About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2003
>>
[2003] ZAFSHC 1
|
|
Oosthuizen v Lid van die Uitvoerende Raad Belas met Plaaslike Regering en Behuising and Another (2955/2002) [2003] ZAFSHC 1; 2004 (1) SA 492 (O) (23 January 2003)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer
: 2955/2002
In
die saak tussen:
AP
OOSTHUIZEN
Applikant
en
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD BELAS MET PLAASLIKE REGERING EN
BEHUISING
Eerste
Respondent
en
DIE
SPEAKER VAN DIE HUIS (PROVINSIALE WETGEWER
)
Tweede
Respondent
_______________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
28 NOVEMBER
2002
_______________________________________________________________
AANGEHOOR
DEUR:
VAN COLLER
R
_______________________________________________________________
UITSPRAAK
GELEWER OP:
23 JANUARIE
2003
_______________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COLLER
R
_______________________________________________________________
Die
applikant, ân lid van die Vrystaatse Wetgewer, doen aansoek om ân
bevel:
"Dat
die eerste respondent gelas word om skriftelik en volledig te
antwoord op die vrae soos gestel deur die applikant op 7 Maart
2001
en wat blyk uit Bylaag APO 2 tot die aansoekstukke binne tien dae na
datum van hierdie bevel en sodanige antwoord af te lewer
by die
applikant se prokureurs van rekord hierin, en ân afskrif daarvan te
verskaf aan die Sekretaris van die Vrystaatse Wetgewer."
Geen
regshulp word teen die tweede respondent, die Speaker van die
Vrystaatse Wetgewer, aangevra nie.
Dit
blyk uit die stawende beëdigde verklaring van die applikant dat hy
so lank gelede as 7 Maart 2001 ooreenkomstig die voorskrifte
van die
Staande Reëls en Orders (SRO) vrae aan die eerste respondent, in sy
hoedanigheid as Lid van die Uitvoerende Raad belas met
Plaaslike
Regering en Behuising, gestel het. Die twee vrae wat tersaaklik is
vir die doeleindes van hierdie aansoek, lui soos volg:
"Hoeveel
raadslede daar tans in die Vrystaat is wat geld vir dienste,
belasting of vir enige ander rede aan die betrokke plaaslike
owerheid
skuld."
"Wat
is die name van die raadslede, hulle posisies wat hulle beklee, wat
is die bedrag wat deur elkeen verskuldig is en aan watter
plaaslike
owerheid skuld hulle die betrokke bedrag?"
Ondanks
skriftelike navrae en aanmanings het die eerste respondent met ân
antwoord getalm tot 6 Junie 2002 toe hy in die Wetgewer
mondelings op
die vrae gereageer het. ân Afskrif van die ongeredigeerde
transkripsie van die eerste respondent se reaksie op die
applikant se
vrae is aangeheg as Bylaag APO 10. Die applikant beweer dat die
eerste respondent se reaksie hoegenaamd nie aangemerk
kan word as ân
antwoord of antwoorde op sy vrae nie, dat hy nie sy vrae wou of kon
beantwoord nie of dit doelbewus omseil het.
Aangaande
die eerste respondent se antwoord op die vrae, en wat in die Wetgewer
gebeur het nadat die antwoord gegee is, lees die transkripsie
soos
volg:
"
The
MEC for Local Government and Housing, Mr LS Tsenoli, replied:
There
are quite a number of councillors who owe municipalities in the
Province in the same way that other residents do. Many of them
made
arrangements for payment of their debts. Some of these debts were
incurred on the basis of ordinary transaction acquiring land
and so
on. These are being paid.
There
are others who, because of the nature of the building system that we
have, are paying in the request we sort from the municipalities
found
that these reports were not accurate. That many of them were paying,
but his was not reflected in the documentation of the
crisis.
This
is partly true to the fact that many of councils right now as we
speak, are not only in the process of finalising their IDPs,
but they
are building, and other systems also have new that need to be
appropriately set in place.
