About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2003
>>
[2003] ZAFSHC 2
|
|
Alfa Laval Agri (Pty) Ltd and Another v Ferreira and Another (2327/2002) [2003] ZAFSHC 2; 2004 (2) SA 68 (O) (13 February 2003)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer
: 2327/2002
In
die saak tussen:
ALFA
LAVAL AGRI (PTY) LTD
Eerste Eiser
JR
BRITS
Tweede
Eiser
en
IGNATIUS
STEPHANUS FERREIRA SNR NO
Eerste Verweerder
IGNATIUS
STEPHANUS FERREIRA JNR NO
Tweede Verweerder
_______________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
23 JANUARIE
2003
_______________________________________________________________
AANGEHOOR
DEUR:
VAN COLLER
R
_______________________________________________________________
UITSPRAAK
GELEWER OP:
13
FEBRUARIE
2003
_______________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COLLER
R
_______________________________________________________________
In
hierdie geding, wat nog op verhoor moet gaan, doen van die partye
aansoek om wysiging van hul pleitstukke. Die verweerders doen
aansoek
om wysiging van hul teeneis en die tweede eiser doen aansoek om
wysiging van sy replikasie. Albei die aansoeke word geopponeer.
Ek
handel eerstens met die verweerders se aansoek om wysiging van hul
teeneis.
Die
tweede eiser vorder in sy dagvaarding betaling van die bedrag van R41
926,29 uit hoofde van ân verkoop en installeringskontrak
van ân 9
Punt Alpro Melk Masjien. Dit word beweer dat die kontrak op 17
Desember 1998 gesluit is. In die verweerskrif erken die
verweerders
dat die melkmasjien geïnstalleer is, dog ontken dat dit aan hulle
verkoop is. In die alternatief (par 2) word gepleit
dat die
melkmasjien op onvakkundige en onproffesionele wyse geïnstalleer is,
as gevolg waarvan die verweerders skade gely het soos
in die teeneis
uiteengesit is.
In
par 3 van die teeneis word beweer dat die tweede eiser gedurende 1998
ân 9 Punt Alpro Melk Masjien te die verweerders se perseel
geïnstalleer het. Dit word verder beweer dat die melkmasjien op ân
onproffesionele en onvakkundige wyse geïnstalleer is en dat
die
verweerders skade gely het. In par 4 word die skade wat gely is
uiteengesit. In die kennisgewing van die voorgenome wysiging
van die
teeneis word gemeld dat die wysiging beoog om par 3 en 4 te vervang
met die volgende par 3 en 4, wat soos volg lees:
3
3.1
Op 17 Maart 1998 en te Marseilles het Alfa Laval Agri (Edms) Beperk
en verweerders ân ooreenkoms aangegaan in terme waarvan
ooreengekom
is dat gemelde Alfa Laval Agri (Edms) Beperk vir verweerders 9
eenhede van die Alpro Visgraad Melksisteem (die melksisteemâ)
sou
verkoop, lewer, oprig en installeer teen ân ooreengekome prys van
R188 776,00 plus 14% verkoopsbelasting, wat insluit installasie
en
oprigting.
3.2
Die gemelde ooreenkoms was deels mondeling en deels skriftelik, ân
afskrif waarvan hierby aangeheg word as AANHANGSEL `Aâ.
3.3
Tydens die aangaan van die ooreenkoms is Alfa Laval Agri (Edms)
Beperk verteenwoordig deur ene Rykie Visser en het tweede verweerder
namens die verweerders opgetree.
4
4.1
Op of ongeveer 17 Maart 1998 en te Marseilles het gemelde Alfa Laval
Agri (Edms) Beperk en eiser ân ooreenkoms aangegaan in
terme
waarvan ooreengekom is dat eiser as sub-kontrakteur vir gemelde Alfa
Laval Agri (Edms) Beperk, verweerders se melksisteem sou
oprig en
installeer.
