Bruintjies v S (SS245/04) [2004] ZAWCHC 45 (19 August 2004)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Application for leave to appeal — Conviction for murder and other charges — Applicant convicted and sentenced to life imprisonment — Application for leave to appeal based on alleged errors in credibility assessments and proof beyond reasonable doubt — Court held that no reasonable prospect of success on appeal exists as no clear misdirection or error was identified in the trial court's findings — Application for leave to appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2004
>>
[2004] ZAWCHC 45
|

|

Bruintjies v S (SS245/04) [2004] ZAWCHC 45 (19 August 2004)

IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
SS245/04
DATUM:
19
AUGUSTUS 2004
In
die saak tussen:
ADAM
BRUINTJIES
….................................................................................
Applikant
en
DIE
STAAT
…..........................................................................................
Respondent
UITSPRAAK
(Aansoek
om verlof om te appelleer)
GRIESEL,
R
:
Die
beskuldigde is gister in hierdie hof skuldig bevind op 'n aanklag van
moord, een van roof met verswarende omstandighede sowel
as agt
aanklagte weens onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Hy is
daarop gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf ten opsigte
van die
aanklag van moord sowel as wissellende termyne van gevangenisstraf op
die oorblywende aanklagte.
Die
verdediging doen tans aansoek vir verlof om te appelleer teen die
skuldigbevindings van die beskuldigde. In die skriftelike

kennisgewing van aansoek om verlof word daar op drie gronde gesteun,
naamlik, eerstens dat die Hof fouteer het deur te bevind dat
die
getuienis van die staatsgetuies Le Roux, Basson en Braaf
geloofwaardig is. Tweedens, dat die Hof fouteer het deur te bevind

dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het en, derdens, dat
die Hof fouteer het deur te bevind dat die beskuldigde weergawe
nie
redelik moontlik waar is nie.
Die
toets op hierdie stadium is of daar 'n redelike vooruitsig is dat 'n
ander Hof tot 'n ander gevolgtrekking kan kom as hierdie
Hof ten
opsigte van die punte wat op appel geopper word.
Dit
is "n geykte reg dat 'n hof van appel nie ligtelik met die feite
en geloofwaardigheidsbevindings van 'n verhoorhof inmeng
nie, trouens
in die afwesigheid van duidelike mistasting of "'n duidelike
fout, word 'n hof van appel gebonde geag aan die
feite en
geloofwaardigheidsbevindings van 'n verhoorhof. Geen mistastings is
in hierdie konteks aan my voorgehou nie en ek is gevolglik
van
oordeel dat daar nie "h redelike vooruitsig bestaan dat Yi hof
van appel met die feite en geloofwaardigheidsbevindings
van hierdie
Hof sal inmeng nie.
Ek
is derhalwe oortuig dat daar geen redelike vooruitsig bestaan op
sukses op appel nie, met die gevolg dat die
AANSOEK
OM VERLOF OM TE APPELLEER VAN DIE HAND GEWYS WORD.
GRIESEL, R