S v Bruintjies (SS245/04) [2004] ZAWCHC 44 (18 August 2004)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Life imprisonment for murder — Accused found guilty of murder, robbery with aggravating circumstances, and illegal possession of firearms and ammunition — Court must consider personal circumstances of the accused, severity of crimes, and community interests — Accused brutally attacked victim in his home, resulting in death and theft of firearms — No substantial and compelling circumstances to deviate from prescribed minimum sentences — Life imprisonment imposed for murder, along with additional sentences for other charges.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2004
>>
[2004] ZAWCHC 44
|

|

S v Bruintjies (SS245/04) [2004] ZAWCHC 44 (18 August 2004)

IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF.
KAAPSTAD)
SAAK
NO
:
SS245/2004
DATUM:
1
8 AUGUSTUS 2004
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
ADAM BRUINTJIES
V O N N I S
GRIESEL, R:
Die beskuldigde is vroeer
vandag in hierdie hof skuldig bevind op aanklagte van moord, roof met
verswarende omstandighede, sowel
as agt aanklagte weens onwettige
besit van vuurwapens en ammunisie. Dit is nou die plig van hierdie
Hof om die beskuldigde vir
daardie misdade te straf.
Wanneer
dit by vonnisoplegging kom, is daar verskillende faktore wat die Hof
in aanmerking moet neem, waaronder die persoonlike
omstandighede van
die betrokke beskuldigde, die
erns
van die misdade waaraan hy skuldig bevind is, asook die belange van
die gemeenskap. Soos die Appelhof dit gestel het in die
bekende saak
van
S
v Rabie
1975:
"Punishment must fit
the criminal as well as the crime, be fair to society and be blended
with a measure of mercy, according
to the circumstances."
Wat die misdade aanbetref
waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, blyk die omstandighede
volledig uit die Hof se uitspraak oor
skuldig bevinding en ek beoog
nie om dit hierin te herhaal nie. Die oorledene was fi middeljarige
man wat alleen op sy plaas Ouderwerf
gewoon het en wat niks meer
gevra het as om in vrede gelaat te word nie. Die oorledene se
grondwetlike regte op lewe, privaatheid,
fisiese integriteit en
eiendom is op flagrante wyse en met absolute minagting deur die
beskuldigde geskend deurdat hy die oorledene
in sy eie huis
geweldadiglik aangerand het met 'n byl, dat hy horn sekere dodelike
hoofbeserings toegedien het, sy hande en voete
vasgebind het en
daarna 'n groot hoeveelheid goedere van die oorledene geroof het,
waaronder vier vuurwapens en 'n aansienlike
hoeveelheid ammunisie.
Uit die getuienis blyk
dit dat die beskuldigde se optrede nie net wreed nie, maar ook uiters
lafhartig was. Die euwel van plaasmoorde
is reeds 'n geruime tyd met
ons en is 'n verskynsel wat onrusbarende afmetings aanneem, soos
tereg deur die verdediging toegegee.
Dit word jarelank reeds deur ons
howe as 'n uiters ernstige misdaad beskou waarvoor die doodstraf
vroeer by talie geleenthede opgele
en deur die Appelhof bekragtig is,
voordat die doodstraf ongrondwetlik verklaar is. Tans word die
situasie gereguleer deur die
bepalings van die Strafregwysigingswet,
105 van 1997. Dit was juis om die belange van die gemeenskap teen V>
golf van ernstige
misdaad te beskerm dat die Wetgewer dit nodig
gevind het om die swaar strawwe in daardie Wet op die Wetboek te
plaas. Volgens artikel
51 van daardie Wet moet die Hof ten opsigte
van sekere ernstige misdade sekere voorgeskrewe vonnisse ople en het
die Hof nie "n
ander keuse nie tensy daar wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan wat die oplegging van Yi mindere vonnis
regverdig.
Die Hof mag egter nie
ligtelik van die voorgeskrewe vonnisse afwyk nie. Op die feite van
die huidige saak is verskeie bepalings
van die Wet tersaaklik.
Eerstens, val die aanklag van moord onder Deel I van Bylae 2,
aangesien die dood van die slagoffer veroorsaak
is by die pleging van
roof met verswarende omstandighede. Tweedens, vajff die aanklag van
roof in Deel II van die Bylae aangesien
daar verswarende
omstandighede aanwesig is, soos bedoel in die Strafproseswet.
Derdens, val aanklag 16 ook in Deel II van die Bylae
aangesien die
