About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 19
|
|
Luxolo v S (CA & R 114/02) [2003] ZANCHC 19 (3 February 2003)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saak no: CA &
R 114/02
Datum verhoor:
2003-02-03
Datum
gelewer: 2003-02-03
In
die appél van
:
STHEMBILE
LUXOLO APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
WNR
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant is skuldig bevind op ân aanklag van huisbraak met die
opset om te verkrag en verkragting en is gevonnis tot 12 jaar
gevangenisstraf.
Die
appellant het onskuldig gepleit tydens die verhoor en het
regsbystand geniet van ân prokureur tydens sy verhoor. Die
appellant
se verweer was dat hy gemeenskap erken het, maar beweer
dat dit met toestemming van die klaagster plaasgevind het.
Die
Staat het die getuienis van 2 getuies aangebied, te wete die
klaagster Victoria Steenkamp sowel as dié van ene Ivan Steyn aan
wie die klaagster die eerste rapport gemaak het aangaande die
verkragting.
Volgens
die klaagster se getuienis is sy in die vroeë oggendure wakker
gemaak deur ân klop aan die voordeur van die woning waar
sy
geslaap het, te wete die woonhuis van haar mansvriend wat uitstedig
was. Sy het dié klop geïgnoreer en is daar later weer
aan die
kamervenster by haar geklop, welke klop sy ook geïgnoreer het. Na
ân rukkie en toe sy besig was om in te sluimer, het
sy ân geraas
gehoor en het ân venster hoor breek aan die kombuis se kant. Sy
was vreesbevange en het skuiling gesoek in ân
hangkas in die
slaapkamer. Die appellant het daar binne gekom, hulle 2 het gestoei
en die appellant het haar op die bed neergegooi
en haar gewurg.
Daarna het die appellant teen haar sin en sonder haar toestemming
met haar gemeenskap gehou. Sy het daarin geslaag
om weg te kom en
het die aanval gerapporteer aan Mnr Ivan Steyn wie se huis daar naby
was.
Meneer
Steyn het getuig dat hy omstreeks 5 of 6 uur daardie oggend
wakker gemaak is deur die klaagster en sy het aan hom gerapporteer
dat sy verkrag is deur ene Staera. Dit blyk gemeensaak te wees dat
Staera die appellant se bynaam is. Volgens Mnr Steyn het die
klaagster skrikkerig voorkom en hy het saam met haar omgestap na die
woonhuis waar sy geslaap het. Hy het ân gebreekte venster
opgemerk en dit het vir hom voorgekom asof dit onlangs gebreek is
want daar het gebreekte glas nog buite en binne die huis gelê.
Die
appellant was nie daar nie en die polisie is ontbied. Ene
inspekteur Bokeng was een van die eerste polisielede op die toneel
en het volgens Mnr Steyn ân yster buitekant naby die gebreekte
venster opgetel. Hierdie betrokke polisiebeampte se getuienis
is
egter nie deur die Staat aangebied nie.
By
ooreenkoms tussen die partye en met erkenning van die inhoud
daarvan, is die J88 wat die gegewens van die mediese ondersoek op
die klaagster bevat, ingehandig as bewysstuk by die hof. Dit is
dienstig om nou alreeds te verwys na die inhoud van hierdie bepaalde
dokument. By die nalees van hierdie dokument word die leser niks
wys of daar inderdaad geslagsgemeenskap met die klaagster gehou
was
al dan nie. Die enigste wesenlike aspekte wat blyk uit hierdie
verslag is die volgende:
Dat
die ginekologiese ondersoek maklik plaasgevind het;
Dat
die klaagster se maagdevlies nie intakt was nie;
Dat
daar smere van die klaagster geneem was.
Dit
is baie jammer dat die mediese beampte wat die ondersoek gedoen het
so ân bolangse ondersoek gedoen het en so ân karige J88-verslag
saamgestel het. Dit wil my voorkom dat in veral verkragtingsake in
die plattelandse gebiede mediese beamptes hulle dikwels skuldig
maak
aan hierdie nalate. Dit bevorder glad nie die belange van die
regspleging nie en doen eintlik die slagoffers van verkragting
(in
gevalle waar daar wel verkragting bewys word) ân onreg aan.
Opsommenderwys dus kan gesê word dat die mediese verslag voor
die
Hof heeltemal ontoereikend is ter bepaling van die vraag of daar
geslagsgemeenskap sonder die klaagster se toestemming plaasgevind
het. Belangrik verder ook is om uit te wys dat daardie verslag geen
aanduiding bied van enige beserings hoegenaamd aan die klaagster
se
liggaam nie.
