S v Nieuwoudt (181/03) [2003] ZANCHC 17 (1 January 2003)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Housebreaking and Theft — Evidence — Identification of Stolen Goods — Accused found guilty of housebreaking and theft based on possession of recently stolen goods. The accused, Nieuwoudt, was convicted on two counts of housebreaking with intent to steal and theft. The court questioned the legality of the magistrate presiding over both the bail hearing and the trial, ultimately finding it not unlawful due to the circumstances. However, the court held that the state failed to prove beyond reasonable doubt that the goods in question were indeed the property of the complainant, as the identification of the stolen items lacked sufficient corroborative evidence, rendering the conviction on the second count unsustainable.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2003
>>
[2003] ZANCHC 17
|

|

S v Nieuwoudt (181/03) [2003] ZANCHC 17 (1 January 2003)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 181/03
Landdros
Saaknr: 886/02
Datum gelewer:
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
DIRK
NIEUWOUDT BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER
WNR.
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT
R:
In
hierdie aangeleentheid het die beskuldigde tereggestaan op twee
aanklagte van huisbraak met die opset om te steel en diefstal.

Nadat getuienis gelei is, is hy op albei aanklagte skuldig bevind en
gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf op beide aanklagte
wat
saamgeneem is vir doeleindes van vonnis.
Ek
het op hersiening die volgende navraag gerig:
1.1 Was dit nie
onreëlmatig vir die landdros om self die verhoor van die beskuldigde
waar te neem nadat die landdros ook voorgesit
het tydens die
borgverrigtinge waartydens die beskuldigde se vorige veroordelings te
berde gebring is?
1.2 Indien
wel, wat is die effek van sodanige onreëlmatigheid?
2.1 Uitgesluit
die ondersoekbeampte se hoorsêgetuienis op p.64 (reëls 1-3), het
die Staat bewys dat die items wat die beskuldigde
na bewering aan
Mev. Nati verkoop het, wel die (gesteelde) eiendom is van die
klaagster op aanklag 2? Meer bepaald - het die klaagster
daaroor
getuig dat die items wel aan haar behoort?
2.2 Indien
die voormelde vrae ontkennend beantwoord word - is daar enige
getuienis hoegenaamd op die oorkonde wat die beskuldigde
met die
pleging van die misdryf op aanklag 2 verbind?
Die
landdros het geantwoord op hierdie navrae en is ek tevrede dat ten
aansien van navraag 1.1 hierbo die landdros nie anders kon
as om self
die verhoor van die beskuldigde waar te neem nadat sy voorgesit het
tydens die borgverrigtinge nie. Die landdros is gestasioneer
op ‘n
klein plattelandse dorp waar sy die enigste landdros is. In die
omstandighede, alhoewel onwenslik, is dit nie onreëlmatig
vir die
landdros om tydens beide borgverrigtinge en die verhoor voor te sit
nie. Ek meen egter dat daar aan die beskuldigde uitgewys
en
verduidelik moet word wanneer hy aansoek doen vir borg dat hy verplig
sal wees om op vrae ten aansien van sy vorige veroordelings
te
antwoord en dat die voorsittende landdros ook die verhoor later mag
behartig wat sou beteken dat die beskuldigde se misdaadrekord
tot die
landdros se kennis sal kom.
