About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2004
>>
[2004] ZAWCHC 43
|
|
S v Bruintjies (SS245/04) [2004] ZAWCHC 43 (18 August 2004)
IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO
:
SS245/04
DATUM:
1
8 AUGUSSTUS 2004
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
ADAM BRUINTJIES
UITSPRAAK
GRIESEL. R
:
Die beskuldigde, 40-jarige man, het aanvanklik
tereggestaan op altesaam 17aanklagte. By die aanvang van die verhoor
is die eerste
drie aanklagte deur die Staat teruggetrek terwyl die
beskuldigde aan die einde van die staatsaak ook op aanklagte 4, 5 en
6 ontslaan
is.
Wat die oorblywende aanklagte aanbetref, beweer die
Staat ten opsigte van aanklag 7 dat die beskuldigde 'n vuurwapen op
Piet de
Wee gerig het. Aanklag 8 is een van moord deurdat die
beskuldigde, na bewering, vir die oorledene, wyle mnr Johan Combrink
vermoor
het deur horn met 'n byl te kap, terwyl aanklag 9 betrekking
het op huisbraak met die opset om die oorledene te beroof en roof met
verswarende omstandighede. Die laaste agt aanklagte het betrekking op
die onwettige besit van vier afsonderlike vuurwapens sowel
as
ammunisie.
Die beskuldigde het onskuldig
gepleit op al die aanklagte en het sy swygreg uitgeoefen. Hy word
hierin bygestaan deur mev
Van
Vuuren
terwyl
advokaat
Theron
namens die Staat verskyn.
Die Hof is dank verskuldig aan beide
regsverteenwoordigers vir die bekwame en verantwoordelike wyse
waarop hulle die verhoor hanteer
het en die Hof bygestaan het.
Uit die getuienis wat gemene saak is, blyk dit dat die
oorledene 'n 57-jarige man, wat alleen gewoon het op die plaas
Ouderwerf,
in die distrik van Bonnievale. Op 25 April 2002 is die
bebloede lyk van die oorledene ontdek in sy voorhuis waar hy gele
het
met sy hande en voete vasgebind. Hy het ernstige hoofbeserings
gehad as gevolg waarvan hy beswyk het.
Die beskuldigde is later dieselfde dag op die plaas van
die oorledene nie ver van die opstel nie deur die polisie
gearresteer.
Beskuldigde het gedurende die voorafgaande twee weke in
die veld gewoon nadat hy sy werk op 'n nabygelee plaas as gevolg van
sy saamleefvrou, Susan Booysen, verloor het.
Volgens die weergawe van die Staat is die beskuldigde
gevind waar hy onder 'n bos weggekruip het met een van die oorledene
se
vuurwapens in sy besit. Hy is gearresteer en aangaande sy regte
ingelig. Hy het onderneem om ook die ander vuurwapens aan die
polisie uit te wys. Die nodige reelings is onmiddellik getref om 'n
onafhanklike offisier te kry om die uitwysings te behartig.
Dit het
daartoe gelei dat die oorblywende drie vuurwapens sowel as 'n
hoeveelheid ammunisie en ander artikels, waaronder persoonlike
besittings van die oorledene, die volgende dag op verskeie plekke op
die oorledene se plaas gevind is.
Die toelaatbaarheid van die getuienis aangaande die
uitwysings is deur die verdediging in geskil geplaas op grond van
die bewering
dat die beskuldigde, na sy arrestasie, in die
polisiestasie op Bonnievale aangerand is deur lede van die
polisiediens. Hy beweer
dat hy as gevolg daarvan onder druk gevoel
het om met die polisie saam te werk en dat hy gevolglik ingestem het
om die uitwysings
te gaan doen.
Hierdie geskil het aanleiding gegee tot 'n
verhoor-binne-'n-verhoor ten einde die toelaatbaarheid van daardie
getuienis te beslis.
Na die aanhoor van getuienis het ek beslis dat
die getuienis wel toelaatbaar is en het aangedui dat my redes later
verstrek sal
word. My redes vir daardie gevolgtrekking is kortliks
die volgende: Volgens die ondersoekbeampte, inspekteur Le Roux, het
die
beskuldigde feitlik onmiddellik na sy arrestasie te kenne gegee
dat hy bereid was om verdere vuurwapens aan die polisie te gaan
uitwys. As gevolg van hierdie mededeling is stappe geneem om kaptein
Huisamen te ontbied ten einde die uitwysings te hanteer.
