Eksteen v S (CA & R 112/02) [2003] ZANCHC 21 (3 February 2003)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Plea of guilty — Sentencing — Appellant convicted of possession of a counterfeit banknote and fraud — Appellant's personal circumstances included financial hardship and responsibility for four children — Original sentence of imprisonment for possession of counterfeit banknote deemed excessive given lack of actual harm caused — Sentence on first count set aside and replaced with a wholly suspended sentence — Conviction and sentence on second count of fraud upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 21
|

|

Eksteen v S (CA & R 112/02) [2003] ZANCHC 21 (3 February 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak no: CA &
R 112/02
Datum verhoor:
2003-02-03
Datum
gelewer: 2003-02-03
In
die appél van
:
CHRISTINA
JENNIFER EKSTEEN APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
WNR
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant kom in hoër beroep teen haar vonnis soos opgelê in die
Streekhof te Warrenton.
Die
appellant is op grond van haar aangebode pleit van skuldig soos
nader toegelig deur ‘n skriftelike art 112(2)
pleitverduideliking,
skuldig bevind op 2 aanklagte, te wete ‘n
oortreding van art 2(d)(i) gelees met art 1 van die Wet op
Voorkoming van
Vervalsing van Betaalmiddele, Nr 16 van 1965 sowel as
‘n verdere aanklag van bedrog. Sy is op die onderskeie aanklagte
gevonnis
tot 5 maande gevangenisstraf (aanklag 1) en tot 2 jaar
gevangenisstraf in terme van art 276(1)(i) van Wet 51 van 1977
(aanklag 2).
Alhoewel
die appellant in persoon voor ons verskyn het, was sy
regsverteenwoordig deur ‘n prokureur tydens haar verhoor. Uit
die
appellant se skriftelike pleitverduideliking, welke
pleitverduideliking en die feitebasis daarin vervat, aanvaar is deur
die
staatsaanklaer tydens die verhoor, blyk dat die omstandighede
waaronder die voormelde misdrywe gepleeg is die volgende is:
3.1 Wat
aanklag 1 aanbetref verklaar die appellant dat sy gedurende 1993 ‘n
aantal $100-note by ene Koos Waite ontvang het as vergoeding
omdat sy
na sy kinders omgesien het. Sy verklaar dat sy dié note in ‘n kas
gebêre het en daarvan vergeet het. In 1997 het sy
en haar man
geskei en het sy haar in ‘n finansiële penarie bevind. Die rede
daarvoor was dat haar man nagelaat en/of versuim
het om om te sien na
sy minderjarige kinders na die egskeiding. Sy het toe van die
$100-note onthou en het een van dié note na
die
Regina
Drankwinkel
geneem waar sy die eienaar geken het. Sy het die eienaar versoek om
dié noot vir haar om te ruil en die eienaar het versoek dat
sy wag
tot die volgende dag sodat hy die egtheid van die noot kan nagaan.
Die volgende dag het die eienaar haar meegedeel dat die
noot vervals
is en dat die polisie aanstons daar sal opdaag. Sy het derhalwe
erken, soos wat van staatsweë beweer is in die klagstaat
wat betref
aanklag 1, dat sy op die datum en tyd soos beweer deur die Staat by
die
Regina
Drankwinkel
wederregtelik en opsetlik en sonder wettige magtiging of verskoning
‘n vervalste banknoot, te wete ‘n $100-noot in haar besit
gehad
het.
3.2 Wat
aanklag 2 aanbetref verklaar die appellant in haar skriftelike
pleitverduideliking dat sy dié misdryf gepleeg het slegs 2
dae nadat
sy deur die eienaar van die
Regina
Drankwinkel
soos voormeld meegedeel is dat die $100-noot vervals is. Volgens
haar het sy die oorblywende 50 $100-note wat in haar besit was,
na ‘n
vriend geneem sodat hy dit by die Eerste Nasionale Bank kon gaan
omruil vir Suid-Afrikaanse geld. Sy was deeglik bewus dat
ook dié
note nie eg mag wees nie maar het nogtans daarmee voortgegaan. Sy
erken derhalwe dat sy wederregtelik en opsetlik die bank
bedrieg het
deur hulle te probeer oorreed om die vals geld om te ruil tot hulle
potensiële nadeel en dat sy derhalwe haar skuldig
gemaak het aan
bedrog soos ten laste gelê deur die Staat in aanklag 2.
Die
appellant se persoonlike omstandighede blyk grootliks uit 2
voorvonnisverslae wat aan die hof voorgehou is, te wete ‘n
proefbeampteverslag
deur ‘n maatskaplike werker te Warrenton asook
‘n korrektiewe toesigverslag deur ‘n korrektiewe beampte.
Daaruit blyk dat
sy ten tyde van vonnisoplegging 50 jaar oud was,
geskei was en dat sy nie ‘n vaste betrekking beklee het nie. Sy
het van tyd
tot tyd persone vervoer met haar voertuig en het
gemiddeld R300.00 per maand daarmee verdien. Haar tweede oudste
dogter het ‘n
maandelikse bydrae van R200.00 tot die onderhoud van
die familie gelewer. Dit is verder duidelik dat sy ‘n
sukkelbestaan voer,
veral inaggenome haar karige inkomste soos
voormeld asook die feit dat sy alleen verantwoordelik is vir die
onderhoud van 4 kinders,
aangesien haar gewese eggenoot versuim om
sy onderhoudsverpligtinge teenoor hulle na te kom. Sy is ‘n
eerste oortreder en is
prima
facie
berouvol oor haar daad, gegewe haar pleit van skuldig.
