About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 34
|
|
S v Beneke (35/87) [1987] ZASCA 34 (30 March 1987)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
IRENE BENEKE
appellante
en
DIE STAAT
respondent
Coram
: JANSEN et VILJOEN, ARR, et BOSHOFF; Wn AR.
Verhoor
: 6
Maart 1987
Redes ingehandig: 30 Maart 1987
REDES VIR UITSPRAAK. BOSHOFF
Wof n AR:
Hierdie Hof het alreeds 'n bevel in hierdie saak uitgereik en te kenne gegee
dat die redes verstrek sal word. Hier volg nou die redes.
/ Die
2
Die appellante, 'n sestigjarige gepensioneerde dame, het in die
streekhof van die streekafdeling van die Suid-Transvaal in Johannesburg
skuldig
gepleit, op aanklag 1, dat sy op 14 Maart 1974 in Johannesburg R23 700 en R592
van mev. Viviene Ada Rossel Hoffman gesteel
het, en op aanklag 2, dat sy
gedurende Julie 1975 in Johannesburg R15 242,95 van gemelde mev Viviene Ada
Rossel Hoffman ge-steel
het. Sy is verteenwoordig deur prokureur Stevenson en hy
het ingevolge art. 112(2) van die Strafproseswet, 1977, die volgende skriftelike
verklaring van die appellante inge-handig:
1.I am an adult European female residing at 298 Outeniqua Strand, Great Brak
River, District George.
2. I admit that I conducted the business of an estate agent in Pretoria
during the period 1974 to 1976.
3. I admit that I committed the crime of theft in that during March of 1974
and at/or near Johannesburg in the Regional Division of"
Southern Transvaal,
that I did wrongfully and unlawfully steal
/ from
3
from Vivienne Ada Hoffman the amounts of R23 700, R592 and R15 242,92.
4. I wish to state that I intended repay-ing the aforesaid amounts to Mrs
Hoff-man, but that due to the economic climate my estate
agency was liquidated
and I was personally sequestrated.
5. All of my business and personal records were handed to my trustee, and I
was under the impression that all of my creditors, including
Mrs Hoffman would
be paid out of the surplus of the company and my personal estate. The properties
as registered in the name of my
company were valued at approximately R350
000.
6.
It was only when I was
required to see Captain Ley, the Investigating Officer in this matter, that I
became aware that the aforesaid
moneys were still owing to Mrs
Hoffman..
7.
I have no assets or income
whatsoever and am solely dependent on my son-in-law, Mr Myburg. My husband
is
70 years old and also has no income. We reside in
a flat provided by our son-in-law and he provides us with our monthly needs.
8. I humbly request that this Honourable
Court regard the contents of
this,
my statement, as factors in mitigation of sentence."
4
Die verhoorhof wou verdere inligting omtrent die pleeg van die misdade
gehad het en die volgende blyk uit die oorkonde van die verrigtinge:
"
COURT
: I just want to get clarity on
the period when this offence was - or these
offences were committed. Is it correct
that it was committed on 15 March 1974
that araount of R23 700 which was
stolen?
Is it correct?
ACCUSED
: Yes.
CQURT
: And the R592 on or about 17 September
1974, is that also correct?
ACCUSED
: Yes.
COURT
: And the R15 242,92, was that committed
during July 1975
ACCUSED
: That is right.
COURT
: Can you perhaps describe to the
Court how these offences were committed?
ACCUSED
: Well, I was trading as an estate
agent.
COURT
: I was trading as what?
ACCUSED
: As an estate agent.
COURT
: Yes?
ACCUSED
: She bought a property from me.
COURT
: Yes?
ACCUSED
: Actually my husband bought the
property before she bought it from us.
COURT:
Yes?
ACCU5ËD
: Then (Court intervenes).
COURT:
To which charge do you refer now? Is that the first charge of R23
700?
