S v Leo and Another (332/1986) [1987] ZASCA 38 (31 March 1987)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction — Appellants convicted of murder based on eyewitness testimony — Subsequent developments reveal inconsistencies in State's case — New evidence presented indicating deceased attacked second appellant with a knife prior to shooting — State acknowledges the possibility of self-defense — Conviction set aside due to lack of evidence supporting intent to kill and recognition of self-defense claim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 38
|

|

S v Leo and Another (332/1986) [1987] ZASCA 38 (31 March 1987)

LL
Saak No 332/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen
MOGAMAT LEO
Eerste Appellant
GOOLAM HASSAN
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
BOTHA, NESTADT ARR et STEYN WN AR
VERHOORDATUM: 17 MAART 1987
LEWERINGSDATUM: 31 MAART 1987
UITSPRAAK
/STEYN WN AR
2.
STEYN WN AR
:
Vroegoggend op Sondag 9 Oktober 1983 was daar 'n straatmoles in Albertweg,
Woodstock. In die loop daarvan is Goolam Hassan (tweede
appellant, hierna
"Goolam" genoem) op die linkerskouer verwond deur Ridewaan Lewis (die oorledene)
wat net daarna deur Mogamat Leo
(eerste appellant, of "Leo") met '
n
38
rewolwer doodgeskiet is. Dit was '
n
kopskoot agter en bokant die
regteroor wat die brein na vore en na links deurboor het. Hierdie beknopte beeld
van gebeure was egter
nie dié wat aanvanklik in die getuienis voorgehou
is nie. Hoe dit uiteindelik blootgelê is,sal later blyk. Maar nou
moet die
verloop van die verhoor eers kortliks uiteengesit word.
Appellante het op 1 November 1984 saam met ene VJinston Tregoning voor Baker
R en twee assessore in die Kaapse Hooggeregshof tereggestaan
op 'n aanklag van
moord op oorledene, Tregoning as beskuldigde 1 en Leo en Goolam onderskeidelik
as beskuldigdes 2 en 3. Al drie
het
/onskuldig ...
3.
onskuldig gepleit en getuig dat hulle nie by die voorval betrokke was nie.
Die twee hoofgetuies namens die Staat wat hulle egter daarby
impliseer het, was
die 17-jarige Nuredien Hassan (blykbaar onverwant aan tweede appellant) en die
19-jarige Kiemal Allie. Op 21 Novem=
ber 1984 is Tregoning ontslaan maar is
albei appellante aan moord skuldig bevind. Die Hof het voorts beslis dat daar
geen versagtende
omstandighede was nie en appellante is ter dood veroordeel.
Maar toe kom daar 'n verwikkeling wat die beeld van gebeure waarop die
veroordeling gegrond was ingrypend verander het. Dit was 'n
verwikkeling wat die
geleerde Verhoorregter genoop het om op te merk dat "... there has been a very
startling development in the
case as a whole" Dit het só gebeur.
Op 23 April 1985 is 'n aansoek namens appellante ingedien waarin o a om die
volgende regshulp gevra word: "1. Dat Applikante se laat
Kennisgewing van
/Aansoek ...
4
Aansoek om Verlof om te Appelleer gekon= doneer word in terme
van artikel 316 (1)
(a) van Wet No 51 van 1977.
2. Dat verlof aan Applikante verleen word in
terme van artikel 316 (3) van
die Wet dat
die verdere getuienis van die volgende
getuies vir doeleindes
van appel aangehoor
word:
Ca) Eerste Applikant;
(b)
Tweede
Applikant;
(c)
FATIMA
WILDSCHUT;
(d)
ARMIEN
JANUARIE;
(e)
LUTFIE EFFENDI (indien hy
intussen opgespoor word).
3.Dat, na aanhoor van
bogemelde getuienis, verlof aan Applikante verleen word om na die
Appèl-Afdeling te appelleer teen hul
onderskeie skuldigbevindings en
vonnisse."
Die verlof in paragrawe 1 en 2 aangevra is ver= leen en op 23 Oktober 1985 is
verdere getuienis aangehoor deur Baker R. In hierdie
aansoek was Leo die eerste
applikant en Goolam die tweede. Die sleutelgetuie was Fatima Wildschut. Die
appellante het ook getuig
maar nie die ander twee voorgenome getuies, Armien
Januarie en Lutfie Effendi (ook bekend as "Bom") nie, Januarie blyk=
/baar ...
5.
baar omdat sy getuienis oorbodig geword het en
Effendi
omdat hy weens die destyds heersende onrus-situasie op
die Kaapse
Vlakte nie opgespoor kon word nie. Daarna
is die saak uitgestel tot 19
November 1985 om die Staat
geleentheid te gee om ook verdere getuienis voor
te lê.
Op daardie datum het mnr Viviers, wat op voortreflike
wyse
deurgaans namens die Staat opgetree het, egter aan
die Hof meegedeel dat die
twee getuies wat hy wou herroep,
Nuredien Hassan en Kiemal Allie, nie beskikbaar was nie,
eersgenoemde omdat hy 'n voortvlugtende verdagte was in 'n
saak van gewapende roof, en laasgenoemde weens versuim
om volgens afspraak by die hof op te daag. Geen verdere
getuienis is deur die Staat aangebied nie, maar mnr
Viviers het toe op sterkte van die nuwe getuienis en van.
