S v Hendriks (K/S 50/2004) [2004] ZANCHC 42; [2006] 4 All SA 619 (NC) (6 December 2004)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Accomplice liability — Accused found guilty of rape and indecent assault — Accused and unidentified accomplice attacked complainant, with the accused ultimately committing the act of rape — Court held that the unidentified accomplice’s actions constituted assistance in the commission of the crime, rendering him a co-perpetrator — Accused liable for life imprisonment under minimum sentencing provisions despite only one individual physically committing the act of rape, as both acted with a common purpose to sexually assault the complainant.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 42
|

|

S v Hendriks (K/S 50/2004) [2004] ZANCHC 42; [2006] 4 All SA 619 (NC) (6 December 2004)

SAFLII
Note:
Certain personal/private details of
parties or witnesses have been redacted from this document in
compliance with the law
and
SAFLII
Policy
Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
IN
THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
Saakno:
/ Case number:
K/S
50/2004
Datum
verhoor: / Date heard:
19/10/2004
Datum
gelewer: / Date delivered:
06/12/2004
In
die saak van:
DIE STAAT
teen
JOHANNES
HENDRIKS Beskuldigde
Coram: Lacock R
UITSPRAAK OP VONNIS
LACOCK
R:
Die beskuldigde is
skuldig bevind eerstens aan verkragting deurdat hy op 16 Oktober
2003 me. A.T., ‘n 60-jarige vrou, verkrag
het; en tweedens aan
onsedelike aanranding deurdat hy as medepligtige die voormelde me.
T. onsedelik aangerand het.
Sentraal tot hierdie
beslissing is die vraag naamlik of die beskuldigde skuldig is aan
verkragting soos omskryf in Deel I van
Bylae 2 tot die
Strafregwysigingswet, 105 van 1997 (die Wet), en of hy skuldig is
aan verkragting soos omskryf in Deel III van
Bylae 2 tot die Wet.
Die antwoord hierop is
uiteraard te vind in die bewese feite waarop die skuldigbevinding
gegrond is en die vertolking van die begrip
“verkragting”
soos omskryf in Deel I van die Bylae voormeld.
Die bewese feite waarop
die skuldigbevinding gegrond is, kan as volg saamgevat word:
Terwyl die klaagster en
mnr. Lekaya (die man met wie die klaagster as man-en-vrou saamgeleef
het), langs ‘n teerpad in die landelike
area van Hartswater gestap
het, is hulle van agter aangeval deur die beskuldigde en ‘n tweede
(onbekende) persoon. Mnr. Lekaya
het daarin geslaag om van die
aanvallers te ontvlug, en het van die toneel weggehardloop om hulp
te ontbied.
Intussen het die
beskuldigde en sy meeloper die klaagster op die grond gegooi, en
haar deur ‘n draadheining getrek tot in ‘n
geploegde land. Hier
het die ongeïdentifiseerde persoon die damesbroekie van die
klaagster uitgetrek terwyl hy haar vasgedruk
en op haar gelê het.
Terwyl hierdie persoon met die klaagster doenig was, het die
beskuldigde by hulle gestaan.
Nadat die
ongeïdentifiseerde persoon aan die beskuldigde te kenne gegee het
dat hy nie ‘n ereksie kon opwerk nie, het hy van
die klaagster
opgestaan en het die beskuldigde toe die klaagster verkrag terwyl hy
haar mond toegedruk het en gedreig het om
haar te wurg.
Terwyl die beskuldigde
die klaagster verkrag het, het die ongeïdentifiseerde persoon daar
digby gestaan, maar het nie toe gehelp
om die klaagster vas te druk
of haar andersinds fisies tot oorgawe te dwing nie.
Die enigste redelike
afleiding wat gemaak kon word uit die voorgaande gedraginge van die
beskuldigde en die ongeïdentifiseerde
persoon, is dat hulle die
klaagster oorrompel en na die geploegde land gesleep het met die
opset om haar aldaar te verkrag.
Dit kon nie bevind word
dat die ongeïdentifiseerde persoon gepoog het om die klaagster te
verkrag nie, maar is bevind dat hy
haar minstens onsedelik aangerand
het. Die beskuldigde is vervolgens onskuldig bevind aan poging tot
verkragting soos aangekla,
maar skuldig bevind as medepligtige aan
onsedelike aanranding.