Nadat kaptein Huisamen op die toneel gekom het, het hy
die beskuldigde aangaande sy regte ingelig waarop die beskuldigde te
kenne
gegee het dat hy nie in daardie stadium enige uitwysings wou
doen nie. Volgens die vorm wat kaptein Huisamen ingevul het,
Bewysstuk
E, het die beskuldigde die volgende gese:
"Ek wil nie meer uitwys nie, het niks verder om te
se nie. Ek wil eers rus en sal dan weer besluit. Kaptein kan more
weer
na my toe kom, dan gaan ek uitwys. Ek is moeg."
Die bewyslas rus op die Staat om bo redelike twyfel te
bewys dat die uitwysings vrywilliglik gedoen is. Volgens my oordeel
van
die getuienis as geheel het die Staat hulle wel van daardie
bewyslas gekwyt. Ek is tevrede dat die getuienis van die Staat se
twee hoofgetuies, kaptein Huisamen en inspekteur Le Roux,
geloofwaardig is en deur die Hof aanvaar kan word.
Dieselfde kan nie van die beskuldigde se weergawe gese
word nie. Die eerste probleem met sy weergawe is dat hy probeer om
gelyktydig
op twee stoele te sit. Aan die eenkant probeer hy voorgee
dat hy die uitwysings gaan doen het omdat hy bang was hy sou verder
aangerand word deur die polisie. Aan die ander kant egter ontken hy
dat hy enige uitwysings gedoen het behalwe vir sy twee slaapplekke.
Die was hy heeltemal bereid om te gaan uitwys, maar toevallig het
die polisie self in die omgewing van daardie slaapplekke die
vuurwapens en ander items gevind.
My gevolgtrekking is dat die beskuldigde in die proses
albei stoele mis sit. Ek is tevrede dat hy nie gedwing of
onbehoorlik beTnvloed
is om die uitwysings te doen nie en ook dat hy
nie gevra is of onderneem het om slegs sy slaapplekke aan die
polisie te gaan
uitwys nie. Per slot van sake het niemand daarin
belang gestel nie.
Daarbenewens is die beskuldigde se weergawe ook vol
teenstrydighede en onwaarskynlikhede. Dat die beskuldigde
onmiddellik na sy
arrestasie bereid was om uitwysings te doen, blyk,
onder andere, daaruit dat kaptein Huisamen as onafhanklike offisier
ontbied
is om die uitwysings te behartig. Daar was geen ander rede
vir horn om op die toneel te wees nie.
Kaptein Huisamen het die beskuldigde op geen wyse
gedreig of beinvloed om die uitwysings te doen nie; inteendeel die
beskuldigde
het klaarblyklik heeltemal op sy gemak gevoel in kaptein
Huisamen se teenwoordigheid en het dit ook so aan die Hof erken. Dit
is waarom hy geensins verplig gevoel het om uitwysings te doen op
die aand van 25 April nie, maar die vrymoedigheid gehad het
om die
kaptein mee te deel dat hy eers wou gaan rus en die volgende dag sou
besluit of hy die uitwysings sou doen of nie.
Die volgende dag was hy steeds heeltemal gemaklik in
kaptein Huisamen se teenwoordigheid en was geensins vir horn bang
nie. Sy
huidige weergawe, naamlik, dat hy onder druk en geTntimideer
gevoel het, is volgens my oordeel klaarblyklik 'n nagedagte.
Die beskuldigde se weergawe is verder ook aangepas,
soos wat die saak gevorder het. Aanvanklik is namens horn te kenne
gegee dat
ene Philander en Witbooi saam met horn in die selle was
toe hy aangerand is en dat hulle sy weergawe sou kon staaf. Later
het
dit onomwonde geblyk dat dit onmoontlik was, aangesien die
gemelde persone eers die volgende dag gearresteer is.
So ook is daar aan inspekteur Le Roux gestel dat die
inspekteur die beskuldigde op die Maandag, na sy arrestasie, sou
gedreig
het dat hy (Le Roux) sou toesien dat die beskuldigde sy lewe
lank in die tronk sit en dat hy na Francina de Wee sou gaan sodat
sy
klagtes teen horn kan le. Hierdie bewerings is deur inspekteur Le
Roux ontken en hy het ook daarop gewys dat die beskuldigde
se
weergawe onmoontlik nie waar kan wees nie, aangesien Francina de Wee
se verklaring geneem is reeds voordat die beskuldigde
nog
gearresteer is.