Ek
gaan dus onmiddellik oor na die aspekte wat ek bevraagteken het
onder 2.1 en 2.2 hierbo. Ek beperk my tot aanklag 2, omdat ek
tevrede is dat die Staat daarin geslaag het om bo redelike twyfel
die skuld van die beskuldigde te bewys op aanklag 1, nieteenstaande
die weersprekinge in die Staatsaak ten aansien van die beskuldigde
se kleredrag. Op aanklag 2 het die klaagster getuig dat sy
omgesien
het na haar moeder se woning in die dorp, maar haar naweke op haar
plaas buite die dorp bevind het. Sy het ‘n buurvrou
versoek om ‘n
ogie oor haar moeder se plek te hou en is sy op die 20ste Oktober
2002 in kennis gestel deur die buurvrou dat daar
die vorige dag by
haar moeder se woning ingebreek is. Vanweë die uiteindelike
bevinding in hierdie saak is dit belangrik om vollediglik
die lys
van gesteelde items soos deur die klaagster oorgedra aan die polisie
en as aanhangsel in die klagstaat vervat, volledig
weer te gee
hierin:
Hoeveelheid
Beskrywing
Waarde
in
Rand
1
Mikrogolfoond
1500.00
2
Ketels
(elektries)
120.00
6
Borde
60.00
5
Glasborde
(deursigtig)
100.00
4
Papborde
32.00
1
Ronde
gehekelde tafeldoek
350.00
1
Haardroër
150.00
1
Leeslamp
80.00
1
Radio-bandspeler
350.00
1
Duvet-oortreksel
160.00
1
Groen
skoolsak
30.00
1
Kleresak
gestreep
10.00
1
Doekesak
(geel)
20.00
1
Dekodeerder
(MNet)
Die
klaagster het verder getuig dat van die goedere wel teruggevind is.
Dit is belangrik om haar getuienis
verbatim
weer
te gee ten aansien van hierdie aspek:
“
Het u enige van
die vermiste items teruggekry? -- Ja ek het dit nog nie by my nie,
maar die polisie het van die ses borde het hulle
teruggekry en die
vier papbordjies en dan daardie ander deursigtige borde het hulle ook
teruggekry. Dan het hulle nog goed teruggekry
wat ek nie eers geweet
het was weg nie, want hulle het van my ma se lakens gekry en hulle
het van die kind wat daar gebly het se
langbroeke gekry en hulle het
die groen skoolsak wat daar op is het hulle ook gekry.”
Die
volgende getuie van belang op aanklag 2 is Mevrou Manoe Nati. Sy
besit ‘n snoepwinkel en het getuig dat die beskuldigde ongeveer
die middel van Oktober 2002 sekere breekgoed aan haar kom verkoop
het vir ‘n bedrag van R40,00. Sy het aan hom R20,00 oorhandig
en
hy het aan haar genoem dat hy ook ‘n mikrogolfoond het om te
verkoop. Volgens haar het die beskuldigde beweer dat die goedere
aan sy ouma behoort. Die goedere wat hy aan haar verkoop het was
wit borde met ‘n goue rand, sowel as sopborde met ‘n groen
rand
en deursigtige glasborde. Die beskuldigde het ‘n drasak by hom
gehad en binne-in die drasak was die breekgoed toegedraai
in ‘n
roomkleurige gehekelde tafeldoek. Die polisie het toevallig net
daarna by haar kom verneem of enigiemand breekware en
‘n
mikrogolfoond by haar probeer verkoop het en sy het aan hulle die
inligting verskaf ten aansien van die beskuldigde. Sy het
aan hulle
genoem dat die beskuldigde sy naam gegee het as John Jacobs wat woon
in Wilgerstraat, maar nadat sy aan hulle ‘n beskrywing
van hom
gegee het het die polisie aangedui dat hulle presies weet wie hy is.
Sy het onderneem om hulle in kennis te stel as hy
weer daar sou
aandoen vir die res van sy geld. Toe die beskuldigde weer aandoen
vir sy R20,00 het die polisie hom daar gearresteer.
Inspekteur
Dawid Simbeb, die ondersoekbeampte in die saak, het daarna getuig
dat hy die inligting soos voormeld ontvang het van
Mev. Nati en toe
die beskuldigde daar gearresteer het nadat hy weer by haar aangedoen
het. Hy het ‘n beskrywing gegee van die
breekware as volg:
Groot wit eetborde
met goue randjies en groen takkies daarbinne;
Papbordjies met
groen rande asook blink deurskynende borde.