Die
appellant het ook getuig en het beweer dat hy en die klaagster ân
intieme verhouding gehad het. Sy het hom vroeër die dag
van die
bepaalde voorval genooi om haar te besoek, klaarblyklik omdat haar
mansvriend uitstedig sou wees. Hy het by haar deur
aangeklop om
ongeveer middernag in reaksie op haar voormelde uitnodiging. Sy het
die deur oopgemaak en hulle 2 het geslagsgemeenskap
gehad. Volgens
die appellant het iemand later aan die deur geklop. Die klaagster
het gaan kyk en teruggekeer en gesê dit is
ene Damoi wat ân
kollega van die appellant was. Later het daar ân stryery
ontstaan, klaarblyklik oor hierdie onverwagse besoek
van Damoi en
het die appellant die klaagster toegesnou dat sy
vigs
het en dat sy
ân
hoer
is. Hierdie aantygings het, soos verwag kan word, ân hewige
argument tussen hulle ontlok, volgens die appellant. Hy het toe
die
volgende oggend daar vertrek en het sy baadjie agtergelos. Hy is
kort daarna gearresteer. Die appellant ontken heeltemal
dat hy die
klaagster verkrag het en ontken ook die bestaan van ân gebreekte
vensterruit of dat hy dit veroorsaak het daar by
die woonhuis.
Volgens die appellant is hy die mening toegedaan dat die klaagster
vir hom kwaad was oor die aantygings wat hy haar
toegesnou het en
dat sy derhalwe ân valse klag van verkragting teen hom gelê het.
Die
landdros het bevind in sy uitspraak dat die klaagster ân gunstige
indruk op hom gemaak het en so ook Mnr Steyn. Hy het kennis
geneem
van die verskille in die weergawes tussen hierdie 2 getuies, maar
het die mening gehuldig dat dit nie van wesenlike aard
is nie. Wat
die appellant aanbetref het hy sy getuienis verwerp omdat dit
heeltemal onwaarskynlik is.
â
n
Hof van Appél se bevoegdhede is natuurlik beperk wanneer dit kom by
die geloofwaardigheidsbevindinge van die
hof
a quo
.
Die verhoorhof is per slot van sake in ân baie beter posisie om
die getuies te kan beoordeel aangesien hy self die getuies
waargeneem het. Hoe dit ookal sy, val dit onmiddellik op dat die
geleerde landdros versuim het om hoegenaamd melding daarvan te
maak
dat hy die klaagster as enkelgetuie se getuienis met versigtigheid
benader het. Bowendien, en in elk geval, blyk dit nie
uit die
uitspraak self dat so ân versigtige benadering tot die klaagster
se getuienis toegepas is nie. Hierdie is uiteraard
ân wesenlike
mistasting en is hierdie Hof van Appél veroorloof om die getuienis
opnuut te evalueer.
Op
die oorkonde wil dit voorkom asof Mnr Steyn wel as ân
geloofwaardige getuie aangemerk kan word. Hy het nêrens sy
getuienis
aangedik nie en strook sy weergawe met die
waarskynlikhede. Sy getuienis dien geensins as stawing vir die
klaagster se bewering
dat sy verkrag is deur die appellant nie, maar
bevestig dit bloot dat die klaagster wel aan hom ân rapport gemaak
het dat sy
deur die appellant verkrag is. Verder openbaar sy
getuienis bloot dat die klaagster skrikkerig voorgekom het en dat
daar ân
gebreekte vensterruit was by die woonhuis waar die
klaagster geslaap het.
Die
klaagster se getuienis wemel van weersprekinge. Ek verwys na enkele
daarvan:
11.1 Die
klaagster weerspreek haarself in haar getuienis of sy haarself
binne-in die kas versteek het of daar langsaan;
11.2 Sy
trap ook klei oor watter klere die appellant die aand aangehad het,
ondermeer of hy ân baadjie aangehad het;
11.3 Sy
is dit nie baie duidelik of die appellant enige van sy klere
uitgetrek het voordat die verkragting plaasgevind het nie;
11.4 Daar
is ân direkte weerspreking in haar getuienis oor die vraag of die
appellant ân yster in sy hand gehad het al dan nie.
Daar
is verder ook etlike onwaarskynlikhede van ân ernstige aard aan te
merk in die klaagster se weergawe. Ek volstaan met enkele
voorbeelde:
12.1 Sy
het nooit gegil tydens die aanval op haar nie;
12.2 Volgens
haar het die verkragting deur die appellant ân hele uur lank
geduur;
12.3 Voor
die aanval op haar het die klaagster nooit met die appellant, wat aan
haar goed bekend was, gepraat nie. Sy het hom nie
eens gevra wat hy
daar soek daardie tyd van die nag nie.
12.4 Een
van die belangrikste aspekte is die feit dat die klaagster geen
merkbare beserings opgedoen het nie. Soos sy die aanval
beskryf moes
daar ten minste merke op haar nek gewees het. Nóg Ivan Steyn, nóg
die geneesheer luidens die J88-verslag, het enige
merkbare kneusings
of beserings op haar opgemerk.
