About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 43
|
|
S v Hottie (CA&R 111/2004) [2004] ZANCHC 43 (10 December 2004)
VERSLAGWAARDIG
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 111/2004
DATUM:
10/12/2004
In
die appél van:
TSHEPO
HOTTIE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
LACOCK R et WILLIAMS R
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die
appellant is op 7 Augustus 2002 in die streekhof te Kimberley skuldig
bevind op ân aanklag van moord en is gevonnis tot vyftien
(15) jaar
gevangenisstraf.
Hy
kom nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis hom
opgelê.
Die
appellant wat regsverteenwoordig was het in die verhoorhof onskuldig
gepleit tot die aanklag en ân verweer van noodweer geopper.
Die
staatsaak is hoofsaaklik vervat in die getuienis van ene Mnr. Piet
Muishond. Die getuie was die betrokke dag, 14 September 2001,
by ân
taverne waar die oorledene en ân vriend gesit en drink het. Op ân
stadium het die appellant en drie vriende by die taverne
opgedaag.
Die appellant en een van sy vriende het in die rigting van die
oorledene gestap, ân mes uit sy sak gehaal, die oorledene
teen die
muur gestoot, en hom een hou op die bors gesteek. Volgens Muishond
het die oorledene toe ân leë bierbottel opgetel en
daarmee gemik
na die appellant om hom ân geleentheid te gee om uit te hardloop.
Die oorledene het toe oor die tafel gespring en
na buite gehardloop
waar hy beswyk het. Die appellant en sy vriende is toe agter die
oorledene aan. Muishond het self ook gaan
kyk wat buite aangaan en
het die oorledene by die hek van die taverne sien lê. Twee van die
appellant se vriende het die oorledene
opgetel en in die taverne
ingedra.
Die
enigste ander getuie wat ân bydrae kon lewer tot die staatsaak is
Me. Ellen Skonta. Sy getuig dat sy die appellant en drie
of vier van
sy vriende die betrokke middag in die straat naby die taverne
raakgeloop het. Die appellant het haar getrek en omhels.
Toe sy
haar losruk van hom het die appellant aan haar gesê dat hy so pas
iemand doodgemaak het en vir haar ook sou steek.
Die
appellant se weergawe aan die anderkant is dat hy slegs met een
vriend, Orapeleng Tsamaise, na die taverne gegaan het. By die
hek
van die taverne het hy ân dame ontmoet met wie hy gesels het terwyl
Tsamaise die taverne ingegaan het. Toe hy self na ân
ruk die
taverne binnegaan het hy gesien dat Tsamaise en die oorledene baklei.
Hy het toe tussenbeide getree, die bakleiery gekeer
en vir Tsamaise
gevra om uit te gaan. Toe die appellant vir die oorledene sê dat
alles nou reg is, het die oorledene hom aan die
nek gegryp teen die
muur gestoot en met hom baklei. Die oorledene het ân leë
bierbottel geneem en hom teen die linkerwang daarmee
geslaan. Toe
die oorledene weer ân keer na hom slaan het hy gekoes en is die
bottel stukkend geslaan teen die muur. Toe die oorledene
hom met die
bottelkop nader, het hy sy mes uitgehaal en die oorledene gesteek.
Volgens hom was daar geen ander manier om die dreigende
aanval te
ontkom nie, aangesien die oorledene tussen hom en die deur van die
taverne gestaan het. In elk geval, nadat die appellant
die oorledene
gesteek het, het die oorledene omgedraai en die taverne verlaat. Die
appellant het toe vir Tsamaise buitekant gekry
en hulle is toe
daarvandaan na ân ander taverne. Die appellant ontken dat hy vir
Skonta ken, of dat hy haar raakgeloop het en
gespog het dat hy iemand
doodgemaak het. Volgens hom het die oorledene nog gelewe die tyd toe
hy die taverne verlaat het.
Die
appellant se vriend, Tsamaise, het ook vir die verdediging getuig.
Sy getuienis staaf in sekere opsigte dit van die appellant
en in
ander opsigte is dit heel teenstrydig daarmee. So getuig hy dat dit
slegs hy en die appellant is wat die dag na die taverne
gegaan het en
dat hy
voor
die appellant die taverne binne gegaan het, aangesien die appellant
buitekant gesels het met ân damespersoon. Hy ontken egter
dat hy
en die oorledene binne in die taverne handgemeen geraak het. Sy
getuienis is dat daar ân woordverwisseling tussen hom en
die
oorledene plaasgevind het nadat hy by die oorledene geld gevra het.
Die appellant het op daardie stadium ingekom, die stryery
gekeer en
vir Tsamaise gesê om uit te gaan. Hy het vir omtrent tien minute
buitekant gestaan toe die appellant by hom aansluit
en die twee van
hulle na ân ander taverne geloop het.
Volgens
hierdie getuie het hy nie die voorval tussen die appellant en die
oorledene gesien nie en het die appellant hom ook nie daarvan
vertel
nie.