Die tersaaklike
gedeelte van Deel I van Bylae 2 tot die Wet, lees as volg:
“Verkragting-
(a) wanneer gepleeg-
(i) in omstandighede waar die
slagoffer meer as eenkeer deur hetsy die beskuldigde of 'n mededader
of medepligtige verkrag is;
(ii) deur meer as een persoon,
waar sodanige persone in die uitvoering of ter bevordering van 'n
gemeenskaplike doel of sameswering
gehandel het;
(iii) deur 'n persoon wat
skuldig bevind is aan twee of meer misdrywe van verkragting, maar wat
nog nie ten opsigte van sodanige
skuldigbevindings gevonnis is nie;
of
(iv) deur 'n persoon, wetende
dat hy die verworwe immuniteitsgebrek-sindroom of die menslike
immunogebreksvirus het;”
Subparagrawe (i), (iii)
en (iv) hierbo aangehaal, vind nie toepassing op die feitestel hierin
ter sake nie. Die vraag is of die
klaagster in
casu
verkrag
is
“deur meer as een persoon, waar sodanige persone in die
uitvoering of ter bevordering van ‘n gemeenskaplike doel of
sameswering
gehandel het”
soos bedoel in sub. par. (ii)
supra
aangehaal.
Die bespreking wat
hieronder volg is gegrond op die bevinding dat die beskuldigde en die
ongeïdentifiseerde persoon die klaagster
oorrompel en na die
omgeploegde land gesleep het met minstens die gemeenskaplike oogmerk
om haar te verkrag. Hieruit volg dit
dat die ongeïdentifiseerde
persoon wederregtelik en opsetlik die misdaad van verkragting gepleeg
deur die beskuldigde, bevorder
het deurdat hy fisies hulp verleen het
om die klaagster tot oorgawe te dwing en haar damesbroekie uit te
trek. Hy het nie slegs
die opset gehad om die klaagster te verkrag
nie maar ook om die beskuldigde behulpsaam te wees om haar te
verkrag. Hy was dus
‘n medepligtige tot die verkragting gepleeg
deur die beskuldigde.
S v Gaseb & Others, 2001 (1) SASV 438
(NSC) te 466 f tot j.
Regstegnies gesproke
is die klaagster in
casu
dus deur meer as een persoon
verkrag, hoewel die fisiese element van penetrasie (die
actus
reus
) slegs deur die beskuldigde gepleeg is.
Die vraag wat verder
ontstaan, is naamlik of die Wetgewer beoog het dat ‘n persoon
(soos die beskuldigde) wat skuldig bevind
is aan verkragting onder
omstandighede waar hulp aan hom verleen is deur ‘n ander persoon
en waardeur daardie ander persoon
hom as ‘n medepligtige aan
verkragting skuldig gemaak het, besoek moet word met ’n verpligte
minimum vonnis van lewenslange
gevangenisstraf soos voorgeskryf in
art. 51(1) van die Wet (onderhewig aan die voorskrifte van art.
51(3) daarvan).
Erasmus R
het
hierdie vraag bevestigend beantwoord in
S v Kimberley &
Another, 2004 (2) SASV 38 (OKA)
. Die feite in hierdie saak was
kortliks as volg:
Beskuldigde 1 het die
klaagster vasgedruk terwyl beskuldigde 2 haar verkrag het. Beide is
aan verkragting skuldig bevind: beskuldigde
1 as ‘n medepligtige en
beskuldigde 2 as dader.
Steunende op onder
andere die volgende beginsels naamlik
“Perpetrators and
accomplices are all participants in a crime”
(te 42b) en
“Legislation must be interpreted in the light of the common law,
which means that legal terms used in statutes are accorded their

common law meaning unless the contrary appears clearly from the Act
in question”
(te 43 e), motiveer die geleerde Regter sy
gevolgtrekking waartoe hy geraak het as volg:
“Paragraph (a)(ii) – ‘Rape when committed by more than one
person, where such persons acted in the execution or furtherance
of a
common purpose or conspiracy’
The
provision apparently contemplates a single rape committed by more
than one person. What is envisaged in that scene, however,
is not
clear, for two or more men cannot simultaneously rape the same woman
in a single act of intercourse. The legislator could
hardly have
contemplated more than one male simultaneously having sexual
intercourse with a female. They would in any event be
committing
their own separate act of rape, not a single rape.
