S v Mthambeka and Others (A231/2004) [2004] ZAWCHC 38 (10 September 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against conviction and sentence — Appellants convicted of robbery with aggravating circumstances and sentenced to 12 years imprisonment each — Minimum sentence legislation applicable — Appellants challenged the fairness of the trial, alleging irregularities in representation and translation — Court found no merit in claims of unfair trial and upheld the identification evidence against the appellants — Sentences confirmed but adjusted to allow for partial concurrency, resulting in an effective sentence of 18 years imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2004
>>
[2004] ZAWCHC 38
|

|

S v Mthambeka and Others (A231/2004) [2004] ZAWCHC 38 (10 September 2004)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUIP-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER A.231/2004
DATUM: 10
SEPTEMBER 2004
In
die saak tussen:
SISEKO
MTHAMBEKA
1ste Appellant
SENZO
MOYO
2de Appellant
SANOILE
QHUSEKA
3de
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
UITSPRAAK
CLEAVER.
R
:
Hierdie
is 'n appel teen die skuldigbevinding en vonnis van die appellante
op twee aanklagtes van roof met verswarende omstandighede.
Die
appellante is in die streekhof van Atlantis skuldig bevind en
gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf op elk van die aanklagte.

Die minimum vonnis wetgewing, dit wil se Wet 105 van 1997, was van
toepassing en die landdros het bevind dat daar dwingende
en
wesenlike omstandighede aanwesig was en het gevolgJik nie die
minimum vonnisse van 15 jaar opgele nie en, soos ek gese net,
die
appellant tot twaalf jaar gevangenisstraf op elk van die twee
aanklagte gevonnis. Hy het egter gelas dat vier jaar van die
vonnis
op die tweede aanklag sametopend sou wees met die vonnis op die
eerste, met die gevolg dat die kumulatiewe effek van die
vonnisse
die van 20 jaar gevangemsstraf is. Die appellante kom nou in hoer
beroep teen beide die skuldigbevindings en vonnis.
Namens
die appellante het me
Joubert
In die eerste instansie verskillende besware, wat die appellante
self opgenoem het, onder die Hof te bring, maar heeltemal tereg
na
my mening het sy die meeste van hierdie gronde nie tydens argument
beaam nie. Ek noem hulle kortliks. Daar is namens die appeMante

aangevoer dat daar onreelmatighede plaasgevind het veral omdat die
regsverteenwoordigers wat namens huile verskyn het, nie hulie
tale
magtig was nie en die feit dat op 'n stadium gedurende die
hofverrigtinge 'n tofk, wat op daardie stadium in die hof was,

skynbaar nie behoorlik getolk het nie maar dit het geskied tydens
die ondervraging van staatsgetuies deur hulle regsverteenwoordigers.
Wat
die eerste van hierdie besware betref, is daar na my mening geen
meriete daarin nie en tewens ook nie wat die tweede betref
nie.
Wat
die tweede betref, is dit duidetik dat die appellante se bekommernis
was dat hulle miskien nie behoorhk bygestaan sou word
deur die tolk
wanneer dit by hulle getuienis sou kom. Die landdros het as gevolg
daarvan ondersoek ingestel en vasgestel van
die drie
regsverteenwoordigers dat hulle tevrede was dat die verhoor van die
appellante nie nadelig getref is deur die sogenaamde
onbehoorlike
veriolking nie.
Hulle
het ook te kenne gegee dat hulle nie probleme ondervind het om met
die appellante te kommunikeer nie en dit blyk ook uit
die getuienis
dat sekere van die appellante goed verstaan het tydens ondervraging
van die getuies in Afrikaans.
Om
te slaag op 'n grond van hierdie aard moet dit blyk dat die
appellante nie behoorlike en regverdige verhoor gehad het nie en
ek
is tevrede dat dit nie die geval was nie. Sodra daar vasgestel was
dat daar 'n probleem in verband met die een tolk was, is
reelings
getref om 'n ander tolk aan te stel en daarna het dlnge vlot
verloop.
Daar
is ook beswaar gemaak op die basis van sogenaamde partydigheid deur
die landdros. Dit blyk dat gedurende die vonnisverrigtinge,
die
landdros verwys het na die agtergeblewende geskiedenis van die
appellante en die feit dat hulle nie werk kon kry nie, dat
dit
moontlik hulle tot die misdade genoop het, maar ek kan geen
partydigheid in sy opsomming by die vonnisverrigting bespeur
nie en,
soos ek se, mej
Joubert
het hierdie aspekte nie eintlik verder gevoer nie.
Sy
het staatgemaak op sekere verskilJe tussen die getuienis van mnr
Dippenaar, die klaer in die eerste klagte in verband met sy