Die
ondersoekbeampte het getuig dat hy hierdie borde ingehandig het by
die SAP13 en dit daarna na die klaagster geneem het wat dit
uitgeken
het as haar eiendom.
Op
hierdie stadium moet vermeld word dat die klaagster in haar
getuienis min of meer dieselfde beskrywing gegee het van die
breekware,
soos dié voorgehou deur Mev. Nati en Inspekteur Simbeb.
Die
getuienis van Simbeb soos voormeld dat die klaagster die borde
uitgeken het as haar eiendom is natuurlik niks anders as hoorsê
getuienis nie en derhalwe ontoelaatbaar as getuienis teen die
beskuldigde. Verder het, soos blyk uit die aangehaalde passasie
hierbo, die klaagster nooit pertinent aangedui dat sy die goedere by
die polisiestasie of by haar huis uitgeken het as haar eiendom
nie.
Die landdros voer aan in haar verdere redes dat so ‘n afleiding op
die oorkonde geregverdig is.
Die
beskuldigde het deurgaans volgehou dat hy glad nie betrokke was by
die huisbraak en die diefstal nie en het hy ook ontken dat
hy
goedere aan Mev. Nati kom verkoop het.
In
hierdie saak is die beskuldigde skuldig bevind aan die ten laste
gelegde misdryf op aanklag 2 op grond van die leerstuk van die
besit
van onlangs gesteelde goedere. Ten einde die beskuldigde aan die
misdryf te kon verbind het op dié wyse, moes die Staat
bo redelike
twyfel bewys het:
Dat
die betrokke goedere wat die beskuldigde in sy besit gehad het of
mee handel gedryf het met Mev. Nati, die eiendom van die
klaagster
was wat tydens die huisbraak buitgemaak is; en
Dat
die beskuldigde so kort na die huisbraak in die gesteelde goedere
handel gedryf het soos voormeld of daarna in besit daarvan
gevind
is dat die afleiding geregverdig is dat dit hy is wat aan die
huisbraak deelgeneem het (m.a.w. dat die sogenaamde leerstuk
van
onlangse besit toepassing vind).
Daar
is na my mening onvoldoende getuienis op rekord om aspek (a)
hierbo as bewys bo redelike twyfel teen die beskuldigde daar
te
stel. Die ontoelaatbare getuienis van Simbeb moet heeltemal
uitgesluit word en dan is dit slegs die getuienis van die
klaagster wat op die oorkonde oorbly. Ek meen nie dat dit
geregverdig is om, soos die landdros dit wil hê, ‘n afleiding
as enigste redelike afleiding in die omstandighede te maak dat die
klaagster wel haar eiendom uitgeken het by die polisie nie.
Daar
is egter ‘n verdere probleem met die skuldigbevinding. Soos
uitgewys deur Buys R (waarmee Kgomo RP saamgestem het)
in
Staat
v Klaas Tieties
en
Gilbert Mosiapoa
,
gesirkuleerde hersieningsuitspraak in saaknr. 579/01 gelewer op 7
November 2001 (ongerapporteer) is dit onvoldoende vir die
Staat om
slegs getuienis van ‘n klaer aan te bied dat hy/sy sekere items
wat in die beskuldigde se besit gevind is of verkoop
is deur hom
as die klaer se eiendom uitgeken het by die polisiestasie. Soos
Buys R tereg, met respek bevind het:
“
Die
uitkenning van ‘n gesteelde artikel is ‘n vorm van opinie
getuienis. Schmidt, Bewysreg vierde uitgawe bls. 457. Soos in
die
geval van die identifikasie van ‘n mens moet die identifikasie van
‘n voorwerp nie slegs geloofwaardig wees nie, maar ook
betroubaar.