4.2
Dit was ân uitdruklike term van die gemelde ooreenkoms:
4.2.1
dat eiser die inwerkingstelling, oprigting en installering op ân
volledige, bevredigende, behoorlike en vakkundige wyse sou
verrig, en
met vaardigheid, nougesetheid en die gebruik van geskikte materiaal,
onderdele en komponente, die betrokke oprigting en
inwerkingstelling
sou voltooi en verdermeer werknemers sou gebruik wat oor die nodige
bedrewenheid en kennis sou beskik om die inwerkingstelling
van die
melksisteem, bevredigend te voltooi;
4.2.2
dat die inwerkingstelling, oprigting en installasie deur eiser
onderneem en voltooi sou word binne ân redelike tydperk;
4.2.3
die oprigting en installasie sou geskied ooreenkomstig voorgeskrewe
en aanvaarde norme en standaarde, soos deur Alfa Laval Agri
(Edms)
Beperk neergelê, ook wat betref elektriese beveiliging;
4.2.4
die melksisteem na installering daarvan, behoorlik getoets sou word
vir korrekte en optimale werking, ten einde Alfa Laval Agri
(Edms)
Beperk in staat te stel om ân waarborg aan verweerders uit te
reik.
4.3
Die gemelde ooreenkoms is deur en tussen Alfa Laval Agri (Edms)
Beperk en die eiser aangegaan, terwyl beide bewus was van die
volgende feite en die ooreenkoms is op daardie basis aangegaan:
4.3.1
dat verweerders handel dryf as melkprodusente;
4.3.2
dat verweerders hul melkproduksie bemark;
4.3.3
dat die melksisteem aangewend en gebruik sal word vir doeltreffende
melkekstraksie ten einde melkproduksie te verhoog en betroubaarheid
van lewering te bewerkstellig;
4.3.4
dat sodanige doeltreffende melksisteem noodsaaklik is vir die
behoorlike bedryf van verweerders se besigheid;
4.3.5
dat verweerders ernstige direkte en indirekte skade sal ly indien die
melksisteem nie geskik sou wees vir die doel waarvoor
dit aangekoop
is nie, of nie funksioneel of in korrekte werking sou wees nie of
defektief sou raak of die fisiese integriteit van
die melkkudde sou
aantas;
4.3.6
dat verweerders in so ân geval, noodgedwonge besigheid, winste en
opbrengs aan melkproduksie, sou verloor.
4.4.1
Eiser is ân oprigter en installeerder van melksisteme en
verbandhoudende toebehore;
4.4.2
Eiser gee openlik voor oor deskundige kennis te beskik aangaande die
voorsiening, oprigting en installering van melksisteme;
4.4.3
Daar het ân regsplig op eiser gerus om behoorlike sorg aan die dag
te lê ten einde te verseker dat verweerders se redelike
verwagtinge
met betrekking tot doeltreffende melkekstraksie nie verydel word nie,
om behoorlike sorg aan die dag te lê in die uitoefening
van sy
deskundige bekwaamheid en kennis en om die intrede van verliese vir
verweerders te verhoed deur behoorlike sorg aan die dag
te lê by die
oprigting en installasie van die melksisteem.
4.5
Strydig met die gemelde regsplig het eiser nalatig opgetree in
soverre hy:
4.5.1
die gemelde melksisteem op ân onprofessionele en onvakkundige wyse
geïnstalleer het;
4.5.2
die gemelde masjien strydig met die vervaardigers se voorskrifte
geïnstalleer het;
4.5.3
versuim het om die masjien behoorlik te toets na die installasie
daarvan, ten einde te verseker dat dit korrek funksioneer;
4.5.4
versuim het om die nodige waarborg uit te reik of Alfa Laval Agri
(Edms) Beperk in staat te stel daartoe;
4.5.5
versuim het om voldoende stappe en voorsorgmaatreëls te tref om die
gemelde melksisteem te beveilig teen die risiko van ingetrede
gebeurlikhede, ondermeer elektriese gebeurlikhede en weerlig;
4.5.6
versuim het om te verseker dat die melksisteem binne aanvaarbare
vakuumvlakke opereer.
