About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2004
>>
[2004] ZAWCHC 37
|
|
Perry v S (A995/2003) [2004] ZAWCHC 37 (11 June 2004)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.995/2003
DATUM:
11
JUNIE 2004
In
die saak tussen:
KENNETH
PERRY
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
UITTSPRAAK
ALLIE.
R
:
Die
appellant is op 21 September 2000 in die Bellville streekhof skuldig
bevind op een aanklag van roof en een van verkragting.
Die appellant
het regsverteenwoordiging gehad en het onskuldig gepleit op beide
klagtes. Die appellant het nie 'n pleitverduideliking
geoffer met
betrekking tot die roof aanklag nie. Hy is op 19 September 2001
gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf op die roof aanklag
en 14 jaar
gevangenisstraf op die verkragting aanklag. Die appellant appelleer
slegs teen die skuldigbevinding op die roof aanklag.
Namens
die appellant het mnr
Solomon
betoog dat die klaagster 'n enkelgetuie was en haar getuienis met
versigtigheid geevalueer moet word. Mnr
Solomon
voer verder aan dat die klaagster se getuienis ook versigtig benader
moet word omdat dit identifisering behefs. Hy submitteer dat
die
landdros fouteer het deur die klaagster se getuienis te aanvaar en
die beskuldigde se getuienis nie te oorweeg nie, alhoewel
sy
getuienis oor die roof nooit verwerp is nie.
Die
klaagster het getuig dat die appellant en sy vriend haar van agter af
genader het terwyl sy naby 'n park geloop het. Sy het
hulle skuins
gewaar maar later het die beskuldigde haar van agter af gegryp en
haar mond toegehou. Hy het haar beveel om stil te
bly of sy sou
seergemaak word. Hy het ook gese dat sy haar kappie oor haar gesig
moet trek. Sy medepligtige het haar juwele van
haar ore en vingers
verwyder en hy is daarna weg.
Beskuldigde
het haar om haar lyf vasgehou en sy moes saam met horn loop terwyl
haar gesig nog steeds toegemaak was met die kappie.
Toe hulle by die
agterplaas van 'n reeks woonsteMe kom, het hy haar op die grond
neergegooi en gestagsgemeenskap met haar gehad.
Hy het haar daarna op
'n bank gegooi en haar beveel om bo-op horn te sit terwyl hy haar
verder verkrag het. Sy het hom gese om
haar nie te beseer nie omdat
sy swanger was. Sy het horn gevra om haar huis toe te neem. Hy het
haar huis toe vergesel en gese
dat sy haar kappie kan afhaal. Sy het
horn herken as iemand wat saam met haar vader gewerk het.
Sy
het die appellant meegedeel dat sy op 'n vorige geleentheid ook
beroof en verkrag is. Sy se dat sy biere gedrink het die betrokke
aand, maar sy was nie dronk gewees nie.
Die
appellant het getuig dat hy daardie aand Mandrax gerook het en
alkohol gedrink het. Hy beweer dat hy Vi lid van die American
bende
was. Hy se dat hy twee persone op die veld gesien het. Toe hy hulle
nader, het hy een herken as Boetatjie, 'n lid van 'n
verskil.ende
bendegroep. Boetatjie het toe weggeloop en die klaagster het gese dat
sy deur horn beroof is. Sy het horn gevra om
haar na haar huis toe te
neem. Hy beweer dat die klaagster nie so dronk was nie, maar sy
prokureur het beweer dat sy baie dronk
was.
Hy
se dat hy begin het om weg te loop, maar sy het horn agtervolg. Sy
het horn gevra om haar juwele terug te kry en as vergoeding
sou sy
omgang met horn hou.
Appellant
se prokureur het dit aan die klaagster gestef dat sy horn omgang
aangebied het as hy haar sou huis toe neem, terwyl die
appellant eers
se dat sy horn geslagsgemeenskap aangebied het omdat hy haar juwele
moes terugkry. Later se hy die aanbod was omdat
hy haar moes huis toe
neem. Dit is duidelik dat die appellant sy weergawe aangepas het.
Die
verdediging het die klaagster se moeder geroep om te kom getuig. Al
wat sy bygedra het, was om te getuig dat die klaagster wel
soos bier
geruik het.
Die
Hof het wel die versigtigheidsreel omtrent enkelgetuies toegepas in
die evaluering van die klaagster se getuienis. Op bladsy
106, reel 5
van die rekord se die landdros die volgende:
"En
die Hof soek vir waarborge wanneer dit kom by enkelgetuies en die
waarborge, na my oordeel, is te vinde in die ondersteuning
wat jy kry
in haar vader se getuienis en in die stawing wat haar ma vir haar
bied met betrekking tot haar geestestoestand by die
polisiestasie."
Die
beskuldigde het sy getuienis aangepas met die verioop van die
verhoor. Hy het gese dat sy so dronk was dat sy aan horn vasgehou
het
en toe hy gekonfronteer word oor hoe sy horn vertel het van 'n vorige
roof en verkragting asook van haar swangerskap, se hy
sy was nie so
dronk nie. Eers se hy dat sy vir horn seks aangeb.ed het in rui! vir
juwele wat hy sou terugkry en later se hy sy
het dit aangeb.ed omdat
hy haar moes huis toe neem.
Die
klaagster was gekonfronteer met die appellant se weergawe dat iemand
haar beroof het voor die appeflant by haar aangekom het.
Sy het
hierdie stelling ontken en haar getuienis is nie ontwrig nie. Sy het
eerlik voorgekom en die landdros het haar getuienis
aanvaar. Die
weersprekings in die appellant se getuienis asook die verskil tussen
sy weergawe en die stellings gemaak deur sy prokureur
bemvloed sy
geloofwaardigheid. Die landdros het nie fouteer in sy evaluasie van
die getuienis nie en hy het die versigtigheidsreel
omtrent
enkelgetuies toegepas.
Daar
is dus geen mistasting deur die Hof a
quo
begaan
nie. Hierdie Hof het geen rede om met die skuldigbevinding op die
aanklag van roof in te meng nie. Gevolglik sal ek die appel
van die
hand wys en die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.
ALLIE,
R
VELDHUIZEN.
R:
Ek stem saam en dit word so beveel.
VELDHUIZEN,
R