â
n
Aspek wat verdere evaluering verg is die manier waarop die landdros
te werk gegaan het met die getuieverklarings van beide die
klaagster
en Ivan Steyn. In beide hierdie gevalle het die prokureur wat
namens die appellant verskyn het tydens die verhoor indringend
gekruisondervra oor die klaarblyklike verskille tussen die getuies
se getuieverklarings en hulle
viva
voce
getuienis. Die landdros het hierdie kruisondervraging toegelaat en
het inderdaad by geleentheid self vrae daaraangaande gestel
aan die
betrokke getuies. Tóg het die landdros nooit toegesien dat die
kruisondervraer behoorlik bewys dat die gewraakte getuieverklaring
dié van die betrokke getuie is nie. Die gewone prosedure
waarvolgens ân getuie versoek word om sy/haar handtekening op die
bepaalde getuieverklaring te identifiseer en die korrektheid van die
inhoud van die verklaring te bevestig en die verklaring daarna
ingehandig word, was glad nie gevolg in hierdie saak nie. Daar is
bloot van die verklarings gelees en is daar dan aan die betrokke
getuies stellings gemaak of vrae gevra daaraangaande. By die nalees
van die oorkonde weet ân mens nie:
of
die betrokke verklaring wel dié van die getuie is nie; en
of
die stellings wat uit die verklarings geneem word, wel korrek
aangeteken is nie.
Hierdie
is natuurlik ân baie onbevredigende toedrag van sake. Tydens sy
uitspraak het die landdros, eintlik heeltemal tereg, bevind
dat
aangesien die getuieverklarings nie behoorlik bewys is en voor die
hof geplaas is nie, hy glad geen ag slaan op die inhoud daarvan
en
gevolglik op enige weersprekinge tussen die getuieverklarings en ân
getuie se
viva
voce
getuienis nie. Hierdie is natuurlik die korrekte benadering, maar
ontstaan die vraag onmiddellik
waarom
het die landdros dan die kruisondervraging toegelaat in die eerste
plek as hy bewus was van hierdie tekortkoming?
Hoe
dit ookal sy, op appél en gegewe die wesenlike mistastings wat
begaan is deur die landdros, is hierdie Hof nie aangewese om
te let
op enige beweerde weersprekinge tussen die getuienis van die
klaagster en haar getuieverklaring nie. Die rede daarvoor
is
eenvoudig dat só ân getuieverklaring nooit behoorlik bewys is nie
en in elk geval nie voor ons is nie. Dieselfde benadering
geld
natuurlik in die geval van die getuie Ivan Steyn.
Die
appellant se weergawe bevat verskeie aspekte wat ân skadu daaroor
werp. Alhoewel etlike onwaarskynlikhede daarin voorkom,
kan daar
egter na my mening nie gesê word dat sy weergawe nie redelik
moontlik waar is nie. Gegewe die etlike onwaarskynlikhede
in die
klaagster se getuienis wat ek alreeds aangemerk het, kan dit nie as
vals bo redelike twyfel afgemaak word dat die klaagster
wel moontlik
toegestem het tot geslagsgemeenskap met die appellant nie en dat sy
uit onvergenoegdheid hierdie klagte teen hom gelê
het.
Wanneer
daar in ân strafsaak al die getuienis oorweeg word en in die
weegskaal geplaas word, dan is die vraag wat beantwoord moet
word:
Stel
die getuienis voor die hof bewys bo redelik twyfel daar? Indien
wel, moet die beskuldigde skuldig bevind word.
Logies gepaardgaande met die voorafgaande vraag is die stelling dat
ân beskuldigde vrygespreek moet word as dit redelike moontlik
is
dat hy onskuldig mag wees. Hierdie 2 vrae kan slegs beantwoord word
aan die hand van al die getuienis voor die hof. Vergelyk
in dié
verband
S
v Van Aswegen 2001(2) SASV 97 (HHA)
te 101 a-e.
In
hierdie saak is ek nie tevrede dat wanneer die getuienis opnuut
evalueer word gegewe die landdros se wesenlike mistasting soos
voormeld nie, die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het nie.
Na my mening bestaan daar ân redelike moontlikheid dat die
appellant onskuldig mag wees. Daar kan na my mening nie gesê word
dat sy weergawe vals bo redelike twyfel is nie. Onder die
omstandighede dus moet hy die voordeel van die twyfel geniet en is
hy op sy onskuldigbevinding geregtig.
Ek
ag dit nodig om ten slotte melding te maak van die onbillike
kruisondervraging waaraan die prokureur wat vir die appellant
verskyn
het, die klaagster onderwerp het. Hierdie kruisondervraging
was op erg onhoflike en ongeduldige wyse gevoer. Die landdros het
ongelukkig jammerlik daarin gefaal om die prokureur daaraangaande
tereg te wys. Getuies in ons howe moet, sonder uitsondering
en
ongeag wat hulle geslag, ras of sosiale agtergrond is, met
beleefdheid behandel word. Indien nie, sal die regspleging in
diskrediet
verval. Ek moet dit duidelik maak dat dit nie mnr
Robertson was wat tydens die verhoor vir die appellant opgetree het
nie.
By
gevolg word die appél gehandhaaf en word die appellant se
skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : MNR MH ROBERTSON
NAMENS
RESPONDENT : ADV E KAMMIES
DATUM VAN
VERHOOR : 2003-02-03
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2003-02-03