Wat
eerste opval met die evaluering van die getuienis is die heeltemal
verskillende beskrywings wat die appellant en Tsamaise gee
oor
laasgenoemde se onderonsie met die oorledene. Appellant het in
detail getuig van ân stoeiery en trekkery tussen Tsamaise en
die
oorledene wat hy gekeer het. Onder kruisondervraging getuig die
appellant ook dat Tsamaise hom agterna meegedeel het dat die
oorledene hom met gebalde vuiste op die maag, bors en gesig geslaan
het. Tsamaise ontken dit ten sterkste want volgens hom het hy
en die
oorledene slegs gestry.
Wat
verder uiters vreemd opval omtrent die appellant se weergawe, is dat
hy nie vir sy vriend Tsamaise vertel het van die voorval
tussen hom
en die oorledene nie, en net bloot met hom gestap het na ân
ander
taverne sonder om ân woord te rep oor die pas afgelope gebeure.
So
ook die appellant se weergawe dat die oorledene hom met ân leë
bierbottel op die wang geslaan het, maar hy geen beserings opgedoen
het nie.
Verder
is die appellant se weergawe dat hy nie vir Skonta ken nie, en haar
nooit die betrokke dag gesien het nie, ook nie aan Skonta
gestel nie.
Hierteenoor word Skonta se getuienis tot ân mate gestaaf deur
Tsamaise wat getuig het dat hy en die appellant wel,
later die
betrokke dag, twee vroue raakgeloop het en dat daar ân gestry was
tussen een van die vroue en die appellant.
Die
verhoorhof het vir Muishond, wat ân enkelgetuie was ten opsigte van
die voorval, as eerlik en geloofwaardig ervaar. Die
betroubaarheidswaarborge
vir Muishond se getuienis lê in die feit
dat hy ân onafhanklike getuie is. Alhoewel Muishond vir beide die
appellant en oorledene
geken het, het hy die betrokke dag nie met van
van die twee assosieer nie en soos die Landdros meld was hy bloot ân
toeskouer tot
die insident, wat geen rede gehad het om die appellant
valslik te impliseer nie.
Muishond
se getuienis word ook gestaaf deur Skonta wat ook die appellant die
betrokkke dag met drie vriende gesien het. So ook is
daar stawing
vir Muishond se weergawe dat die appellant wel vir die oorledene
gesien het na hy beswyk het, in Skonta se getuienis
dat die appellant
vir haar gesê het dat hy so pas iemand doodgesteek het.
Die
verhoorlanddros het na my mening tereg die appellant en Tsamaise se
weergawes as leuenagtig en onwaarskynlik verwerp. Alles in
aggenome
is ek tevrede dat die staatsaak bo redelike twyfel bewys is en dat
die appellant se weergawe dat hy in noodweer opgetree
het nie
redelike moontlik waar is nie.
Die
appellant appelleer ook teen die vonnis hom opgelê. Dit is geykte
reg dat die oplegging van vonnis ân diskresie is wat deur
die
verhoorhof uitgeoefen word. ân Hof van appél sal nie maklik
inmeng met vonnis nie, maar slegs as daar ân mistasting was
aan die
kant van die verhoorhof of waar hy homself wanvoorgelig het of daar
ân onreëlmatigheid was of waar die vonnis buitensporig
swaar of
skokkend onvanpas is.
In
die huidige geval resorteer hierdie misdryf onder Deel
II
van Bylae 2 van Wet 105 van 1997 en is die voorgeskrewe vonnis een
van vyftien (15) jaar gevangenisstraf tensy daar dwingende en
wesenlike omstandighede bestaan wat ân mindere vonnis regverdig.
Die
appellant is 20 jaar oud en het tot st. 9 gevorder op skool. Hy was
ook werkloos. Alhoewel die appellant ân eerste oortreder
was ten
opsigte van moord het hy reeds een geweldsmisdryf op sy kerfstok.
Gedurende 1998 het hy ân opgeskorte vonnis gekry vir
aanranding met
die opset om ernstig te beseer. Die huidige misdryf is gepleeg
terwyl die opskortingsvoorwaardes nog van toepassing
was.
Die
enigste faktore wat in die guns van die appellant tel is die feit dat
hy ân jong man is wat klaarblyklik ook intelligent is.
Na my
mening kan hierdie faktore alleen nie dwingende en wesenlike
omstandighede daarstel nie. Sien
S
v Malgas 2001(1) SACR 469 te 481h-482f.
Daar
bestaan dus geen rede om met die opgelegde vonnis in te meng nie.
Ek
sou dus die volgende bevel maak.
1.) Die appél teen die
skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.
2.) Die
skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
______________________
C.
C. WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam, en dit word so gelas.
_______________________
H. J. LACOCK
REGTER
Nms.
Appellant: Mnr. B. Titus
Nms.
Respondent: Adv. R. Calitz
Datum
aangehoor: 13/09/2004