Die beskuldigde se weergawe aangaande inspekteur Le
Roux se aanwesigheid en afwesigheid op verskillende stadiums is ook
botsend.
Hy het beweer dat Le Roux nie tydens sy arres teenwoordig
was nie, maar wel gedurende die uitwysings. Ek is tevrede dat die
Staat
se weergawe tot die teendeel eerder die waarheid is.
In al die omstandighede was ek derhalwe tevrede dat
daar geen moontlikheid is dat die beskuldigde se weergawe die
waarheid is
nie en is die getuienis aangaande die uitwysings
derhalwe toegelaat.
Die getuienis aangaande die uitwysing self is daarna
gelewer. Daarvolgens blyk dit dat die beskuldigde die betrokke
oggend saam
met kaptein Huisamen en drie ander polisiebeamptes sowel
as die polisiefotograaf na die plaas van die oorledene gegaan het
waar
daar by drie verskillende punte uitwysings gedoen is en goedere
gevind is.
Die aantekeninge van die uitwysings sowel as sekere
mededelings deur die beskuldigde is deur kaptein Huisamen aangeteken
en vorm
deel van Bewysstuk E. Foto's is ook by die verskillende
plekke geneem, soos vervat in Bewysstuk F. 'n Lys van die goedere
wat
gevind is, is uiteengesit in Bewysstuk O.
Volgens kaptein Huisamen se aantekeninge het die
beskuldigde, onder andere, ten opsigte van sommige van die items
teenoor horn
erken dat dit uit die huis van die oorledene kom, waar
hy dit gevat het.
Daar was verdere getuienis van Staatskant waardeur die
beskuldigde met die pleging van die betrokke misdade verbind word.
Eerstens,
het Francina de Wee getuig dat die beskuldigde haar
aangaande die oubaas uitgevra het, naamlik, of hy geld het, of hy
alleen
op die plaas bly, ensovoorts.
Volgens haar het dit verwys na die oorledene en niemand
anders nie, aangesien sy huis vanaf die plek waar hulle was, sigbaar
was.
Alhoewel sy andersins nie 'n indrukwekkende getuie was
nie, was daar vir haar geen rede om hierdie brokkie getuienis te
versin
nie. Indien sy 'n saak teen die beskuldigde wou fabriseer,
kon sy dit veel erger vir horn gemaak het.
Tweedens, het haar broer, Piet de Wee, getuig dat die
beskuldigde die aand van Dinsdag 23 April by sy huis gekom het met
Vi pistool
wat aan die oorledene behoort het en wat De Wee herken
het as die oorledene se eiendom.
Derdens, het Andries Pietersen ook die beskuldigde met
'n handwapen opgemerk die volgende dag waarmee die beskuldigde horn
ook
gedreig het.
Vierdens, het die Staat die getuienis aangebied van ene
Petrus Philander, wat saam met die beskuldigde aangehou was na sy
arrestasie.
Volgens horn het die beskuldigde in 'n sekere stadium
teenoor horn erken dat hy die oorledene sou doodgemaak het.
Dit bring my by die verdedigingsaak. Die beskuldigde se
weergawe kom basies daarop neer dat hy niks met die betrokke misdade
te
doen gehad het nie; dat hy geen goedere aan die polisie uitgewys
het of mededelings aan hulle gedoen het nie en dat die staatsgetuies
of deur die polisie geintimideer is of uit hulle eie leuens kom
vertel het.
Die getuienis van die Staatsgetuies was oor die
algemeen geloofwaardig en word deur die Hof aanvaar behalwe soos wat
ek aanstons
sal aantoon. Op aanklagte 4, 5 en 6 het die Staat
toegegee dat die beskuldigde op sy ontslag geregtig was. Dit was
waarskynlik
te wyte aan die swak gehalte van die Staatsgetuies op
daardie aanklagte, naamlik, Francina de Wee en haar houman, Hans
Harmse.
Ek het egter reeds bevind dat Francina de Wee se getuienis
aangaande die beskuldigde se navraag oor die oorledene, wel aanvaar
kan word.