4.6
In die vooropstelling was eiser nalatig in die uitvoering van sy
kontraktuele verpligtinge teenoor Alfa Laval Agri (Edms) Beperk
en
het eiser onregmatiglik versuim om verweerders se ingetrede skade
soos hieronder uiteengesit, te verhoed en te voorkom, welke
skade
volgens die wete en kennis van eiser voorkom kon word deur die blote
nakoming van sy professionele en kontraktuele plig teenoor
Alfa Laval
Agri (Edms) Beperk.
4.7
Verweerders se ingetrede skade is deur eiser voorsien as ân
waarskynlike gevolg van sy versuim om die melksisteem op ân
professionele,
vakkundige en behoorlike wyse te installeer;
alternatiewelik
behoort verweerders se ingetrede skade aldus deur eiser voorsien te
gewees het.
4.8
As direkte en uitsluitlike gevolg van die eiser se voormelde
onregmatige en nalatige optrede, het die verweerders skade gely in
die bedrag van R155 333,60, welke bedrag verminder word tot R100
000,00 en as volg bereken en saamgestel word:
4.8.1
die bedrag van R93 400,00 skade weens verlies aan toekomstige
inkomste weens die verkorte lewensverwagting van 211 Holstein
melkbeeste. Eiser (moet lees: verweerders) doen egter afstand van die
bedrag van R34 585,00 in terme van artikel 38(1) van die Wet
op
Landdroshowe om die vordering binne die jurisdiksiegebied van die
Agbare Hof te bring.
4.8.2
Die bedrag van R56 073,60 skade oor ân periode van 10 maande, weens
die verlies aan inkomste as gevolg van die verhoogde stres
van die
koeie weens die toestand en die handeling van die verhoogde
insidensie van kliniese en sub-kliniese mastitis en die verhoging
in
die somatiese seltelling. Eiser (moet lees: verweerders) doen egter
afstand van die bedrag van R3 325,00 in terme van artikel
38(1) van
die Wet op Landdroshowe om die vordering binne die jurisdiksiegebied
van die Agbare Hof te bring.
4.8.3
Die bedrag van R5 860,00 skade as gevolg van die verhoogde
veearts-koste vergeleke met die voorafgaande 12 maande periode weens
die verhoogde insidensie van kliniese en sub-kliniese mastitis
vergeleke met die vorige 12 maande periode."
(Aangesien
daar ân konsolidasie van aksies was, moet "
eiser
"
gelees word as "
tweede
eiser
".)
Die
tweede eiser se beswaar teen die beoogde wysiging is dat die
deliksaksie wat gepleit is, nie uitgebrei kan word tot die verhaling
van bloot geldelike verlies wat voortvloei uit die verbreking van ân
kontraksverpligting nie. Daar word gesteun op die saak van
LILLICRAP,
WASSENAAR AND PARTNERS v PILKINGTON BROTHERS
1985(1) SA 475 (A).
Die
argument van mnr Lüderitz, namens die tweede eiser, is kortliks die
volgende. Die skade wat in die voorgenome teeneis beweer
word, is
suiwer ekonomiese verlies en nie skade aan eiendom van die
verweerders nie. Daar word slegs kontrakbreuk gepleit en nie
dat ân
regserkende belang, wat onafhanklik van die kontrak bestaan, aangetas
is nie. In die
LILLICRAP
-saak
was daar, na die oordrag van regte en verpligtinge wat tussen die
partye plaasgevind het, geen direkte kontraktuele verbintenis
tussen
die eiser en die subkontrakteur nie. Die Appèlhof het egter beslis
dat die verhouding tussen die drie partye steeds een was
wat sy
oorsprong in kontrak gehad het en dat dieselfde oorwegings wat geld
teen deliktuele aanspreeklikheid waar die partye in ân
direkte
kontraktuele verhouding staan van toepassing is op die situasie waar
die verhouding drieledig is, naamlik dat die deliktuele
remedie
onnodig is. Soos verder uit die uitspraak van Grosskopf WAR blyk, is
beslis dat beleidsoorwegings nie vereis dat deliktuele
aanspreeklikheid toepassing behoort te vind by die verbreking van ân
kontrak van die soort wat ter sprake was in daardie saak nie.