Some
of these inaccuracies are part of this process. Therefore, 1.2 is a
problem for us we do not want to be in a situation which
we mention
peopleâs names and their position what they owe and that that
information is inaccurate and therefore leads to unnecessary
embarrassment of the people who are otherwise legitimately having
transactions and paying municipalities.
There
is a third category that we may mention, that during our review
conference - if Members attended we were very clear about this,
that
we do expect councillors to be exemplary so that in fact, when the
question of credit control is imposed councillors are found
without
problems themselves that cannot be explained.
Therefore,
it one of the issues that we frequently are in public meetings with
them and in private meetings them, we raise that issue
for that
purpose.
Mnr
AP OOSTHUIZEN:
Agb Speaker,
die agb LUR het nie my vraag beantwoord nie.
Hierdie
vraag is nou reeds op die Ordelys. Die datum van Maart 2002 is
verkeerd. Dit was in .....
Die
SPEAKER:
Kan u asseblief ân
bietjie stilbly?
Mr
AP OOSTHUIZEN:
Sir, I want
to address you on the answer of the hon MEC for Local Government and
Housing. Just one minute - I will address you in
one minuteâs time.
Die
agb LUR het nie my vraag beantwoord nie .....
The
SPEAKER:
But usually you
stand and get permission. You just started off by shooting. You can
continue for that minute.
Mr
AP OOSTHUIZEN:
Thank you,
Mr Speaker.
Mnr
die Speaker, ek wil vandag kennis gee dat hierdie vraag is op die
Ordelys van 14 Maart 2001.
Dit
is ân Reël van hierdie Wetgewer; dit is ân Reël van die
Grondwet dat inligting beskikbaar gestel moet word, want as Raadslede
nie betaal nie, hoe gaan jy die persoon op grondvlak aanmoedig om te
betaal? Daarom wil vandag kennis gee dat in die lig van die
feit dat
hierdie LUR nou vir meer as ân jaar hierdie verantwoordelikheid
ontduik, ek geen ander keuse sal hê as om my te wend
tot die
Hooggeregshof van die Vrystaat nie. Dan sal die Hof die LUR dwing om
hierdie vraag te beantwoord.
Mr
LS TSENOLI (MEC):
On a
point of Order. (Laughter) Speaker, the Province which this House
runs its affairs on behalf of the people of the Free State
is called
the Free State Province. I do not know which province is he talking
about.
THE
REPORTS OF THE AUDITOR-GENERAL
(Tabling
of)
The
SPEAKER:
Point of Order
sustained. Let us continue with the business of the day."
In
paragrawe 6 en 7 van sy stawende beëdigde verklaring verwys die
applikant na die SRO en sê hy die volgende:
6.
6.1
Die lede van die Vrystaatse Wetgewer, insluitende dus ekself en die
eerste respondent, is onderhewig aan sekere staande reëls
en orders
wat, ondermeer, die vergadering van die Wetgewer en die gedrag en
optrede van lede daarvan reël en prosedures vir, ondermeer,
die rig
of stel en beantwoording van vrae voorskryf.
6.2
Bogemelde staande reëls en orders beslaan tans bykans 100 bladsye en
sal ek dit by die aanhoor van hierdie aansoek beskikbaar
hê, maar
ten einde hierdie aansoek nie onnodig te belas nie, heg ek slegs ân
ware afskrif van reëls 45 tot 51 hierby aan as BYLAAG
APO 1.
Gemelde
reëls en orders maak ongelukkig nie spesifiek voorsiening vir
sanksies teen lede soos die eerste respondent wat nie vrae
beantwoord
nie of dit omseil en die magte of verpligtinge van die tweede
respondent in sulke gevalle nie en ook nie vir die regte
van persone
wie se vrae onbeantwoord gelaat is nie."
Reëls
45 tot 51 waarna die applikant verwys, handel onder andere met
kennisgewing van vrae wat gevra word asook die vorm van vrae.