Wat aanklag 7 aanbetref, het Piet de Wee getuig dat die
beskuldigde op die aand van 23 April by sy huis gekom het en Yi
pistool
teen sy bors gedruk het. Met hierdie weergawe is daar egter
sekere probleme. In die eerste plek het De Wee homself in sy
getuienis
in twee belangrike opsigte weerspreek. In
kruisondervraging is dit aan horn uitgewys dat, volgens sy
getuienis, die beskuldigde
'n flitslig, 'n bottel wyn sowel as "n
vuurwapen in sy hande sou gehad het. Daarop het die getuie homself
gekorrigeer deur
te se dat die beskuldigde slegs die flitslig en die
bottel wyn gehad het, waarop hy die flitslig neergesit en die
vuurwapen uit
sy sak gehaal het, maar daar het die getuie homself
weer weerspreek aangaande die sak waaruit die vuurwapen gehaal sou
gewees
het. Hy het aanvanklik beduie na die regter baadjiesak, maar
daarna weer aangedui dat dit die linker binnesak van die baadjie was
waar die vuurwapen weggesteek was.
Tweedens, word sy weergawe nie deur die ander
staatsgetuie, Andries Pietersen, ook bekend as Voel, gestaaf nie. Hy
het glad nie
Yi vuurwapen genoem in sy getuienis nie, terwyl dit
beswaarlik iets is wat hy kon mis, indien dit wel gebeur het soos
deur De
Wee beskryf.
Derdens, beweer die staatsgetuie self dat die
beskuldigde tydens die betrokke voorval onder die invloed van drank
was. Selfs indien
dit dus bevind sou word dat die beskuldigde die
vuurwapen kon uitgehaal het en gerig het, kan dit myns insiens nie
bo redelike
twyfel bevind word dat hy dit met opset op De Wee gerig
het nie.
Vierdens was De Wee self nie 'n indrukwekkende getuie
nie. Hy is klaarblyklik 'n ongeletterde persoon en as enkelgetuie
ten opsigte
van hierdie aanklag was hy nie van so 'n kaliber dat die
Hof op sy getuienis kan staatmaak nie. Laastens, is sy
oe ook baie swak en in die swak kerslig is dit moontlik dat hy horn
hieromtrent
vergis het.
Weens hierdie redes is die
beskuldigde, volgens my oordeel, op aanklag 7 geregtig op die
voordeel van die twyfel en is hy dus
geregtig om op hierdie aanklag
VRYGESPREEK
te word.
Ek keer dan terug tot 'n oorweging van die beskuldigde
se getuienis. Die beskuldigde het 'n swak indruk as getuie gemaak.
Ek het
reeds vroeer hierin bevind dat die beskuldigde se weergawe
tydens die verhoor-binne-'n-verhoor vol teenstrydighede en
onwaarskynlikhede
was. Hy het dieselfde weergawe kom herhaal tydens
sy getuienis op die meriete.
Vir die beskuldigde se weergawe om waar te wees,
veronderstel dit dat 'n hele string toevallighede moes plaasgevind
het. Die werklike
moordenaar, indien dit nie die beskuldigde is nie,
moes die gesteelde goedere kom versteek het toevallig min of meer
naby dieselfde
plekke waar die beskuldigde onlangs geslaap het en
daarna moes hy spoorloos verdwyn het. Die gesteelde goed is
toevallig deur
die polisie ontdek terwyl die beskuldigde bloot besig
was om sy slaapplekke aan hulle uit te wys.
Verder moes daar iemand anders gewees het wat toevallig
ook gedurende dieselfde tyd as die beskuldigde op dieselfde plaas in
die
veld geslaap het, sonder dat hulle mekaar ooit raakgeloop het.
Dit sou verduidelik die aanwesigheid van ander beddegoed wat,
volgens horn, nie aan die beskuldigde behoort nie, wat gevind is op
die plek, soos aangedui op foto F17.
Daarby kom die feit dat dit ook toevallig is dat die
beskuldigde se beddegoed en ander besittings deur 'n onbekende
persoon of
persone gesteel sou word vanuit hulle wegsteekplek op die
presiese oomblik toe die beskuldigde vir Francina de Wee na haar
broer
se huis toe sou neem op Sondag, 21 April.
Verder word hierdie beddegoed dan toevallig deur die
dief gelaat op 'n plek baie naby die opstal van die oorledene en ook
baie
naby waar die beskuldigde later gearresteer is.