Die
beleidsoorwegings is, kortliks gestel, dat die partye se posisie
beheer was deur kontraktuele bepalings wat die partye self verkies
en
verwag het van toepassing sou wees.
In
die onderhawige saak is daar ook, volgens die bewerings in die
voorgenome teeneis, geen direkte kontraktuele verbintenis tussen
die
tweede eiser en die verweerders nie. Die tweede eiser is egter die
subkontrakteur van die eerste eiser wat ân kontrak met die
verweerders het. Daar is geen bewerings dat die kontrakbreuk van die
tweede eiser skade aan die verweerders se eiendom berokken het
nie.
Dit is slegs die melkproduksie van die verweerders se beeste wat
aangetas is en die ekonomiese verlies veroorsaak het. Hier
is ook ân
drieledige ooreenkoms en op sterkte van die
LILLICRAP
-saak
sou beleidsoorwegings dit ongewens maak om die Aquiliese aksie hier
toepassing te laat vind.
Mnr
Ploos van Amstel namens die verweerders, het na my mening, tereg
toegegee dat daar geen bewerings is dat die kontrakbreuk van
die
tweede eiser skade aan die verweerder se eiendom berokken het nie.
Mnr Lüderitz se argument is na my mening korrek, en op sterkte
van
die
LILLICRAP
-saak
kan die voorgenome wysiging nie toegestaan word nie.
Mnr
Ploos van Amstel het egter, met ân beroep op die saak van
PINSHAW
v NEXUS SECURITIES (PTY) LTD AND ANOTHER
2002(2) SA 510 (K) aangevoer dat die bewerings in die beoogde teeneis
wel voldoende bewerings bevat waarop ân regsplig en deliktuele
aanspreeklikheid fundeer kan word. In die
PINSHAW
-saak
gee Comrie R ân oorsig van die sake waarin die
LILLICRAP
-beslissing
sedert 1985 ter sprake gekom het. Hy behandel ook oorsese gesag. In
hierdie saak was daar ân kontrak tussen die eiseres
(mev Pinshaw)
en ân maatskappy Nexus, terwyl Nexus se werknemer, Van Zyl, al die
transaksies met die eiseres behartig het. Daar
was geen kontrak
tussen die eiseres en Van zyl nie. Beleggings wat deur Van Zyl as
werknemer van Nexus vir die eiseres gedoen is,
het skeef geloop, en
afgesien van ân aksie teen Nexus, het die eiseres Van Zyl ook
aangespreek. Die vordering teen Van Zyl was
op delik gebaseer en die
vraag wat op eksepsie beslis moes word, was of die besonderhede van
eis voldoende bewerings bevat het om
ân regsplig aan die kant van
Van Zyl teenoor die eiseres te fundeer. Comrie R sê in die loop van
sy uitspraak aangaande die
LILLICRAP
-saak
die volgende op bl 526F:
"
LILLICRAP
chose a course and set a direction, both generally in regard to
delictual liability for pure economic loss and in particular where
an
element of contractual concurrency is present. It did not proffer all
the answers."
Op
bl 534-536 gee hy die gevolgtrekkings waartoe hy geraak het. Dit is
nodig om die volgende tersaaklike gevolgtrekkings op bl 535F-J
en op
bl 536A-B na te verwys:
"(7)
LILLICRAP
âs
case
supra
,
was concerned with professional engineers rendering their
professional services in terms of a contract with Pilkington Brothers
and later in terms of a sub-contract. In my respectful opinion,
LILLICRAP
should not be extended to
quasi
-professionals,
such as Nexus, offering financial services and holding themselves
out, expressly or by implication, as possessing
appropriate skills.
