S v Visagie and Others (208/2004) [2004] ZANCHC 41 (17 November 2004)

54 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Youth offenders — Consideration of personal circumstances in sentencing — Three accused convicted of theft of vehicle wheels; accused 1 (19 years old) and accused 2 (18 years old) first offenders; accused 3 (20 years old) with prior convictions — Original sentences of imprisonment for accused 1 and 2 set aside due to their youth and potential for rehabilitation, replaced with suspended sentences — Emphasis on the need to keep first-time youthful offenders out of prison to avoid reinforcing criminal behavior.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2004
>>
[2004] ZANCHC 41
|

|

S v Visagie and Others (208/2004) [2004] ZANCHC 41 (17 November 2004)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER
LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
SAAKNOMMER:208/2004
DATUM
GELEWER:17-11-2004
In
die saak van:
DIE STAAT
teen
RANDALL
VISAGIE
JONOTHAN
MOGGOT
CECIL
LOUW
Coram: Williams R et Musi WnR
HERSIENINGSUITSPRAAK
WILLIAMS
R:
Die drie beskuldigdes in
hierdie saak is in die Landdroshof te Britstown skuldig bevind aan
diefstal van twee voertuigwiele met wieldoppe
ter waarde van R1
200,00 en is as volg gevonnis:
Beskuldigde 1, tot twee jaar gevangenisstraf
waarvan ses maande opgeskort is vir ‘n tydperk van vier jaar op
sekere voorwaardes;
Beskuldigde 2, tot
agtien maande gevangenisstraf waarvan ses maande opgeskort is vir ‘n
tydperk van vier jaar onderhewig aan sekere
voorwaardes; en
Beskuldigde 3, tot dertig maande gevangenisstraf.
Toe hierdie
hiersieningsaak aanvanklik voor Majiedt R dien, het hy die
onmiddellike vrylating van Beskuldigde 2, gelas en die landdros
versoek om redes te verskaf waarom ‘n korter effektiewe termyn van
gevangenisstraf nie vir beskuldigde 1 oorweeg is nie, en waarom
‘n
algehele opgeskorte vonnis vir Beskuldigde 2 nie as vanpas beskou is
nie.
Ten tye van
vonnisoplegging was beskuldigde 1, 19 jaar oud, werkloos, en met een
vorige veroordeling vir diefstal waarop hy skuldig
bevind is ses
maande voor die huidige misdryf gepleeg is.
Beskuldige 2 is 18 jaar oud, ‘n skolier in graad
11 en ‘n eerste oortreder. Beskuldigde 3 is 20 jaar oud, werkloos,
en het twee
vorige veroordelings, een vir huisbraak met die opset om
te steel en diefstal en een vir huisbraak met die opset om te steel.
Voorvonnisverslae is ten
opsigte van al drie beskuldigdes aangevra en die proefbeampte wat
self ook getuig het, het ten opsigte van
beskuldigde 1 ‘n vonnis
ooreenkomstig artikel 276(1)h aanbeveel, ‘n opgeskorte vonnis vir
beskuldigde 2 en ‘n vonnis ooreenkomstig
artikel 276(1)(i) vir
beskuldigde 3.
Die vonnis wat
beskuldigde 3 opgelê is verg na my mening geen inmenging nie. Hy
het in die verlede reeds ‘n opgeskorte vonnis
gekry vir huisbraak
met die opset om te steel en diefstal wat toe later in werking gestel
is na die tweede veroordeling. Volgens
die landdros het hy reeds ‘n
periode van vyftien maande in die gevangenis deurgebring voordat hy
hom later aan die huidige misdryf
skuldiggemaak het. Die vonnis van
dertig maande gevangenisstraf wat hy huidiglik opgelê is, is na my
mening dus heeltemal vanpas.
Die probleem ontstaan
egter ten opsigte van beskuldigdes 1 en 2. Beskuldigde 1 is met sy
vorige veroordeling van diefstal ‘n vonnis
opgelê van R500,00 of
drie maande gevangenisstraf wat ten volle opgeskort is. Die
opgeskorte gedeelte van die vonnis mag nou in
werking gestel word,
maar voor die huidige skuldigbevinding het hy nog nooit
gevangesetting as ‘n gevonnisde beleef nie.
Soos die landdros tereg
opmerk, neem diefstal vanaf en vanuit motorvoertuie kommerwekkende
afmetings aan, wat dikwels lei tot groot
ongerief en skade. Tog moet
daar ‘n ewewig gehandhaaf word tussen die misdryf, die
gemeenskapsgevoel en die persoonlike omstandighede
van die
beskuldigde. Ek stem saam dat gevangenisstraf nie onvanpas is in die
geval van beskuldigde 1, wat reeds ‘n geleentheid
gegun was om te
besin oor misdadigheid nie. Nietemin is beskuldigde 1 ‘n jeugdige
oortreder wat in alle waarskynlikheid nog rehabiliteerbaar
is.
Ondervinding het ook geleer dat die gevangenisopset, veral vir
jeugdiges, meer dikwels dien as ‘n leerskool vir misdadigheid
eerder as wat dit rehabilitasiewaarde het.
Ek is van mening dat ‘n
korter effektiewe termyn van gevangenisstraf vir beskuldigde 1 van
meer waarde en meer gepas is.
Beskuldigde 2 is ‘n algehele eerste oortreder en
‘n persoon wat klaarblyklik begerig is om sy skoolopleiding te
voltooi. Hy is
ook die jongste van die beskuldigdes. Gevangesetting
onder hierdie omstandighede en vir hierdie tipe van misdryf, druis
sterk in
teen die beginsels van vonnisoplegging.
Dit blyk asof die
hoofrede waarom ‘n algehele opgeskorte vonnis vir hierdie
beskuldigde nie oorweeg is nie, gegrond is op die ongemotifeerde
stelling van die proefbeampte dat beskuldigde 2 blykbaar die
“meersterbrein”
agter die driestuks se negatiewe gedrag is.
Hierdie stelling is moeilik versoenbaar met die beskuldigde se skoon
rekord en skolastiese
vordering, en moes na my mening nie sondermeer
as ‘n feit aanvaar word nie. Eerste oortreders, en veral jeugdiges
moet sover moontlik
uit die gevangenis gehou word en in hierdie
besondere geval bestaan daar geen aanvaarbare rede om af te wyk van
hierdie algemene
beginsel nie.
In die omstandighede
word die volgende bevel gemaak.
1. Die skuldigbevindings ten opsigte van al drie beskuldigdes word
bekragtig, so ook die vonnis opgelê teen beskuldigde 3.
2. Die vonnisse opgelê teen beskuldigdes 1 en 2 word tersyde gestel
en vervang met die volgende:
“
Beskuldige
1 word gevonnis tot twee (2) jaar gevangenisstraf waarvan twaalf (12)
maande opgeskort word vir ‘n periode van vier (4)
jaar op
voorwaarde dat beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal of
poging tot diefstal gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie.
Beskuldigde
2 word gevonnis tot nege (9) maande gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort word vir ‘n tydperk van vier (4) jaar op
voorwaarde dat
beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal of poging tot
diefstal gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie.”
______________________
C. C. WILLIAMS
REGTER
Ek stem saam.
______________________
C. J. MUSI
WAARNEMENDE REGTER