Die beskuldigde se weergawe veronderstel verder dat
daar reeds vanaf dag een 'n komplot tussen die onderskeie
polisiebeamptes
gesmee moes gewees het om die beskuldigde valslik by
hierdie aanklagte te betrek. Dit behels onder andere dat Le Roux,
Braaf
en Basson reeds op 'n baie vroee stadium moes saamgesweer het
om die beskuldigde valslik by hierdie aanklagte te betrek. Dit
behels onder andere dat Le
Roux, Braaf en Basson reeds op 'n baie vroee stadium
moes saamgesweer het om valslik te getuig dat hulle die beskuldigde
onder
"n bos gevind het met 'n vuurwapen in sy besit. Die
bestaan van so 'n sameswering is nie alleen uiters onwaarskynlik
nie,
maar is ook nooit aan enigeen van die staatsgetuies in
kruisondervraging gestel nie - myns insiens tereg.
Volgens my oordeel is daar geen moontlikheid dat die
beskuldigde se weergawe die waarheid is nie en het ek geen huiwering
om sy
weergawe as leuenagtig te verwerp nie. Op die getuienis as
geheel het die Staat 'n oorweldigende saak teen die beskuldigde
aangebied.
Die Staat se saak word verder versterk deur die
beskuldigde se leuenagtige getuienis, soos ek reeds genoem het.
Ek is derhalwe tevrede dat die Staat die volgende feite
bo redelike twyfel bewys het:
1. Die beskuldigde is op Donderdag, 25 April 2002, naby
die opstal van die oorledene gearresteer deur inspekteur Le Roux,
bygestaan
deur inspekteur Braaf en sersant Basson waar hy onder 'n
bos weggekruip het.
2. Hy het 'n .222 geweer van die oorledene in sy besit
gehad.
3. Tydens visentering,
tydens arres is 'n verdere .222 patroon in sy hempsak gevind.
4. Na sy arres het die beskuldigde aangebied om verdere
vuurwapens aan die polisie uit te wys wat hy wel die volgende dag
gedoen
het.
5. Tydens die uitwysings is 'n groot hoeveelheid goed
gevind wat aan die oorledene behoort het insluitende die drie
vuurwapens
en ammunisie.
6. Ook tydens die uitwysings het die beskuldigde sekere
inkriminerende opmerkings en erkennings teenoor kaptein Huisamen
gemaak
wat ondubbelsinnig daarop dui dat die beskuldigde die
betrokke goed uit die oorledene se woning verwyder het.
7. Die oorledene is dood as gevolg van sekere ernstige
hoofbeserings wat waarskynlik met die byl wat op foto's C21 tot C24
sigbaar
is, toegedien is deur die beskuldigde.
Op grond van hierdie feitebevindings
word die volgende afleidings gemaak as enigste redelike afleidings:
Eerstens, dat die beskuldigde
wel die huis van die oorledene
binnegegaan het met die opset om die oorledene te beroof. Advokaat
Theron
.
namens die Staat, het tereg toegegee dat die element van huisbraak
nie deur die Staat bewys is nie.
Tweedens, dat die beskuldigde die oorledene aangerand
het waarskynlik met die betrokke byl en sy hande en voete vasgebind
het
ten einde enige moontlike weerstand te oorkom.
Derdens, dat toe hy die oorledene aangerand het, hy die
direkte opset gehad het om horn te dood.
Vierdens, dat die beskuldigde al die items genoem in
die klagstaat uit die oorledene se huis verwyder het en dit versteek
het
op die plekke waar dit later gevind is.
Laastens, dat die beskuldigde die vuurwapens en
ammunisie verwyder het met die opset om beheer daarvan te neem of
daaroor uit
te oefen en dat hy dus besit het sonder dat hy die
nodige lisensie of permit gehad het om dit te besit.
In die lig van hierdie bevindings wat ek so pas
uiteengesit het, word die volgende bevel gemaak:
Op aanklag 7, onwettige rig van 'n
vuurwapen, word
die
beskuldigde
VRYGESPREEK
.
Op aanklag 8 word die beskuldigde
SKULDIG
bevind aan moord, soos aangekla.
Op
aanklag 9 word die beskuldigde
SKULDIG
bevind
aan roof
met verswarende omstandighede. Op aanklagte 10 tot 17 word die
beskuldigde
SKULDIG
bevind, soos aangekla, weens
onwettige besit van die vuurwapens en ammunisie genoem in die
klagstaat.
GRIESEL, R