The import of a multiplicity of
rapists in a single rape envisaged in the paragraph must therefore
lie in the phrase “in the execution
or furtherance of a common
purpose or conspiracy’. However, the provision makes no sense at
all if one attributes to the words
the meaning which they bear in our
law, or at least in my view thereof; for – as I have concluded (par
[15]) – two persons
cannot in law act in common purpose in the
commission of a rape. (I doubt also whether two persons can in our
law ‘conspire’
to commit a crime which they cannot commit in
common purpose; but because the magistrate did not find that the
accused had acted
in the execution of a conspiracy, I need not decide
that question.) A finding based on the legal meaning of common
purpose would
in effect render the provision meaningless and be
tantamount to a declaration of invalidity.
A Court lacks the power to declare
a statutory provision invalid other than in terms of s 172(1) of the
Constitution of the Republic
of South Africa Act 108 of 1996. The
constitutionality of the provision, however, is not in question
before me. It is therefore
the duty of the Court to give effect and
meaning to the Schedule if at all possible.
Parliament cannot change the laws
of nature. It can, however, give its own meaning to words and legal
concepts, even if by doing
so it would appear to rebut the
presumption that the lawmaker knows the common law meaning of terms
and concepts, and uses them
in that sense. The minimum sentences Act
does not by way of definition give a ‘non-legal’ meaning to the
words ‘accomplice’,
‘co perpetrator’ or ‘common
purpose’. It is nonetheless possible that Parliament employs these
concepts in a non-legal
sense. A layman reading para (a)(ii) could
understand it to relate to the so called gang rape situation,
where one or more
persons hold down the victim with the ‘common
purpose’ that another of their number has sexual intercourse with
her. A court
could conclude that Parliament here uses the words in
such loose sense. This could explain some of the perplexities in
para (a)(i)
set out above in para [17], which would lend support to
the loose or non-legal interpretation of the Schedule as a whole. As
no
more acceptable interpretation suggests itself, I must conclude
that such was the intention of the legislator and therefore give

effect to the intention, even though it will give rise to anomaly.
It would mean that the concepts ‘common purpose’ ad
‘co-perpetrator’
have one meaning (a legal one) for purposes of
conviction and another (non-legal) for purposes of sentence. Be that
as it may,
on the above interpretation, the factual findings of the
magistrate mean that the two accused committed the rape ‘in the
execution
of a common purpose’; which brings them both within the
ambit of the Schedule.”
Ek stem saam met die
gevolgtrekking waartoe
Erasmus R
gekom het. Na my mening,
hoewel die tersaaklike voorskrif geensins elegant bewoord is nie,
het die Wetgewer beoog om meerdere
persone wat dieselfde slagoffer
of slagoffers verkrag terwyl hulle met dieselfde oogmerk (om
dieselfde slagoffer of slagoffers
te verkrag) of uit hoofde van ‘n
onderlinge afspraak (sameswering) handel, hieronder te betrek. Dit
slaan dus op die sogenaamde
“gang rape”
gevalle.
Die enger vraag is
egter of die Wetgewer beoog het dat ook ‘n dader en medepligtige
in omstandighede waar die slagoffer fisies
slegs deur die dader
verkrag is, terwyl die medepligtige alleen hulp aan die dader
verleen het sodat die dader die slagoffer
kon verkrag, blootstaan
aan lewenslange gevangenisstraf kragtens hierdie voormelde voorskrif
van die Bylae tot die Wet.
Na my mening moet, soos
Erasmus R
gedoen het, hierdie vraag bevestigend beantwoord
word.
Regtens word geen
onderskeid getref tussen die strafregtelike aanspreeklikheid van ‘n
dader en ‘n medepligtige nie. Beide
word geag deelnemers aan die
misdaad te wees.
“All persons who knowingly aid and assist in the commission of a
crime are punishable just as if they had committed it.”
(per
Juta AR in R v
Jackelson,
920 AD 486
te 490
).
Sien ook
R v Mashami,
1967 (1) SA 94
(R., AD) te 95H
en
S v Bradbury,
1967 (1) SA
387
(A) te 394 D
.