Nor should
LILLICRAP
be extended to the employees of such quasi-professionals. This is not
to say that companies offering financial services, or their
employees, will always attract a legal duty of care to their clients.
That must depend on the circumstances. It is more than 15 years
since
LILLICRAP
was decided. The cases in this developing area of the law, in this
country and elsewhere, do not indicate a need to extend the
LILLICRAP
embargo to a broader class of defendants. On the contrary, the case
law in my view supports the need to retain flexibility.
(8)
It seems to me that the particular facts alleged, and their highly
probable implications, point toward Van Zyl having
attracted a legal
duty of care, albeit an attenuated duty, to Mrs Pinshaw. Those facts
are: that Van Zyl, as a director of Nexus,
enjoyed a senior status;
that he represented Nexus in concluding the agreement with Mrs
Pinshaw; that Van Zyl must expressly or impliedly
have held
himself
out as having appropriate investment skills; that Mrs Pinshaw, to Van
Zylâs knowledge, would be absent in Australia, thus increasing
her
reliance not only on Nexus, but also on the person(s) within Nexus
who managed her portfolio; that Van Zyl was the director and
employee
who
de facto
assumed responsibility for such management; and that Mrs Pinshaw, so
she claims, placed `total relianceâ on Van Zylâs proper
management.
(9)
In my judgment; these facts are provisionally sufficient to found the
duty. In the absence of countervailing considerations
of policy, I
would therefore be disposed to hold for Mrs Pinshaw on this issue."
Soos
uit die aangehaalde gedeelte blyk, word daarin die mening gehuldig
dat die
LILLICRAP
-saak nie uitgebrei moet word na
quasi-
professionele
instansies soos Nexus, wat finansiële dienste aanbied en voorgee
uitdruklik of by implikasie, oor professionele vaardighede
te beskik
nie. Waarom dit nie so uitgebrei moet word, is nie vir my heeltemal
duidelik nie, veral nie in gevalle waar die verhouding
tussen die
partye wel ân kontraktuele oorsprong het nie. Die bewerings word in
die onderhawige beoogde wysiging gemaak dat die
eerste eiser openlik
voorgee dat hy oor deskundige kennis beskik aangaande die
voorsiening, oprigting en installering van melksisteme.
Moet die
eerste eiser beskou word as iemand wat professionele dienste lewer
soos ân ingenieur of moet hy beskou word as ân
quasi
-professionele
persoon? Hoe dit ookal sy, dit kom my voor dat die
PINSHAW
-saak
in elk geval op die feite onderskei kan word van die onderhawige
saak. Vergelyk die bewerings dat Van Zyl ân direkteur van
Nexus
was; senior status geniet het; hom direk of by implikasie voorgehou
het as ân persoon met die toepaslike beleggingsvaardighede
(of hier
wel nalatige wanvoorstellings deur hom was soos deur mnr Lüderitz
aan die hand gedoen is, is nie duidelik nie) en die totale
vertroue
wat die eiseres in Van Zyl se behoorlike bestuursvermoë gehad het,
met die bewerings in die onderhawige saak. Hier word
bloot melding
gemaak van die redelike verwagtinge van die verweerders met
betrekking tot doeltreffende melkekstraksies maar hier
is geen
bewerings van ân direkte vertrouensverhouding soos in die
PINSHAW
-saak
nie. Dit blyk verder dat in die
PINSHAW
-saak
beleidsoorwegings, verwys na op bl 536C-F ook in aanmerking geneem is
ten gunste van die bevinding dat daar wel ân regsplig
bestaan. In
die onderhawige saak is sodanige beleidsoorwegings na my mening, nie
aanwesig nie.
