Daniels v S (CA&R 82/02) [2003] ZANCHC 18 (3 February 2003)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of illegal possession and trafficking of ammunition — Original sentence of five years imprisonment deemed excessively harsh — Court finds substantial mitigating factors including appellant's personal circumstances and acceptance of responsibility — Sentence reduced to three years imprisonment under correctional supervision provisions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 18
|

|

Daniels v S (CA&R 82/02) [2003] ZANCHC 18 (3 February 2003)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA&R
82/02
Datum
verhoor: 2003-02-03
Datum
gelewer: 2003-02-03
In
die appél van
:
JUAN
BASIL DANIËLS APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS WNR
UITSPRAAK OP APPéL
MAJIEDT
R:
Die
appellant kom in hoër beroep teen die vonnis van 5 jaar
gevangenisstraf hom opgelê in die plaaslike Streekhof. Die
appellant
het tereggestaan op 3 aanklagte onder die Wet op
Vuurwapens, Wet 75 van 1969 (
“die
Wet”
),
te wete
‘
n
oortreding van artikel 36 van die Wet deurdat hy 4000 x 9 mm
patrone en 40 x 12 boor haelgeweerrondtes onwettig besit
het;
Oortreding
van artikel 18(1) van die Wet deurdat hy onwettig handel gedryf het
in 1000 x 9 mm rondtes ammunisie;
Oortreding
van artikel 18(1) van die Wet deurdat hy onwettig handel gedryf het
in 3000 x 9 mm rondtes ammunisie sowel as
40 x 12 boor
haelgeweerrondtes.
Die
appellant het skuldig gepleit aan die voormelde ten laste gelegde
misdrywe en, nadat ‘n proefbeampteverslag sowel as ‘n
verslag
van ‘n korrektiewe beampte bekom is en aan die hof voorgehou is,
het die geleerde Streeklanddros die voormelde vonnis
van 5 jaar
gevangenisstraf opgelê nadat hy die 3 aanklagte saamgeneem het vir
doeleindes van vonnis.
Daar
was voor ons ‘n aansoek vir kondonasie van die laat liassering van
die appellant se aansoek om verlof om te appelleer. Ons
het daardie
aansoek toegestaan, omdat ons van mening was dat die appellant ‘n
aanvaarbare verduideliking vir die versuim verskaf
het, maar
belangriker nog, dat daar uitstekende vooruitsigte op sukses was in
sy appél soos ek aanstons hierna sal aandui.
Uit
die appellant se artikel 112(2)-verklaring wat namens hom opgehandig
is nadat hy skuldig gepleit het op die ten laste gelegde
misdryf
blyk die volgende:
4.1 Die
appellant was ten tyde van die pleging van die misdrywe ‘n sersant
in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (
“SAPD”
)
met 13 jaar diens en was gestasioneer by die Transvaalweg
polisiestasie.
4.2 Hy
het op 1 Julie 1999 4000 x 9 mm patrone sowel as 40 x 12 boor
haelgeweerrondtes onwettig aangekoop van enige
Samuel
by die polisie se magasyn te Transvaalweg polisiestasie. Die
afleiding is geregverdig dat hierdie voormelde
Samuel
ook in diens was van die SAPD.
4.3 Die
appellant het in sy pleitverduideliking erken dat hy ten tye van die
besit van die voormelde ammunisie nie in regmatige besit
was van ‘n
wapen waaruit die ammunisie afgeskiet kon word nie.
4.4 Ten
aansien van aanklagte 2 en 3 (die onwettige handel in ammunisie) het
die appellant erken dat hy die ammunisie wat hy aangekoop
het by die
persoon
Samuel
aan ene
Shanin
Arfer
,
wat ‘n lid was van die plaaslike munisipaliteit se skietklub,
verkwansel het as volg:
1000
x 9 mm-patrone vir die bedrag van R500.00;
3000
x 9 mm-patrone sowel as 40 x 12 boor haelgeweerrondtes
vir die bedrag van R1500.
Uit
die proefbeampteverslag sowel as die korrektiewe beampteverslag blyk
die volgende strafversagtende faktore:
5.1 Die
appellant is uiters bruikbare mensemateriaal en alhoewel hy vorige
veroordelings het vir oortredings in terme van die padverkeerswet,
is
hy wat betref die onderhawige misdade, ‘n eerste oortreder.
5.2 Die
appellant het uiters sterk steunstelsels in die sin dat hy ‘n baie
hegte gesinsamestelling het.
5.3 Die
appellant het vanweë die voormelde oortredings bedank uit die SAPD
en het ander werk bekom as ‘n boukontrakteur, waar hy
maar ‘n
sukkelbestaan voer.
5.4 Die
appellant het opregte berou getoon, nie net deur sy pleit van skuldig
nie, maar ook kragtens die opinies gehuldig deur die
proefbeampte
sowel as die korrektiewe beampte. Wat die korrektiewe beampteverslag
aanbetref, is die korrektiewe beampte heeltemal
tevrede dat die
appellant moniteerbaar is vir sover dit korrektiewe toesig aanbetref.
Beide
die proefbeampte sowel as die korrektiewe beampte beveel in hul
verslae aan dat die appellant ‘n vonnis van korrektiewe
toesig
ingevolge art 276(1)(h) van die Strafproseswet, Wet 51 van
1977, opgelê word. Daardeur sal, volgens hulle, die erns
van die
misdryf aangespreek word en sal die appellant deur middel van
gemeenskapsdiens die belange van die gemeenskap bevoordeel.
Hy sal
ook by rehabilitasieprogramme kan inskakel.
