S v Petersen and Another (K/S 38/04) [2004] ZANCHC 44 (17 December 2004)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Accomplice liability — Both applicants convicted of rape and attempted rape, with the first applicant as the principal offender and the second as an accomplice — Appeal against convictions based on the argument that accomplice liability is not applicable in rape cases — Court finds no merit in this argument, affirming that accomplice liability can exist where actions promote the commission of the crime — Conviction upheld as evidence supported the findings of guilt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 44
|

|

S v Petersen and Another (K/S 38/04) [2004] ZANCHC 44 (17 December 2004)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: K/S 38/04
DATUM:
17-12-2004
In
die aansoek van:
THEO
PETERSEN
1STE
APPLIKANT
JOHANNES
SCHEEPERS
2DE
APPLIKANT
teen
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM:
C. C. WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Hierdie
aansoek om te appelleer is gebring deur beide Applikante teen die
skuldigbevindings van die streekhof wat deur hierdie hof
bekragtig is
in terme van Wet 105 van 1997 (die Wet), sowel as die vonnisse die
1ste Applikant opgelê.
Beide
Applikante is elk skuldig bevind op ‘n aanklag van verkragting
sowel as ‘n aanklag van poging tot verkragting. Ten opsigte
van
die verkragting is 1ste Applikante skuldig bevind as dader en 2de
Applikant as medepligtige. Met die poging tot verkragting
is 2de
Applikant skuldig bevind as dader en 1ste Applikant as medepligtige.
Dit
is bevind dat die verkragting resorteer onder Deel 1 van Bylae 2 van
die Wet deurdat dit ‘n verkragting is wat gepleeg is,
“
(a)(ii)
deur meer as een persoon waar sodanige persone in die uitvoering of
ter bevordering van ‘n gemeenskaplike doel of sameswering
gehandel
het.”
2de
Applikant wat nie fisies deelgeneem het aan die verkragting nie is as
medepligtige skuldig bevind op grond daarvan dat hy die
pleging van
die misdryf bevorder het deur onder andere sy huis beskikbaar te stel
en ook die deur te sluit om sodoende die klaagster
te verhoed om weg
te kom.
Ad
die skuldigbevinding aan verkragting.
Een
van die gronde van appél waarop beide Applikante steun is dat daar
nie sprake van medepligtigheid kan wees met die misdryf van
verkragting nie, aangesien verkragting slegs gepleeg kan word deur ‘n
persoon wat self met ‘n vrou sonder haar toestemming
geslagsgemeenskap
het. Vir hierdie argument steun Mnr. Van Heerden
wat namens 1ste Applikant optree op die uitspraak van Nepgen R in
S
v Saffier
2003(2)
SASV 141 SOKPA.
Ek
verstaan nie die uitspraak in die Saffier saak om as gesag te dien
daarvoor dat medepligtigheid nooit bevind kan word in verkragtingsake
nie. So ‘n siening sou onder andere indruis teen ‘n reeks
Appélhofbeslissings. Sien onder andere
S
v Kock
1988(1) SA 37A en
S
v Jonathan
1987(1) SA 633A te 643 H-I.
In
die Saffier saak kon die beskuldigde nie as dader aan verkragting
skuldig bevind word nie, aangesien hy nie self die daad gepleeg
het
nie. Hy kon ook nie as medepligtige skuldig bevind word nie
aangesien die persoon wat wel geslagsgemeenskap met die klaagster
gehad het, onder dwang van die beskuldigde opgetree het en hom dus
nie aan verkragting skuldig gemaak het nie. Medepligtigheid is
aksessories van aard en niemand kan as medepligtige aanspreeklik wees
as iemand anders nie as dader aanspreeklik is nie. Sien
Snyman,
Strafreg
4de uitgawe te 271 en 272.
Dit
is om hierdie rede dat daar nie sprake van medepligtigheid kon wees
ten opsigte van die beskuldigde in die Saffier saak nie.
Daar
is dus na my mening geen meriete in hierdie grond van appél nie.
‘
n
Verdere grond van appél aangevoer deur die Applikante is dat die Hof
fouteer het deur die Applikante skuldig te bevind op die basis
van
gemeenskaplike oogmerk terwyl die klaagster slegs een keer verkrag
is. Hierdie kwessie is reeds behandel in die gewysdes. In
S
v Meisner en ‘n Ander
‘n ongerapporteerde saak van die KPA, saaknommer SS 155/2001,
gedateer 30 Oktober 2001 sê Knoll R die volgende hieromtrent.