Ek
het tot die slotsom geraak dat in die onderhawige geval die bewerings
wat gemaak is nie sodanig is dat ân regsplig daarop gefundeer
kan
word nie. Na my mening is hierdie nie ân geval waar die bewerings
sodanig is dat die Aquiliese aksie uitgebrei kan word om
ook op
hierdie teeneis toepassing te kan vind nie. Die beoogde teeneis
openbaar dus nie ân skuldoorsaak nie.
Die
aansoek om wysiging kan dus nie toegestaan word nie.
Die
tweede wysiging wat in hierdie saak ter sprake is, is die tweede
eiser se aansoek om wysiging van sy replikasie. Daar is reeds
na die
bewerings in die besonderhede van eis en die verweerskrif verwys. Wat
die alternatiewe verweer wat gepleit is betref, moet
vermeld word dat
die verweerder se pleit lui dat die eisers die "Milking Point
Controllers" moes vervang na aanleiding
van weerligskade aan die
melkmasjien wat nie sou plaasgevind het indien die melkmasjien op ân
vakkundige en professionele wyse
geïnstalleer was nie.
In
die replikasie word met verwysing na die alternatief wat gepleit is,
beweer dat in terme van par 11 van die verkoopsvoorwaardes
aanspreeklikheid vir weerligskade uitgesluit is. In die voorgenome
wysiging van die replikasie wil die tweede eiser ân nuwe paragraaf
invoeg wat betrekking het op die verweerders se ontkenning van die
koopooreenkoms. Die beoogde nuwe paragraaf lui soos volg:
"
1.
AD `THE DEFENDANTSâ
DENIAL OF AN AGREEMENT OF SALEâ:
1.1
The plaintiff reiterates that he sold nine milking point controllers
to the Marseille Holstein Trust at the
latterâs special instance
and request.
1.2
In the alternative to paragraph 1.1 above and only if it is found
that no agreement of sale was concluded as
alleged by the plaintiff,
then the plaintiff pleads that:
1.2.1
In the
bona fide
and reasonable belief that the agreement of sale was valid and
binding, the plaintiff delivered and installed the nine milking point
controllers at the premises of the Marseille Holstein Trust (`the
installationâ);
1.2.2
the plaintiff was, in the absence of a valid and binding agreement of
sale between the parties, under no legal obligation to
effect the
installation;
1.2.3
the defendants are unwilling and/or unable to perform their
obligations in terms of the invalid agreement of sale,
viz
the payment of the amount of R41 926,29.
1.3
The defendants were accordingly unjustly enriched with the amount of
R41 926,29 at the expense of the plaintiff."
Die
verweerders (wat die trustees is van die Marseille Holstein Trust
vermeld in die beoogde replikasie) het beswaar gemaak teen die
beoogde wysiging op grond van die volgende:
"1.
Die wysiging stel ân nuwe skuldoorsaak daar;
2.
Dat verjaring reeds ingetree het teenoor die voorgenome gewysigde
skuldoorsaak."
Dit
kom voor dat die bewerings wat in die beoogde gewysigde replikasie
gemaak word eintlik nie ân antwoord is op die bewerings wat
in die
verweerskrif gemaak is nie. ân Replikasie moet ân antwoord wees
op die bewerings in die verweerskrif gepleit. Sien
DE
BEER v MINISTER OF POSTS AND TELEGRAPHS
1923 AD 653
op 657. Mnr Lüderitz het egter aangevoer dat dit wel ân
antwoord op die bewerings in die verweerskrif is. Die betoog is dat
indien
daar geen ooreenkoms, soos gepleit is, was nie, maar die
goedere wel ontvang is, dan kan dit net beteken dat daar verryking
was.
Na my mening is die argument nie korrek nie want dit is geen
antwoord op die verweer nie, maar dit stel ân nuwe saak daar wat
verskil
van dié een in die besonderhede van eis. In die lig van die
bevinding waartoe ek op die verrykingsaspek gekom het, is dit egter
nie nodig om verder hierop in te gaan nie, asook nie met die argument
dat die aspek nie in die gronde van beswaar geopper is nie.