Die
applikant beweer dat hy geregtig is op die verskaffing van ân
behoorlike en volledige antwoord op sy vrae en dat hy geen ander
remedie het om sodanige antwoorde te kry dan om die Hof vir gepaste
regshulp te nader nie.
In
sy opponerende verklaring sê die eerste respondent dat in sy
antwoord op die vrae wat gevra is hy ten volle al die inligting wat
tot sy beskikking was geopenbaar het. Hy sê dat selfs al sou hy
toegang tot die rekords van plaaslike owerhede se skuldenaars gehad
het, is die rekords dikwels onbetroubaar en deur skuldenare in twyfel
getrek. Dit sou onredelik, onregverdig en inderdaad onregmatig
wees
om die posisie, soos in die rekords gereflekteer, te openbaar. Die
eerste respondent beweer dat daar wel, alhoewel nie uitdruklik
nie,
voorsiening in die SRO is vir meganismes om te handel met beweerde
oortredings van lede van die Wetgewer. Hy verwys in dié
verband na
die beëdigde verklaring van die tweede respondent. Hy beweer dat die
applikant versuim het om hierdie meganismes te gebruik.
Die eerste
respondent beweer ook dat hy geadviseer is dat hierdie aangeleentheid
verband hou met die interne verrigtinge van die
Wetgewer en dat die
Hof nie sal inmeng in aangeleenthede soos die onderhawige nie.
In
paragrawe 6 en 7 van sy beëdigde verklaring sê die tweede
respondent die volgende:
"6.
I confirm the accuracy of Rules 45 - 51 annexed to Applicantâs
founding affidavit and also confirm that no express sanction
is
provided for in the Standing Rules and Orders relating to the aspect
of questions in the Legislature.
7. It should,
however, be pointed out that the Legislature is empowered to regulate
its own internal proceedings.
To this end Rules 187 provides for an
appropriate mechanism to address any alleged infringements by
members. The Applicant accordingly
enjoyed the right to engage this
internal mechanism, which he failed to do."
Die
eerste vraag wat oorweeg moet word is of ân bevel, soos wat
aangevra word, inmenging met die interne verrigtinge van die Wetgewer
sou wees, en indien wel of die Hof so ân bevoegdheid het. Hoofstuk
6 van die Grondwet van die Republiek van SA , Wet 108 van 1996
(die
Grondwet) handel met Provinsies. Artikel 104 handel met die
wetgewende gesag van provinsies en artikel 104(3) bepaal dat ân
Provinsiale Wetgewer slegs deur die Grondwet en, indien hy ân
grondwet vir sy provinsie aangeneem het, ook deur daardie grondwet
gebind is, en moet in ooreenstemming met, en binne die perke van, die
Grondwet en daardie provinsiale grondwet, optree. Die Vrystaat
het
nog nie ân grondwet nie. In artikel 116 van die Grondwet word aan
ân Provinsiale Wetgewer die bevoegdheid verleen om reëls
en orders
betreffende sy werksaamhede te maak. In subartikel (2) word
voorgeskryf waarvoor die reëls en orders van ân Provinsiale
Wetgewer voorsiening moet maak.
Artikel
133 van die Grondwet bevat bepalings aangaande die aanspreeklikheid
en verantwoordelikheid van die lede van die Uitvoerende
Raad. In
subartikel (2) word bepaal dat lede van die Uitvoerende Raad van ân
provinsie gesamentlik en afsonderlik teenoor die Wetgewer
aanspreeklik is vir die uitoefening van hul bevoegdhede en die
verrigting van hul funksies.
Wat
in die onderhawige saak in die Wetgewer plaasgevind het, het na my
mening plaasgevind tydens interne verrigtinge. Sekere vrae
is deur ân
lid van die Wetgewer gevra ingevolge die SRO en sekere antwoorde is
deur die LUR verstrek. Deur ân bevel te maak wat
die eerste
respondent gelas om ân beter antwoord te verstrek deur die name van
die skuldenare te verstrek sal klaarblyklik inmenging
met die
verrigtinge van die Wetgewer beteken. Ek is van mening dat ân Hof
nie die bevoegdheid het om in te meng met die interne
verrigtinge van
die Wetgewer nie en dus nie die aangevraagde bevel kan maak nie.