“
Na
my mening het die Wetgewer bedoel om persone te straf met lewenslange
gevangenisstraf waar meer as een persoon saamwerk of saamsweer
om ‘n
persoon te verkrag. Dat net een verkragting geskied het en dat die
een beskuldigde as medepligtige daartoe skuldig bevind
was, neem die
misdryf, na my mening, nie buite die werking van (a)(ii) nie. Die
woorde “ter bevordering van” sluit na my mening
‘n medepligtige
by hierdie artikel in. Dus na my mening, is artikel 51(1) van
toepassing op die eerste klagte ten opsigte van
beide beskuldigdes.”
Hierdie
benadering vind weerklank in die uitspraak van Erasmus R in
S
v Kimberley
2004(2)
SACR 38 ECD 44d - 45c
.
Daar
steek dus na my mening geen meriete ook in hierdie grond van appél
nie.
Wat
die ander gronde van appél ten opsigte van die verkragtingsaanklag
betref, vind ek dit nie nodig om elk afsonderlik te behandel
nie,
behalwe om te meld dat ek nie van oordeel is dat ‘n ander hof, op
die getuienis, tot ‘n ander bevinding sal kan kom nie.
Ad
die skuldigbevinding aan poging tot verkragting
Hier
voer die Applikante aan dat die hof fouteer het deur te bevind dat
daar enigsins ‘n poging tot verkragting was, deurdat op
die feite
bevind, die 2de Applikant se handelinge slegs voorbereidingshandeling
daarstel. In omstandighede waar die 1ste Applikant
die 2de Applikant
roep, vir geen ander verklaarbare rede behalwe dat hy ook sy beurt
kan kry om die klaagster te verkrag, en daarna,
terwyl haar onderlyf
nog nakend is, gooi die 2de Applikant haar op die bed, hy volg haar
sitkamer toe, toe sy uit sy greep loskom,
daar gryp hy haar vas en
stoot haar op ‘n sofa en hy gaan lê op haar voordat sy hom van
haar kon wegskop, kan daar na my mening
geen twyfel bestaan dat hier
wel uitvoeringshandelinge was wat wel ‘n strafbare poging daarstel.
Sien
R
v B
1958(1) SA 199 (A) 204 A-D.
Die
verdere grond dat die hof fouteer het deur nie te bevind dat die 1ste
Applikant hom gedistansieer het van die 2de Applikant se
optrede nie
gaan na my mening ook nie op nie. Benewens die 2de Applikant te roep
om sy beurt te neem om die klaagster te verkrag,
het die 1ste
Applikant selfs verder gegaan deur die klaagster te klap toe sy hom
om hulp vra. Hierdie is nie die optrede van ‘n
persoon wat homself
distansieer van die ander se optrede nie. Hy het die aanval op die
klaagster inisieer en ook gehelp om haar
tot onderwerping te dwing.
Ek
is nie tevrede, ook wat hierdie aanklag betref, dat ‘n ander hof
redelikerwys tot ‘n ander bevinding kan kom nie.
Ad
Vonnis
Die
1ste Applikant doen ook aansoek om te appelleer teen die opgelegde
vonnis. Die 1ste Applikant is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf
ten opsigte van die verkragtingsaanklag en 18 maande gevangenisstraf
ten opsigte van die poging tot verkragting. Dit was gelas dat
die
vonnisse samelopend uitgedien word.
Al
die tersaaklike omstandighede is in aggeneem met die oplegging van
vonnis. Daar is na mening ook geen mistasting begaan deur die
Applikant in die Hooggeregshof te vonnis nie, en is die vonnis opgelê
in die omstandighede glad nie skokkend en onvanpas nie. Ek
is nie
oortuig dat ‘n Hof van Appél op die riglyne soos neergelê is S
v Pieters
1987(3) 717A sal inmeng met die vonnis nie.
In
die omstandighede word die volgende bevel gemaak.
1.) 1ste Applikant se
aanoek om te appelleer teen die skuldigbevindings en die vonnisse hom
opgelê word geweier.
2.) 2de
Applikant se aansoek om verlof om te appelleer teen sy
skuldigbevindings word geweier.
_____________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Namens
1ste Applikant : Adv F van Heerden
Namens
2de Applikant: Adv J Cloete
Namens
Respondent : Adv T. Barnard
Datum
van verhoor : 24 November 2004
Datum
van uitspraak : 17/12/2004