n vertrouensposisie was in ag geneem as ‘n strafverswarende
faktor.
Die
beskuldigde is ‘n eerste oortreder en het, toe die vonnis opgelê
is, ‘n deeltydse werk gehad waar sy ongeveer R200 tot
R300 per
maand verdien het. Sy is ongetroud, het geen afhanklikes nie en
woon by haar ouers. Toe die misdryf gepleeg is, was
sy werksaam by
Pep
Stores
waar die betrokke T-hemp vandaan gesteel is.
Dit
is weliswaar so dat dit strafverswarend is om van jou werkgewer te
steel en het die landdros dit tereg in ag geneem. Ek is
egter die
mening toegedaan dat hierdie vonnis skokkend onvanpas is, veral wat
betref die bykomende opgeskorte gevangenisstraf wat
opgelê is. Die
landdros gee dan ook tot ‘n mate hierdie feit toe. In
S
v Nkambule 1999(1) SASV 225(T)
is ‘n 18-jarige eerste oortreder wat 3 hemde ter waarde van R50,00
gesteel het, gevonnis tot 3 maande gevangenisstraf plus ‘n
boete
van R1000,00 of 5 maande gevangenisstraf. Die hof het op hersiening
die gevangenisstraf verander na een van 2 maande gevangenisstraf
omdat die beskuldigde daar alreeds 2 maande gevangenisstraf
uitgedien het. Van belang is dat die landdros in daardie saak ook
aangevoer het dat ‘n swaar vonnis geregverdig is, aangesien
winkeldiefstal epidemiese afmetings aangeneem het.
Desnieteenstaande
bevind Stafford R dat die vonnis wat opgelê
is onredelik, onbillik en skokkend onvanpas is.
Ek
is die mening toegedaan dat die landdros die strafverswarende
faktore heeltemal oorbeklemtoon het ten koste van die beskuldigde
se
gunstige persoonlike omstandighede en het sy gevolglik ‘n vonnis
opgelê wat skokkend onvanpas is en wat inmenging regverdig.
Die
beskuldigde is die geleentheid gebied om die onopgeskorte deel van
die boete af te betaal in paaiemente en is sy klaarblyklik
tans
besig om die opgelegde boete aldus af te betaal. Na my mening sal
dit ‘n meer gepaste vonnis daarstel indien die verdere
9 maande
gevangenisstraf wat opgeskort was op bepaalde voorwaardes, heeltemal
deurgehaal word.
By
gevolg word die beskuldigde se skuldigbevinding bekragtig, maar haar
vonnis word tersydegestel en vervang met die volgende:
R1000.00
(een duisend Rand) of 9 (nege) maande gevangenisstraf waarvan
R500.00 (vyf honderd Rand) of 5 (vyf) maande gevangenisstraf
opgeskort word vir ‘n tydperk van 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat
beskuldigde nie weer skuldig bevinding word aan diefstal of
‘n
poging daartoe gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Die landdros se bevel word bekragtig dat uitstel verleen
word aan
die beskuldigde om die onopgeskorte deel van die boete af te betaal
as volg:
op
31/01/03 R200.00
op
28/02/03 R200.00
op
31/03/03 R100.00
Hierdie
vonnis word terugdateer tot 24 Desember 2002.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
FD
KGOMO
REGTER-PRESIDENT