Die
verjaringstermyn hier ter sprake is drie jaar, en die verrykingsaksie
sou dus reeds op 16 Desember 2001 verjaar het. Die vraag
ontstaan of
die verjaring gestuit is.
Artikel
15(1) van die Verjaringswet 68 van 1969 bepaal dat verjaring gestuit
word:
".....
deur die betekening aan die skuldenaar van ân prosesstuk waarin die
skuldeiser betaling van die skuld vorder."
Mnr
Ploos van Amstel het aangevoer, na my mening tereg, dat die korrekte
benadering dus moet wees om te praat van ân vorderingsreg
(claim)
en nie van ân skuldoorsaak (cause of action) nie. Sien
FROL
HOLDINGS (PTY) LTD v SWORD CONTRACTORS CC
1996(3) SA 1016 (O) op 1020C-J en
SENTRACHEM
LTD v PRINSLOO
1997(2)
SA 1 (A) op 15E-G. Hy het aangevoer dat die beoogde vordering ân
heeltemal nuwe vordering is en dat betekening van die
oorspronklike
dagvaarding nie verjaring gestuit het nie.
Mnr
Lüderitz het aangaande die toets in verband met stuiting van
verjaring verwys na wat Colman R in
MAZIBUKO
v SINGER
1979(3) SA 258
(WPA) op 266B-C gesê het, naamlik:
"Did
plaintiff, in the earlier process, claim payment of the same debt as
now forms the subject matter of the claim which is
said to be
prescribed?"
Dit
volg dan dat indien die antwoord op hierdie vraag positief is,
verjaring gestuit is, selfs al is die gronde waarop die vordering
nou
gebaseer is, verskillend van die gronde waarop voorheen gesteun is.
Mnr Lüderitz het aangevoer dat in die voorgestelde wysiging
presies
dieselfde skuld, alhoewel op ander gronde gevorder word.
Ek
kan nie hiermee saamstem nie. Die skuld wat die eiser in die
dagvaarding probeer afdwing is ân skuld wat voortvloei uit ân
kontrak, en dit is ân totaal ander skuld wat voortvloei uit
verryking. In die
SENTRACHEM
-saak
op 15J en 16A-C het Eksteen AR die volgende gesê wat ook hier van
toepassing is:
"Die
eintlike toets is om te bepaal of die eiser nog steeds dieselfde, of
wesenlik dieselfde skuld probeer afdwing. Die skuld
of vorderingsreg
moet minstens uit die oorspronklike dagvaarding kenbaar wees, sodat
ân daaropvolgende wysiging eintlik sou neerkom
op die opklaring van
ân gebrekkige of onvolkome pleitstuk waarin die vorderingsreg,
waarop daar deurgaans gesteun is, uiteengesit
word. ..... So ân
wysiging sal uiteraard nie ân ander vorderingsreg naas die
oorspronklike kan inbring nie, of ân vorderingsreg
wat in die
oorspronklike dagvaarding prematuur of voorbarig was, te red nie, of
om ân nuwe party tot die geding te voeg nie."
Die
onderhawige wysiging poog juis om ân ander vorderingsreg naas die
oorspronklike in te bring wat nie gedoen mag word nie.
In
die omstandighede is die verjaring nie gestuit nie en het die
vordering in die beoogde replikasie reeds verjaar. Die aansoek om
wysiging kan dus nie toegestaan word nie.
Die
volgende bevele word gemaak:
1.
Die aansoek om wysiging van die teeneis word van die hand gewys met
koste.
2.
Die aansoek om wysiging van die replikasie word van die hand gewys
met koste.
__________________
AP
VAN COLLER, R
NAMENS
EISERS : Adv KW Luderitz Iov Honey & Vennote
NAMENS
VERWEERDERS : Adv C Ploos van Amstel SC Iov Bezuidenhouts &
Milton Earle Ing