Artikel 133(2) van die Grondwet bepaal uitdruklik
dat die lede van
die Uitvoerende Raad van ân provinsie teenoor die Wetgewer
aanspreeklik is vir die uitoefening van hul bevoegdhede
en die
verrigting van hul funksies. Indien aanvaar word dat die verpligting
om die vrae wat gevra is te beantwoord deel van die funksies
van die
eerste respondent is, dan is sy versuim om dit te beantwoord of na
behore te beantwoord ân aangeleentheid waarvoor hy verantwoordelik
is teenoor die Wetgewer.
Die
onderhawige is nie ân geval waar daar ân inbreukmaking was op die
grondwetlike regte van ân lid van ân Wetgewer nie soos
in die
saak van
SPEAKER OF THE
NATIONAL ASSEMBLY v DE LILLE AND ANOTHER
1999(4) SA 863 (HHA). In so ân geval kon daar deur ân Hof
ingegryp word teen die optrede van ân wetgewende gesag teen een van
sy lede. In
R v NDOBE
1930 AD 484
is daar met verwysing na die destydse Suid-Afrika Wet van
1909 op bl 497 die volgende gesê:
"Under
section 58 of the South Africa Act, each House of Parliament is free
to prescribe its own rules with respect to the order
and conduct of
its business and proceedings. Into the due observance of such rules
this Court is not competent to enquire."
Huidiglik
bepaal artikel 57 van die Grondwet ook dat die Nasionale Vergadering
sy eie interne reëlings, verrigtinge en prosedures
bepaal en beheer.
Artikel 116 van die Grondwet se magtiging aangaande interne reëlings,
verrigtinge en prosedures aan Provinsiale
Wetgewers is identies
bewoord. Insgelyks is ân Hof dus na my mening nie bevoeg om
ondersoek in te stel na die behoorlike nakoming
van die reëls van
die Provinsiale Wetgewer nie. Mnr Potgieter, namens die eerste
respondent, het ook verwys na
CHIKEREMA
AND OTHERS v THE UNITED AFRICAN NATIONAL COUNCIL AND ANOTHER
1979(4) SA 258 (ZRAD) waar die volgende gesê is op 273E:
"The
refusal of the Courts to interfere in the internal affairs of
Parliament is based on centuries of experience and interference
would
be both `impracticable and undesirableâ."
Seer
sekerlik sal inmenging oor die beantwoording van vrae onprakties en
onwenslik wees. Inmening van hierdie aard mag ân Hof betrek
en
vasvang in ân netwerk van politieke dispute. Lord Diplock tref na
my mening ân insiggewende onderskeid waar hy in
INLAND
REVENUE COMISSIONERS v NATIONAL FEDERATION OF SELF-EMPLOYED AND SMALL
BUSINESSES LTD
1982 AC
617
die volgende op bl 644F-G sê:
"It
is not, in my view, a sufficient answer to say that judicial review
of the actions of officers or departments of central
government is
unnecessary because they are accountable to Parliament for the way in
which they carry out their functions. They are
accountable to
Parliament for what they do so far as regards efficiency and policy,
and of that Parliament is the only judge; they
are responsible to a
court of justice for the lawfulness of what they do, and of that the
court is the only judge."
Die
lang tydsverloop en die wyse waarop die vrae beantwoord is, mag
bestempel word as onbekwaamheid waarvoor die eerste respondent
teenoor die Wetgewer aanspreeklik is, maar kan nie as onregmatige
optrede bestempel word waaroor ân Hof moet beslis nie.
