About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 96
|
|
S v Bostander (587/04) [2004] ZANCHC 96 (17 December 2004)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Hooggeregshof
Hersieningsnr: 587/04
Landdros
Saaknr: G49/04
Datum
gelewer: 2004-12-17
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
JOHANNES
EDDY BOSTANDER BESKULDIGDE
Coram
:
OLIVIER R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
OLIVIER
R:
Hierdie
aangeleentheid is deur die waarnemende senior landdros te Upington
voorgelê vir die doeleindes van outomatiese hersiening
nadat ân
waarnemende landdros die beskuldigde daaraan skuldig bevind het dat
hy versuim het om onderhoudsgelde ooreenkomstig
ân hofbevel te
betaal en hom gevonnis het tot ân boete van R600.00 of twee maande
gevangenisstraf, wat in die geheel voorwaardelik
opgeskort is vir
twee jaar.
Dit
is baie duidelik dat die verrigtinge letterlik wemel van die
onreëlmatighede en, ook in die lig van wat hieronder volg, ag
ek
dit nie nodig om in die omstandighede die betrokke verhoorlanddros
se redes te probeer bekom nie.
Dit
is miskien dienstig om ter aanvang te handel met die kwessie van die
gebrekkige oorkonde. Dit blyk dat ân baie groot deel
van die
verrigtinge glad nie getranskribeer is nie, oënskynlik vanweë ân
fout met die meganiese opname daarvan. Dit lyk nie
asof daar tot op
dié stadium aan die landdros die geleentheid gegee is om te probeer
om die oorkonde, wat hierdie gedeelte van
die verrigtinge betref, te
probeer rekonstrueer nie, maar in die lig van wat hieronder volg,
meen ek ook nie dat dit op hierdie
stadium veel nut sou hê nie.
Terwyl
dit miskien gesê sou kon word dat die feit dat ân sekere deel van
die verrigtinge glad nie getranskribeer is nie, te wyte
was aan
gebrekkige bande of toerusting, is daar ook ander wesenlike probleme
rondom die getranskribeerde gedeelte van die verrigtinge,
welke
probleme skynbaar nie toegeskryf sou kon word aan tegniese probleme
nie, maar eerder aan die optrede van die landdros. Die
betrokke
landdros het onder andere toegelaat dat die klaagster en die tolk
voortdurende tegelyk praat oor dieselfde mikrofoon,
wat dit totaal
onmoontlik gemaak het om daardie gedeelte van die opname te
transkribeer. Dit blyk dan ook dat die betrokke landdros
(wat soos
reeds vermeld, waargeneem het as landdros) nie meer by die betrokke
kantoor werksaam is nie.
Afgesien
van die voormelde probleme, en van die swak vooruitsigte dat die
ontbrekende gedeelte van die oorkonde suksesvol gerekonstrueer
sal
kan word, is daar in elk geval ook ân veeltal ernstige
onreëlmatighede in die ontsyferbare gedeelte van die verrigtinge
wat na my oordeel opsigself die tersydestelling van die
skuldigbevinding en vonnis noodsaak.
So,
byvoorbeeld, blyk dit darem minstens duidelik uit die oorkonde dat,
nadat die aanklag gestel is, die beskuldigde nooit die geleentheid
gebied is om daarop te pleit nie. Ten spyte hiervan het die
betrokke landdros dit op die een of ander wyse moontlik gevind om
op
die klagstaat aan te teken dat die beskuldigde onskuldig gepleit
het.
Daarna
het die landdros nooit die onverteenwoordigde beskuldigde se regte
ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet, nommer 51
van 1977,
verduidelik nie. In plaas daarvan het die landdros eenvoudig
voortgegaan om die beskuldigde te ondervra en is daar in
hierdie
proses blatant leidende vrae aan hom gestel met betrekking tot of hy
wel versuim het om onderhoud te betaal en of hy besef
het dat dit
verkeerd was; dit alles natuurlik teen die agtergrond daarvan dat
daar nooit aan hom verduidelik was dat hy sou kon
swyg nie.
Nadat
die beskuldigde toe darem tog probeer te kenne gee het dat sy
versuim gevolg het op die siekte en afsterwe van sy moeder en
nog ân
familielid en dat hy nie geweet het hoe om die onderhoudsbevel
gewysig te kry nie, is hy deur die landdros gekonfronteer
met die
stelling (nie vraag nie) dat hy â
Negligently
failed to payâ,
waarop
hy (miskien nie verbasend nie) toe maar bevestigend geantwoord het.
Daarna
het die Staat voortgegaan met die aanbied van getuienis. Die
somtotaal van die verduideliking van die beskuldigde se regte
met
betrekking tot kruisverhoor het soos volg daaruit gesien:
â
Meneer, you
will ..... Procedure is that if you want to call witnesses, you can
do so. But you will not cross-examine your own witnesses.
And also,
you will be given a chance to cross-examine the complainant.â
Dit
behoef sekerlik geen betoog nie, en ook geen verwysing na enige van
die geykte gesag in hierdie verband nie, dat hierdie verduideliking
totaal en al gebrekkig was. Die betrokke landdros het ook nooit die
beskuldigde later bygestaan met kruisverhoor nie en het,
byvoorbeeld, nooit die beskuldigde daarop attent gemaak dat hy die
klaagster moes kruisverhoor rondom sy verweer dat hy tydelik
nie in
staat was om die onderhoudsbevel na te kom nie.
Dit
lyk ook asof die betrokke landdros by meerdere geleenthede die
aanklaer aangespreek het as â
Boet
â,
wat natuurlik totaal onvanpas sou gewees het. Hoe dit ookal sy, in
die lig van die voorgaande ag ek dit onnodig om verder
te handel met
aspekte soos hierdie, of die standaard van die Engels gebesig deur
óf die tolk óf die betrokke partye, en word
die volgende bevel in
die omstandighede in hierdie geval gemaak:
Die
skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
___________
CJ
OLIVIER
REGTER