About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 95
|
|
S v Louw, S v Lubbe (588/04,589/04) [2004] ZANCHC 95 (17 December 2004)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Datum
gelewer: 2004-12-17
In
die hersieningsaak van
:
DIE
STAAT
versus
FRANS
HENDRY LOUW
Hooggeregshof verw nr. 589/04
Landdros
saaknr. : C1721/04
NEVILLE
LUBBE
Hooggeregshof verw nr. 588/04
Landdros
saaknr. : C1606/04
Coram
:
OLIVIER R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
OLIVIER
R.
Beide
die bogemelde sake is voorgelê vir die doeleindes van spesiale
hersiening nadat die betrokke beskuldigdes in elk van die
gevalle
gevonnis is tot 3 maande gevangenisstraf wat in die geheel
voorwaardelik opgeskort is vir ân periode van 3 jaar.
In
elk van die twee gevalle het die landdros, nadat die beskuldigde
skuldig gepleit het op die betrokke aanklag, gebruik gemaak
van die
bepalings van artikel 112(1)(a) van die Strafproseswet, nr. 51 van
1977 (â
die
Wetâ
),
en gevolglik die betrokke beskuldigdes telkens skuldig bevind sonder
ondervraging en toe gevonnis.
In
die lig daarvan dat beide die vonnisse van opgeskorte
gevangenisstraf opgelê is sonder om aan die betrokke beskuldigde ân
keuse van ân boete te gee, kan geen ander afleiding gemaak word
nie as dat die landdros van oordeel moes gewees het dat, indien
die
opskortingsvoorwaardes verbreek sou word, die ten laste gelegde
misdrywe â
gevangenisstraf
... sonder die keuse van ân boete
â
geregverdig het. Die landdros was nie onder sodanige omstandighede
geregtig om die bepalings van artikel 112(1)(a) van
die Wet te
gebruik nie [sien
S
v Mangwegape en Andere
1979(3) SA 1210 (O) en
S
v Daniels
1991(2) SASV 449 (K)].
In
die lig hiervan sal die skuldigbevindings en vonnisse in beide die
gevalle ongelukkig tersyde gestel moet word. Terloops kan
daarop
gewys word dat, in die geval van
Louw
,
dit ook geblyk het dat die aanklaer, nadat die beskuldigde op die
hoofaanklag onskuldig gepleit het, te kenne gegee het dat die
hoofaanklag teruggetrek word; dit nogal op die uitnodiging van die
landdros. Dit sou natuurlik nie vir die aanklaer moontlik
gewees
het om ân aanklag terug te trek nadat die beskuldigde daarop
gepleit het nie.
Hoe
dit ookal sy, die volgende bevel word dan ten aansien van die
bogemelde sake gemaak:
In
beide die bogemelde sake word die skuldigbevindings en vonnisse
tersyde gestel.
___________
CJ
OLIVIER
REGTER