'n mededeling vroeër reeds deur Allie aan hom gemaak,
namens die Staat formeel die volgende erkenning gemaak:
"dat daar wel op die betrokke aand soos deur die twee applikante en Fatima
Wildschut getuig, 'n .... messtekery plaasgevind het, dat
/die ...
6.
die oorledene, soos getuig, vir die tweede applikant met 'n mes aangeval het en
dat dit die aanleidende oorsaak was of die faktor
wat daartoe gelei het dat die
oorledene kort daar= na deur die eerste applikant dodelik verwond
is."
Daar sal binnekort in groter besonderhede
terug= gekeer word tot dié twee botsende fases wat die verloop van die
saak gekenmerk
het. Maar ek moet eers vlugtig handel met die omliggende toneel
en die hoofgebeure wat die noodlottige straatmoles voorafgegaan het,
want die
partye is dit tot 'n groot mate eens daaroor
Albertweg loop rofweg oos-wes in Woodstock. Aan die noordekant daarvan is 'n
eertyds gewyde perseel met 'n gebou daarop wat in die
verlede 'n kerksaal was.
Met verloop van tyd het gewydheid voor aardsheid gewyk en is die kerksaal omskep
in die Casablanca Nagklub.
Vroeg in Oktober 1983 was dit reeds 'n gevestigde en
blykbaar florerende onderneming wat hoofsaaklik deur die lewendiger elemente
van
die Kaapse Kleurling gemeenskap ondersteun
/was ...
7
was. Baie van hulle was lede van bendes soos die "Fancy Boys", die "Junkie
Funkies" en die "Nice Time Kids". Oor naweke is daar nag-deur
gedans maar is
oproerigheid be= heer deur uitsmyters ("bouncers") wat gehelp het om toe= gang
tot die klub te beheer en die orde
daarbinne gehand= haaf het. Op die nag van
Saterdag 8 tot Sondag 9 Oktober 1983 was 400 - 600 jolytmakers in die klub en is
daar
ge= dans tot 5 vm. Onder die aanwesiges was oorledene, sy kleinniggie,
Lutviah Samsodien en haar metgesel en ook Nuredien Hassan,
Kiemal Allie, die
twee appellante, Winston Tregoning en Fatima Wildschut met haar vriendin Riana
Abrams en 'n meisie na wie slegs
op haar bynaam van "Meid" verwys is.Fatima se
destydse kêrel, Salie Dollie (ook bekend as "Lalie" of "Blinkers"), was
ook daar.
Meeste van hulle het later as 10 nm by die klub aangekom en almal het
gebly tot kort voor díe sluiting om 5 vm.
Dit is nie nodig om die verloop van gebeure by die klub voor sluitingstyd ten
volle na te gaan nie. Vir
/doeleindes ...
8
doeleindes hiervan is dit genoegsaam om slegs na enkele aspekte daarvan te
verwys. Goolam het getuig dat hy en sy vriend Majiet in
dié se Datsun
Pulsar motorkar laat Saterdagaand by die klub aangekom het en op versoek van een
van die uitsmyters gehelp het
om 'n paar jonges wat buite die klub moleste
gemaak het agterna te sit en aan te hou. Majiet se motorkar is daarvoor gebruik.
Daarna
het Majiet vertrek en is Goolam toe die klub in. Daar was ook 'n bewering
deur Nuredien Hassan dat daar onenig= heid tussen Goolam
en oorledene in die
klub was daardie aand. Goolam sou daarvolgens ontevrede gewees het omdat hy nie
kon deel in 'n dagga en Mandrax
"pyp" wat oorledene en 'n vriend buitekant die
klub gaan rook het nie. Goolam sou daarna dreigend aan oorledene gesê het
dat
"ons gaan. buitekant die ding regmaak". Lutviah het ook van oor= ledene se
daggarokery getuig maar dit nie in verband ge= bring met
moeilikheid tussen hom
en die appellante nie. Sy het egter beweer dat Goolam al dansende aan sekere
van
/sy . . .
9
sy vriende gesê het dat hulle "drie van Lentegeur se jongens van
die 'map' gaan afhaal." Sy, oorledene en ander van hul geselskap
woon in
Lentegeur en het per trein vandaar gereis na Soutrivier stasie wat oos van die
nagklub geleë is. (Van die klub loop
mens o a met Albertweg na die stasie
toe.) Maar volgens haar het Goolam nie laat blyk wie die drie "Lentegeur
jongens" was met wie
hulle aldus sou handel nie. Sy het ook be= weer dat eerste
appellant op 'n stadium sy vinger na oor= ledene gewys het. Sy wis egter
nie
waarom nie. Lutviah was nie
'n
ooggetuie tot die voorval waarin oorledene
gedood is nie en het eers 'n jaar later 'n ver= klaring oor die gebeure aan die
polisie
gemaak. Sy het beweer dat sy nie vroeër van, die saak teen
appellante bewus was nie.
Tydens die verhoor op die meriete, d
w
s tydens die eerste fase van
die saak, was dit gemene saak dat die lyk van die oorledene gevind is in die
straat by die
/aansluiting ...