Strafverswarende
faktore is die volgende:
7.1 Hierdie
is baie ernstige misdrywe en veral wat aanklagte 2 en 3 aanbetref is
daar ‘n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
voorgeskryf vir
‘n eerste oortreder kragtens die bepalings vervat in Wet 105 van
1997 (
“die
Strafregwysigingswet”
).
7.2 Die
appellant, as lid van die SAPD, was in ‘n besonder verantwoordelike
en vertrouensposisie en, as lid van die SAPD wat wet
en orde moes
handhaaf, moes hy van beter geweet het as om hierdie ernstige
misdrywe te pleeg.
Die
geleerde Streeklanddros het die tersaaklike faktore inaggeneem,
kennis geneem van die voorvonnisverslae voor hom en het die
volgende
as wesenlike en dwingende omstandighede aangemerk wat hom veroorloof
om af te wyk van die minimum voorgeskrewe vonnis
waarna ek alreeds
verwys het:
Die
appellant se gunstige persoonlike omstandige;
Die
appellant se pleit van skuldig;
Die
feit dat die voorgeskrewe vonnis merkbaar afwyk van die vonnis wat
die geleerde Streeklanddros oordeel van pas sou wees.
Ek
is dit eens met die geleerde Streeklanddros dat die voorgeskrewe
minimumvonnis heeltemal ontoepaslik is in die onderhawige saak.
Na
my mening is die opgelegde vonnis van 5 jaar gevangenisstraf egter
ook skokkend onvanpas. Die Staat het die feitebasis van
die
aangebode pleit van skuldig soos volledig uiteengesit in die
appellant se art 112(2) skriftelike pleitverduideliking aanvaar
sonder voorbehoud. So gesien, het die Staat derhalwe aanvaar dat
die appellant die ammunisie wat hy op onregmatige wyse aangekoop
het
by die polisiemagasyn verkwansel het aan ‘n lid van die
munisipaliteit se skietklub. Dit beteken dus dat die ammunisie heel
waarskynlik nie bestem was vir booswigte of misdadigers nie. Dit is
‘n aspek wat die geleerde landdros glad nie in ag geneem
het nie.
Deel 2 van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet bevat ‘n baie wye
omskrywing van die bepaalde misdryf hier ter sprake
waarvoor die
minimum vonnis opgelê kan word. Die betrokke bepaling lees as
volg:
'n
Misdryf wat verband hou-
(a) met
die handel in of smokkel met ammunisie, vuurwapens, plofstowwe of
wapentuig;
Na
my mening is die betrokke wetsbepaling hoofsaaklik gemik om te
voorkom dat daar handel gedryf word in wapens en ammunisie wat
uiteindelik hul weg vind na misdadigers wat weer geweldsmisdade
daarmee pleeg. Hierdie geval is heeltemal anders. Dit het die Staat
met die aanvaarding van die feitebasis van die appellant se pleit dan
ook so aanvaar.
In
S
v Qwati 2001(1) SASV 378 (NK)
te 385 b-d, het Booyens WnR in hierdie Afdeling uitgewys, met
verwysing na die bepalings in subparagraaf (b) van die voormelde
Wetsbepaling, hoe wyd die strafbepaling bewoord is. Die Wetgewer
dek met só ‘n wye bepaling ‘n magdom van moontlikhede –
sommige baie ernstiger as andere. Elke saak moet op sy eiesoortige
feite beoordeel word wanneer dit kom by vonnisoplegging. Dit
is dan
ook die geval hier.
Na
my mening is die strafversagtende fakore so oorweldigend dat ‘n
vonnis van 5 jaar gevangenisstraf skokkend onvanpas is. Dit
is
weliswaar egter so dat hierdie ‘n besonder ernstige misdryf is,
inaggenome die appellant se posisie van verantwoordelikheid
en van
vertroue wat hy teenoor die publiek moes gehad het. Die appellant
het tot ‘n mate alreeds geboet vir sy wandade deurdat
hy sy werk
by die SAPD verloor het.
Gegewe
die erns van die misdryf en die appellant se besondere
vertrouensposise, is ek nie tevrede dat ‘n vonnis van korrektiewe
toesig onder art 276(1)(h) ‘n gepaste vonnis hierin is nie.
Na my mening sou ‘n gepaste vonnis eerder een wees onder
art 276(1)(i) om sodoende ‘n balans te handhaaf tussen die
erns van die misdryf, die appellant se hoogs persoonlike
omstandighede
en die belange van die gemeenskap. Korrektiewe toesig
is nie ‘n ligte vonnis, veral nie onder die bepalings van
art 276(1)(i)
nie. Daardie betrokke bepaling het ten doel dat
die appellant ‘n deel van sy vonnis in die gevangenis sal moet
deurbring. In
wese is só ‘n vonnis eintlik maar een van
gevangenisstraf.
Sien:
S
v Van der Westhuizen 1995(1) SASV 601(A)
te
603 i – 604 a.
Alles
inaggenome is ek van mening dat ‘n gepaste vonnis een van drie
jaar gevangenisstraf onder die bepalings vervat in art 276(1)(i)
van die Strafproseswet sal wees.
By
gevolg word die appellant se skuldigbevinding bekragtig, maar sy
vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende: ingevolge
die
bepalings vervat in art 276(1)(i) van die Strafproseswet, Wet 51
van 1977, drie (3) jaar gevangenisstraf waaruit die appellant
na
goeddkunke deur die Kommissaris of ‘n paroolraad onder korrektiewe
toesig uitgeplaas kan word.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : MNR CF VAN HEERDEN
NAMENS
RESPONDENT : ADV E KAMMIES
DATUM
VAN VERHOOR : 2003-02-03
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2003-02-03