Mnr
Wessels, namens die applikant, het aangevoer dat daar in die SRO van
die Vrystaatse Wetgewer geen voorsiening gemaak word in terme
waarvan
die eerste respondent verplig kan word om te antwoord nie. Hy het
daarop gewys dat die Speaker niks gedoen het nie en dat
daar geen
bepaling is wat die Speaker magtig om die eerste respondent te beveel
om die vrae te antwoord nie. Die tweede respondent
beweer egter in sy
verklaring dat Reël 187 ân meganisme daarstel ten opsigte van
oortredings deur lede van die Wetgewer. Die Reël
het bepalings
aangaande die samestelling van ân Privilegie Komitee, en Reël
187(2) en (3) lees soos volg: (Die Engelse Reël word
hier aangehaal
aangesien die Afrikaanse Reël nie sin uitmaak nie.)
"(2)
The Privileges Committee shall, at the request of the Speaker,
investigate and advise him or her upon alleged infringements
by
Members of this House which do not involve the privileges or
proceedings of this House or a Committee of this House.
The Privileges Committee shall, at
the request of the Rules and Orders Committee, investigate and
advise the Rules and Orders
Committee upon alleged infringements by
Members of this House, including the proceedings of this House or
the proceedings of
a Committee of this House."
Hierdie
Reël moet saamgelees word met Reël 185(1) wat handel met die
aanstelling van ân Komitee vir Reëls en Orders "wat
alle
aangeleenthede rakende die Huis oorweeg en besluite na goeddunke
neem". Die Speaker is die voorsitter van hierdie Komitee.
Versuim om ân vraag te beantwoord kan wel as ân "oortreding"
beskou word wat aan die Komitee vir Reëls en Orders voorgelê
kan
word om ân besluit oor te neem. Afgesien hiervan kan daar opgetree
word by wyse van ân mosie ingevolge die bepalings van
Reël 52.
Ingevolge hierdie reël kan ân lid ân onderwerp vir bespreking,
of ân konsepbesluit vir goedkeuring as ân besluit
van die Huis
voorstel. Ingevolge Reël 73 kan ân lid geskors word in geval van
ân ernstige oortreding. Dit word deur die applikant
in sy
repliserende verklaring beweer dat blykens die trant van die
respondente se verweer dit duidelik is dat selfs insoverre hy
verdere
optrede ingevolge die Reëls en Orders kon versoek, dit hom nie sou
gebaat het nie. Alvorens daar gepoog is om ân sanksie
teen die
eerste respondent te verkry kan dit tog sekerlik nie aanvaar word dat
dit nie sou slaag nie, alhoewel die applikant, as
lid van ân
opposisie party se optrede ingevolge die Reëls moontlik nie
suksesvol sou gewees het nie. Daar kon na my mening, ingevolge
die
Staande Reëls en Orders teen die eerste respondent opgetree gewees
het, en hoeveel twyfel daar mag wees aangaande die sukses
van so ân
optrede, is nie nou tersake nie.
Mnr
Wessels het ook gesteun op wat in
FEDERAL
CONVENTION OF NAMIBIA v SPEAKER, NATIONAL ASSEMBLY OF NAMIBIA AND
OTHERS
1994(1) SA 177
(NSC) op 191J-192A gesê is. Soos duidelik blyk uit wat daar gesê
is, het die Hof die bevoegdheid om toe te sien
dat bepalings van die
Grondwet, selfs waar dit verband hou met interne aangeleenthede van
die parlement, nagekom word. Dit is nie
die geval in die onderhawige
aansoek nie.
Aangesien
ek tot die slotsom gekom het dat daar nie ingemeng kan word in die
interne sake van die Wetgewer nie, kan die aangevraagde
bevel nie
verleen word nie. Dit is dus nie nodig om te handel met die ander
verwere wat ook geopper is nie.
Alhoewel
die respondent die suksesvolle party is, volg dit nie noodwendig dat
die gewone reël dat koste aan die suksesvolle party
toegeken word,
moet volg nie. Die Hof het ân diskresie by die maak van ân
kostebevel. Aangaande die basiese tersaaklike beginsels
sê Holmes AR
onder andere, in
WARD v
SULZER
1973(3) SA 701
(A) op 706G-H die volgende:
"In
awarding costs the Court has a discretion, to be exercised judicially
upon a consideration of all the facts; and, as between
the parties,
in essence it is a matter of fairness to both sides. ..... Ethical
considerations may also enter into the exercise of
the discretion;
see
MAHOMED v NAGDEE
1952(1) SA 410 (AD) at p 420
in
fin
."