Verdere
strafversagtende faktore wat in aanmerking geneem moet word is dat
geen persoon daadwerklike nadeel gely het uit beide aanklagte
nie.
Hierdie
is klaarblyklik ernstige misdrywe wat gepleeg is teen die ekonomiese
verkeer en soos die geleerde landdros tereg uitgewys
het, ly die
breë gemeenskap daaronder as vervalste banknote in omloop geplaas
word. Die erns van die misdryf blyk uit die feit
dat op aanklag 1
daar ‘n vonnis van gevangenisstraf voorgeskryf word in Wet 16 van
1965 met ‘n maksimum van 5 jaar wat betref
oortredings van
art 2(d)(i) van daardie Wet. Soos die landdros ook tereg
aantoon kon die Staat netsowel die appellant aangekla
het van ‘n
oortreding van art 2(c) van daardie Wet instede van bedrog op
aanklag 2. Artikel 2(c) verbied die uitgifte,
aanbieding of
aanneming van enige vals munt of banknoot terwyl so ‘n persoon
weet dat dit vals is. Die wetgewer skryf, wat hierdie
bepaalde
misdryf betref, insgelyks ‘n vonnis van gevangenisstraf voor met
‘n maksimum van 15 jaar. Soos die landdros tereg
verder aantoon
is dit erg strafverswarend dat die appellant, nadat sy deeglik bewus
daarvan geword het dat die $100-note moonlik
almal vals mag wees (op
grond van die inligting wat sy bekom het van die eienaar van die
Regina
Drankwinkel
)
desnieteenstaande voortgegaan het om 50 $100-note, wat ‘n
aansienlike bedrag in Rand daarstel, aangebied het op ‘n
bedrieglike
wyse aan die Eerste Nasionale Bank om Suid-Afrikaanse
geld te bekom.
Die
landdros het ‘n deeglik oorwoë uitspraak op vonnis gelewer.
Daarvolgens het hy al die tersaaklike faktore deeglik in ag
geneem
en het besluit om die vonnisse op te lê wat hy wel opgelê het. Na
my mening kan daar nie geredekawel word met die vonnis
wat die
appellant opgelê is op aanklag 2 nie. Dit is inderdaad ‘n
ernstige misdryf en meen ek dat die opgelegde vonnis die
oogmerke
van straftoemeting bevredig.
Die
opgelegde vonnis op aanklag 1 staan egter na my mening op ‘n
ander been. Dit is weliswaar so dat hierdie ook ‘n ernstige
misdryf is, maar moet in ag geneem word dat:
niemand
enige nadeel gely het nie en
dat
daar slegs een $100-noot hier ter sprake was.
Verder
is dit opvallend dat in die saak van
S
v Van der Westhuizen 1995(1) SASV 601 (A)
,
vir ‘n oortreding van art 2(c) van die voormelde wet, die
Appélhof ‘n vonnis van 2 jaar gevangenisstraf ingevolge die
bepalings vervat in art 276(1)(i) bekragtig het op appél. Die
wetgewer het duidelik die oortreding ingevolge 2(c) van die
Wet in ‘n
baie ernstiger lig beskou as ‘n oortreding van art 2(d)(i)
welke oortreding hier ter sprake is. Na my mening
staan die
opgelegde vonnis op aanklag 1 in hierdie saak in skreiende kontras
met die vonnis opgelê in
S
v Van der Westhuizen
,
supra
,
tot dié mate dat dit skokkend onvanpas is. Daar moet deeglik in ag
geneem word dat die Staat dit goed gevind het om nie die feitebasis
van die appellant se pleit van skuldig te betwis nie. So gesien dus,
moet ‘n vonnisoplegger dit aanvaar dat die appellant haar
in ‘n
finansiële krisis bevind het wat veroorsaak is deur haar egskeiding
en die daaropvolgende weiering van haar gewese eggenoot
om sy
onderhoudsverpligtinge behoorlik na te kom.
Ek
is van mening dat die strafversagtende faktore sodanig is dat ‘n
algehele opgeskorte vonnis van 5 maande gevangenisstraf op
aanklag 1
‘n baie meer gepaste vonnis sal wees.
In
die omstandighede dus word die appellant se skuldigbevinding, sowel
as die vonnis haar opgelê op aanklag 2 bekragtig, maar die
vonnis
opgelê op aanklag 1 word tersyde gestel en vervang met die
volgende: vyf (5) maande gevangenisstraf in die geheel opgeskort
vir
‘n tydperk van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die appellant nie
weer skuldig bevind word aan ‘n oortreding van art 2(a)
of
2(b) of 2(c) van Wet 16 van 1965 gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS APPELLANT : IN PERSOON
NAMENS
RESPONDENT : ADV E KAMMIES
DATUM VAN
VERHOOR :
2003-02-03
DATUM
VAN UITSPRAAK :
2003-02-03