S v Britz (586/04) [2004] ZANCHC 97 (17 December 2004)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Plea — Acceptance of guilty plea — Landdros's failure to consult prosecutor before accepting plea — Potential implications for sentencing — Requirement for clarity in suspended sentence conditions. The accused was found guilty in the Upington Magistrate's Court of breaching a protection order under the Domestic Violence Act and sentenced to a fine or suspended imprisonment. The High Court reviewed the proceedings, noting that the magistrate did not consult the prosecutor before accepting the guilty plea, which could affect the appropriateness of the sentence. The court held that while the guilty finding was valid, the terms of the suspended sentence required clarification to ensure the accused understood the conditions of the suspension. The sentence was amended accordingly.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 97
|

|

S v Britz (586/04) [2004] ZANCHC 97 (17 December 2004)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 586/04
Landdros
Saaknr: C652/04
Datum
gelewer: 2004-12-17
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
PETRUS
BRITZ BESKULDIGDE
Coram
:
OLIVIER R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
OLIVIER
R:
Die
beskuldigde is in die landdroshof te Upington skuldig bevind op ‘n
aanklag van die oortreding van artikel 17(a) van die Wet
op
Gesinsgeweld, nr. 116 van 1998, deurdat hy ‘n beskermingsbevel
verbreek het en gevonnis tot ‘n boete van R300 of 3 maande
gevangenisstraf, wat in geheel voorwaardelik opgeskort is vir ‘n
periode.
Die
eerste aspek wat oorweging verdien, hang rondom die feit dat die
landdros, nadat die beskuldigde op die aanklag skuldig gepleit
het,
eenvoudig voortgegaan het en die beskuldigde sondermeer skuldig
bevind het sonder om hom te ondervra. Dit blyk dus asof die
landdros die bepalings van artikel 112(1)(a) van die Strafproseswet,
nr. 51 van 1977 (“
die
Strafproseswet”
)
, toegepas het.
Daar
is geen aanduiding dat die landdros ooit die aanklaer gevra het of
die beskuldigde se pleit op die hierdie basis aanvaar sou
word nie.
Dit was natuurlik nie in die omstandighede noodsaaklik dat die
aanklaer die pleit moes aanvaar nie [en in hierdie opsig
meen ek dat
my
obiter
aanduiding
tot die teendeel in ‘n ongerapporteerde uitspraak op ‘n spesiale
hersiening in
S
v Seleman Nsabimana en Andere
onder hersieningnommers 547-549 / 2004 nie korrek was nie – sien
S
v Nyambe
1978(1) SA311 (NK)].
Die
landdros se versuim om die aanklaer in die onderhawige geval die
geleentheid tot inspraak in hierdie verband te gee, kon egter
ook
ander implikasies gehad het, want die landdros sou langs hierdie weg
moontlik kon geoordeel het of die omstandighede en die
aanklag in
elk geval sodanig was dat die beskuldigde nie ‘n swaarder vonnis
sou opgelê hoef te word as die maksimum vonnisse
toelaatbaar in
terme van artikel 112(1)(a) van die Strafproseswet nie. Die
aanklaer sou oor kennis beskik het van die aard
en erns van die
gebeure wat ten grondslag van die verbreking van die
beskermingsbevel gelê het en van die beskuldigde se vorige
veroordelings (sien
Hiemstra
Suid-Afrikaanse Strafproses,
Kriegler
& Kruger, 6de uitgawe, bl. 304).
Die
landdros se toepassing van die bepalings van artikel 112(1)(a) van
die Strafproseswet was dus moontlik in die omstandighede
nie gepas
nie, veral wanneer die beskuldigde se vorige veroordelings wat later
aan die lig gekom het inaggeneem word, maar daar
kan nie na my
mening gesê word dat die verrigtinge, wat die skuldigbevinding
betref, as gevolg daarvan nie ooreenkomstig die reg
was nie.
Wat
egter wel na my oordeel regstelling verg, is die landdros se
bewoording van die opskortingsvoorwaarde. Die vonnis soos
genotuleer
op die klagstaat lees soos volg:
“
3
Maande gevangenisstraf of R300 boete opgeskort vir 3 jaar met
voorwaarde dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan
oortreding
van Artikel 17 van Wet 116/98”
.
Die
landdros het dus nagelaat om die voorwaarde te kwalifiseer en te
beperk tot die geval waar sodanige oortreding gepleeg sou word
binne
die opskortingstermyn.
Die
vorm waarin die betrokke landdros die vonnis tydens vonnis-uitspraak
aan die beskuldigde oorgedra het, was nog meer verwarrend
en het
soos volg gelui:
“
U
word dan gevonnis 3 jaar, sorry
(
sic
)
,
3 maande gevangenisstraf en ‘n boete van R300.00 wat in geheel
opgeskort word van
(
sic
)
‘n periode van 3 jaar met die voorwaardes dat u nie weer skuldig
bevind word aan ‘n oortreding van
Artikel
17(a) van Wet 116 van 1998
gedurende die tydperk van opskorting nie.”
Dit
het weer die indruk geskep dat slegs ‘n skuldigbevinding tydens die
opskortingstermyn sou lei tot die verbreking van die
opskortings-voorwaarde,
en nie die geval waar die beskuldigde tydens
die opskortingstermyn weer die oortreding sou begaan, maar later eers
skuldig bevind
sou word, nie.
Ek
meen dus dat dit in belang van regsekerheid is dat die vonnis
gewysig word om dit duidelik te maak dat die beskuldigde die gevaar
sal loop dat die opgeskorte vonnis in werking gestel kan word as hy
tydens die opskortingstermyn wéér die betrokke oortreding
sou
begaan (ongeag van wanneer hy dan aan die betrokke oortreding
skuldig bevind sou word), en stappe sal geneem moet word om die
gewysigde vonnis onder die aandag van die beskuldigde te bring.
Die
volgende bevele word dus hierin gemaak:
1. Die
skuldigbevinding word bekragtig.
2. Die
vonnis word tersyde gestel en met die volgende vervang:
“
R300.00
boete of 3 maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir 3
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan ‘n
oortreding van artikel 17(a) van die Wet op Gesinsgeweld, nr. 116 van
1998, wat gepleeg is gedurende die opskortingsperiode
nie.”
3. Die
Klerk van die Hof moet toesien dat die gewysigde vonnis onder die
aandag van die beskuldigde gebring word.
___________
CJ
OLIVIER
REGTER