10.
aansluiting van Millstraat en Albertweg, 263 treë oos van die
Casablanca.Destyds het appellante erken dat hulle daardie nag in
die Casablanca
was. Maar soos reeds genoem het albei enige betrokkenheid by die doods= voorval
ontken. Eerste appellant, wie se bynaam
"Funkie" is, het beweer dat hy en sy
gesellin, Jasmine, met die speel van die laaste plaat voor sluitingstyd die klub
verlaat het
en geloop het langs Albertweg in die rigting van Soutrivierstasie.
Nadat hulle reeds 'n hele ent gevorder het het hulle twee skote
agter hulle
gehoor en 'n geskarrel van mense gesien in die omgewing van waar die geluid van
die skote gekom het. Hulle het toe aan=
geloop stasie toe waar Jasmine die trein
na Mitchell's Plein gehaal het en hy na sy ouma in Soutrivier is. Tweede
appellant het beweer
dat hy ook kort voor sluit= ingstyd die klub verlaat het en
op sy eie langs Albert= weg na Soutrivierstasie geloop het. Toe hy 'n
verkeers=
sirkel nader het hy 'n groep van drie mans teëgekom. Een
/van ...
11.
van hulle sê "daar gaan daardie Slams, daardie gemors wat die
'bouncers' help". Al drie nader hom toe en een van hulle het hom
op sy
línkerskouer gesteek, klaarblyk= , lik met 'n mes. Hy het neergeval en sy
aanranders het toe blykbaar die wyk geneem.
Hy is te hulp gesnel deur twee seuns
wat hom opgehelp het, en dit was toe dat hy twee skote gehoor het.
Maar, soos ook reeds genoem, is appellante weerspreek deur Nuredien Hassan en
Kiemal Allie, wat hulle direk by die doodsvoorval betrek
het en beweer het dat
eerste appellant op Goolam se versoek vir oorledene doodgeskiet het. Die hof het
die weergawes van Nuredien
en Allie aanvaar en dié van appellante
verwerp. Vol= gens die onbetwiste mediese "getuienis het dit geblyk dat die
oorledene
deur 'n kopskoot gedood is, maar dat 'n tweede, erg misvormde
koeël ook in die oorledene se klerasie ge= vind is. Die kern van
die Staat
se saak, klaarblyklik tot 'n groot mate gegrond op die beskrywings deur
gemelde
/twee ...
12.
twee Staatsgetuies, is soos volg deur die Verhoorregter in sy
uitspraak saamgevat:
".... the real story is roughly this): The deceased had been at the Casa
Blanca night= club on the night of 8 October 1983. He left
with a woman (who
seems to have fled the scene later) at about 05h00 on Sunday morning, and was
further accompanied by two friends,
Nure= dien Hassan and Kiemal Alli. The four
walked along the northern pavement of Albert Road from Woodstock in the
direction of
Salt River station (that is eastwards) and crossed Mill Street when
they spotted a group of men stand= ing on the opposite pavement
on the south
side of Albert Road, some short distance beyond Greatmore Street (that is, east
of the inter= section of Greatmore Street
and Albert Road). Three or four of
these men, including two of the accused, walked across Albert Road towards the
deceased and his
friends. By this tirae the road was full of people who had left
the club and the deceased's party of four and the half dozen or so
who included
the accused in their number were by no means the only persons in Albert Road at
that early hour. Goolam - called out
to the deceased 'Hoor gou hier!'. The
deceased apparently started to cross the road towards the other group when the
four or so men
who were walking towards him suddenly pulled out knives. Deceased
must have realised his danger for he swung left and began to run
back to the
northern pavement of Albert Road when Goolam called out to No 2 'Skiet hom,
/Funkie'...
13
Funkie' or 'Skiet die naai, Funkie' or some= thing like that. No 2 fired at
the deceased, using both hands. We are told by the investi=
gating officer,
Sergeant Clarke, that he must have been using a .38 revolver. Two shots were
fired. One of them hit the deceased
behind the right ear, tore through his
brain, ricocheted off some protuberance in the posterior aspect of the left
orbit inside his
skull and came back to the upper part of the nose where it
stopped. The exact details are found in the medical re= port, Exhibit
A.
Deceased fell forward on his face, so it seems. He suffered an abrasion on the
front of the right knee and another on the left
side of the forehead. As he lay
near the kerbstone of Albert Road a short distance east of the Mill Street
intersection No 1, who
had done nothing up to now except pull a knife (so we are
told), walked up to the deceased, kicked him somewhere around the head
and
removed a pair of sunglasses the deceased was wearing. All three accused and
their unidentified com= panions then ran away. The
deceased died then or just
after."
Die geleerde Regter het toe die volgende bygevoeg
"If this is the correct version of what hap= pened then No 2 committed an
unprovoked murder and No 3 was
prima facie
involved in the sense that he
gave the order or made the suggestion to fire. No 1 seems to play a very small
part in the killing."
Die Hof het die getuienis van Nuredien en Allie
/aanvaar ...
14.
aanvaar, bevind dat. bogaande die ware weergawe is en het
appellante daarop veroordeel soos reeds gemeld.