/
ACCUSED:
5
ACCUSED
: Yes. The property that she
bought was our
own property.
COURT
: The property which she bought?
ACCUSED
:
Was our own property.
COURT
: Yes, for how much? What amount
was
involved?
ACCUSED
: R23 500 I think it was.
COURT
: R23 700?
ACCUSED
: Oh, or R700 - I cannot remember.
COURT
: Yesy what happened to this amountwhich you received from
her?
ACCUSED
: Well, it was paid into our account
and it was absorbed.
COURT
: And the R592 - can you perhaps
explain to the Court how that offence was
conunitted?
ACCUSED
: My Lord, she did not want the
property transferred in her name. She
repeated to me that I must not transfer
the property into her name because she
wanted me to re-sell the property for her.
COURT
: Yes, but
ACCUSED
: Then I asked her for the money
for the transfer fees, and that was that
R500.
COURT
: R592?
ACCUSED
: That is right.
COURT
: What happened to that money?
ACCUSED
: It was paid into the account
as well.
COURT
: The further amount of R15 242,92,
can you perhaps explain how that offence
was committed?
ACCUSED
: My Lord, she lent me that money.
I never stole her money.
/ COURT:
6
COURT
: I beg yours?
ACCUSED
: She lent it to me. It was a loan to the firm.
COURT
: So it was never stolen. Why do you then plead guilty to the
charge?
ACCUSED
: I do not know.
COURT
: I beg yours?
ACCUSED
:I do not know, My Lord. COURT: Do you know that - when you
received or when you sold the property during 1974 to the complainant
- did you
know that what you had done was wrong?
ACCUSED
:But it was her property. I
never intended to take her money or anything like that.
COURT
:Did you have the intention to take the money? To sell the
property and appro-priate the money?
ACCUSED
: No.
COURT
: But why did you then sell the property and receive the money if
you were not entitled to do so?
ACCUSED
: I was going to give her all her money back. I did not intend
taking anything of hers."
Die laaste stukkie getuienis het veroorsaak dat die verhoorhof van mnr
Stevenson wou weet of die getuienis met sy opdrag strook. Na
'n kort verdaging
het die appellante as volg getuig:
/ "COURT:
7
"
COURT
: Accused, as far as the first count is concerned, you were duly
aware that you were not entitled to use that amount of R23 700 and
the
additional amount of R592 . Do you agree with that?
ACCUSED
: Yes.
COURT:
Is that correct?
ACCUSED
: Yes.
COURT:
As far as the R15 242,92 is concerned, as far as that amount is
concerned, you are now saying that you borrowed that money from the
complainant,
Is that correct?
ACCUSED:
Yes.
COURT
: Is that correct? Did you have the intention to deprive her of
her ownership unlawfully?
ACCUSED
: No, I wanted to give it back to her .
COURT
: You wanted to give it back to her?
ACCUSED
: Yes."
Na 'n verdere bespreking tussen die verhoorhof en mnr Stevenson het dit
geblyk dat die appellante die R15 242.92 verwar met 'n ander
bedrag van R10 000
wat die klaagster skynbaar wel aan haar geleen het. Die slotsom was dat die
verhoorhof oortuig was dat die appel-lante
skuldig pleit op aanklag 1 en 'n
pleit van skuldig daarop aangeteken het. Die verhoorhof vvas egter nie
tevrede
8
oortuig dat die appellant bedoel het
om skuldig te pleit op aanklag 2 nie en het toe 'n pleit van onskuldig op
daardie aanklag aangeteken.
Die Staat het klaarblyklik nie die klaagster wat 'n vyf-en-sewentigjarige
dame is, beskikbaar gehad om t.o.v. aanklag 2 te getuig
nie en na 'n verdaging
het mnr Stevenson die volgende erkennings gemaak in terme van art. 220 van die
Strafproseswet, 1977:
"Firstly, the accused will admit that an amount of R15 242,92 was paid to her
by the complainant, Mrs V Hoffman, on or about 15 July
1975 and at or near
Johannesburg.
