S v Moolman (SS256/03) [2004] ZAWCHC 47 (7 September 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Consideration of mitigating factors — Accused convicted of rape — Factors including the nature of the crime, the impact on the victim, and the accused's personal circumstances considered in sentencing — Accused sentenced to ten years' imprisonment after taking into account time already served and mitigating circumstances such as the victim's recovery and the accused's remorse.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2004
>>
[2004] ZAWCHC 47
|

|

S v Moolman (SS256/03) [2004] ZAWCHC 47 (7 September 2004)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
SS256/03
DATUM
:
7
SEPTEMBER 2004
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
ALDORE
MOOLMAN
V
O N N I S
FOXCROFT.
R
:
Mnr
Moolman, u het nou alles gehoor in die hof en ons het van u moeder
gehoor. Dit is baie swaar natuurlik vir 'n moeder om hier
te kom
staan en pleit vir haar seun. Dit moet veral swaar wees in
omstandighede soos hierdie waar sy moes seker baie gesukkel het
om u
deur die skool te laat loop totdat u matriek gekry het. En ek het ook
gehoor dat sy dink daar is nog n kans dat u tot 'n regte
siening van
die lewe kan kom. U het ook self gepraat van die feit dat u wil nie
voortgaan met die misdade waarmee u in die negentigerjare
u betrokke
was.
Ek
het ook jou advokaat gehoor in verband met die vonnis, asook die
staatsadvokaat.
Dit is baie redelik en heeltemal reg, dink ek, wat die staatsaanklaer
se, dat hierdie saak nie een vir
'n
lewenslange gevangenisstraf is nie. Dit is nie een van die slegste
gevalle wat in hierdie howe voorkom, waar jong kinders vreeslik

beseer is, fisies en psigologies, en waar hulle vir die res van hulle
lewens dit onthou. U het self gehoor dat die vrou wat in
hierdie saak
verkrag is heel normaal lyk. Sy het 'n man nou, sy gaan binnekort "n
baba in die wereld bring. En sy het self
gese dat sy nou net bang is
om buite te gaan in die aand. So, gelukkig vir u, lyk dit asof sy
amper ten voile herstel het.
Aan
die anderkant het die Parlement hierdie wet ses jaar gelede
ingebring, omdat almal in die land geskreeu het, en hulle skreeu

nog, dat die howe vonnisse gee wat te lig is. Gisteraand op die
radio, vanoggend hoor ek dit weer, dat duisende mense in Mitchells

Plain binnekort sal byeenkom om te marsjeer na die howe en ook na
die parlement, om te kla dat die vonnisse te lig is. Die mense
in
die Parlement het nou moeg geraak van hierdie misdaad. So, 'n mens
kan nie sommer se dit is ongelukkig dat hierdie ding gebeur
het en
'n baie ligte straf gee nie.
Maar
daar is dwingende omstandighede wat die staat voor my gele het in
hierdie saak. Die eerste een is natuurlik dat u baie daardie
aand
gedrink en dat dit tot 'n groot mate tot hierdie misdaad gelei het.
Daar kan geen twyfel daaraan wees nie.
Die
tweede feit is wat ek al reeds genoem het. Die skade aan die dame is
gelukkig min. Dit was groot vir 'n tyd, sy het natuurlik
baie seer
daarna gevoel. Sy was baie bang vir mans vir 'n jaar of twee, maar
nou het dinge so
te
se reg gekom.
En
die derde feit wat mnr Theron genoem het, is dat u al reeds twee
jaar gewag het vir hierdie vonnis vandag. Ek dink nie dat
die
Parlement verwag het dat mense twee jaar moes wag voordat hulle in
hierdie aparte Hoer Hof gevonnis word, 'n Jaar sou redelik
wees, in
ag genome die waglys op die hof se lyste. Maar twee jaar dink ek is
te lank en ek gaan 'n jaar afneem op die basis van
die tyd wat u al
reeds in die gevangenis was.
Die
vonnis wat ek sou gegee het is elf jaar gevangenisstraf. Ek gaan 'n
jaar afneem. So, die vonnis van hierdie hof is
TIEN
(10) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
FOXCROFT,
R