Maar toe kom die tweede fase en die weergawe van die 26-jarige Fatima
Wildschut wat ten aansien van die kerngebeure soos volg lui.
Sy en haar twee
gesellinne het met die aankondiging van die laaste plaat die klub verlaat en aan
die suidekant van Albertweg oos
in die rigting van Soutrivierstasie geloop. Haar
vriend, Salie Dollie ("Blinkers" ) was nie saam nie want hy het eers sy baadjie
in die klub se kleedkamer gaan haal. Meeste van die klubgangers wat toe ook
vertrek het, het aan die ander- of noordekant van die
straat in dieselfde
rigting beweeg. Onder hulle was die twee appellante en 'Bom', wat skuins oorkant
Fatima-hulle was. Goolam het
voor geloop, gevolg deur Leo. Goolam was skuins
voor en Leo skuins agter Fatima-hulle. Oorledene en sekere van sy vriende het
voor
Goolam aan dieselfde kant van die straat en in dieselfde rigting geloop.
Fatima het geen groep
/mans ...
15.
mans waaronder die appellante was aan die suidekant van
Albertweg sien staan soos deur Nuredien en Allie getuig nie.
Goolam het oorledene op sy eie en klaarblyklik ongewapen genader, blykbaar om
met hom te gaan praat. Toe Goolam oorledene inhaal was
dié net van die
sypaadjie af en in die proses om Millstraat, wat daar by Albertweg aansluit, te
kruis. Oorledene het gestop
toe Goolam by hom kom maar Fatima kon nie hoor of "n
gesprek tussen hulle gevolg het nie. Oorledene het 'n baadjie oor sy skouer
gehad (Fatima het nie self gesê oor watter skouer nie en sy is nooit deur
enigiemand daaroor gevra nie). Net na Goolam by hom
gekom het, het oorledene die
baadjie laat val en met 'n
beweging wat sy as "'n tipiese messteek be=
weging" demonstreer het, vir Goolam op die linkerskouer gekap, maar sy het nie
opgelet
of oorledene 'n mes in sy hand gehad het nie. Goolam het agteroor geval
en op sy sitvlak op die straat te lande gekom. Al sittende
en
/kykende ...
16.
kykende na oorledene het Goolam, gestut op sy hand of hande (Fatima kon nie
sien of hy albei hande gebruik het nie.) agtertoe beweeg
weg van oorledene af-
Dié het weer vorentoe beweeg, na Goolam toe, en na hom gemik. Dit het
vír Fatima gelyk asof oorledene
hom weer wou steek. Op hierdie stadium
was Goolam met sy rug en oorledene met sy gesig na haar. "Blinkers", wat agter
haar was, het
bý Fatima verby gehardloop in die rigting van Goolam en
oor= ledene, en eerste appellant volg kort op sy hakke. Op daardie
oomblik het
iemand agter oorledene geskree "skiet die naaier". Dit was gewis nie Goolam
nie,want sy sou sy stem herken het. Net daarna
het eerste appellant geskree "val
plat". Hy was in die middel van die straat ongeveer 5-8 tree van oorledene af en
het
'n
rewolwer voor by sy broek uitgepluk. Hy het gekyk in die rigting
van Goolam en oorledene. "Blinkers" en "Bom", wat tussen hom en hulle
twee was,
het plat geval. Eerste appellant het die rewolwer met albei hande vasgehou en
die eerste
/skoot ...
17.
skoot afgetrek. Fatima het egter nie self gesê, en sy
is nie gevra, waarheen of waarop die vuurwapen toe gerig was nie. Maar
die hoe
waarskynlikheid, onder die om= standighede, en ook weens eerste appellant se
waarskuwings= kreet, is dat dit in die algemene
rigting van oorledene gemik
was.
Net na die klap van die eerste skoot het Fatima omgedraai, vir Riana gegryp
en van die toneel af weggekyk. Toe klap die tweede skoot.
Toe sy daarna weer
terug= kyk, het oorledene op die straat gelê op sy linkersy met 'n klomp
mense om hom saamgedrom. Iemand
was toe besig om Goolam op te help en eerste
appellant was aan die weg= hardloop. Dit is duidelik volgens Fatima se
beskrywing dat
slegs enkele sekondes verloop het tussen die steekhou op Goolam
en die tweede skoot.Sy en haar gesellinne
wou
nie ook na oorledene gaan
kyk níe erv het verbygeloop na Soutrivierstasie waar hulle die trein
huis-toe gehaal
het.
/Volgens ...
18
Volgens Fatima was die appellante lede van die "Nice Time
Kids" en oorledene leier van die "Fancy Boys". Hierdie twee bendes was mekaar
nie goedgesind nie, en toe die kreet "skiet die naaier" agter oorledene opgaan
het sy gemeen dit was afkomstig van een van die "Fancy
Boys" en dat hulle
moontlik vir Goolam wou skiet. In die trein op pad huis-toe was Fatima getuie
van '
n
onaan= gename voorval wat 'n belangrike uitwerking op haar gehad
het. In dieselfde rytuig met haar en haar twee gesel= linne was 'n
groep "Fancy
Boys" wat openlik weerwraak op die "Nice Time Kids" vir oorledene se dood
bespreek het. "Meid" had 'n "Nice Time Kids"
baadjie aan. Een van die "Fancy
Boys" het dit raakgesien en hoorbaar sy makkers se aandag daarop gevestig. Dit
het "Meid" so bang
ge= maak het dat sy uitgespring het toe die trein by
Pinelands stilhou. En hierdie vrees vir die "Fancy Boys" het Fatima ook laat
swyg tot lank na afloop van die eerste fase van die saak, toe sy deur die
prokureur van die
/appellante ...