‘
n Medepligtige is
vervolgens blootgestel aan dieselfde straf as die dader. Of sodanige
straf opgelê word kragtens die gemenereg
of kragtens ‘n statutêre
voorskrif, maak regtens geen verskil nie.
“And being punishable just as if he himself had committed the crime
he may be sentenced to the same punishment. Whether that
punishment
is imposed by statute or by the common law can make no difference if
the socius criminis is just as guilty and liable
to as much
punishment as if he were the actual perpetrator of the deed.
(
R
v Jackelson (supra) te 490).
In die normale
regstegniese konteks sluit die begrip
“verkragting
wanneer
gepleeg
deur meer as een persoon”
(my onderstreping) soos gebesig in die voormelde bylae dus ook ‘n
medepligtige in.
Kan
gesê word dat die Wetgewer bedoel het dat ‘n medepligtige
uitgesonder moet word van die begrip
“meer
as een persoon”
, en dat hierin slegs
verwys word na meerdere daders wat die
actus
reus
gepleeg het?
Ek meen nie
so nie.
Duidelik is hierdie
voorskrifte toepaslik op die meer ernstige gevalle van verkragting
en waar onder andere die slagoffer aan
‘n erge mate van trauma en
vernedering blootgestel is, en/of waar die beskuldigde(s) haar met
‘n hoë mate van minagting,
gevoelloosheid en onagsaamheid teenoor
haar persoon, gevoelens en integriteit, behandel het.
Die voormelde belewenis
en gedraginge sal hulself waarskynlik manifesteer wanneer ‘n vrou
deur dieselfde persoon meer as een
keer verkrag word, en soos bedoel
in para. (a)(i) van die voormelde voorskrif vervat in Deel I van
Bylae 2 tot die Wet. In hierdie
voorskrif het die Wetgewer
uitdruklik ook ‘n medepligtige betrek. Ek kan aan geen rasionele
rede dink waarom die Wetgewer
‘n onderskeid sou wou tref tussen ‘n
medepligtige waar die slagoffer meer as een keer deur dieselfde
dader verkrag word,
en ‘n medepligtige wat hulp verleen aan ‘n
dader wat ‘n vrou verkrag nie. Alle verswarende elemente hierbo
vermeld is
eweneens aanwesig in die laasvermelde omstandighede –
en dikwels selfs meer so.
Die handelinge van ‘n
persoon wat byvoorbeeld (as medepligtige) ‘n vrou vasdruk sodat
die dader haar kan verkrag, is myns
insiens net so laakbaar soos dié
van die dader self. Ek kan aan geen rede dink waarom die Wetgewer
sy (die medepligtige se)
optrede as minder laakbaar sou ag nie.
Voorts vereenselwig ek
my ook met die volgende bevinding van
Knoll R
in die
(ongerapporteerde) saak van
S v Meisner & ‘n Ander,
saakommer SS155/2001 (KPA)
, en waar sy handel met die
voorskrifte van para. (a)(ii) voormeld, naamlik:
“Na my mening het die Wetgewer bedoel om persone te straf met
lewenslange gevangenisstraf waar meer as een persoon saamwerk of

saamsweer om ‘n persoon te verkrag. Dat net een verkragting
geskied het en dat die een beskuldigde slegs as medepligtige daartoe

skuldig bevind was, neem die misdryf, na my mening, nie buite die
werking van (a)(ii) nie. Die woorde ‘ter bevordering van’
sluit
na my mening ‘n medepligtige by hierdie artikel in. Dus, na my
mening, is artikel 51(1) van toepassing op die eerste klagte
ten
opsigte van beide beskuldigdes.”
(
p.
8 tot 9
van die getikte uitspraak).
Uit
hoofde van die voorgaande is dit my gevolgtrekking dat die klaagster
in hierdie saak deur meer as een persoon, te wete die
beskuldigde en
die voormelde ongeïdentifiseerde persoon, verkrag is soos bedoel in
para.
(a)(ii) onder die opskrif
“verkragting”
van
Deel I van Bylae 2 van die Wet.
Vervolgens, en tensy ek
bevind dat hier wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is wat
my sou regverdig om ‘n mindere vonnis
die beskuldigde op te lê, is
ek kragtens die voorskrifte van art. 51(1) van die Wet verplig om die
beskuldigde tot lewenslange
gevangenisstraf te vonnis.
