S v Modise (CA & R 10/03) [2004] ZANCHC 91 (2 December 2004)

40 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of robbery and sentenced to 4 years' imprisonment, 2 years suspended — Appellant appeals against conviction and sentence — No merit found in appeal against conviction as evidence supported the complainant's account — Appellant's defense deemed implausible and inconsistent — Sentence upheld as appropriate given prior convictions and circumstances of the case — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 91
|

|

S v Modise (CA & R 10/03) [2004] ZANCHC 91 (2 December 2004)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA
& R 10/03
Datum
verhoor: 2004-12-02
Datum
gelewer: 2004-12-02
In
die appél van
:
DINGAAN
MODISE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant het in die Landdroshof tereggestaan op ‘n aanklag van
roof. Nadat hy skuldig bevind is, is die saak na die Streekhof
verwys vir vonnis en is hy gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf
waarvan 2 jaar gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is. Die
appellant kom nou in hoër beroep teen sy skuldigbevinding en
vonnis.
Aangesien
Mnr. Cloete namens die appellant heeltemal tereg toegegee het dat
daar geen meriete in die appél teen skuldigbevinding
en vonnis is
nie, is dit nie nodig om in groot besonderhede met hierdie appél
verder te handel nie.
Die
klaer het getuig dat hy op 25 September 2001 naby die begraafplaas
in John Daka gestap het om paraffien te koop saam ‘n ander
jong
seun, Adam Moetsi. Daar het 3 mans hulle genader, waarvan een die
appellant was. Een van die rowers het ‘n mes tevoorskyn
gebring
en vir die klaer gevra vir geld. Die klaer, wat uiteraard verbaas
was om die appellant wat hy goed ken daar hulle saam
op skool was,
te sien in die teenwoordigheid van dié mans het aan hom gevra wat
hulle doen. Volgens hom het die appellant geantwoord
dat hy net die
geld moet gee. Die geld is daarna van hom afgeneem en op ‘n
stadium het een van die rowers die mes aan die appellant
oorhandig.
Die klaer is van R110.00 beroof en daarna het die mans weggestap.
Die
getuie Adam Moetsi, wat maar 14 jaar oud was, het in alle wesenlike
opsigte hierdie weergawe van die klaer gestaaf. Daar is
een
belangrike verskil tussen hulle getuienis, naamlik dat Adam nie
gehoor het hoe die klaer met die appellant gepraat het en

laasgenoemde daarop geantwoord het nie. Dit is egter, soos die
landdros tereg bevind het in sy uitspraak, ‘n aanduiding daarvan
dat die twee getuies nie hulle getuienis gefabriseer en bespreek het
vooraf nie.
Die
appellant het ook getuig en sy weergawe was dat hy ook deur die
betrokke mans beroof is toe hy per ongeluk op die toneel afgekom
het
waar die klaer beroof is. Die landdros het heeltemal tereg ‘n
verskeidenheid van onwaarskynlikhede in die appellant se weergawe
uitgewys. Die belangrikste daarvan is sekerlik die feit dat op die
appellant se weergawe die rowers hom weggeneem het daar en
op ‘n
ander plek gaan beroof het van sy seilskoene.
Alles
inaggenome het die landdros ‘n weldeurdagte uitspraak gelewer en
is die skuldigbevinding regtens heeltemal in orde.
Wat
die vonnis aanbetref het die appellant een vorige tersaaklike
veroordeling te wete huisbraak met die opset om te steel en diefstal
waarvoor hy 6 maande gevangenisstraf opgelê is. Die appellant moes
eintlik tereggestaan het op ‘n aanklag van roof met verswarende
omstandighede en kon hy dus ‘n minimum vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf ingevolge die bepalings vervat in Wet 105 van 1997
opgelê gewees het. In die omstandighede meen ek dat die vonnis
heeltemal in orde is. Die landdros het op geen wyse hoegenaamd
misgetas nie en is die vonnis ook nie buitensporig swaar nie.
Die
appél word afgewys. Die appellant se skuldigbevinding en vonnis
word bekragtig.
___________
SA
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CC
WILLIAMS
REGTER
NAMENS
APPELLANT : Adv PJ Cloete
NAMENS
RESPONDENT : Adv CG Jansen
DATUM VAN VERHOOR : 2004-12-02
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2004-12-02