uitkenning van die appellante. Die beswaar is dat hy miskien
]
n
fout sou gemaak het met betrekking tot die aantaf persone wat
betrokke was by die roof. Dippenaar is n sekuriteitsbeampte wat

verantwoordelik was vir die vervoer van geld van die bank af daardie
dag. Hy het die geld En trommels uit die bank uitgebring
en in sy
vierwielmotorkar geplaas by die passasierskant. Nadat dit gedoen is,
het hy om gestap na die bestuurderskant en op daardie
stadium is hy
gekonfronteer deur n persoon, wat hy as appellant nommer 3
geidentifiseer het, met 'n vuurwapen. Die het gedreig
om horn te
skiet indien hy nie die sleutels van die kar aan horn oorhandig nie.
Die sleutels is toe oorhandtg waarop mnr Dippenaar
getuig het dat 'n
aantal persone op die bakkie gespring het en dat daar toe deur
appellant nommer 3 gepoog is om weg te kom met
die voertuig.
Blykbaar deur onkunde kon die persoon, wie hy as die derde appellant
ge'identifiseer het, nie daarin slaag nie,
met die gevolg dat nadat
die enjin, soos hulle in die getuienis gese het, ge-ref is, tot
stilstand gekom.
Dit
is duideiik uit die ander getuienis wat deur die Staat gelei is, dat
die motorvoertuig van ene mev Smith toe geroof is en
gebruik is deur
die persone wat op Dippenaar se bakkie was, om mee weg te kom. Mev
Smith het getuig dat amper onmiddelfik nadat
sy haar voertuig in die
parkeerruimte geparkeer het, sy ook gekonfronteej" is deur Yi
swartpersoon wat 'n vuurwapen teen
haar bors gedruk het en haar van
haar motor beroof het.
OnmiddeElik
daarna, volgens die getuienis van Dippenaar, het die persone wat
besig was om sy kar te kaap, hulle gehaas na die
voertuig van mev
Smith, 'n rooi Honda, en daarin geklim en toe haastig weggejaag.
Dippenaar
se getuienis was verder dat hy in sy kar die rooi kar agtervolg het
en gesien het dat naby die winkelsentrum n blou
Jetta voertuig vir
die rooi Honda gewag het. Hy se dat twee persone uit die Honda
uitgektim het en in die Jetta ingeklim het.
Nou die getuienis wat
later gemene saak geblyk het, was dat vier persone in die Honda was
toe die Honda van die pad af bestuur
is nadat die bestuurder daarvan
bewus geword het dat die verkeerspolisie vir horn ingewag het en dat
daar ook Suid-Afrikaanse
Polisie agter horn was. Die vier persone
het die drie appellante ingesluit. Die argument was dus dat omdat
Dippenaar h font kon
gemaak het met die aantal persone wat hy in die
Honda gesien klim het, sy getuienis nie goed genoeg was nie.
Dippenaar het ook
die derde en eerste appellant geTdentifiseer as
persone wat hy op die tonee! met vuurwapens in hulle besit gesien
het.
Dit
mag wees dat Dippenaar se getuienis miskien aangeval kan word wat
die detail daarvan betref, maar sy getuienis moet nie alteen
gesien
word nie. Al die getuienis moet saamgevat word om te beslis of die
Staat se saak bo redelike twyfel bewys is en hier is
dit van
kardinale belang om te let op die weergawes van die appellante.
Al
drie van hulle het baie wankelende getuienis aangebied oor hoekom
hulle daardie dag op die toneel was, maar, meer belangrik,
hulle
getuienis was dat niks eienaardig by die winkelsentrum gebeur het
nie; dat hulle eerder onskuldig en op ft doodgewone manier
by die
Honda ingeklim het en daar weggery het. Hulle kan geen aanduiding
gee van hoekom die geroofde geld en twee trommels in
die Honda was
nie. Dit blyk voigens foto's wat ingehandig is dat daar vuurwapens
in die motor was. Gelukkig vir die appellante
het die Staat nie
bewys dat dit wel 'n vuurwapen was nie, maar een van die appellante
het getuig dat hy ook gesien het dat daar
'n vuurwapen langs die
bestuurder gele het terwyl hulle weggery het.
Die
landdros het, na my mening, heeltema! korrek die appellante se
weergawes verwerp. Hulle is dus die persone wat voigens aanvaarbare