Aan die betroubaarheidsvereiste word voldoen wanneer die getuie
getuienis lewer op grond van welke feite, omstandighede
of
identifiserende eienskappe hy die voorwerp as syne uitken. Dit is
geykte reg dat in die geval van opinie getuienis die getuie
die feite
waarop hy die opinie gevorm het aan die hof moet openbaar. Waar die
getuie dus byvoorbeeld ‘n kledingstuk soos ‘n
wit T-hemp as syne
identifiseer moet hy aan die hof die feite voorlê waarom hy van
mening is dat dit sy T-hemp is. Uiteindelik
is dit die taak van die
hof om te besluit of die getuie geloofwaardig en betroubaar ten
opsigte van die identifikasie is. Dit kan
die hof nie doen nie as hy
slegs die woord van die klaer het dat hy die goedere buite die hof as
syne geïdentifiseer het nie”
(sien
bladsy 8 van die uitspraak).
Vergelyk
ook verder:
S
v Vincent Nxamashe
,
hersieningsaak nr. 464/01, ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof
gelewer op 2 Augustus 2001 (Buys R waarmee Kgomo R, soos hy
toe was,
saamgestem het).
In
die onderhawige saak het dit gegaan oor gesteelde artikels wat
alledaags in ons samelewing gebruik word in huishoudings,
te wete
breekware soos papborde, eetborde en ook ‘n tafeldoek. Daar is
geen aanduiding hoegenaamd dat daar enige spesiale
identifiserende
kenmerke is waaraan die klaagster hierdie artikels uitgeken het as
haar eiendom nie (as veronderstel word,
vir die oomblik, dat daar
wel getuienis is dat sy so ‘n uitkenning gemaak het by die
polisie).
Dit
is nie asof hierdie artikels so uniek is dat gesê kan word dat
die klaagster die enigste persoon is in Prieska of die omgewing
daar wat sulke items besit het nie.
Die
vraag wat natuurlik verder ontstaan is:
Waar
kom die addisionele artikels waarvan die klaagster melding maak in
die aangehaalde passasie hierbo vandaan
?.
Daar sal onthou word dat die klaagster melding daarvan maak dat
sekere bykomende items wat sy nie eers besef het gesteel
is nie,
ook aan haar terug besorg is, te wete haar moeder se lakens, asook
‘n kind se langbroeke. Wat onmiddellik opval
is dat nòg Mev.
Nati nòg Inspekteur Simbeb hoegenaamd enige melding maak in hul
getuienis van hierdie bykomende artikels.
Die vraag is noodwendig
waar hierdie artikels hulle oorsprong vind, aangesien dit duidelik
is op die getuienis van Mev. Nati
dat dit nie van die beskuldigde
afkomstig was nie.
Die
beskuldigde se weergawe wemel van onwaarskynlikhede en
onbevredigende aspekte. Dit is egter nie nodig om sy weergawe en
die detail daarvan te glo nie. Al wat nodig is dat die Hof
tevrede moet wees dat sy weergawe redelik moontlik waar kan wees.

Die Staat se saak skiet heeltemal tekort aan bewys bo redelike
twyfel dat die items wat die beskuldigde aan Mev. Nati sou
verkoop
het, wel aan die klaagster behoort het.
Ek
is derhalwe tevrede dat, in die omstandighede, die
skuldigbevinding op aanklag 2 regtens onhoudbaar is. So ‘n
bevinding
beteken ook dat met die vonnis ingemeng moet word. Ek
is van mening dat ‘n vonnis waarby die oorspronklike vonnis
gehalveer
word billik, redelik en gepas in die omstandighede sal
wees, gegewe die beskuldigde se persoonlike omstandighede, die
erns
van die misdryf en die gemeenskap se belange.
By
gevolg word die beskuldigde se skuldigbevinding op aanklag 1
bekragtig, maar die skuldigbevinding op aanklag 2 word tersyde
gestel sowel as die vonnis op beide aanklagte en word dit vervang
met die volgende: Op aanklag 1 word die beskuldigde gevonnis
tot
18 maande gevangenisstraf.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
CJ
OLIVIER
WAARNEMENDE
REGTER