19. appellante genader is in Desember 1984.
Die appellante het in hul verdere getuienis erken dat hulle oorspronklike
ontkennings van betrokken= heid by die voorval vals was
en het erken dat Fatima
se weergawe wesenlik korrek was. Elkeen van hulle het egter byvoegings tot
daardie weergawe gemaak. Dít
is te verwagte, omdat hulle direk by die
voorval betrokke was en dit nie soos Fatima slegs as toeskouers waargeneem het
nie. Hulle
verduideliking vir die valsheid van hulle oorspronklike
leuenagtigheid was dat hulle elk verkeerdelik gemeen het dat die waarheid
hulle
nie sou baat nie. Eerste appellant het bv as rede vir sy leuens gesê "Ek
het gedog as ek myself afhaal van die toneel,
dan - as ek lieg, dat ek maklik
sou vrykom van die misdaad." Tot hul ontnugtering moes hy en Goolam egter amper
te laat ontdek dat
die leuen gewoonlik nie 'n sleutel is wat die deur tot
ontvlugting oopmaak nie maar 'n slot wat dit toehou.
/Goolam ...
20.
Goolam het nou ontken dat hy vroeër die aand vir
oorledene gevra het om te deel aan dié se dagga "pyp" en het getuig dat
toe hy aan die wegloop was van die klub af soos deur Fatima beskryf, oorledene,
wat in
'n
groep van 7-8 geloop het, teenoor hom, blykbaar aan sy vriende
en met klaarblyklike verwysing na Goolam se vroeëre hulp aan die
uitsmyters, opgemerk het "daar gaan die vuil hond wat die 'bouncers' help". Dit
het hom gekrenk en hy het na oorledene gegaan om
hom te vra wat hy daarmee
bedoel. Toe hy by hom kom het oorledene egter skielik 'n baadjie wat hy oor sy
regterarm gedra het oorgegooi
op sy linker= arm en met 'n mes wat reeds oop in
sy regterhand was, hom onverwags op die linkerskouer gesteek en verwond. Hy het
agteroor geval soos deur Fatima beskryf en die oor= ledene het toe weer met die
mes steeds in sy regterhand na hom gekom en 'n beweging
gemaak om hom weer te
steek. In 'n poging om van die dreigende doodsgevaar weg te kom het Goolam al
sittende en gestut net op sy
regterhand,
/omdat ...
21.
omdat daar nie krag in sy linkerhand was nie, agteruit beweeg
weg van oorledene af maar met sy gesig steeds na hom gewend. Toe skree
iemand
"val plat!" en het hy ge= sien dat "Bom" en ene Ismail Lakay wat ook vroeër
in die klub was, plat val. Toe het 'n skoot
"baie hard" afge= gaan. Goolam het
nie die voorafgaande uitroep "skiet die naaier" gehoor nie (moontlik weens die
angs van die oomblik),
maar het gedink daar word moontlik op hom ge= skiet. Hy
het toe verder agtertoe afgesak totdat hy feitlik op sy rug gelê het,
maar
hy het nogtans gesien dat oorledene toe links om hom beweeg. Net daarna klap die
tweede skoot. Waar oorledene toe was,het hy
nie gesien nie. Albei skote het van
iewers agter Goolam gekom en hy het nie gesien wie skiet nie.
Na die tweede skoot het "Bom" en Lakay hom opgétel en met hom in
Albertweg van die toneel af weg beweeg. Toe hulle by die verkeerssirkel
kom,kry
hulle vir eerste appellant wat met 'n vuurwapen in sy hand gestaan
/het . . .
22.
het in die geselskap van "Blinkers" en ene "Slams". Nadat
Goolam aan eerste appellant opgemerk het dat dit dan hy was wat geskiet
het,
antwoord dié dat indien hy nie geskiet het nie sou oorledene hom verder
aangerand het met die mes en kon hy hom "maklik
doodgesteek" het. Daarna is
hulle almal na die huis van Armien Januarie waar Goolam se wond behandel is.
In sy "nuwe" getuienis het eerste appellant erken dat hy 'n .38 rewolwer by
hom gehad het en dat hy twee skote daarmee in die rigting
van oorledene afgetrek
het,
die eerste in die lug bo kophoogte en die tweede laer, maar steeds
in die rigting van oorledene. Ek kom later terug na sy redes vir
die skietery.
Hy het, ten aansien van die nag in die klub, getuig dat hy oorledene glad nie
geken het nie en "geen saak met hom gehad
het nie", dat daar geen moeilikheid in
die klub was nie, dat hy in 'n geselskap wat Ismail Lakay ingesluit het om on=
geveer 10 nm
Casablanca-toe is en dat "Jasmine" slegs 'n
/versinsel ...