Mnr. Fourie namens die
beskuldigde het betoog dat die volgende omstandighede as wesenlik en
dwingend aangemerk behoort te word:
Die beskuldigde was
onder die invloed van sterk drank ten tye van die voorval;
Geen wapens is tydens
die aanval gebruik nie;
Die klaagster is nie
ernstig tydens die voorval beseer nie; en
Dit is die eerste
geleentheid waarop die beskuldigde vir ‘n oortreding van hierdie
aard skuldig bevind is.
Hierteenoor betoog me.
Van Heerden namens die Staat dat hier geen wesenlike en dwingende
omstandighede is wat die oplê van ‘n
mindere straf sou regverdig
nie.
Die beskuldigde was 34
jaar oud ten tye van die pleeg van hierdie misdryf. Hy is
ongetroud, maar is die vader van ‘n 12-jarige
buite egtelike
kind. Die kind is in die bewaring van sy moeder. Die beskuldigde
het tot st. 3 op skool gevorder. Ten
tye van die pleeg van die
misdryf het die beskuldigde
“los werkies”
gedoen waarmee
hy ongeveer R25.00 per dag verdien het.
Die beskuldigde het die
volgende vorige veroordelings erken. In 1993 is hy skuldig bevind
aan huisbraak met die opset om te steel
en diefstal en is hy gevonnis
tot 6 (ses) maande gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort was.
In 1994 is hy weereens aan huisbraak
met die opset om te steel en
diefstal skuldig bevind en is hy gevonnis tot 3 (drie) jaar
gevangenisstraf. Ook in 1994 is hy nogeens
aan huisbraak met die
opset om te steel en diefstal skuldig bevind en gevonnis tot 2 (twee)
jaar gevangenisstraf waarvan 1 (een)
jaar saam uitgedien moes word
met die 3 (drie) jaar opgelê op die vorige skuldigbevinding.
Die
beskuldigde het getuig dat hy van vroeg die oggend van die dag
waarop hy die klaagster verkrag het, met vriende ‘n groot

hoeveelheid sterk drank verorber het.
Die misdryf gepleeg
deur die beskuldigde is ‘n laakbare en lafhartige daad wat enige
beskaafde en regdenkende persoon met afsku
en wrewel vervul. Die
beskuldigde en sy makker het ‘n bejaarde vrou goedsmoeds aangeval,
haar man buite aksie gestel en verwilder,
haar met minagting op die
grond gegooi, haar deur ‘n heining getrek, en as gevolg waarvan
haar bene stukkend gekrap was, en
haar toe op die grond vasgedruk en
verkrag. Hierdie optrede weerspieël ‘n barbaarse onagsaamheid
teenoor die persoon, gevoelens
en integriteit van die klaagster. Ek
is nie verbaas dat die beskuldigde en sy meeloper nie wapens gebruik
het of dat die klaagster
nie ernstig beseer was nie. Sy is ‘n
ooglopend bejaarde dame wat duidelik geen noemenswaardige weerstand
kon bied teen die
fisieke krag van minstens die beskuldigde nie.
Die beskuldigde was so
kordaat in sy optrede dat, toe mnr. Lekaya met hulp op die
verkragtingstoneel opdaag, hy nie eers self sy
wandaad stopgesit het
nie. Hy moes afgepluk word van die klaagster.
Dat daar ‘n
regsverpligting op die Howe rus om die publiek teen onder andere
hierdie tipe vergrype te beskerm, spreek vanself.
Verkragting kom
toenemend in die regsgebied van hierdie Hof voor, en die enigste
tasbare wyse waarop hierdie Hof hierdie verpligting
kan nakom, is om
oortreders sodanig te straf dat ook andere afgeskrik word om
soortgelyke misdrywe te pleeg. Ooglopend het ook
die Wetgewer die
weersin van die publiek in ernstige misdaad besef. Vandaar die
voorskrifte vervat in Wet 105 van 1997.
In die oorweging van
die vraag naamlik of hier wesenlike en dwingende omstandighede
aanwesig is, hou ek die voorgaande oorwegings
en faktore in gedagte
asook die riglyne soos neergelê in
S v Malgas 2001 (1) SASV
469 (A)
.