Hoewel
die applikant se aansoek vir die redes reeds vermeld afgewys moet
word, is daar die volgende aspekte wat na my mening tersaaklik
is ten
opsigte van die kostebevel wat gemaak moet word. Die applikant het
reeds op 7 Maart 2001 die vrae aan die sekretaris van die
Vrystaatse
Wetgewer oorhandig. Op 5 September 2001 het die applikant skriftelik
navraag gedoen wanneer sy vrae beantwoord gaan word.
Op 21 September
2001 het die sekretaris van die Wetgewer laat weet dat die eerste
respondent uitstedig is en aandag aan die aangeleentheid
sal gee by
sy terugkeer. Daar was egter geen verdere reaksie nie en die
applikant het sy prokureurs vir advies en optrede genader.
Op 22
Januarie 2002 en weer op 18 Februarie 2002 het die applikant se
prokureurs ân brief aan die eerste respondent aangaande die
vrae
gerig. Op 26 Februarie 2002 het die eerste respondent in antwoord op
die brief van 22 Januarie 2002 berig dat hy onder geen
verpligting is
om die nodige inligting te verskaf nie en dat volgens sy inligting
die applikant reeds oor die inligting beskik. Nieteenstaande
hierdie
bewerings het die eerste respondent egter op 6 Junie 2002 tydens ân
sitting van die Vrystaatse Wetgewer wel gereageer op
die vrae wat
meer as ân jaar vantevore gestel is. ân Mens sou die versuim om
op die briewe te reageer en die lang tydsverloop
sekerlik nie as
hoflike optrede kon bestempel nie. Hierdie optrede, asook die
antwoord wat uiteindelik gegee is, staan in skrille
kontras tot die
eerste respondent se rede uiteengesit in die opponerende verklaring
waarin hy uiteindelik die antwoorde gegee het.
Hy sê naamlik die
volgende:
"Upon
reflection, I decided to respond to the questions orally on 6 June
2002 in a spirit of constructive engagement with the
deponent who is
the leader of the Freedom Front in the Legislature."
Soos
blyk uit die antwoord wat die eerste respondent in die Wetgewende
vergadering gegee het, het hy wel die nodige inligting wat
gevra is,
gehad. Sy antwoord, afgesien daarvan dat dit geensins ân toonbeeld
van duidelikheid is nie, is geen behoorlike antwoord
op die vrae nie.
Dit sou ook nie onregmatig gewees het, soos deur die eerste
respondent beweer word, om die inligting behoorlik te
verstrek nie.
Dit
wil voorkom dat daar eintlik geen rede bestaan waarom die inligting
nie behoorlik verstrek is nie. Indien dit wel behoorlik verstrek
is,
sou daar bes moontlik geen aansoek gewees het nie. Die volgende
opmerkings van Colman, R aangaande die optrede van die respondent
in
die saak van
HOWE, NO v
ESSEY
1963(3) SA 402
(T) op 404A-B is na my mening ook hier van toepassing.
"In
my judgment the respondentâs behaviour was unreasonable,
unco-operative, and discourteous. If she had behaved properly,
and I
am speaking now not about compliance with legal obligations but
merely with normal and reasonable courtesy in a matter of business,
the application would probably not have had to be made. In these
circumstances I am not disposed to disallow any part of the
applicantâs
costs."
In
die lig van al die omstandighede is ek van mening dat dit billik sal
wees indien geen kostebevel in hierdie aansoek gemaak word
nie.
Die
aansoek word van die hand gewys en geen kostebevel word gemaak nie.
__________________
AP
VAN COLLER, R
Namens
Applikant
: Adv MH Wessels,
SC Iov Rosendorff en Reitz Barry
Namens
Eerste Respondent
: Adv D
Potgieter, SC Iov Staatsprokureur