23.
versinsel was. Goolam het ongeveer 11 nm daar aange= kom en
hom in die loop van die aand gevra of hulle "'n pyp kan maak", wat hy
nie kon
doen nie omdat hy nie Man= drax "buttons" by hom had nie. Hy het ook 'n mate van
bende-betrokkenheid erken deur te getuig
dat hy 'n "Cisco Jackie" was, blykbaar
omdat hy op een of ander geleent= heid in die nek gesteek was, en dat hy
"opgegroei het met
die 'Nice Time Kids'", maar dat hy nie hul "brand= raerk" dra
nie. Die klub sluit om 5 vm, blykbaar om in te pas by die vertrektyd
om 5.30 vm
van die eerste trein na Mitchell's Plein. Meeste van die klubgangers het vertrek
met die speel
van
die laaste plaat en hy het stasie toe geloop met die
agterstes. Twee onderwyseresse wie se name hy nie ken nie, het by hom
aangesluit,
en so het hulle aangestap aan die klub-kant van die straat. Hy het
ontken dat hy en Goplam met 'n groep ander mans aan die oorkant
van die straat
gestaan het en het gesê dat toe hy só aangestap het Goolam nie in
sig was nie.
/Maar ...
24.
Maar "Blinkers" het ongeveer 8-10 treë voor hom in die= selfde rigting
geloop. Hy ken Fatima Wildschut nie, en het haar blykbaar
nie raakgesien toe hy
só op pad was nie.
Die eerste aanduiding wat hy van onraad gekry het, was toe "Blinkers" na hom
omdraai en sê "daar is moeilikheid voor". "Blinkers"
het vorentoe
gehardloop en hy het gevolg. Toe hy naby die aansluiting van Mill= straat by
Albertweg kom,het hy gemerk dat Goolam
agter= toe val met sy hele gewig op sy
regterhand en al sittende terug beweeg. Toe merk hy oorledene ook op wat met 'n
oop mes in
sy opgeligde hand vorentoe beweeg na Goolam toe. Die indruk wat hy
gekry het was dat oorledene Goolam weer gaan steek met die mes.
Hy het bygevoeg
"Toe dadelik het ek besef dat die tweede appellant se lewe in gevaar is en dat
geeneen in staat is om enigiets te
doen om te kan help nie, of geeneen het 'n
vinger pro= beer verroer om 'n poging aan te wend om hom te help nie." Hy was
toe ongeveer
8 - 10 treë van Goolam af. Hy het
/Goolam ...
25.
Goolam skuins van agter en oorledene reg van voor gesien. Hy skree toe
"val platl" en haal sy rewolwer uit- Mense tussen hom en die
oorledene het plat
geval.Feitlik gelyktydig met sy uitroep het iemand van agter oorledene af
geskree "skiet die naaiers". Toe trek
hy die eerste skoot af. Dit was in die
rigting van oorledene maar in die lug bokant sy kop gemik. Sy doel
daármee was om oorledene
slegs skrik te maak en hom sodoende van Goolam
af weg te kry. Oorledene draai toe weg van Goolam af en dit lyk vír
eerste
appellant asof hy op hom afpyl. Eerste appellant skrik toe en trek die
tweede skoot af sonder dat hy bedoel het om dit te doen. Maar
met daardie skoot
was die rewolwer gerig tussen Goolam en oorledene. Weens die skrik het hy
dadelik weggehardloop sonder om op te
let of hy oorledene raak geskiet het. By
die verkeerssirkel het hy vir
Goolam
in die geselskap van ander
teëgekom. Hy was op die linkerskouer gewond. Hy het aan Goolam vertel
waarom hy geskiet het en toe
is hulle almal na die
/huis ...
26
huis
van
Armien Januarie waar Goolam verpleeg is en hy hom met dagga
en Mandrax "aan die slaap gerook" het om oor sy skok te kom. Die vuurwapen
het
hy die volgende oggend versteek in die huis van
'n
universiteitslektor,
waar ene Magodien Isaacs dit gesteel en vir Mandrax tablette verruil het.
Alhoewel daar sekere afwykings is tussen die verklarings wat hulle vir
doeleindes van voormelde aan= soek gemaak het en hul verdere
getuienis word
beide ap= pellante wesenlik gestaaf deur Fatima Wildschut. Sy het
'n
goeie indruk op die Verhoorregter gemaak en hy het be= vind dat haar
weergawe redelik moontlik waar kan wees. Dit is duidelik dat
hy ook bevind het
dat aan die ver= eistes van art 316 (3) van Wet 51 van 1977 voldoen is en hy het
die gevraagde verlof om te appelleer
toegestaan. In sy kommentaar op die verdere
getuienis sê hy egter o a die volgende:
"The story told by the present new
/witnesses ...
27
witnesses, that is to say Fatima Wildschut and the two
appellants, is that the deceased for some reason, probably fear, stabbed Goolam
Hassan in the shoulder and then turned and ran when Mogamat Leo produced a 9mm
pistol and shot at him. Leo fired a second shot when
the de= ceased was already
fleeing and hit him from behind, diagonally
,
as described in my original
judgment. It would therefore appear that Leo shot a man who was already running
away. It would also appear,
however, that he shot at him the first time in an
attempt to protect his friend, Goolam Hassan.