The accused will further admit that the purpose for the paying of the money
to her was to pay into an interest-bearing account for
the benefit of the
complain-ant. The accused will further admit that she did not pay the moneys in
terms of complainant's instructions,
but utilised the moneys for her own
business purposes. She will admit that she realised that what she was doing was
wrong. She will
further state that at a later stage she intended repaying the
moneys
/ to
9
to the complainant, but that this did not materialise due to the fact that her
company was liquidated and her and her husband's joint
estate was
seques-trated.
The accused will accordingly admit that she did steal the moneys from the
com-plainant."
Na hierdie erkennings
namens die appellante is die Staat se saak gesluit. Die appellante se saak is
ook gesluit en die verhoorhof
het haar op beide aan-klagte skuldig bevind. Dit
was op 27 Maart 1984, d.w.s meer as tien jaar
nadat die diefstal in
aanklag 1 gepleeg is. Vorige veroordelings is nie teen die appellante bewys nie
maar sy het erken dat sy 'n
veroordeling het vir diefstal deur valse
voorwendsels waarvoor sy in 1978 gevonnis is tot 12 maande gevangenisstraf wat
vir 3 jaar
voorwaardelik opgeskort is.
Die appellante het nie self getuienis ter
strafversagting afgelê nie. Die prokureur het verduidelik dat daarop
besluit is in oorleg met haar eggenoot, dogter
/ en
10
en skoonseun wat almal van oordeel was dat sy so emosioneel onsteld was dat
sy nie in staat sou wees om in die getuie-bank te praat
nie. Hy het dus met die
toestemraing van die verhoorhof self feite ter strafversagting voor die hof
gelê. Ten opsigte van haar
persoonlike omstandighede het hy onder andere
na die volgende verwys. Sy is 60 jaar oud en nie in goeie gesondheid nie. Haar
egge-noot
is 70 jaar oud en ook nie in goeie gesondheid nie. Hulle het geen
bates nie en woon in 'n woonstel in George wat deur hulle skoonseun
aan hulle
beskikbaar gestel is. Hulle enigste inkomste is 'n pensioen van R145 per maand
wat haar eggenoot ontvang. Dit gaan aangevul
word met 'n ongeskiktheidpensioen
van R135 per maand wat die appellante sal ontvang. Die maatskappy wat die
eienaar was van die eiendomsagentskap
waarin sy en haar eggenoot betrokke was,
is teen die begin van 1978 gelikwi-deer en haar en haar eggenoot se boedel is
ook daardie
tyd gesekwestreer. Die bates van die maatskappy en
al
11
al die rekeningboeke en dokumente wat betrekking gehad het op hulle
persoonlike bates is aan die likwidateur van die maatskappy en
die kurator van
hulle persoonlike insolvente boedels oorhandig. Vanweë die lang tydperk wat
verstryk het, is die rekeningboeke
en dokumente nie meer beskikbaar nie. Die
appellante was altyd van voor-neme om die geld van die klaagster aan haar terug
te betaal
en was inderdaad onder die indruk dat dit wel gedoen is, indien nie
alles nie dan ten rainste 'n gedeelte daarvan, uit die bates
van die maatskappy
in likwidasie en die vrye oorskot in die insolvente boedels van die appellante
en haar eggenoot. Kwitansies is
aan die klaagster gegee toe sy die gelde by die
eiendomsagent-skap inbetaal het en die rekeningboeke sou derhalwe getoon het dat
geld aan die klaagster verskuldig is. Dit was die rede waarom die appellante na
die likwidasie en sekwe-strasies nie enigiets gedoen
het om self geld aan
die
/ klaagster.
12
klaagster terug te betaal nie. Inderdaad was die appellante daarvan bewus dat
die maatskappy gelikwideer is want sy het in Augustus
1979 'n brief aan die
likwidateur geskryf.