getuienis daardie dag by die winkelsentrum vanaf Dippenaar se motor
hulself gehaas het tot in die rooi Honda met die geld wat
van die
bank geroof is. in die omstandighede is daar geen rede om met die
skuldigbevinding in te meng nie.
Namens
die appellante is daar aangevoer dat die kumulatiewe effek van die
vonnisse so swaar is dat die streeklanddros misgetas
het en sy
diskresie dus nie op 'n behoorlike regtelike manier uitgeoefen het
nie. Die landdros het nie ag geslaan op die feit
dat een van die
appellante nie vorige veroordelings gehad het nie, en ek dink ons
kan aflei dat hy hutle almal as eerste oortreders
behandef het. Een
van die appellante is baie jonger as die ander twee. Twintig jaar is
'n lang tyd. Dit is so dat hier twee afsonderlike
misdade gepleeg
is, maar aan die ander kant het die Staat ook toegegee dat die
tweede misdaad, die kaping van die rooi Honda,
nie vooruit beplan is
nie, maar dat dit geskied het toe die appellante nie kon slaag om
met mnr Dippenaar se voertuig weg te
kom nie. Die Staat het ook
daarop gewys dat dit geskied het met die gebruik van 'n vuurwapen en
indien die Staat nie bewys het
dat 'n vuurwapen was nie, het dit
seer sekerlik bewys dat dit geskied het as gevolg van dreigemente
wat genoeg was om d;t onder
die minimum vonnis wetgewing te bring.
Ten beste vir die appellante het dit geskied het met iets wat soos
'n vuurwapen gelyk
het.
Dit
is so dat die Wetgewer bepaal het dat streng strawwe opgele moet
word vir hierdfe soort misdade, aan die ander kant is deel
van die
bedoeling van vonnisoplegging ook om moontiikhede te skep vir
rehabiMtasie. Na my mening, kon daar meer aandag aan hierdie
aspek
gegee gewees het en ek sou dus 'n verdere gedeelte van die vonnis op
die tweede aanklag sou laat saamloop met die van die
eerste.
In
die omstandighede word die volgende beve! gemaak;
1. Die
appelle teen die skuldigbevindings word van die hand gewys en die
skuldigbevindings word bekragtig.
2. Die
vonnisse van twaalf (12) jaar gevangenisstraf op beide die aanklagte
word bevestig, maar dit word bepaal dat ses (6) jaar
van die
gevangenisstraf wat opgele is op aanklag 2, samelopend uitgedlen sal
word met die vonnis wat opgele is op aanklag 1,
dit wil se die
helfte van die vonnis sal saamloop.
3. Dit
beteken dat
a\
drre
van die appellante effektief tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis
is.
CLEAVER,R
WHITEHEAD.
WnR:
Ek stem saam.
WHITEHEAD,
WnR