In the circumstances this Court (myself and assessors) might have found
Mogamat Leo guilty of murder with extenuation but would al=
most certainly have
found him guilty of culpable homicide at the least.
As far as concerns Goolam Hasaan, the story that he yelled out: 'Skiet die
naai
,
Funky' is open to some doubt. The story told by Fatima Wildschut
and now told by the two appellants is that somebody yelled out: 'Skiet
die
naaiers". Bearing in mind the recently revealed fact that the important State
witnesses Nuredien Hassan and Kiemal Allie are
themselves apparently rather
suspect characters, it could be that the addition of the word "Funky" was a case
of gilding the lily
in order to make quite certain that Goolam Hassan was
convicted as well It is possible, therefore, that the original Court, had this
information been before it, might have acquitted Goolam Hassan of complicity
/in ...
28.
in the killing of the deceased. It must be remembered that we
are dealing with people who can only be described as gangster scum and
since the
gang aspect of this case has now be= come reasonably manifest it is possible
that the State witnesses wanted to make quite
sure of securing convictions of
both the appellants
As far as concerned Mogamat Leo, first appellant, he is a self-confessed
liar, who on his own admission shot a man running away from
him. He lied in
Court on the 23rd of October when he told me that the deceased "peil op my af"
after the first shot was fired. He
also lied when he said he did not mean to
fire the second shot. It is clear from all the evidence that the second shot was
carefully
aimed and he killed a man quite deliberately. Mr
Munnik
,
his counsel tried to get his client to tell a more convincing story, namely
that 'dit het
qelyk
of hy op my afpeil'. I have no doubt that Leo shot
the deceased quíte deliberately as he fled."
Hierdie kommentaar bevat growwe mistastings. Die effek van Fatima se weergawe
van die kerngebeure is om dié van Nuredien Hassan
en Kiemal Allie
heeltemal uit te wis. Om die aanspreeklikheid van appellante
/te.....
29.
te bepaal, moet derhalwe gekyk word na haar getuienis en
dié van appellante self. En daarin is bv geen aanduid= ing dat oorledene
waarskynlik uit vrees vir Goolam gesteek het nie. Daar is nou ook geen
getuíenis dat oorledene aan die wegvlug was met ,die
tweede skoot of dat
appellant daar= die skoot versigtig op hom gemik en hom doelbewus doodge= skiet
het nie. Die Verhoorregter was
klaarblyklik nie in staat om sy gedagtegang los
te maak van die getuienis wat die Staatsgetuies in die eerste fase van die saak
afgelê
het en sy bevindings destyds dien aangaande nie, en gevolg= lik het
hy nie daarin kon slaag om die nuwe getuienis van Fatima Wildschut
en die
appellante met die onbevange gemoed te benader wat van hom vereis was nie.
Die Regter se kommentaar op die verdere getuienis is slegs bedoel as
'n
hulpmiddel vir hierdie Hof , wat self oor die aanvaarbaarheid en effek
daarvan moet besluit. Die kommentaar is nie gelyk te stel
aan
'n
geloofwaardigheids= bevinding deur die Verhoorhof nie, een van die redes synde
dat die assessore nie daarby betrokke was nie. Hierdie
/Hof ...
30.
Hof het gevolglik groter beweegruimte ten aansien van daardie
kommentaar as by so 'n geloofwaardigheidsbevxnd= ing. En in die onderhawige
geval is daardie ruimte ver= breed deur die mistastings.
Dit is na my mening
nou duidelik dat Goolam geen skuld het aan oorledene se dood nie, en sy veroor=
deling kan gevolglik nie bly staan
nie.
Met eerste appellant is dit-anders gesteld. Dit is gemene saak dat twee skote
uit sy rewolwer geskiet is terwyl hy dit vasgehou het
en dat een daarvan
oorledene gedood het. Die regsgevolge van die doodskoot moet be= paal word op
die nuwe getuienis en die onbetwiste
mediese getuienis gelewer tydens die eerste
fase van die saak. Op Fatima se getuienis soos aangevul deur dié van
Goolam,
is dit duidelik dat Leo die eerste skoot geskiet het ter
geregverdigde verdediging van Goolam teen 'n potensieel dodelike mes-aanval
deur
oorledene. As dit daardie skoot was wat oorledene gedood het, is eerste
appellant onskuldig. Maar na my mening is daar geen
redelike twy= fel dat die
tweede die dodelike skoot was nie. Volgens voormelde mediese getuienis sou die
kopskoot waarskynlik oorledene
onmiddellik laat val het, maar beide eerste
/appellant ...
31.
appellant en Goolam het getuig dat hy na die eerste skoot nie
alleen nog op sy voete was nie maar ook nog beweeg het. Albei het ook
in hul
verklarings vir doeleindes van die aansoek beweer dat oorledene na die
tweede
skoot
rondgetol en neergeval het. Alhoewel albei dit in hul getuienis
weerspreek het,is daardie verklarings nogtans in hierdie opsig van
belang. Dit
was immers oorwoë uitings. Hoe die ander koeël in oorledene se klere
be= land het is duister, maar dit was
klaarblyklik 'n opslag=
koeël.Spekulasie daaromtrent sal van geen nut wees nie- Die enigste
redelike gevolgtrekking is steeds
dat die tweede skoot oorledene gedood het.