Die publieke aanklaer het nie getuienis voor die verhoorhof geplaas om
hierdie feite wat die prokureur voorgelê het, te ontken
nie. Trouens sy
kon ook nie self met die klaagster kommunikeer om die feite te kontroleer nie en
moes dit doen deur die dogter van
die klaagster en die speurder wat in bevel van
die ondersoek van die saak was.
Die prokureur het namens die appellante gevra dat die verhoorhof in al die
omstandighede 'n opgeskorte vonnis oplê.
Die verhoorhof het haar gevonnis, op aanklag 1, tot 5 jaar gevangenisstraf
en, op aanklag 2 , tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan 3
jaar van die
gevangenisstraf
/ op
13
op aanklag 1 en 2 jaar
van
die gevangenisstraf op aanklag 2 opgeskort
is vir 3 jaar op voorwaarde dat sy nie weer skuldig bevind word aan enige
gemeenregtelike
misdaad waarvan oneerlikheid 'n element is en wat gepleeg word
gedurende die tydperk
van
opskorting nie.
Op appèl teen die vonnis in die Transvaalse Provinsiale Afdeling het
die hof ingegryp deur die twee aanklagte saam te neem
vir doeleindes van
straftoemeting en die appellante gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan 2
jaar opgeskort is vir 5 jaar op
voorwaarde dat sy nie 'n misdaad pleeg waarvan
diefstal 'n element is nie en ten opsigte waarvan sy tot gevangenisstraf
gevonnis
word sonder die keuse van 'n boete en wat gedurende die tydperk van
opskorting gepleeg word nie. Die hof was van oordeel dat die
verhoorhof 'n
buitensporige swaar straf opgelê het omdat die verhoorhof hom wanvoorgelig
het deur die afskrikkingsaspek van
die straf oor te beklem-toon en nie genoeg
aandag te skenk aan die persoonlike
/ omstandighede
14
omstandighede van die appellante nie. Die verhoorhof het ook gefouteer deur
die appellante nie as 'n eerste oortreder te behandel
nie aangesien haar
veroordeling ten opsigte van die diefstal deur valse voorwendsels in 1978
plaasgevind het, d.w.s. nadat sy die
misdade ten opsigte waarvan sy gestraf moes
word, gepleeg het. Die verhoorhof moes die veroordeling nie as 'n vorige
veroordeling
behandel het nie. Die hof het verder as volg bevind:
"She is not a young woman and her health is poor. She has, as I mentioned
earlier, already applied for a disability pension. It does
not appear to me that
the interests of society will be served by sending the appellant to jail for a
long period which, in the present
circumstances
,
would over-emphasise the
retributive factor in punish-ing her."
Die hof het gevolglik beslis dat omdat die
verhoorhof hom in hierdie opsigte wanvoorgelig het, dit die hof vrygestaan
het om self 'n gepaste vonnis op te lê.
/Die
15
Die appellante het in hoër beroep gekom na hierdie Hof en mnr
Luitingh
, namens die appellante, het betoog dat die straf wat die hof a
quo
opgelê het nog steeds uitermatig swaar is en dat die vonnis wat
opgelê is in die geheel opgeskort behoort te gewees het.
Dit moet onmiddellik gesê word dat dit
nie
duidelik blyk uit die uitsprake van beide die
verhoorhof en die hof a
quo
wat presies die omstandighede is waarin die
diefstal in aanklag 1 gepleeg is nie. Beide howe het net aanvaar dat die
appellante in
'n vertrouensposisie was en die klaagster se geld gesteel het. In
werklikheid is die getuienis baie onduidelik en eintlik verwarrend
oor wat
tussen die klaagster en die appellante ooreengekom is toe die R23 700 en die
R592 aan die appellante oorbetaal is. Hierdie
toedrag van sake is natuurlik toe
te skryf aan die feit dat alles so lank gelede plaasgevind het en dat die
klaagster self nie daaroor
getuig het nie.
