S v Waterboer (SS40/2004) [2004] ZAWCHC 42 (30 January 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Consideration of personal circumstances and community interests — Accused, Gert Waterboer, convicted of serious assault and related charges — Court considered the severity of the offenses, the impact on the victim, and the accused's personal circumstances, including age, family status, and lack of remorse — Sentenced to life imprisonment for counts of serious assault and five years for a related charge, to run concurrently.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2004
>>
[2004] ZAWCHC 42
|

|

S v Waterboer (SS40/2004) [2004] ZAWCHC 42 (30 January 2004)

I
N
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
Hoe HOF. KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:SS40/2004
DATUM:
30
JANUARIE 2004
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
GERT
WATERBOER
VONNIS
PARKER,
AJ:
Mnr
Gert Waterboer (beskuldigde), die Hof het in ag geneem die betoog met
betrokke tot u persoonlike omstandighede. Die Hof het
ook in ag
geneem die betoog van beide die Staat en die verdediging. Die Hof
moet ook in ag neem die erns van u optrede, mnr Waterboer
en die
belang van die gemeenskap. Naas die trits, die triad, soos dit in die
Zinn
saak genoem was, word die vernaamste oogmerke van straf
gesien as hervorming, vergelding, afskrikking en voorkoming.
In
verband met u persoonlike omstandighede neem die Hof die volgende in
ag. U ouderdom, 30. U is 'n getroud, maar u het wel 'n
saamleefverhouding met Sofia, of soos hulle gese het in die getuienis
Vytjie Zimmery. Dat u twee afhanklikes het,alhoewel daar
twyfel
geskep was oor die een kind. Dat u 'n gewone plaaswerker is en dat u
slegs Standerd 5 behaal het op skool. Die Hof het ook
in ag geneem u
vorige veroordelings soos bewys was.
Daar
is ook die belang van die gemeenskap. Die Hof is gedagtig daaraan dat
die Hof geregtelike kennis neem daarvan dat die gemeenskap
'n
geweldige afkeur het aan geweldsmisdrywe wat gepleeg word, veral
teenoor vroue. Ons is almal bewus van die daaglikse bydrae
wat ons in
die dagblaaie, vanoggend se koerant, televisie ensovoorts het oor die
afkeur van die gemeenskap teenoor gevalle van
geweld teenoor mense,
vroue en mans. Die afkeur van die gemeenskap en die erns van die
oortreding is soveel meer wanneer die voorval
van 'n seksuele aard is
en met geweld.
Die
Hof het na die meriete ook van die saak gekyk. Die klaagster het
beserings opgedoen. Sy het hospitaal toe daarvoor gegaan. Die
Hof het
ook die maatskaplike werker se verslag deurgegaan waar dit gese het
sy het nog pyn, maar daar is geen mediese verslae voor
die Hof
geplaas om vir die Hof in te lig wat die mediese effek op haar
eintlik het nie. Die verslag van die maatskaplike werker
was dat die
klaagster indien wel goed slaap. Beide beskuldigde, u, en die
klaagster en die klaer, mnr Zimmery, ken mekaar.
In
verband met die klaagster se die maatskaplike werker dat daar 'n
probleem is as sy verby u stap, maar daar is geen psigiatriese

verslae voor die Hof gebring om te se tot watter mate daar emosionele
letsels is nie. Die klagte in die aanrandingsaak, met die
doel om
ernstig te beseer, dit is klagte nommer 2 teenoor die klaagster, is
die Hof van mening het op dieselfde tyd plaasgevind
en die Hof sal
daarom klagte 1 en 2 saamneem vir doeleindes van vonnis.
In
verband met klagte nommer 3, hier ook soos die Hof nou net genoem
het, ken die klaer, dit is Jan Zimmery, vir u, die beskuldigde,
en
toe hy op die beskuldigde en op die klaagster af kom, was hy ook met
geweld aangerand. Die maatskaplike werker het genoem dat
die
klaagster kry 'n gevoel dat die klaer, Jan Zimmery, nie vir haar
vertrou nie. In die kruisondervraging deur die Staat het dit
ook na
vore gekom dat u nie berou getoon het nie.
Die
Hof het waargeneem die beginsels soos vermeld was in die
S v
Malgas
en die erns van die oortreding. In verband met klagte
nommer 1, die Hof kon nie enige wesenlike en dwingende omstandighede
vind
wat oplegging van 'n mindere vonnis as die vonnis by hierdie
subartikels van die wet voorgeskryf, regverdig nie.
In
die omstandighede, en alles wat waargeneem was ter u versagting, mnr
Waterboer, in verband met klagte 1 en 2, dit word saamgeneem
soos ek
reeds genoem het vir doeleindes van vonnis. Die vonnis is, Klagte 1
en 2
LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF
.Klagte 3
VYF
(5) JAAR
GEVANGENISSTRAF
. Dit word gelas dat alle
vonnisse gelyktydig uitgedien sal word.
PARKER
,
AJ