beskuldigde in besit was van "n semi-outomatiese vuurwapen.
Dit bring dan mee dat die
beskuldigde op aanklag 8 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis
moet word tensy daar wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig
is. Aanklagte 9 en 16 dra elk 'n minimum vonnis van 15 jaar.
Wat die persoonlike
omstandighede van die beskuldigde aanbetref, is hy gebore op 25
November 1963 en is tans 40 jaar oud. Hy is
ongetroud maar hy het wel
twee buite-egtelike kinders. Hy kom uit 'n agtergeblewe gemeenskap en
moes die skool in St.6 verlaat
om te gaan werk, nadat sy vader
skynbaar vermoor is. Daarna het hy van tyd tot tyd as algemene
arbeider gewerk.
Die mees opvallende aspek
omtrent die beskuldigde se persoonlike omstandighede is egter sy lang
rekord van vorige veroordelings
wat terugdateer tot 1978 toe hy
skaars 14 jaar oud was. Sy SAP69 strek oor nie minder as agt bladsye
en sluit, onder andere, in
vorige veroordelings weens huisbraak,
diefstal, poging tot verkragting en aanranding. Die beskuldigde is
reeds in 1992 gewaarsku
van die bepalings van artikel 286(1) van die
Strafproseswet, dit wil se die moontlikheid om as gewoontemisdadiger
verklaar te word.
Bloot geoordeel aan sy rekord, is dit vir die Hof
duidelik dat die beskuldigde oor die jare reeds talle kanse en
waarskuwings van
die howe ontvang het waaraan hy horn nie gesteur het
nie. Hy het klaarblyklik geen respek vir Wet en orde nie en kan tereg
beskryf
word as 'n gevaar vir die samelewing.
Boonop weier die
beskuldigde tot vandag toe om verantwoordelikheid vir die huidige
misdade te aanvaar. In plaas daarvan om berou
te toon vir sy
sinnelose en gewelddadige optrede, probeer die beskuldigde tot nou
toe om deur middel van die een leuen na die ander
aanspreeklikheid
vir sy dade te ontduik. Hierdie faktore weeg besonders swaar by die
Hof wanneer dit by vonnisoplegging kom en
dit verminder ook sy
vooruitsigte op rehabilitasie.
Met
betrekking tot die vraag of daar in die huidige saak wesenlike en
dwingende omstandighede bestaan, het mev
Van
Vuuren
,
wat namens die beskuldigde verskyn, alles gese wat redelikerwys in sy
guns gese kon word. Sy het betoog dat daar wel in die huidige
saak
sodanige omstandighede aanwesig is en wys onder ander op die
kumulatiewe effek van die beskuldigde se agtergeblewe agtergrond;
die
omstandighede rondom die pleging van die huidige misdade en die
periode van meer as twee jaar wat die beskuldigde reeds in
hegtenis
verhoorafwagtend is in verband met die huidige saak.
Volgens my oordeel is
daar in die huidige saak geen wesenlike en dwingende omstandighede
aanwesig om 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe
vonnisse te
regverdig nie. Enige moontlike versagtende omstandighede word in
ieder geval geheel en al oorskadu deur die verswarende
faktore rondom
die erns van die onderskeie misdade sowel as die beskuldigde se lang
rekord. Selfs indien daar geen voorgeskrewe
minimum vonnis gewees het
nie, verdien die huidige aanklag van moord, volgens my oordeel, in
ieder geval die swaarste moontlike
straf wat hierdie Hof kan ople,
dit wil se lewenslange gevangenisstraf. Dit word genoodsaak sodat dit
kan dien as afskrikking vir
die beskuldigde sowel as andere en ook
sodat die gemeenskap teen die beskuldigde se misdadige neigings
beskerm kan word.
Die ander misdade waaraan
die beskuldigde skuldig bevind is, regverdig ook lang vonnisse maar
die is eintlik van akademiese belang
aangesien dit outomaties sal
saamloop met die vonnis van lewenslange gevangenisstraf op aanklag 8.
In al die omstandighede
word die volgende vonnisse op die onderskeie aanklagte opgele:
Aanklag
8, moord,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
;
Aanklag 9, roof met verswarende omstandighede,
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
;
Aanklag 16, onwettige besit van 'n semi-outomatiese vuurwapen
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Aanklagte
10 tot 15 sowel as 17, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie,
al die aanklagte word saamgeneem vir doeleindes
van vonnis,
VYF
5 JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Dit is die vonnis van
die Hof.
GRIESEL, R