/ Dit
16
Dit wil voorkom uit die getuienis wat wel voor die verhoor-hof gelê is,
dat die R23 700 aan die appellante oorbetaal is om vir
die klaagster 'n
besondere eiendom te koop en die eiendorm dan weer later teen 'n profyt te
verkoop. Alhoewel die R592 aan die klaagster
oorbetaal is om die oordragkoste
van die gekoopte eiendom te dek, wou die klaagster self nie in die tussentyd
oordrag op haar eie
naam gehad het nie. Die betrokke eiendom was op daardie
stadium in die naam van die appellante se eggenoot geregis-treer. Daar is
geen
getuienis oor wat met hierdie eiendom gebeur het nie. Dit is selfs moontlik dat
die appellante weens die ekonomiese slapte en
die agteruitgang van die
eiendomsmark nie daarin kon slaag om dit vir die klaagster teen 'n profyt te
verkoop nie en dat dit met
die insolvensie van die appellante se eggenoot in sy
boedel geval het. Of dit wel so gebeur het weet ons nie, die getuienis is
té
onvolledig en deurmekaar.
/ Hoe
17
Hoe dit ook mag wees, die appellante en die klaagster
was goeie vriende en die appellante het gevoel dat sy
persoonlik aanspreeklik is vir die geld wat klaagster
so inbetaal het
en waarvan sy
niks kon wys nie. Sy verduidelik dat die
gelde in die besigheid van haar en haar eggenoot se eiendomsagentskap opgeneem
is en dat
sy vanweë die likwidasie van die maatskappy en die sekwes-trasie
van hul boedels nie in staat was om self die geld aan die klaagster
terug te
betaal nie.
Indien die getuienis vatbaar is vir so 'n uitleg, wat redelik moontlik waar
is en wat nie vergesog is nie, plaas dit die diefstal
waaraan die appellante in
aanklag 1 skuldig bevind is in heeltemal 'n ander lig. Daar— benewens was
die bedrag geld betrokke
in aanklag 1 veel groter as die bedrag in aanklag 2 en
het beide die verhoorhof . en die hof
a
quo
die diefstal in
aanklag 1 in 'n ernstiger lig beskou as die diefstal in aanklag 2. In
hierdie
opsig...
18
opsig het beide die verhoorhof en die hof a
quo
misgetas.
Soos blyk uit die passasie in die uitspraak van die hof a
quo
,
wat hierbo aangehaal is, word die belange van die gemeenskap nie gedien deur
die appellante in die huidige omstandighede vir 'n lang
tydperk na 'n gevangenis
te stuur nie. Die hof a
quo
het net 'n gedeelte van die gevangenisstraf
wat hy opgelê het opgeskort.
Vanweë dié mistasting waarna hierbo verwys word, het dit hierdie
Hof vry gestaan om self 'n gepaste straf op te lê.
Hierdie Hof was van oordeel dat dit onder al die omstandighede regverdig en
gepas sou wees om die straf waarop die hof a
quo
besluit het in die
geheel op te skort en die volgende bevel gemaak.
/ Die
19
Die appèl slaag t.o.v. die straf met betrekking tot beide klagtes 1 en
2. Die straf deur die Landdros opgelê (soos gewysig
deur die hof a
quo
) word verander om soos volg te lees: Beide klagtes word saam geneem
vir doeleindes van vonnis en 'n vonnis van 3 jaar gevange-nisstraf
word
opgelê, welke vonnis in sy geheel opgeskort word vir 'n tydperk van 3 jaar
op voorwaarde dat die beskuldigde nie binne
daardie tydperk 'n oortreding
begaan
waarvan diefstal 'n element is nie en waarvoor gevangenis-
straf sonder die opsie van 'n
boete opgelê word nie.
W.G. BOSHOFF,
JANSEN, AR) VILJOEN, AR)