Die beskuldigde was
duidelik nie so onder die invloed van drank soos hy gepoog het om
voor te gee nie. Die wyse waarop hy en
sy makker die klaagster en
mnr. Lekaya oorrompel het, die klaagster deur die heining gesleep en
daarna verkrag het, is aanduidend
daarvan dat hy goed besef het wat
hy besig was om te doen. Die persone wat die beskuldigde op die
toneel vasgetrek en aangehou
het, asook die polisiebeampte wat die
beskuldigde arresteer het, het almal getuig dat die beskuldigde nie
onder die invloed van
drank was nie, of minstens nie sterk onder die
invloed nie.
Soos hierbo aangetoon,
is die afwesigheid van die gebruik van wapens of die feit dat die
klaagster nie ernstig beseer was nie,
van negeerbare belang. Die
beskuldigde en sy meeloper het die klaagster met gemak oorrompel en
tot onderwerping gedwing.
Ten spyte daarvan dat
die klaagster nie fisies ernstig beseer is nie, het dit duidelik uit
haar getuienis geblyk dat die gebeure
haar hewig ontstel het. Dit
was vir haar ‘n skokkende ervaring.
Dit is, soos betoog
deur mnr. Fourie, die eerste geleentheid waarop die beskuldigde aan
verkragting skuldig bevind is. Dit is
egter nie die eerste keer dat
hy met die gereg gebots het nie, en soos blyk uit sy vorige
veroordelings waarna hierbo verwys
is.
Wanneer die voormelde
sogenaamde versagtende omstandighede aan my voorgehou, opgeweeg word
teen die ander faktore en omstandighede
hierbo vermeld, vind ek geen
wesenlike en dwingende omstandighede wat my sou regverdig om aan die
beskuldigde ‘n mindere vonnis
dan die voorgeskrewe minimum vonnis
van lewenslange gevangenisstraf op te lê nie. In hierdie verband
is ek gedagtig aan die
volgende
dicta
vervat in
S v Malgas
(supra)
481 i tot 482 b
en
482 e tot f
“Courts are required to approach the imposition of sentence
conscious that the Legislature has ordained life imprisonment (or
the
particular prescribed period of imprisonment) as the sentence that
should ordinarily and in the absence of weighty justification
be
imposed for the listed crimes in the specified circumstances.
Unless
there are, and can be seen to be, truly convincing reasons for a
different response, the crimes in question are therefore
required to
elicit a severe, standardised and consistent response from the
courts.
The specified sentences are not to
be departed from lightly and for flimsy reasons. Speculative
hypotheses favourable to the offender,
undue sympathy, aversion to
imprisoning first offenders, personal doubts as to the efficacy of
the policy underlying the legislation,
and marginal differences in
personal circumstances or degrees of participation between
co-offenders are to be excluded.”
en
“If the sentencing court on consideration of the circumstances of
the particular case is satisfied that they render the prescribed

sentence unjust in that it would be disproportionate to the crime,
the criminal and the needs of society, so that an injustice
would be
done by imposing that sentence, it is entitled to impose a lesser
sentence.
In so doing, account must be taken
of the fact that crime of that particular kind has been singled out
for severe punishment and
that the sentence to be imposed in lieu of
the prescribed sentence should be assessed paying due regard to the
bench mark which
the Legislature has provided.”
Wat betref die tweede
anklag van onsedelike aanranding waaraan die beskuldigde skuldig
bevind is, neem ek, benewens wat hierbo
reeds vermeld is, in ag dat
ook hierdie misdryf ‘n afkeurenswaardige vergryp op die liggaam
van die klaagster daargestel het,
en wat gepleeg is met geen ontsag
of respek vir die persoon of privaatheid van die klaagster nie.
In die guns van die
beskudigde egter neem ek in ag dat hy nie self deelgeneem het aan die
dade gepleeg deur sy meeloper nie.
Bygevolg word die
beskuldigde as volg gevonnis:
Op anklag 1
(verkragting):
Lewenslange
gevangenisstraf.
Op aanklag 2
(onsedelike aanranding):
3 (drie) jaar
gevangenisstraf.
In soverre dit nodig
mag wees, word gelas dat die vonnis opgelê op die tweede aanklag
gelyktydig uitgedien word met die vonnis
opgelê op aanklag 1.
_________________________
HJ Lacock
REGTER
Namens
die Staat:
Adv
AH Van Heerden
Namens
die beskuldigde:
Adv
T Fourie