Die verdere vrae is nou of eerste appellant die tweede skoot onwettiglik en
doelbewus afgetrek het met die opset om oorledene te tref
en te dood. Net eerste
appellant kan daaroor getuig want nóg Fatima nog Goolam het hom dit sien
skiet. Dit is egter hoogs
waarskynlik dat hy die rewolwer toe nog in
albeí hande vasgehou het.
/In ...
32.
In sy voormelde verklaring sê appellant weliswaar dat hy die tweede
skoot
afqevuur
het, wat op doelbewustheid dui. Maar te veel moet nie na
my mening daarvan gemaak word nie. Dit kan moontlik die vertolking deur
die
opstel= ler van die verklaring wees van 'n minder presiese stelling In sy
verdere getuienis het eerste appellant volgehou dat
oorledene se beweging na die
eerste skoot hom laat skrik het omdat dit by hom die indruk gewek het dat
oorledene op hom afpyl, en
dat hy toe die tweede skoot afgetrek het sonder die
bedoeling om werklik weer te skiet. Ek meen dat hierdie verduideliking redelik
moontlik waar kan wees. Dit is waarskynlik dat die twee skote kort na me= kaar
afgetrek is. Die eerste een was sekerlik nie on= wettig
nie, en alhoewel daar
onder die omstandighede geen sprake daarvan kan wees dat die tweede skoot bloot
per ongeluk afgegaan het nie
of van enige verdere beskerming van Goolam of van
selfverweer van eerste appellant nie, en die skoot derhalwe onwettig was, is dit
nogtans
/afgevuur ...
33.
afgevuur in die loop van dieselfde hoogs vloeibare en spanningsvolle
geleentheid. Die aard en rigting van oorledene se beweging na
die eerste skoot
is nie duide= lik in die getuíenis beskryf nie en die redelike moont=
likheid kan na my mening nie uitgeskakel
word nie dat eerste appellant dit in
die opgewondenheid en spanning van die oomblik verkeerd vertolk het, en toe
geskrik en geskiet
het en dat oorledene al bewegende sy kop of lyf só kon
gedraai het dat die skoot sy kop toe van agter getref het sonder dat
hy werklik
aan die wegvlug was. Dit is om dieselfde redes ewe moontlík dat eerste
appel= lant nie op daardie spanningsvolle
oomblik die moontlik= heid besef het
dat die skoot oorledene kon dood nie. 'n Redelike mens in sy omstandighede sou
die gevaar daarvan
nietemin besef het. Deur so te skiet was eerste appellant
derhalwe nalatig. Vgl bv
S v Sephuti
1985 (1) S A 9(A)
op 12 H - 13 D.
Van moord kan daar gevolglik nie sprake wees nie. Maar eerste appellant is bo
redelike
/twyfel ...
34.
twyfel skuldig aan strafbare manslag. Sy skuldigbevind= ing aan moord en die
doodvonnis aan hom opgelê moet der= halwe tersyde
gestel word.
Nou moet hy opnuut gestraf word. Die nalatige doodskiet van 'n medemens is
weliswaar 'n ernstige vergryp, maar die grade van sulke
nalatigheid en die
daarmee ge= paardgaande strafwaardigheid kan van geval tot geval ge-weldig
verskil. En hoe minder die graad van
nalatigheid hoe minder die
strafwaardigheid, behalwe in uitsonderlike gevalle, waarvan die onderhawige nie
een is nie.
Eerste appellant was weens omstandighede buite sy beheer onverwags ingetrek
by die moeilikheid tussen oorledene en Goolam en moes
vinnig optree in 'n
gevaarlike en hoogs vloeibare situasie.Ek is derhalwe van mening dat die
nalatigheid hier ter sprake nie van
'n baie ern= stige graad is nie. Eerste
appellant se strafwaardig= heid is daardeur gevolglik ook wesenlik verminder. By
bepaling
van sy straf is die sielswroeging wat hy moes
/verduur ...
35.
verduur gedurende sy elf maande-lange verblyf in die dodesel ook 'n faktor
waarmee rekening gehou moet word. Na my mening sal 'n gepaste
bestraffing hier
'n vonnis wees van twee jaar gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik vir
drie jaar opgeskort is.
Die volgende bevele word derhalwe gemaak.
1. (a) Die appel van eerste appellant slaag
gedeeltelik.
(b)Sy skuldigbevinding aan moord en die
doodvonnis aan hom opgelê word tersyde gestel en word vervang deur 'n
skuldig= bevinding aan strafbare manslag en deur Vi vonnis
van twee jaar
gevangenisstraf wat in die geheel vir 3 jaar opgeskort word op voorwaarde dat hy
nie skuldig bevind word aan moord
of aan strafbare manslag waarvan aanranding 'n
element is en wat gepleeg is binne die tydperk van
/opskorting ...
36. opskorting nie.
Die appèl van tweede appellant slaag en sy skuldigbevinding en vonnis
word tersyde gestel
M.T. STEYN WN AR
BOTHA AR
STEM SAAM NESTADT AR